Saterdag 03 November 2012

SONDE kan nooit vervulde wette raak nie!

Alhoewel daar baie vervulde wette is, wette wat nie meer van toepassing is op die Christen nie, moet ons verstaan dat SONDE nooit vervulde wette kan raak nie!  SONDE BLY ALTYD SONDE.  So sal dit altyd sonde wees om 'n leuen te vertel, maar dit is bv. nie sonde vir 'n Christen om sekere goed te eet wat vir die Jode verbode was nie.  Net so sal dit altyd sonde wees om egbreek te pleeg, om kwaad te praat van ander, te steel, die Here se Naam ydellik te gebruik...ens.  ONS MOET ONDERSKEI TUSSEN "WETTE" EN "SONDE" (dan moet ons natuurlik ook weer kan onderskei tussen "God se wette" en "mensgemaakte wette").  Sonde kan nooit vervulde wette raak nie!  Net so sal homoseksualisme altyd verkeerd wees. Net so om jouself dronk te drink, of om iets van jou naaste te begeer...e.a..  
(1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").  
Elke mens ken goed en kwaad.  Die probleem is waar mense hulle gewete ignoreer, en hulle self later glo dat hulle reg is, terwyl hulle nie is nie  (lees Rom. 1).   



Net so met "heidense" of "ander geloof" PRAKTYKE, omdat dit te doen het met afgodsaanbidding en sonde.  "HEIDENSE" PRAKTYKE KAN NOOIT VERVULDE WETTE RAAK NIE! Christen seuns hoef bv. nie besny te word soos God dit van die Jode verwag het nie, maar in die geval van bloed eet, beteken dit nou nie dat dit ewige skielik toelaatbaar geraak nie, nee, want "bloed eet" het te doen met afgodsaanbidding en met die feit dat die bloed met die siel verbind is. (Lev. 17:14; Hand. 15:20).  Op geen stadium is dit vir enige Christen reg om bestrokke te raak by heidense praktyke nie, om bloed te eet, na 'n fortuinverteller te gaan, sterre te lees, oosterse meditasie, joga, e.a. nie.


Hier is bv. 'n paar VERBODE HEIDENSE PRAKTYKE wat vir die Jode verbode was:  
(hierdie praktyke is steeds vir die Christen verbode):

1.  Betowering/bekoring/verrukking (enchantments, magical arts) (Lev. 19:26; 2 Kor. 33:6)
2.  Towerhekse en Geestelike mediums (witchcraft - practice of dealing with evil spirits) (Hand. 8:9-11; Deut. 18:10)
3.  Towery/duiwelskunste: (sorcery)  (Eks. 7:11; Hand. 8:9-11)
4.  Goelaars (sooth-saying) (Jes. 2:6; Dan. 2:27)
5.  Fortuin-vertelling  (divination) (Num. 22:7; 23:23; Hand. 16:16)
6.  Waarseery (wizardry) (Eks. 22:18; 1 Sam. 28:3,9)
7.  Geestesbeswering (necromancy - divination by means of pretended communication with the dead)( Deut. 18:11; Jes. 19:3)
8.  Magiese kunste (magic - pretended supernatural art of practice) (Gen. 41:8,24; Hand. 19:19)
9.  Bekoring (vloek op iemand sit)(charms/enchantment) (Deut. 18:11; Jes. 19:3)
10.  Voortekens/voorspelling/sterrekyk volgens maande (prognostication to fortell by indications, omens, signs, etc.)(Jes. 47:13)
11.  Verklaring van voortekens (observing times)(Lev. 19:26; 2 Kron. 33:6)
12.  Sterrekyk - tekens van die hemel (divination by stars) (Jes. 47:13; Jer. 10:2; Dan. 1:20; 2:2; 10:4-7; 5:7-15)

(1 Tim. 4:1-8; 2 Thess. 2:8-12)

----------------------------------------------------------------------
In die dae waarin ons lewe, het baie van "hierdie heidense praktyke" alledaags geraak - Christene weet nie eens meer mooi hoe om te onderskei nie.  Dit is belangrik om ag te gee op hierdie dinge terwyl op die pad van godsaligheid. Ons moet die Here vra om ons deur Sy Heilige Gees hierdie dinge uit te wys in ons lewens ("gaan uit haar uit, my volk...").  Heelwat van hierdie soort praktyke het net ander name gekry en het selfs in kerke ingesluip.  Ook is daar die wat probeer om Christene terug te sit onder die wet deur leerstellings te verkondig van "raak nie", "smaak nie" ens.  Paulus het dit bloot "valse leerstellings" genoem.  (1Ti 4:1-5 - "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed"). Die ergste van alles is dat soveel Christene val vir hierdie "gedaante van godsaligheid". Ander doen dit vir die mooi beloftes wat voorgehou word, bv. 'n lang lewe of innerlike vrede ens.  Daar word baie aandag gegee aan mensgemaakte wette, maar sonde word oorgesien!?? 
--------------------------------------------------------
(Rom 6:15)  Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
(Rom 6:16)  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?


(Col 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,
(Col 2:17)  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
(Col 2:18)  Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,
(Col 2:19)  en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.
(Col 2:20)  "As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge

(Col 2:21)  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —
(Col 2:22)  almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense,
(Col 2:23)  wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees".

(Eph 5:3)  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;

(Eph 5:4)  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
(Eph 5:5)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
(Eph 5:6)  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
(Eph 5:7)  Wees dan nie hulle deelgenote nie.
(Eph 5:8)  Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.


(2Co 6:14)  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
(2Co 6:15)  En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
(2Co 6:16)  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
(2Co 6:17)  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
(2Co 6:18)  en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.


(Heb 12:12)  Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
(Heb 12:13)  en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.




 (Openb. 18:4)  "En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie".

Geen opmerkings nie: