Sondag 29 April 2012

God weet wat jy dink...

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons weet nie altyd waaraan ander mense "dink" nie - as iemand al jou gedagtes kon lees, sou dit ook nie so aangenaam wees nie, want dan sou ander jou deur en deur ken, ook weet van al die verkeerde gedagtes en selfs wat jy dink van ander mense. In "gedagtes" self le baie sondes en loer en waarvan die hart van vol is, loop die mond oor (Matt. 12:34,35)(15:19);  daarom wil ons nie he ander mense moet weet wat ons altyd dink nie.  Wanneer twee mense mekaar goed leer ken, dan kan hulle later deur reaksies bepaal wat 'n ander dink of deur sekere segoed wat gedurig herhaal word. God weet egter alles wat jy dink... (Luk. 6:8; 11:17)  

Die skrif praat somtyds van "gedagtes" as "sê in sy hart" (Gen. 17:17), of  "in sy hart gedink" (Gen. 27:41) - Jesus se in  Mat 5:28 - " Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het".  Die gedagtes en die toestand van die hart, het baie met mekaar te doen.  As Jesus dan nou die stelling maak in (Mat 5:8) " Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien", wat beteken dit dan regtig?  Toe Samuel vir Dawid moes gaan salf as die volgende koning, en Samuel by Eliab kom, was die Here se woorde aan Samuel:  "Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan" (1 Sam. 16:7). Elke mens word beoordeel op "sy hart".  Dit wat jy dink, glo, weet...  Elke Christen moet deur die verskillende fases van Christenskap gaan ( 1 Joh. 2:12-14) - die Christen moet nie net by die wedergeboorte stop nie, maar ook "sterk wees en die woord van God moet in hom bly, hy moet die Bose oorwin en die Here KEN! (1Jn 2:15-17)  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.  Elke mens sal hierop beoordeel word.  (Heb 4:12)  "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart".

Die mens se gedagtes speel 'n groot rol in die manier hoe hy optree in situasies of teenoor ander mense, selfs die manier hoe hy die Here dien.  Geen wonder daar is soveel skrifte in die Bybel oor die woord "gedagtes" nie! Ongelukkig is dit nie 'n onderwerp waaroor baie gepreek word nie en Christene besef nie altyd die belangrikheid daarvan om hulle gedagtes te verander nie.  Tot ons skande besef sekere ander gelowe die belangrikheid daarvan en daarom raak baie mense in oosterse meditasie betrokke, maar tot eie skade.  (Die Christen moet egter goed wegbly van sulke praktyke en eerder leer wat die woord se oor "meditasie" en "gedagtes").

Toe Kain vir Abel wou doodmaak, het dit bloot by 'n gedagte begin.  Interessant genoeg die Here se woorde aan hom:  "Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers (Gen. 4:6,7)(Eseg. 38:10).  Elke mens het die vermoe om "oor sonde te heers".  Dit is dan ook die Christen se plig "om verkeerde gedagtes te beheer en gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus", m.a.w. om gedagtes te verander    -  (2 Kor. 10:4,5)  "want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus" -    die mens  moet sy gedagtes beheer... dus is elke mens in beheer van sy eie gedagtes en moet nie wag dat die Here dit vir hulle gevange neem nie, maar self  DAAROOR HEERS, self dit gevange neem! (Gen. 4:7)
Dit is hoe ons vestings neerwerp:
1.  deur die waarheid te soek, en op te staan teen dit wat verkeerd is en teen die kennis van God,  en
2. deur ons eie gedagtes gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus.

Die mens moet homself onderwerp aan die Here deur te let op sy hart en op sy gedagtes...ons moenie verkeerde gedagtes koester nie...ons moenie loop en fout soek by ander nie...
Ons moet ons gedagtes op die Here sit en die dinge daarbo. ( Let op die dinge waaraan jy dink, dan sal jy gou besef die toestand van jou hart).



(Mat 15:8) -" Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af".


(Rom 8:5)  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.


(Psa 56:5,6) Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.

(Psa 139:23)  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

(Isa 65:2)  Ek het my hande die hele dag uitgebrei na ‘n opstandige volk wat wandel op ‘n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;

(Kol 3:1,2)  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

(Rom 12:17)  vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;

(Fil 3:18,19)  Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus. Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.


(Php 4:8)  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.




(1Jn 3:20)  "want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles".







Geen opmerkings nie: