Maandag 16 Januarie 2012

Oefen jou in die godsaligheid

1 Tim. 4:7 -"Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid".

1 Tim. 4:8 - "Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het."

"Godsaligheid" en "godsvrug" is iets waarin die Christen hom/haarself moet OEFEN. Alhoewel die woord "godsaligheid" vir ons baie bekend is, is daar maar min wat dit regtig verstaan of daaraan aandag gee. In bg. skrifgedeeltes word dit in teenstelling gebruik met fabels en liggaamlike oefening en wys op hoe die mens homself oefen in ander dinge, maar nalaat wat belangriker is, nl. om hom te oefen in die godsaligheid.  Dit is egter nie 'n maklike begrip nie, siende ons van mening is dat ons alreeds oor die godsaligheid beskik!  Die verborgenheid van godsaligheid, verwys na die saligheid wat ons verkry het in Jesus Christus en na Sy gesonde leer en die goddelike natuur wat Hy vir ons gee
 (1 Tim. 3:16, 1 Tim. 6:3). 
As ons ons dan nou moet OEFEN IN DIE GODSALIGHEID, wat beteken dit regtig?
----------------------------------------------------------------------
  Paulus praat van 'n wedloop waarin die Christen "deelneem" - "weet jy nie, net een kry die prys, maar almal neem deel" -(1 Kor. 9:19-27) en kyk na  vers 24 - "begeer om so die saligheid te beerwe, soos mens hardloop om die wedloop te wen. Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. ".    Dit is moeilik vir die Christen om te verstaan wat Paulus regtig bedoel, want het ons dan nie die saligheid alreeds beerwe nie? Om die gedeelte goed te verstaan, moet ons die hele 1 Kor. 9 lees en merk ons dat Paulus sy liggaam sien soos 'n vyand teen wie hy te staan kom. Ook verwys hy na die "in gereedheid bring" en oefening vir 'n wedloop.  

- v. 27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie".

  "Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal" - 1 Kor. 9:24 (c).
 Dan gaan hy verder om  te verduidelik in 1 Kor. 10 - "   Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 
1Ko 10:2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 
1Ko 10:3  en almal dieselfde geestelike spys geëet het, 
1Ko 10:4  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. 
1Ko 10:5  Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. 
1Ko 10:6  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie
1Ko 10:7  En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. 
1Ko 10:8  En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. 
1Ko 10:9  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. 
1Ko 10:10  En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom. 
1Ko 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. 
1Ko 10:12  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.


Dit is duidelik volgens die skrifgedeelte dat die Christen wat meen dat hy staan, kan val, sou hy nie oppas nie.  Om dit beter te verstaan, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/regverdigmaking-geregverdig-regverdig.html Baie Christene is van mening dat mens nooit jou saligheid kan verloor nie, maar die Skrif is duidelik daaroor dat, sou ons dit nie oppas nie, ons inderdaad verwerplik kan wees! http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html  Volgens bg. skrifgedeelte is dit die wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, wat hierdie gevaar staan.  Dit laat mens dink aan die woorde van Johannes die Doper: (Mat 3:7-10)  "Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Dra dan vrugte wat by die bekering pas.  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi". 
 Baie reken dat hulle kinders van God is, maar die boom wat geen goeie vrugte dra nie, staan gevaar. (vgl. hierdie met die gelykenis van die saaier)-  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html 

Daar is baie mense  wat net voorkom of hulle "godsaligheid" het. In die tyd waarin ons lewe, is dit veral moeilik om altyd te onderskei siende almal van "God" praat, maar nie almal die ware God, tot wie ons slegs kan nader deur die versoening van Jesus Christus, aanbid nie.  Ons moet kan onderskei tussen die wat regtig godsalig is en die wat nie is nie! Die skrif gee vir ons 'n paar voorbeelde van hoe mense lyk wat net 'n gedaante van godsaligheid het:   1 Tim. 6:4,5/2 Tim. 3:5  (verwaandheid, verstaan niks, begeerte na twisvrae en woordestryd, twis, lasteringe, bose agterdog, liefhebbers van hulleself, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan ouers, ondankbaar, onversoenlik, sonder natuurlike liefde, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, versamel leraars wat preek wat hulle wil hoor volgens hulle begeerlikhede (2 Tim.4:3), meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God, deur allerhande begeerlikhede gedryf, altyd besig om te leer, maar kom nooit tot die kennis van die waarheid, staan die waarheid tee, verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof, gaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word........... )
-
ons sien vandag tog goed hoeveel suiwer leerstellings verander word sodat mense hulle eie begeertes kan vervul, selfs ons kerke sit vol kwaadsprekers, bandeloses, verraaiers, verwaandes......IS ONS DAN NIE VERONDERSTEL OM ONS LIGGAME TE KASTY EN DIT DIENSBAAR TE MAAK NIE? (Opsetlike sonde moet meer aangespreek word in die kerk, sodat die bietjie suurdeeg nie die hele deeg kan suurmaak nie).  Elke Christen moet homself "OEFEN  IN DIE GODSALIGHEID" en  daagliks ag gee op wat hy moet verander in sy eie lewe.  

Die probleem word egter al groter, omdat sekere kerke nie meer "sonde" aanspreek nie!

  1 Tim. 6:6- "Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins". Die woord VERGENOEGDHEID moet in hierdie vers nie onderskat word nie. Ontevredenheid is 'n groot ding van ons tyd en almal wil net groter en beter en meer en meer sukses he en en en... Wanneer ons die hele gedeelte in 1 Tim. 4 gaan lees, sal ons opmerk dat die skrywer ons waarsku dat wereldse leerstellings en wereldse dinge tot weinig nut is, maar dat die oefening in godsaligheid, die belofte inhou van die teenwoordige en die toekomende lewe. Dit gaan hand aan hand met vergenoegdheid.  Daar is 'n definitiewe onderskeid  tussen HOE DIE MENS DINGE SIEN en HOE GOD  SIEN.  Die vraag is, hoeveel tyd spandeer ons as Christene regtig om eerstens uit te vind "hoe die Here sien", om Sy woord te leer ken, Sy wil, om daardie onderskeiding te kry tussen "hoe ons dit sien" en "hoe Hy dit sien".  Selfs vir baie Christene gaan dit min oor hoe Hy die sien, en gaan dit eerder oor wat ander mense van hulle verwag of oor eie begeertes.

(2Pe 1:4  waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is)   -   GODSALIGHEID EN OM DEELGENOTE TE WEES VAN DIE GODDELIKE NATUUR, GAAN OOR 'N BEGEERTE NA DIE HERE, nie na die wereldse dinge nie. In v. 7 lees ons dat "godsvrug" lei tot broederliefde, en broederliefde, tot naasteliefde -  maar voor ons by godsvrug kan uitkom, is daar die "deug" , "kennis", "selfbeheersing" en "lydsaamheid"

-   In 1 Tim. 2:2 sien ons dat GODSALIGHEID 'N EFFEK IS VAN OM VIR ANDER MENSE TE BID.

 -  In 1 Tim. 2:9,10 word dit van die vrou verwag om nie MEER AANDAG TE GEE AAN DIE UITERLIKE AS AAN DIE GODSVRUG NIE, WAT BEHELS: BESKEIDENHEID, INGETOENHEID EN GOEIE WERKE.

-  2Ti 3:12  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.



Geen opmerkings nie: