Vrydag 27 April 2012

Onderwerp julle dan aan God...

VIR DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/het-die-christen-klaar-gewen-of-moet-hy.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jak. 4:7)  -"Onderwerp julle dan aan God..."  -  Wat beteken dit om jouself te onderwerp aan die Here?  Alhoewel dit maklik op die ore van die Christen val, is dit nie 'n praktiese daad vir baie nie. As ons die skrif  in Jak. 4 in konteks gaan lees, kry ons egter 'n beter begrip van wat dit regtig beteken.  Dit maak selfs nog meer sin wanneer ons gaan kyk in watter konteks die woord "onderwerp" in ander skrifte gebruik is bv. in die geval van waar God die Israeliete oorwinning gee en die land aan hulle ONDERWERP, ook hulle vyande aan hulle ONDERWERP... (Deut. 9:3; 33:29; Jos. 18:1) - (Rig.  4:23  -"So het God dan op dié dag Jabin, die koning van Kanaän, voor die kinders van Israel ONDERWERP"); (2Sa 8:1 -"En daarna het Dawid die Filistyne verslaan en hulle onderwerp...) ens.


Om jouself te onderwerp aan die Here, beteken dus "om te verloor"!   Sy wil is dus belangriker as my wil. Hy is in beheer, nie ek nie.  Hy beskik my lot, nie ek nie.  Hy beveel wat moet gebeur, nie ek nie.   Die waarheid is, min Christene verstaan dit so!  Hulle wil self in beheer wees van besluite, hulle lewe, wat hulle wil he, wat moet gebeur....en en en.  Wat egter die geval is, is dat, as jy bereid is om jouself te verneder, om "jou wil" op te gee, dan sal Hy jou verhoog. Hy het dit keer op keer vir Sy volk gedoen.  As hulle bereid was om Hom te gehoorsaam;  as hulle bereid was om hulle afgode te vernietig en hulle heilige boomstamme om te gooi;  as hulle bereid was om hulleself te verneder voor Hom, dan het Hy hulle gehelp.  Dan het dinge goed gegaan!  Dan het Hy vir hulle ryklik voorsien.  Dan het Hy selfs hulle vyande aan hulle onderwerp...


(Jas 4:2)  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie.

(Jas 4:3)  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.

(Jas 4:4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.

(Jas 4:5)  Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?

(Jas 4:6)  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

(Jas 4:7)  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

(Jas 4:8)  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

(Jas 4:9)  Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.

(Jas 4:10)  Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html


Geen opmerkings nie: