Vrydag 28 Desember 2012

Die Tempel van God

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir nog inligting oor hierdie onderwerp, gaan na:
_________________________________________________________________________________
In hierdie blogpost word die term  "tempel" bespreek.  
Ons kyk na die verskillende betekenisse van "tempel" in die skrif; asook na die moontlikheid van 'n fisiese derde tempel voor Jesus se wederkoms.  Is daar bv. 'n tempel in die hemel?  Sal daar 'n tempel wees op die nuwe hemel en aarde?  Is dit nodig dat 'n derde tempel herbou word?...ens.
-------------------------------------------------------------

  Die doel van die tempel, oorspronklik die "tabernakel", het veral beteken dat "God by hulle was", daarom ook genoem "die huis van God".  Hierdie is dan ook die rede waarom Christene, of die "liggaam van die Christen", "die tempel van God" genoem word - (2 Kor. 6:16) ".......Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees".

Toe Jesus Christus die verwoesting van die tempel voorspel het in Matt. 24:2, het Hy duidelik na iets anders  verwys as die in Joh. 2:19: "Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig", want  in Joh. 2:21 en 22 word verduidelik dat Hy gepraat het van Sy liggaam - dat Hy na 3 dae sou opstaan uit die dood.  Interessant hoe Jesus die beeldspraak ook hier gebruik het van Sy "liggaam" as die "tempel" - net so word Christene se "liggame" voorgestel as 'n tempel van die Heilige Gees (1 Kor. 6:19 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?)(1Pe 3:18 - "Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees) (Lees ook Hebr. 9). 
Daarom dan dat Paulus verduidelik hoe ernstig sekere sondes is, sondes wat iemand bedryf teen sy eie liggaam:  (1 Kor. 6:18 - "Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam")(1 Kor. 6:16 - "Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees"... - lees gerus die hele 1 Kor. 6 waarin hierdie onderwerp veel duideliker verduidelik word -(hy praat ook o.a. van afgodedienaars, kwaadsprekers, gierigaards...ens).   

 Jesus het aansienlik baie tyd in die tempel spandeer en die mense daar geleer.  Op 'n stadium het hy almal uitgejaag wat geld gemaak het in die tempel en die volgende gese:  Mar 11:17 - "En Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe: My huis moet ‘n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak". 
God se bedoeling met die tempel, was anders as wat die mens dit verstaan het - dit was bedoel om 'n "huis van gebed" te wees, l.w.:  "vir alle nasies" - natuurlik die wat die Naam van die Here aanroep, glo en Sy geregtigheid soek;  nooit sou afgodsdiens toelaatbaar wees nie! -( net soos die belofte "dat alle nasies in Abraham se saad geseen sou word", beteken dit nie dat elkeen outomaties saligheid het nie, maar slegs wanneer hulle die voorwaardes nakom).  Met opgrawings het hulle gevind dat daar in die tweede tempel verskeie inskripsies was in ander tale wat nie-Jode verbied het om in die binnehowe in te gaan.  Paulus praat hiervan in Ef. 2:14, hoe Jesus Christus die middelmuur afgebreek het en die onderwerp van ander nasies wat nou ook deel raak van die volk van God, word goed verduidelik in Ef. 2. (Hand. 10:34,35 - "En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is").

As die Christen kan verstaan hoe sy liggaam nou gesien word as die tempel, sal hy verstaan die belangrikheid van om die godsaligheid na te jaag!   
(Ef. 2:22) "in wie julle ook saam opgebou word tot 
‘n woning van God in die Gees").

--------------------------------------------------------------------------

Gaan die derde tempel opgerig word voor Jesus Christus terugkom?  Terwyl daar geen skrif is wat dit in soveel woorde verklaar nie, is daar skrifte wat daarop dui (sien ondertoe).  Daar is egter veel redenasie oor die interpretasie van hierdie skrifte.  

-   Gaan die tempel herbou word voor die wederkoms? Sal dit in Jerusalem wees? 
-  En waar die skrif praat van hoe die antichris sal sit "as god" in die tempel (2 Thess. 2:4) - wys dit op die fisiese tempel wat herbou gaan word? Sal dit in die "derde tempel" wees? 
 -  Wat leer O.T. profesiee vir ons oor die onderwerp?

--------------------------------------------

Ons kan die volgende kort opsomming maak rakende die term "tempel" in die skrif:
(sien skrifte ondertoe, verduideliking opsomming)

(1) die "tempel van God" waarvan gepraat word in Openb. 11, verwys na 'n tempel in 'n tydperk voor die wederkoms;(volgens Openb. 11:2, is hierdie tempel in die "heilige stad" - dus in Jerusalem)

(2) in Eseg. 40, verwys dit na 'n tempel in 'n tydperk na die wederkoms (maar voor die nuwe hemel en aarde)- dus in die 1000 jaar - volgens O.T. profesiee word hierdie tempel voorgestel as Jesus Christus se "troon" (of paleis) (Eseg. 43); -  (ook volgens Sag. 6 sal die Messias 'n tempel laat bou in die tydperk waarin Hy die land herstel het en die volk veilig laat woon - die 1000 jaar);

(3)  ook lees ons van 'n "tempel in die hemel" in Openb. 11;
(4)  daar sal geen tempel  wees op die nuwe hemel en aarde nie, want die nuwe stad Jerusalem sal uit die hemel neerdaal op die aarde en word gesien as die "tabernakel van God" - kyk Openb. 21:22 -"die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam";

(5) Christene, of die liggaam van die Christen, word huidiglik gesien as die "tempel" omdat die Heilige Gees in hulle woon.

(6) Wanneer die antichris in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is, word nie verklaar "waar" die tempel is nie, maar dit is duidelik dat dit na die "tempel van God" verwys word en nie enige geloofstempel nie;

(7)  Die woord "tempel" word ook gebruik vir "tabernakel".
  


------------------------------------------------------------------------------------------------------------





-------------------------------------------------------------------------------------------------------


Hieronder volg 'n vollediger opsomming van bg., van die term "tempel" in verskillende skrifgedeeltes:
In Openb. 11 lees ons van twee tempels, een op die aarde, en een in die hemel. (1)Dit is duidelik dat die eerste tempel waarvan ons lees, verwys na 'n tempel op die aarde - ons sien in die eerste vers hoe die tempel gemeet word en dit nie van enige tempel praat nie, maar die woorde gebruik word "tempel van God".  In v. 2 lees ons die volgende:  "Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap". In vers 3 word die twee getuies beskryf wat ook vir 42 maande sal profeteer, wat lyk of dit dieselfde tydperk kan wees as genoem in v.2.  Die ander tempel wat genoem word, is eers aan die einde van die hfst.( na die aankoniging van hoe Jesus Christus koningskap opneem, asook na die aankondiging van Sy toorn op die nasies en tyd vir die dode om geoordeel te word) -(2) en dan sien ons die tempel van God wat in die HEMEL oopgaan en Sy verbondsark is in die tempel gesien...



(Mat 24:2)  "En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie".  -Volgens v. 3 is dit duidelik dat die dissipels hierdie gebeurtenis verstaan het as 'n tyd wanneer Jesus terugkom en die voleinding van die wereld. Ook het Jesus verklaar in v. 2 dat daar "nie een klip op die ander gelaat sal word nie" - ons weet dat met die verwoesting van die tweede tempel, die westelike muur staande gebly het;  dus, sou hierdie voorspelling meer verwysend wees van 'n toekomstige tempel wat afgebreek sal word?  (Kyk ook Mark. 13)  

Volgens Openb. 11 wil dit lyk of daar definitief 'n tempel van God gebou gaan word op die aarde (voor Jesus Christus koningskap oorneem)(voor die wederkoms), en l.w., in Jerusalem - kyk 11:2 "heilige stad".  Die manier "hoe die tempel gemeet word", is 'n tipe beskrywing wat ook in Eseg. 40 gebruik word, MAAR dit is duidelik dat die gedeelte in Eseg. 40 verwys na die tyd wanneer die volk alreeds versamel is in die land, hulle as nasie alreeds bekeer het, en die Here Sy Gees alreeds op hulle uitgestort het (Eseg. 39)(neem kennis dat die "gog en magog" waarna in Eseg. 39 verwys word, nie dieselfde is as die "gog en magog" van Openb. 20 nie, maar eerder verwys na die "slag van Armageddon").  




Dit wil dus voorkom of die gedeelte in Eseg. 40, waar 'n gebou gemeet word (wat verklaar word as 'n tempel in Eseg. 41:15), eers in 'n tydperk is na die wederkoms. Lees gerus die res van Eseg. om meer te verstaan oor die tyd in die 1000 jaar (voor verbranding van die aarde en nuwe hemel en aarde) waarin Jesus Christus gaan regeer as Koning (vanuit Jerusalem)(l.w. dat Hy ook vir ewig sal regeer, nie net in die 1000 jaar nie!) - vgl. dit met  (Hab 2:20 - "Maar die HERE is in sy heilige tempel—swyg voor Hom, o ganse aarde!")(Eseg. 48:35 ".................en die naam van die stad sal van vandag af wees:  Die HERE is daar!")
-------------------------------------------------------
In Openb. 21, na die "Gog en Magog" en die wit troon oordeel in Openb. 20, sien ons 'n nuwe hemel en aarde, daarna die nuwe stad Jerusalem, die Heilige Jerusalem, soos " 'n bruid wat vir haar man versier is" , uit die hemel neerdaal - met die volgende woorde (:3)  "En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God". Die stad word ook verder beskryf en die volgende woorde in v. 22: "En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam".  -  dit is dus duidelik dat daar nie 'n fisiese tempel sal wees op die nuwe hemel en aarde nie. Die nuwe stad Jerusalem word dus gesien as die "tabernakel van God".
--------------------------------
In Sag. 6:12 word verklaar dat die Messias die tempel sal bou:   "So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom ‘n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou".  Maar bedoel dit 'n fisiese tempel? ( Jesus het gese in 
Joh 2:19 - "Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig" - (Joh 2:21)  Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek. (Joh 2:22)  En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het. - (1Kor. 3:16)  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? (2 Kor. 6:16)  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. (Eph 2:21)  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here (Eph 2:22)  in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.)  Sag. 6 verwys na 'n fisiesie tempel:  (Sag. 6:13)  "Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ‘n priester wees op sy troon,.......
(Sag. 6:15)  En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die HERE bou. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die HERE julle God".  Van watter tydperk word hier gepraat wanneer die Messias die tempel sal laat bou?  (Sag. 8:7)  "So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste (Sag. 8:8)  en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My ‘n volk wees, en Ék sal vir hulle ‘n God wees, in trou en geregtigheid. (Sag. 8:9)  So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word".
--------------------------------------------

(2Th 2:4 - "die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is").
In hierdie skrif word die woord "tempel" gebruik en vertel hoe die antichris in die TEMPEL VAN GOD as God sal sit en voorgee dat hy God is.  Siende die woord "tempel van God" gebruik word, is dit duidelik dat dit nie na enige geloofstempel kan verwys nie;  die skrif gee egter nie duidelikheid oor "waar" die betrokke tempel sal wees nie - verwys dit na die tempel wat in Jerusalem sal wees?  Verwys dit na 'n replika tempel?  Verwys dit na 'n tabernakel?
--------------------------------------------------------------------------



Geen opmerkings nie: