Maandag 16 Januarie 2012

Sou jy Paulus nog respek betoon?

VIR DAGSTUKKIES WAT HIERDIE ONDERWERP BEVAT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/die-here-het-nie-gekom-om-vrede-op-die.html

---------------------------------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE BLOGPOST WIL ONS KYK NA HOE WERELDSE WYSHEID DEEL GERAAK HET VAN DIE CHRISTEN SE DENKE.  
-----------------------------------------------------

Vir die Christen, was die apostel Paulus inderdaad 'n baie besonderse mens - iemand wat handomkeer verander het toe Jesus Christus oppad na Damaskus aan hom verskyn het.  Die verhaal rondom Paulus is maar alte goed bekend en sy talle briewe wat hy onder leiding van die Heilige Gees geskryf het, maak nie net deel uit van die Christen se Bybel nie, maar word wel daagliks gelees deur miljoene mense.  Hy was voorwaar lief vir die Here en het alles opgegee ter wille van Hom.  Hy kan gesien word as iemand wat heeltelmal onselfsugtig was en die evangelie sonder vrees verkondig het aan soveel moontlik mense wat hy kon.   Vreesloos, vol van geloof en met ywer vir die Here - dit is hoe ons Paulus ken. Daar is nie baie wat sy voorbeeld kan navolg nie en die Christen het verseker 'n tipe van respek vir hierdie geskiedkundige figuur, omdat hy die Here gedien het met al sy krag en  Hom begeer het bo enige iets anders.

MAAR, sou ons Paulus egter in die tyd plaas waarin ons lewe, wonder mens hoeveel van ons  hom  steeds daardie respek sou betoon?   Baie Christene neem eerder die "wereldse wysheid" aan, as die Here se wysheid.  Hierdie is iets waaroor Paulus baie gepraat het, en ook die rede waarom baie gelowiges van daardie tyd, sy woorde nie wou aanvaar nie!  Hulle het hom nie daardie respek betoon nie omdat hulle die wereldse wysheid eerder gesoek het as die waarheid.  Op dieselfde wyse gee vele gelowiges vandag voor dat hulle die waarheid liefhet, maar het eintlik die wereldse wysheid lief! Die manier hoe "ons sien", is nie altyd die manier hoe die Here sien nie.   
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  IN HIERDIE VOORBEELD GAAN ONS KYK NA HOE DIE CHRISTEN VAN VANDAG DIE WOORD "OORDEEL" VERSTAAN EN HOE DIT VERKEERDELIK VERWAR WORD MET "VERMANING" en HOE MIN VANDAG VERSTAAN WAT "KWAADSPREEK" REGTIG BETEKEN. In die eerste gemeentes was "vermaning" nie gesien as "oordeel" nie;  ook was dit nie gesien as "kwaadspreek" wanneer daar gewaarsku word teen iemand wat in opsetlike sonde stap nie!

-  3 Joh. 1:9-11 " Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diótrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.   Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente..." 
- In bg. geval sien ons iemand wat kwaadspreek van Paulus en die ander;  ook is hy nie gasvry ten opsigte van die broeders nie en hy verhinder selfs ander wat gasvry wil wees.   
*  Hoe het Paulus hierdie situasie hanteer? Paulus vertel hoe hy, wanneer hy daar kom, (1)Diotrefes gaan herinner aan wat hy verkeerd gedoen het (hy gaan hom dus VERMAAN!) - (2)hy noem ook die broeder se naam in die brief! (iets wat mense vandag sou sien as kwaadspreek, maar Paulus sien dit anders - hy sien dit as 'n manier van waarskuwing) - (3)Paulus noem selfs wat die wortel is van Diotrefes se optrede, nl. dat hy "eerste wil wees".    

 Min Christene verstaan wat "oordeel" regtig beteken.  Om "iemand te oordeel", beteken eintlik "kwaadspreek" en "fout soek"; dit is ook wanneer mense ander oordeel op hulle mensgemaakte wette, soos die Fariseers gemaak het met Jesus en Sy dissipels. A.g.v. die feit dat daar nie veel vermaning en teregwysing plaasvind in die kerk vandag nie, het tot gevolg dat min mense "godsaligheid najaag". (Ons moet verstaan dat, wanneer ons iemand egter vermaan op grond van ons mensgemaakte wette, dan is dit ook "oordeel"!). Dit is kommerwekkend hoeveel kwaadsprekers en foutsoekers verkeerd loop en oordeel, en dit dieselfde mense is wat vir ander vertel hoe "hulle nie moet nie oordeel nie"! Dit is duidelik dat daar dringende lering nodig is oor die onderwerp!

 Mense haal graag Jesus se woorde aan in Mat 7:1 - "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie", maar sonder om te verstaan wat Hy bedoel het.  As Jesus "vermaning" of "waarskuwing" gesien het soos oordeel, dan sou Hy bv. nie die dinge gese het oor die Fariseers wat Hy gese het nie - kyk bv. (Mat 16:6)  "Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs" - in hierdie sin is Jesus nie besig om "kwaad te spreek" van die Fariseërs en Sadduseërs nie, maar besig om ander te "waarsku" teen hulle. Kyk (Mat 23:14):  "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang" - lees gerus v. 1!  Hy was besig om die skare en Sy dissipels te waarsku teen die (ongelowige) skrifgeleerdes en Fariseers!. Om iemand te waarsku teen valse leraars, is nie verkeerde oordeel nie.  Ons moet dus goed verstaan wat "oordeel" regtig beteken - DIFINITIEF NIE DIE SIENING VAN MEESTE VANDAG NIE! 
----------------------------------------------------------------- 
(2)  IN HIERDIE VB. GAAN ONS KYK NA HOE DIE CHRISTEN VAN VANDAG DIE TERME "LYDING" OF "VERVOLGING" VERSTAAN. Terwyl baie Christene glo dat dit die Here se wil is dat hulle nooit deur enige verdrukking gaan ter wille van hulle geloof nie en dat dit net beskore is vir die wat van die geloof afvallig geraak het om terug te kom op die pad, is dit egter nie die manier hoe die eerste gemeentes geglo het nie;  ook  hoe Jesus vir ons geleer het nie! :

-  Hand. 16:37  "Maar Paulus sê vir hulle: Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ;  
- Hand. 5:18  en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare gevangenis gesit. ; 
- Hand. 23:2  Maar die hoëpriester Ananías het bevel gegee aan die wat by hom staan, om hom op die mond te slaan."

Dit is duidelik dat Paulus gereeld gely het terwille van die geloof - ook die ander dissipels.  Hierdie was nie 'n snaakse begrip of 'n verrassing vir hulle nie - hulle het dit verwag omdat Jesus spesifiek gese het dat dit is wat sal gebeur.  Dat die Christen van vandag dink dat die Here nie sal toelaat dat hy deur verdrukking gaan nie, is heeltemal onskriftuurlik.

(2Ti 3:12)  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
(1Pe 3:14)  Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
(Php 1:29)  omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly,
(2Th 1:5)  ‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
(Mat 5:10)  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
(Mat 5:11)  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
(Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.

 1Kor. 4:11 " Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond" - WAT SAL ONS VANDAG DINK VAN IEMAND WAT TER WILLE VAN SY GELOOF HONGER EN DORS HET?  NAAK, GESLAAN?  Die kans dat mense van vandag Paulus sou jammer kry, sou nie noodwendig as "logies" bestempel word nie, want hulle sal gou sê:  "Hoekom kry hy nie vir hom 'n voltydse werk nie?" In vandag se lewe sien  mense dit as 'n skande wanneer iemand voltyds in die bediening gaan en daardie persoon word eerder gesien as 'n las en iemand "wat nie wil werk nie" !  (Christene heg hopeloos te veel waarde aan die wêreldse dinge en voorsiening - ons waardes is so verdraaid en die geestelike dinge is net nie belangrik genoeg nie!).

  2Kor. 11:25 " Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater deurgebring—" WAT SAL ONS VANDAG DINK VAN IEMAND WAT DEUR SOVEEL "HARDSHIP" GAAN?  Eerstens sou daar vingers gewys word na sy geloof  - sommige sou hom wou leer "dat hy die Here sogenaamd moet herinner aan Sy beloftes!" (daar is vele valse leerstellings rondom "geloof" wat gaan oor wat hulle kan kry uit die "deal" - ook word die begrip van "geseende" heeltemal verkeerd verstaan). 
--------------------------------------------------------
(en so kan ons nog baie vb.e noem...)
Die waarheid is dat Christene vandag sou skaam wees vir Paulus  - dat baie niks met hom te doen sou wou he nie of hom die ondersteuning sou gee nie; hom miskien beskuldig daarvan dat hy die woord ontydig verkondig en deur verdrukkinge gaan as gevolg van sy hardkoppigheid om die geloof op ander af te dwing... Baie Christene sou ook eerder die leuens glo wat hulle oor hom hoor en saam kwaadspreek van hom, as om kompassie te hê en die Here te ondervra daaroor en die waarheid te soek of om vir hom te bid - hulle sou wonder hoekom die man altyd in die "moeilikheid is"... Dit sou dalk van hom verwag word om meer "subtiel op te tree" wanneer hy die woord verkondig.  So het baie "wereldse sieninge" deel geraak van die Christen se denke.  

- sou ons Paulus ook afmaak as 'n "praatjiesmaker",  soos hulle in Hand. 17:18 gedoen het omdat hy nie kon stilbly oor die waarheid nie? 
- sou ons hom glo as hy sê die Here het aan hom verskyn op die pad van Damaskus? (Dit klink vandag bietjie verregaande, is dit nie?) 

- sou ons hom glo as hy sê die Heilige Gees het hom gestuit om na 'n sekere plek te gaan? (of liewer besluit hy "dweep"?)
- sou ons hom glo as hy ons meedeel dat die Here met hom "in 'n gesig" gepraat het?...

 Is die Christen enigsins so ingestel op die Here dat hy/sy die onderskeiding kan maak tussen ware en valse.  Maar soos die hoofman oor honderd in Hand. 27:11 eerder die stuur en hoofman van die skip geglo het as die woorde van Paulus, so faal ons as Christene baiemaal om te erken wanneer iemand deur die Here gebruik word.
----------------------------------------------------------

So, dus, as ons Paulus moes plaas in die tyd van vandag - sou jy hom nog respek betoon?   Hopenlik is jy een van daardie Christene wat kan onderskei tussen ware en valse- die wat van die Here is en die wat nie is nie;  wat eerder die waarheid oor Paulus sou wou glo, as die stories wat die rondte doen;  wat ander vermaan wat kwaadspreek en wat glo in die krag van die Here;  wat nie skaam is vir 'n mede-Christen wat deur verdrukkinge gaan  of skaam is vir die arme en die een wat swaarkry nie;  wat nie verkeerdelik oordeel deur self kwaad te spreek van ander en fout te loop en soek by ander Christene nie;  wat nie stilbly oor die waarheid nie, maar soos Paulus opstaan vir wat reg is, en die woord verkondig tydig en ontydig; wat nie heeltyd vingers wys en jou menslike wette op ander afdwing nie, maar wel, soos Paulus, ander meet aan die Here se wette en wat van hulle verwag om die Here te dien en Hom te ken.

Min Christene soek regtig die waarheid vandag en baie is so verblind, dat hulle nie eens agterkom hoe hulle denke verander het en hoe dit in stryd is met die skrif nie! Ons het ook toegelaat dat allerhande gesegdes die plek van die waarheid ingeneem het en verkondig ons mensgemaakte beginsels vir wet. Vir sommige het die Bybelverhale bloot mites geraak wat ons aan ons kinders oordra - ons kom voor of ons saamstem met dit wat ons lees in die Bybel en ons gee voor dat dit "die woord van God is" en dat ons dit glo, maar glo ons dit regtig?  Stem ons regtig saam met die manier waarop Paulus die woord verkondig het, mense vermaan het, die waarheid gesoek het....verstaan ons regtig die begrip van lyding en swaarky en verdrukking? (of beoordeel ons die wat daardeur gaan?)(of beoordeel ons die manier waarop mense die woord bring?)(of beoordeel ons die wat ander in sagmoedigheid teregwys?).....

Paulus het nie geskrik vir owerhede of die wat die liggaam kan doodmaak nie.   Hy was tevrede met die minste en bereid om ander te dien. Dit was vir hom belangrik om meer gehoorsaam te wees aan die Here as aan mense.  Ten spyte van die verdrukkinge en die feit dat ander hom nie altyd "geestelik erken" het nie, het hy tog nie dieselfde fout gemaak nie, maar die erken wat deur die Here gebruik word en hulle aanvaar. Hy was egter nie skaam vir ander ware Christene nie en het bemoedig waar bemoediging nodig was, maar in liefde ook vermaan, waar dit nodig was.  Hy het die woord "tydig en ontydig" verkondig, ten spyte van menslike verwagtinge.  Hy het die Here meer vertrou en was gehoorsaam aan Sy stem ten spyte van of ander gedink het dit is die regte ding.

Mag ons as Christene, mekaar respekteer en meer vertroue in mekaar plaas, maar ook die nodige onderskeiding kan maak tussen vals en ware.   Mag ons mekaar so liefhê dat ons eerder bly is oor die waarheid, as oor die ongeregtigheid.  Mag ons ophou kwaadspreek en eerder mekaar bemoedig en kompassie hê vir mekaar.  Mag ons in alle sagmoedigheid mekaar teregwys, nie op ons mensgemaakte sieninge nie, maar op sondes, sodat ons ons kan oefen in die godsaligheid.    

 In gewone Afrikaans:  Paulus was arm,  'n dienaar (alhoewel nie 'n dienaar van menslike sieninge nie), het baie verdrukkinge gely en het nie geskroom om die waarheid te praat nie!
Sou jy Paulus nog respek betoon?












Geen opmerkings nie: