Vrydag 28 Desember 2012

Die Koninkryk van God


Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LET WEL DAT HIERDIE BEDOEL IS OM 'N OORSIG TE GEE OOR DIE "KONINKRYK VAN GOD" MET NODIGE SKRIFGEDEELTES - terwyl mens graag die onderwerp wil opsom in een of twee paragrawe, moet ons verstaan dat die onderwerp van die "koninkryk van God" 'n wye onderwerp is en daar baie te se is oor hierdie onderwerp -Jesus en Sy dissipels het vele tyd spandeer om
"die evangelie van die koninkryk" aan ander te leer. 
---------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons kan wel opsom dat: 

(1)  die term "koninkryk van God" verwys na 
 "die teenwoordigheid van God" en dat "Hy in beheer is":
(HY IS DIE KONING)

(a) - dat Hy tussen ons woon en Hy met ons is (tempel/tabernakel in Ou Testament - daarom was die volk van God "kinders v/d koninkryk" genoem)(en die "geestelike" koninkryk van God" waarvan die inwoning vd Heilige Gees 'n teken is - daarom is die koninkryk van God "binne-in die gelowige");en

(b) - dat die wat in Hom glo, die "aarde sal beerwe", saam met Hom sal regeer, en vir ewig met Hom sal wees ("fisiese" koninkryk van God begin met 1000 jaar...ewige koninkryk;  ewige lewe;  nuwe hemel en aarde in nuwe stad Jerusalem).

DIE KONINKRYK VAN GOD HET DUS AL GEKOM IN DIE SIN VAN WAAR DIE GELOWIGE DIE HERE KONING MAAK VAN SY LEWE, DIE HERE IN BEHEER PLAAS VAN SY LEWE EN DIE HEILIGE GEES ONTVANG (geestelik van aard)(teenwoordigheid van God - Hy is in beheer en Koning van die gelowige se lewe).

ANDERSINS MOET DIE KONINKRYK VAN GOD NOG KOM, IN DIE SIN VAN DAT ONS WAG OP DIE HERE WANNEER HY SY KONINKRYK OP AARDE GAAN OPRIG EN KONING SAL WEES OOR DIE HELE AARDE (fisies van aard)(teenwoordigheid van God - Hy is in beheer en Koning oor die hele aarde). 
-------------------
(2)  (Luk 16:16)  "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van DIE KONINKRYK van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  (omdat die "wet en die profete" vervul is, beteken dit NIE dat die "evangelie van die koninkryk" geen voorwaardes het nie!)
(dus moet ons onmiddellik vra:  wat behels die "evangelie van die koninkryk"? Deel van die evangelie wat Jesus verkondig het, is bv. die "evangelie van vrede" )(Die "evangelie" moet gesien word as sowel die "evangelie van Jesus Christus" asook die "evangelie van die koninkryk" - die twee moet nie geskei word nie).


 (3)  Hierdie "koninkryk van God" is vir die mens berei van die grondlegging van die wereld af ! (Matt. 25:34)

(4)   Leringe rondom die koninkryk was verborge (van die grondlegging van die wereld af) totdat Jesus Christus dit begin preek het (Matt. 13:35), (alhoewel die profete wel geprofeteer het van hierdie  EWIGE KONINKRYK, was die "evangelie" daarvan verborge) (Dan. 4:3; 7:14; 7:27))( 2 Pet. 1:11).

(5)  in baie skrifte lees die "KONINKRYK VAN GOD", dieselfde as die "EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK";  die begrip "koninkryk van die hemele", word in baie skrifte ook dieselfde gebruik  as   "koninkryk van God" - vgl. bv. Mark. 1:15 met Matt. 4:17 ens.;

(6)  beide die "evangelie van die koninkryk" en die "evangelie van Jesus Christus" is in die eerste gemeentes deur die dissipels gepreek - Hand. 8:12;  inteendeel, dit vorm SAAM "die evangelie" en die twee moet nie geskei word nie - Kol.1:13,14;(in sommige skrifte word  na die "evangelie van die koninkryk verwys  as bloot "die evangelie" (Luk. 3:18; 4:18; Luk. 7:22 ens.)- net soos die evangelie van Jesus Christus ook in ander skrifte na verwys word as bloot, "die evangelie");

(7)  die "konkryk van God" verwys deels na 'n "fisiese koninkryk" wat Jesus Christus op die aarde sal oprig -Dan. 2:44; Hebr. 1:7,8.  (SLEGS DIE WAT DIE EWIGE LEWE ONTVANG, M.A.W. DIE WAT "OPSTAAN TOT LEWE", SAL DEEL HE AAN HIERDIE KONINKRYK - EN SAL OOK SAAM MET CHRISTUS REGEER VIR 'N 1000 JAAR);

(8)  die "koninkryk van God" verwys deels na 'n "geestelike koninkryk": (wat behels die voorwaardes om deel te kan raak van die koninkryk, asook, verwys na die geestelike lewe van die Christen) - Jesus het bv. die volgende gese in Mat 12:28 -"Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom" - in die sin was die koninkryk van God in hulle midde omdat die Gees van God in die Here Jesus Christus was - die koninkryk van God het dus al "geestelik" gekom omdat die kind van God die Gees van God ontvang het en daarom ook, word die Christen se liggaam 'n tempel van die Gees genoem - (die tempel is 'n teken van God se teenwoordigheid).  Let wel hoe die koninkryk van God geestelik verduidelik word in 1 Kor. 4:20 en Rom. 14:17.  (IEMAND KAN OOK NIE EENDAG DEEL WEES VAN DIE "FISIESE" KONINKRYK, AS HY NIE ALREEDS DEEL IS VAN DIE "GEESTELIKE" KONINKRYK NIE).  (Luk 17:20)  "En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.(Luk 17:21)  En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle". Daarom is die term koninkryk van God ook verwysend na die kerk-periode, nie net na die periode waarin die Here Sy "fisiese" koninkryk sal oprig nie.  (Waar iemand egter nie regtig tot bekering kom nie, en homself nie onderwerp aan sy Skepper nie, en ook nie Sy offer van Sy Seun aanneem nie, maak hy nie die Here koning van sy lewe nie, en kan hy nie deel raak van die koninkryk van God nie, en ook nie die Heilige Gees ontvang nie! - sy liggaam is dan nie 'n tempel nie - en die Here is nie "teenwoordig" in sy lewe nie)

(9)  die "koninkryk van God" verwys deels na 'n "hemelse koninkryk": wanneer Jesus Christus terugkom, sal die leers van die hemel Hom volg en saam met Hom veg (dan sal Hy die ander koninkryke verbrysel, 'n einde daaraan maak, en Sy koninkryk op aarde sal vir ewig wees; dit gaan gepaard met OORDEEL)- Joh. 18:36; Judas 1:14,15; Mark. 16:28.

----------------------------------------------------------------

In die gelykenisse, verhale en leringe wat Jesus gegee het oor die Koninkryk van God (kyk opsomming daarvan heel onderaan blogpost):
-(1)  stel Hy voor dat die Koninkryk in so 'n mate begeer moet word, dat die mens bereid moet wees om alles op te gee daarvoor en dit bo wereldse dinge moet soek (bv. bekering/wedergeboorte -(Joh. 3:1-18 veral v.3)(Matt. 3:2)(Matt. 4:17)(Mark. 1:15))(geestelike groei)(die pad van godsaligheid)- hierdie onderwerpe word gedek onder die "evangelie van die koninkryk"(vgl. met Luk. 16:16)   - alhoewel Christene reeds "kinders van die koninkryk" genoem word, word die koninkryk eers beerwe na die eerste opstanding (met Jesus se wederkoms)  (Matt. 13:44,45)(Luk. 12:36-49) 

-(2)  Dit word ook voorgestel as "iets" wat "deur baie met geweld ingedring word", maar nie almal sal dit beerwe nie, bv. dat Sy diensknegte uitgestuur word om mense te "vang soos visse" of mense "uit te nooi na die bruilof", waarvan, met Jesus se wederkoms, die goeies van die slegtes geskei sal word Matt. 13:24-43)(Matt. 13:47-50)(Matt. 22:2-14); daarom dan die vele waarskuwings dat almal moet seker maak "hulle is gereed" (Matt. 25:1-13).  -dus, alhoewel baie hulleself sien as "kinders van die koninkryk" (Matt. 8:11,12)(Matt. 13:38), is dit slegs die wat die nodige VRUG dra wat by die bekering pas (Matt. 21:33-46), die WIL VAN DIE VADER DOEN (goed doen) (Matt. 21:28-32)(Matt. 7:21; 12:50; 5:30)(Matt. 25:31-46), Hom KEN, LIEHET en BO ALLES STEL (Mark. 10:20-24)(Luk. 18:29,30)(Luk. 12:13-34) ,  asook die wat hulle broeders VERGEWE (Matt. 18:23-35),  wat sal ingaan in die koninkryk - dit is die wat "arm van gees" is (soos kindertjies - Matt. 18:3,4; Mark. 10:14; Jak. 2:5), die "wat vervolg word ter wille van die geregtigheid" (verdrukking en vervolging)(Matt. 5:10), en die wat nie moedeloos word nie, maar "besig" gevind sal word met Sy wederkoms (Luk. 12:43). 

-(3)  Die koninkryk van God is "iets" wat groot sal word (Matt. 13:31-33)en is nie beperk tot een nasie nie, maar is vir enige iemand bedoel, Jood sowel nie-Jood, "die wat die voorwaardes nakom".

-(4)  Alhoewel gelowiges verskillend beloon gaan word in die koninkryk, moet hulle wees soos "onverdienstelike diensknegte -  (Matt. 20:1-16)(Matt. 24:42-51)(Luk. 12:36-48)(Luk. 17:5-10)(Matt. 25:14-30)(Luk. 19:11-27)(Luk. 18:29,30)Matt. 24:46,47)
 -----------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk ook na'n paar ander skrifte, oor wat Jesus gese het van hierdie koninkryk: 
WIE IS GESKIK VIR DIE 
KONINKRYK VAN GOD ?


-  SLEGS DIE WAT TOT BEKERING/WEDERGEBOORTE GEKOM HET EN DIE EVANGELIE GLO:
(Mat 3:2)  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. (ook Matt. 4:17; Mark. 1:15; Luk. 15:7,10; Hand. 2:38; 3:19... ) ("bekering" was nog altyd 'n voorvereiste - dit was dan ook Johannes die Doper se doel om bekering  te preek, "want die koninkryk van die hemele het naby gekom"... BEKERING is steeds 'n voorvereiste om te kan ingaan in die koninkryk van God.) (Mar 1:15)- "Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie".  ((Mar 9:47)  En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word)(Joh. 3:3)  Iets wat die volk tog goed moes verstaan, is dat dit net die is wie regtig die Here liefhet, hulleself aan Hom onderwerp en glo in die "Een wat sou kom",  wat kon deel he aan hierdie koninkryk (m.a.w. die wat hulle bekeer, want dit was deel van die prediking).  Tog het almal dit nie so verstaan nie! (Matt. 3:7-12)- daar was baie ongelowige Jode wat hulleself gesien het as "kinders van die koninkryk", maar nie die nodige vrug gedra het nie (wat gewys het op hulle hartstoestand). Interessant dat baie die boodskap vandag nog steeds nie verstaan nie, m.a.w. dat "bekering" (en geloof) nodig is om deel te raak van die "kinders van die koninkryk"- volgens die manier hoe Johannes dit verduidelik het, is dit duidelik dat daar ook voorwaardes is rondom bekering, dat iemand wat tot bekering gekom het, se dade moet verander en die nodige vrug dra wat by die bekering pas!  Alhoewel vrug en geestelike groei 'n uitvloeisel is van bekering, is dit ook 'n bewys van of iemand regtig bekeer is!  (Luk. 3:3-14).  In die "evangelie van die koninkryk" moet al hierdie dinge gepreek word, nie net "geloof" nie.



-  SLEGS DIE WAT SE BEGEERTE NA DIE HERE IS:
 (Mat 6:33)  " Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word". -(in die konteks vra Jesus dat ons ons nie kwel oor wereldse node nie en Hy verklaar die volgende: "want na al hierdie dinge soek die heidene".  Jesus het baie gepraat oor rykdom, besittings en ander dinge wat veroorsaak dat mense meer besig raak met die lewe, as met Hom.  Ons moet Hom altyd EERSTE nader en Sy wil vra en ons vertroue in Hom plaas - selfs wanneer die Here vir ons 'n werk voorsien, is dit genade.  Wat ons doen, moet dus nie tot selfverheerliking wees nie, maar altyd tot eer van die Here.)  - PLAAS JOU VERTROUE IN DIE HERE, nie in wereldse dinge nie (Mar 10:24)  En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!


-  SLEGS DIE WAT DIE WIL VAN DIE VADER DOEN:
 (Mat 7:21)  "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar HY WAT DIE WIL DOEN VAN MY VADER wat in die hemele is"-(in die konteks van die skrifgedeelte, het Jesus gewaarsku teen valse profete en gepraat oor bome goeie of slegte vrugte - 'n manier dus om te bepaal of iemand se vrug goed of sleg/of om te weet wanneer iemand 'n valse profeet is, is deur te kyk of die persoon homself ondergeskik stel aan die Here, deur die "wil van die Vader" te soek en te doen)(valse profete sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie)(die wat nie die nodige vrug dra nie, sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie) - d.w.s. die wat hulle eie wil soek, en nie die wil van die Vader nie. In v.23 stel Jesus dit duidelik dat dit die is wat nie regtig die Here KEN nie, m.a.w. "om die Here te ken, gaan ook oor "om Sy wil te soek" (en te doen).  SOEK EN DOEN DIE WIL VAN DIE VADER 

- SLEGS DIE WAT HULSELF ONDERGESKIK STEL AAN DIE HERE, DIE NEDERIGES: 
(Mar 10:15)  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.-(Wanneer Jesus in Matt. 18 vra wie die grootste is in die hemele, dan roep Hy 'n kindjie na Hom toe en se die volgende woorde:   (Mat 18:3,4) "Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!  Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele". Dit gaan dus oor "status" - net die nederiges sal in die koninkryk van die hemele ingaan, NIE die wat "groot wil wees" of belangriker wil wees nie;  ook nie die wat neerkyk op die nederiges nie! -kyk v.5,6)(Mat 11:11)  "Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy".


- SLEGS DIE WAT HULLE HOOP PLAAS IN DIE HERE:
 (Mar 10:23,24)  Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan! En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan! -(in die konteks van hierdie skrifgedeelte gesels Jesus met iemand wat 'n vb. van "goed" was, wat die gebooie onderhou het en die skrif se selfs dat Jesus, toe Hy na hom kyk, hom liefgekry het, MAAR daar het een ding geskort en hierdie ding sou veroorsaak dat hy baie moeilik in die koninkryk van God sou kon ingaan - v. 21 "Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My" -toe Jesus dit van hom vra, het hy treurig geword, WANT HY HET BAIE BESITTINGS GEHAD. Jesus het ook die woorde gebruik: "hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan - Hy sluit die insident af deur die woorde: (Mar 10:31)  "Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste"; dus die wat min het in hierdie wereld en eerder op die Here vertrou as op wereldse dinge,  as "laaste" volgens die wereld bestempel word, sal eerste wees in die koninkryk van God; en die wat as "eerste" bestempel word in die wereld, sal as laaste bestempel word in die koninkryk van God.(Mat 6:19)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie. (Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie. (1Pe 1:14)  Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

- SLEGS DIE WAT DIE HERE MEER LIEFHET as die lewe:
(Luk 9:62)  En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie-(in die konteks van die gedeelte, gebeur die volgende: (Luk 9:57,58)  "En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie". Hoekom sou Jesus hierdie vreemde antwoord gee?  Miskien omdat Hy wou toon dat om Hom te volg, nie so rooskleurig lyk nie, dit sal nie maklik wees nie en jy moet bereid wees om jou gemaklikhede op te offer in die proses.  In die volgende vers se Hy vir 'n ander: (Luk 9:59) "Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe". En Jesus sê vir hom: (v.60) "Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God". Ook ''n ander een wat Hom wou volg wou eers gaan afskeid neem van sy huis (v.61). Die Here is tog nie sonder kompassie nie, maar hy ken die harte van mense - in hierdie bg. gevalle het Hy ook hulle harte onderskei en geweet dat menseverhoudinge en dinge van die lewe vir diesulkes belangriker was.  Dit laat dink mens ook aan Sy woorde in Luk. 17:31 en 32 waar Hy die dissipels herinner aan Lot se vrou (wat omgekyk het) en Jesus verduidelik in die skrifgedeelte dat, a.g.v. die feit dat die "lewe", nl. menseverhoudinge, kultuur, menslike gebooie ens., vir sekere mense so belangrik is, dit kan veroorsaak dat hulle nie gereed is wanneer Hy terugkom nie -  (Luk 17:28,29) - ons moet die Here meer liefhe as enigiemand of enigiets.   "Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig" - dit was dan ook Lot se vrou se probleem, dat sy besorg was oor wat sy agterlaat het, mense en "hulle lewe", en dit nie wou opgee nie. ELKEEN WAT PROBEER OM SY LEWE TE RED, SAL DIT VERLOOR; EN ELKEEN WAT DIT VERLOOR, SAL DIT BEHOU - (Luk 17:33).

-  (1 Kor. 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
    (Gal 5:16-21 -  "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie .... Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie") (Ef. 5:5)

-  DIE WAT HOM LIEFHET  (Jak. 2:5)  "Luister, my geliefde broeders—het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?"

-  ONS HET OOK GESIEN DAT DIT DIE IS WAT: - ARM VAN GEES IS; DIE WAT BEREID IS OM VERVOLG TE WORD TERWILLE VAN DIE HERE en  DIE WAT DIE GEREGTIGHEID DOEN EN DIT AAN ANDER LEER ens.

-  DAAR IS NOG HEELWAT MEER TE LEER UIT DIE GELYKENISSE WAT JESUS VERTEL HET - sien 'n lys hiervan onderaan...
--------------------------------------------

(Mat 21:31)  Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------




(Heb 1:7)  "En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; (Heb 1:8)  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer"


---------------------------------------------------------------------

DIE MESSIAS SE KONINKRYK:
('n opsomming)
Hierdie koninkryk was iets waarop die Jode vir eeue gewag het en is lank voor die tyd deur die profete voorspel.  Behalwe dat daar spesifieke dinge oor die koninkryk geprofeteer was,  het Jesus dit verder verduidelik deur die gebruik van gelykenisse. Volgens O.T. profesiee, sou die Here 'n boodskapper stuur, iemand wat voor die Messias sou uitgaan, om die "harte van die volk terug te bring", (dus iemand wie die boodskap van "bekering" sou preek).  BEKERING WAS (en is steeds) 'n VOORVEREISTE om deel te kan wees van die koninkryk.  Johannes die Doper was daardie boodskapper wat uitgestuur is en hy het wel bekering gepreek: "bekeer julle, WANT DIE KONINKRYK van die hemele HET NABY GEKOM".  Na Jesus se 40 dae vas, het Hy dit ook begin preek. Ook toe Hy die 12 uitgestuur het, het Hy vir hulle gese: (Mat 10:7)  "En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom". Maar ons moet verstaan dat bekering en "die evangelie" hand in hand gaan met mekaar - daarom dan dat Johannes die doper sekere Fariseers en Skrifgeleerdes nie wou doop nie, want hulle het nie die nodige vrug gedra nie en so bewys dat hulle nie regtig die Vader geken het nie - (en ons sien dan ook hoe hulle hulle Messias verwerp het!  -Iemand kan nie "glo", maar tegerlykertyd die Seun van God verwerp nie!) (Joh. 6:66 -lees gerus vanaf v. 15)

 In hierdie tydperk waarin ons leef, moet dit steeds die hoofboodskap wees van die kerk, en dit is dat niemand deel kan raak van hierdie koninkryk, tensy hulle hul BEKEER en GLO nie. (Mat 24:13,14)  "Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom".
 
Alhoewel Jesus Christus fisies in 'n 1000-jaar koninkryk sal regeer, wat sal plaasvind na Sy wederkoms, is Sy koninkryk ook 'n EWIGE koninkryk;  dus, om deel te kan wees van die koninkryk van God, het te doen met die persoon se hartstoestand. 

  Moet ons net weer die aandag daarop vestig dat, alhoewel "om deel te wees van die koninkryk van God" lyk of dit meer verwysend is na die hartstoestand (Luk. 17:20,21), moet ons in gedagte hou dat  Luk. 17:21 verskillend geinterpreteer kan word en die woorde kon verwys daarna dat "die koninkryk "in hulle midde is" omdat Jesus daar was)- toe Jesus hierdie "koninkryk" verder verduidelik het, in vele ander skrifte,  het Hy spesifiek verwys na sy ewige koninkryk:  dus, die koninkryk waarop die Jode gewag het vir soveel eeue. 


(Dan 2:44)  "Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—"

In die skrif lees ons dat in die 1000-jaar waarin Jesus gaan regeer, dit nie net die gelowige Jode is wat deel sal wees van hierdie koninkryk en saam met Hom gaan regeer nie, maar ook die wat deel het aan die EERSTE OPSTANDING wat met Jesus se wederkoms plaasvind -(m.a.w. die wat in Christus ontslaap het asook die Christelike gelowiges wat nog oor is met Sy wederkoms en van gedaante gaan verander, m.a.w. die wat hulle "bekeer" het tot die Here en glo in Sy Naam) - (Openb. 20).   (Ook is hierdie koninkryk nie beperk tot net die 1000 jaar nie - alhoewel die 1000 jaar 'n tyd is wat uitstaan met kenmerkende feite).  Die wat deel het aan die "eerste opstanding" en oor die nodige vrug beskik het, sal die EWIGE LEWE beerwe en sal VIR ALTYD deel wees van God se koninkryk - Sy koninkryk is ook 'n EWIGE KONINKRYK (Dan. 7:3,14,27; 2 Pet. 1:11).

   In die tyd wat Jesus op die aarde was, moes almal seker baie opgewonde wees oor die koninkryk "wat naby gekom het".  Daarom dan dat die dissipels Hom gevra het voor Sy opvaarding oor wanneer Hy dan nou die koninkryk gaan oprig?  Sy antwoord:  "Dit kom julle nie toe om die tye en geleenthede te weet wat die Vader deur Sy eie mag bepaal het nie...".  Ons moet verstaan, dat alhoewel die O.T. profete voorspel het van Jesus se koms (dat Hy gebore sou word), Sy wederkoms ook voorspel was (dat Hy met die wolke sou kom).  Dit was ook nie 'n geheim dat Hy ons krankhede op Hom sou dra en aan die regterhand van God sou gaan sit nie. Terwyl die Jode se begrip van die "koninkryk" beperk was omdat hulle nie altyd hierdie skrifte onderskei het nie, was dit nodig vir Jesus om hierdie koninkryk verder te verduidelik omdat Hy nie onmiddellik die koninkryk sou oprig soos baie verwag het nie, maar sou opvaar en sit aan die regterhand van God, en dan weer terugkom. In die gelykenisse waar Hy spesifiek praat van die koninkryk van die hemele/God, is dit duidelik dat die wat tot bekering gekom het en glo, reeds van gepraat word as die "kinders van die koninkryk", asof alreeds DEEL VAN die koninkryk, maar Jesus verduidelik ook dat sommige net voorgee hulle is deel van die koninkryk (valse profete en leraars);  ander word gelowig, maar die verleidinge van die wereld, besittings, rykdom, e.a. veroorsaak dat hulle hul vrug verloor (l.w. dat VRUG nodig is vir die ewige lewe);  ander verlaat Hom as eerste liefde; sommige stap in ongeregtigheid en valse leringe.  Hierdie is alles dinge wat bepaal of iemand regtig uiteindelik deel is van die koninkryk - daarom dan dat Paulus verduidelik dat ons in 'n wedloop is.  

Elke ongelowige (sowel gelowiges) sal geoordeel word! (selfs Henog, nog voor die sondvloed, het hierdie feit voorspel! - (Jud 1:14,15)  "En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle (wederkoms?), om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het (oordeel)" - dit is dus 'n baie ou boodskap, tog preek min predikers vandag daaroor.  Ons moet ook die hele Judas 1 lees en kyk wat die konteks was van hoekom hy Henog aangehaal het - volgens Jud. 1 is dit duidelik dat baie, wat dink hulle is kinders van die koninkryk, hulle seunskap kan verloor: (Jud 1:5)  "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het" - kyk ook v. 6 wat praat van die engele wat hulle "seunskap" verloor het.  (l.w. dat Judas nie hier net verwys na die wat in die wereld is nie, maar ook mense wat voorgee dat hulle gelowig is en "saam met die gelowiges feesvier" (v.12).  Net soos werke sonder geloof dood is, so is geloof sonder werke ook dood. 

 Terwyl die dissipels dit so belangrik geag het om hierdie "evangelie van die koninkryk" aan die eerste kerke te leer, hoekom dink baie predikers vandag dat dit bloot bog is? Ons moet verstaan dat elke mens geoordeel sal word en dit moet gepreek word - dit is immers deel van die evangelie van die koninkryk en Jesus het hierdie feit baie duidelik gemaak in die gelykenisse wat Hy vertel het rakende die "koninkryk".  

Johannes het ook na die belangrikheid van "vrug dra" verwys - Jesus het ook hierdie feit duidelik gemaak in die gelykenisse wat Hy vertel het, o.a. die gelykenis van die saaier. 
-----------------------------------------------------------------------------------

Volgens O.T. profesiee sal die Messias vanuit Jerusalem regeer.  (Jes. 24:23)  "En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees (net voor wederkoms?); want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees".  (Psa 68:29)  (68:30) "Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring".(Psa 125:2)  "Rondom Jerusalem is berge; so is die HERE rondom sy volk van nou af tot in ewigheid".  (Psa 135:21)  "Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!"  (ook Jes. 33; Jes. 52:1,9; 62:7; Jes. 66 ens.)  (Jer 3:17)  "In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie".




------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BYBELSTUDIE:  KONINKRYK VAN GOD/DIE HEMELE
---------------------------------------------------------------------------------

(Dan 2:44)  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Is die "koninkryk van God" dieselfde as hierdie koninkryk wat vir ons beskryf word in Dan. 2:44?  Is die koninkryk van God iets wat geestelik is?  Het die koninkryk van God al gekom?  Kan ons nou al deel he aan die koninkryk van God?
Hierdie is vrae waaroor geleerdes al vir baie lank redeneer. Terwyl daar heelwat verskille is oor die onderwerp, is dit eintlik a.g.v. die feit dat sekere skrifte nie so duidelik is nie.  Sommige geleerdes verwerp net eenvoudig die "evangelie van die koninkryk" en probeer die evangelie van Jesus Christus preek daarsonder - die twee kan egter nie geskei word nie! In hierdie blogpost word beoog om 'n behoorlike opsomming te maak rondom die "koninkryk van God" (die evangelie van die koninkryk) en alle versgedeeltes rondom die onderwerp in ag te neem, nie net dele nie. 

----------------------------------------------------------------------
Dit is duidelik volgens Dan. 2 (e.a. skrifgedeeltes) dat Jesus, wanneer Hy terugkom, wel Sy koninkryk gaan oprig (dan sal Hy 'n einde maak aan al die ander koninkryke, en Hy sal as Koning regeer oor die hele aarde)(sien my blogpost getiteld "Jesus is Koning").

Toe Jesus vir die dissipels meer vertel het oor die tye net voor Sy wederkoms, het Hy die volgende opmerking gemaak:
(Luk 21:31)  So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Volgens hierdie opmerking wil dit lyk of die koninkryk van God nog nie gekom het nie, want ons verwag dit eers as "naby" wanneer die dinge gebeur wat Jesus beskryf in die verse vroeer in die skrifgedeelte.  
(Luk 22:29) " En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het"
Hy gaan verder en maak die volgende stelling aan die dissipels:
Luk 22:30 - sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel". Dit is duidelik dat hierdie koninkryk ook meer verwysend is na 'n koninkryk op die aarde.  Kyk ook Luk 13:29 - "En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God". Ook hier lyk dit of die woorde "koninkryk van God" verwys na 'n fisiese koninkryk op die aarde. (Joh. 6:15; Dan. 7:14; Sag. 9:9; Luk. 19:11; Hand. 1:6,7...)

In ander skrifgedeeltes wil dit weer lyk of die koninkryk van God 'n "geestelike" of 'n "hemelse  koninkryk" is, maar wat beteken dit regtig?:
*   (Joh 18:36)(vir Pilatus)  "Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie". (ons moet kyk in watter konteks Hy dit gese het:  "sou my dienaars geveg het..." - inderdaad is Sy koninkryk 'n "hemelse", want wanneer Hy terugkom, dan sal die leers uit die hemel Hom volg en hulle sal saam met Hom veg - daarom is Sy koninkryk nie van hier nie, want sy dienaars "veg nie vir Hom nie" - Openb. 19:11-21; 16:12-21).

(l.w.:  Ons weet ook dat die term "koninkryk van God" in verskeie skrifte gebruik is as "koninkryk van die hemele").

*   (Luk 17:20,21)  "En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle" (daar is natuurlik die wat redeneer dat Jesus hier met ongelowige Fariseers gesels het en dus nie kon bedoel dat die koninkryk binne-in hulle is nie!, maar dat dit eerder bedoel "in hul midde" - let egter daarop dat die skrif hier verwys na "die Fariseers" - nie alle Fariseers was ongelowig nie!)..
Kom ons kyk na nog skrifgedeeltes oor hoe die "koninkryk van God" beskryf word:

*   (1Kor. 4:20)  want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.

*   (Rom 14:17)  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Die koninkryk word dus in hierdie gedeeltes meer as 'n geestelike verduidelik.  

*   In die volgende skrifgedeelte word die "koninkryk van God" voorgestel as iets wat vir sekere mense "nie ver is nie".  
(Mar 12:32-34)  "En die skrifgeleerde sê vir Hom: Goed, Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie; en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers. Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie...". Dit was dan ook die boodskap gewees van Johannes en Doper: "Bekeer julle, want die koninkryk van God het NABY gekom".  Dit was ook Jesus se boodskap en Hy het ook die dissipels uitgestuur om dieselfde boodskap te verkondig.  Hoe het die volk hierdie woorde verstaan?  Het hulle verstaan dat Jesus praat van 'n fisiese koninkryk op aarde? , of het hulle verstaan van 'n koninkryk "wat nie met sigbare tekens kom nie en meer wys op die geestelike? Of het hulle verstaan dat die "die koninkryk naby is" omdat Jesus by hulle is?

Dit is duidelik uit verskeie skrifte dat hulle 'n fisiese koninkryk op die aarde verwag het waarin die Messias sou regeer tot in ewigheid (Luk. 17:20 e.a.) - hierdie kennis het hulle nie net verkry uit O.T. geskrifte nie, maar Johannes die Doper, asook Jesus self,  het dit verkondig.  Let daarop dat die wet en die profete was tot op Johannes, -van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig (Luk. 16:16) - die "evangelie van die koninkryk van God" gaan ook meer as net 'n fisiese koninkryk op aarde.  (Die Skrif verklaar bv. nerens dat "die koninkryk" al gekom het nie, maar in die Luk. 17 skrifgedeelte e.a., lyk dit of die koninkryk al hier is.  Let ook op Rom. 14:17 wat wys na die "geestelike sy" van die koninkryk van God. In die konteks van die gedeelte gaan dit oor "oordeel" volgens menslike wysheid.  Dus, in die koninkryk van God gaan dit nie oor "wat ons mag eet of drink nie" (gaan nie oor mensgemaakte of vervulde wette nie), maar oor GEREGTIGHEID (m.a.w. om die wil van die Here te doen), VREDE en BLYDSKAP, l.w. "IN DIE HEILIGE GEES" (in later skrifte gaan ons sien hoe die Heilige Gees inpas in hierdie prentjie). Kyk ook 1 Kor. 4:20 - in die gedeelte raak Paulus ook die kwessie aan van menslike wysheid - mense met baie woorde, maar sonder krag! en verklaar dat die koninkryk van God nie in woorde bestaan nie, maar in krag.  Hy verwys dus ook hier na die "koninkryk van God" as iets wat alreeds is. 

Dit is dus duidelik dat, wanneer Jesus terugkom, Hy wel 'n fisiese koninkryk gaan oprig op die aarde, maar dit is ook duidelik dat Sy koninkryk geestelik van aard is, in die sin van die voorwaardes om deel te kan wees van die koninkryk, asook die Christelike lewe van die gelowige.  

As ons dan praat van die geestelike sy van die koninkryk van God, hoe sou ons dit beskryf volgens bg. skrifgedeeltes?
-(1)  binne-in (of in die midde van ons)
-(2) krag (nie menslike wysheid nie)
-(3) geregtigheid, vrede, blydskap (in die Heilige Gees) 
-----------------------------------------------------


(Mat 25:34)  "Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf DIE KONINKRYK wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af". - hierdie koninkryk is vir die mens berei van die grondlegging van die wereld af !- l.w. dat die leringe oor die koninkryk verborge was (van die grondlegging van die wereld af) totdat Jesus Christus dit begin preek het (Matt. 13:35), alhoewel die profete geprofeteer het van hierdie ewige koninkryk.   Jesus het dit ook  duidelik gemaak in Matt. 13:10-17 dat nie almal van die volk hierdie leringe verstaan het nie - die rede daarvoor? (Matt. 13:15 - "Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie") -sou hulle egter "sien" en "hoor" en "verstaan", dan sou hul "tot bekering" kom - dus: as iemand nie VERSTAAN (vanwee 'n stomp hart), SIEN en HOOR nie (omdat hulle nie wil hoor en sien nie), kan hulle nie tot bekering kom nie (vgl. dit met die gelykenis van die saaier).  Daar moet dus ag gegee word op die verkondiging van die "evangelie van die koninkryk"

 (Mat 15:3)  Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?

(Mat 15:6)  So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering(Mat 15:7)  Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: (Mat 15:8)  Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. (- Baie gelowiges glo meer in wat "hulle kerk leer" of "wat vir hulle vertel is", as wat hulle die waarheid soek - dit is dieselfde fout wat die ongelowige Jode, wat wel gelowig voorgekom het, gemaak het!  Die rede? -"hulle hart is ver van My af"). (Joh 12:42)  "Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.(Joh 12:43)  Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God. (Joh 12:44)  En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.(Joh 12:45)  En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het. (Joh 12:46)  Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. (Joh 12:47)  En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.(Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag....  DIT WAS A.G.V. "oorlewering" WAT HULLE DIE MESSIAS VERWERP HET.  
------------------------------------------------------------------


Dan is daar die kwessie van hoe presies Jesus se kruisdood inpas by die "koninkryk van God".  Volgens Kol. 1 word dit vir ons verduidelik dat deur verlossing deur Sy bloed (nl. vergifnis van sondes), ons oorgebring word in Sy koninkryk:
(Kol 1:13,14)  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. Hoekom moes Johannes die Doper bekering preek?  En hulle dan doop?  -  (Mar 1:4 - "Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig").  VERGIFNIS VAN SONDES is nodig voor iemand 'n kind van die koninkryk kan word.  Om deur Johannes gedoop te word, soos baie Jode hulle laat doop het deur hom met die doop van bekering, tot vergifnis van sondes, en dan die Messias te verwerp, is egter soos om te bely dat iemand nie regtig GLO nie - dit is inderdaad wat ook gebeur het.  Deur gedoop te word in die Naam van Jesus Christus, is egter anders, want met dieselfde hart waarmee daardie persoon homself bekeer tot die Here, bely hy ook met sy mond dat Jesus Christus die Messias is wat sondes vergewe.  (dit miskien die rede hoekom sommige gelowiges weer gedoop is in die Naam van Jesus Christus, selfs nadat hulle gedoop is met Johannes se doop (Hand. 19:1-6) - l.w. dat die "Heilige Gees" ook hier 'n rol speel soos ons later sal sien.
  Terwyl die evangelie van Jesus Christus die hoofboodskap is van die evangelie, moet  ons egter besef dat wat gepreek is in die "EVANGELIE VAN DIE KONINGKRYK", nie kan losstaan van hierdie verlossing wat ons in Hom ontvang nie.


(Joh 6:54)  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

-----------------------------------------------
- (Mat 6:33)  "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word". Die "koninkryk" en "die Here se wil", is dus iets wat ons eerstens moet begeer bo enige iets anders.  Dit is redelik verstaanbaar vir meeste wat dit beteken om na "die wil van die Here" te soek en om Sy wil te begeer, maar wat beteken dit om Sy koninkryk te begeer? 
----------------------------------------------------
Ook, na Sy opstanding uit die dode, het Jesus steeds vir die dissipels geleer "oor die dinge van die koninkryk":
(Hand. 1:3)  aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.
-----------------------------------------------------------
Ook die dissipels het lering gegee oor die dinge van die "koninkryk van God".  Volgens Paulus se woorde in Hand. 14:22, wil dit lyk of die koninkryk van God nie onmiddellik ingegaan word nie:
(Hand. 14:22)  "en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan".
Kyk ook 2 Thess. 1:5 - "‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly" - in hierdie skrifgedeelte word verwys na hoe gelowiges wat lyding verduur, waardig geag sal word by Sy wederkoms, wanneer God die sal oordeel deur wie hulle verdruk word en verligting sal gee aan die wat verdruk word - ook in hierdie gedeelte word die "koninkryk van God" dus voorgestel as "nog nie hier nie".  

Hierdie gedeeltes skets egter die "lewe van die ware Christen" en hoe verdrukkinge en lyding deel is daarvan.  Dit probeer nie leer dat vedrukkinge 'n voorwaarde is om te kan ingaan in die koninkryk van God nie, maar eerder dat dit deel is daarvan.  Daarom is dit snaaks wanneer gelowiges dink dat God nie sal toelaat dat hulle deur verdrukking gaan nie!     Hierdie verdrukkinge en lydinge laat die gelowige WAARDIG VOEL. (natuurlik verwys dit nie na "lyding a.g.v. sonde nie, maar spesifiek "om te ly ter wille van Christus se koninkryk"). 
---------------------------------------------------------------------------------

(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.

Wat die onderwerp van die "koninkryk van God/hemele" aanbetref, is dit nie net die wat ongetroud bly ter wille van die koninkryk, wat "iets opgee nie", maar Jesus verduidelik in verskeie leringe van wat ons alles opgee (ter wille van die koninkryk).  (Matt. 19:21-23)(Matt. 13:21)(Matt. 10:22)(Mark. 10:29)(Mark. 13:13)(Luk. 6:22)(Luk. 18:29)(Luk. 21:17)
---------------------------------------------------------------------------------


(1Kor. 15:50)  "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie".

(Heb 2:14-28)  "Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word".
Vlees en bloed kan nie die koninkryk van God beerwe nie!  Daarom is daar 'n opstanding nodig, waarvan Jesus die Eersteling was - wanneer Hy terugkom, sal Hy die wat gelowig en in Hom gesterf het "saam met Hom bring", en hulle sal opstaan uit die dode;  die gelowiges wat dan nog oor is in die lewe, se liggame sal in 'n oogwink verander word.
(1 Kor. 15:54)  "En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning". Dan eers is dit vervul dat die dood verslind is.  Alhoewel die wat tot wedergeboorte gekom het en glo, nou al "kinders van die koninkryk" genoem kan word, kan ons nog nie die koninkryk ingaan nie, want "geen vlees en bloed" kan die koninkryk van God beerwe nie - van watter koninkryk word hier gepraat?  -Jesus Christus se fisiese koninkryk op aarde.   Terwyl die voorwaardes "om te kan ingaan" GEESTELIK van aard is, kan ons dit regtig eers beerwe wanneer ons nuwe liggame kry, verheerlikte liggame (en dit geskied eers met wat die skrif noem, die EERSTE OPSTANDING, met Jesus se wederkoms).  

Vir feitlik elke belofte in die Bybel, is daar ook 'n voorwaarde.  Hierdie "voorwaardes" moet nie gesien word soos wette nie, maar dit beskryf eerder hoe iemand se hart lyk wat "kinders van die koninkryk" raak. 
-  Daarom is die "koninkryk van God" deels GEESTELIK, omdat die voorwaardes geestelik van aard is; 
-  dit is ook deels HEMELS, omdat Jesus Christus vanuit die hemel sal kom en die ander koninkryke verbrysel met behulp van die hemelse leermagte;  
- dit is ook deels AARDS, omdat dit 'n fisiese koninkryk sal wees op die aarde, 'n ewige koninkryk (wat sal begin met die 1000 vrederyk, 'n tydperk met kenmerkende feite).

--------------------------------------------------------------------------------
DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK:
(Mat 4:23)  "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees" .


Maar wat presies is hierdie "evangelie" van die koninkryk?  Ons merk dat Jesus hierdie evangelie verkondig het oral waar Hy rondgegaan het (Matt. 4:23, Matt. 9:35, Mark. 1:14, Luk. 4:43, Luk. 8:1, Luk. 16:16).  Hy het die volgende opmerking gemaak in Mar 1:15  "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie" - van watter "evangelie" praat Hy hier? - Hy se, "glo die evangelie" - dit kan nie verwys na die evangelie van Hom wat gesterf het aan die kruis nie (vir vergifnis van ons sondes), want op daardie stadium was Hy nog nie gekruisig nie en reeds besig om "hierdie evangelie van die koninkryk" te verkondig!  Ons moet verstaan dat waneer ons praat van "die evangelie",  dit nie net gaan oor Jesus Christus wat soos 'n Lam "vir ons geslag is nie", maar dit gaan ook oor "die evangelie van die koninkryk", die "evangelie van vrede" en die vele leerstellings wat Jesus geleer het - kyk bv. wat Hy geleer het d.m.v. gelykenisse.
(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat al die voorwaardes weggeval het nie!  Nee, inteendeel dra die "evangelie van die koninkryk" sy eie stel voorwaardes!
Die "evangelie van Jesus Christus" moet nie geskei word van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  (Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1) aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".
Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk.  Hierdie "evangelie van die koninkryk" moet saam met die evangelie van Jesus gepreek word.   


- (Hand. 19:8)  En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
- (Hand. 20:25)  En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
- (Hand. 28:30)  En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,
(Hand. 28:31)  terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
- (Kol. 4:11)  ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ‘n troos vir my.
- (Openb. 1:9)  Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

- (Hand. 28:23)  En hulle het vir hom ‘n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.

DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK / KONINKRYK VAN GOD, behels:
- (1)  die evangelie van JESUS CHRISTUS - die feit dat Hy ons sondes vergewe (sodat ons kan ingaan in die koninkryk), die feit dat Hy opgestaan het uit die dode as Eersteling (sodat vervul kan word, oorwinning oor die dood vir ons, wanneer ons met Sy wederkoms nuwe liggame gaan kry).  Terwyl die wet en die profete slegs na Jesus gewys het, gaan die evangelie van die koninkryk oor Hom wat gekom het.  Die evangelie van die koninkryk behels ook (Hand. 18:23) dat ons kan getuig en bewys deur die wet en profete, dat Jesus Christus inderdaad die Messias is op wie almal gewag het!  (Dus behels die evangelie van die koninkryk ook die uitleg van skrifte as voldoende bewyse).
- (2) die evangelie van VREDE - dat Hy HERE IS VAN ALMAL en daar geen onderskeid is tussen Jood en nie-Jood nie
- (3)  feite rondom die "koninkryk van God"
- (4)  voorwaardes om te kan ingaan in die "koninkryk van God";  en Christelike lewe

-----------------------------------------------------------------------------------------------

WAT IS DIE "EVANGELIE VAN VREDE?"

(Hand. 10:34)  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
(Hand. 10:35)  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
(Hand. 10:36)  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.

In hierdie gedeelte maak Petrus dit duidelik dat "evangelie van vrede" die volgende behels:
- dat "(1) God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is";  -(v.36)(2) "HY IS DIE HERE VAN ALMAL.

-Hierdie feit word ook in Ef. 2 goed verduidelik.
-Kyk ook  Rom 10:12-15 - "(1) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde (2) Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

-----------------------------------------------------------------------------------------------

In die gelykenisse wat Jesus vertel het, het dit veral gegaan oor om die "koninkryk" van die hemele/God, te verduidelik. Ook in die bergpredikasie het Hy die evangelie van die koninkryk verkondig: 


-  (Mat 5:3)  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele (ook Luk. 6:20 - waar die term "koninkryk van God" gebruik word)
-  (Mat 5:10)  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele;
-  (Mat 5:19)  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele;
-   (Mat 5:20)  Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie

Jesus het ons ook geleer om te bid: (Mat 6:10)  "laat u koninkryk kom...".  

----------------------------------------------------------------------------------------------------

Jesus het die volgende stelling gemaak aan ongelowige Fariseers: (Mat 12:24-28 - "Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom". -Jesus vgl. die feit van "deur die Gees van God", met "dan het die koninkryk van God by julle gekom". Die teenwoordigheid van God by die volk in die woestyn, is ook beskryf as die Heilige Gees in hulle midde -(Jes. 63:11).  In ander woorde:  "waar die Heilige Gees is, daar is die Here in hulle midde" ("en dan het die koninkryk van God by hulle gekom").  
Johannes die Doper het die volgende opmerking gemaak in Mat 3:11 - "Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur".

(Act 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

(Joh 3:5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Dit was algemene kennis, verkry uit O.T. profesiee, dat die Messias die Heilige Gees sou uitsort "op alle vlees" (ons moet verstaan wat bedoel word met "alle vlees" - net soos die saligheid beloof was vir "alle nasies" in Abraham se saad, beteken dit nie dat almal outomaties saligheid verkry het nie, want hulle moet steeds die "voorwaardes nakom" - net so met die uitstorting van die Heilige Gees op "alle vlees" - dit beteken nie dat almal outomaties die Heilige Gees ontvang het nie, maar dat dit toeganklik is vir enige iemand wat die voorwaardes nakom).

(Joh 3:6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
 Gal 5:16-21 -  "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie .... Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery,............. ................ en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie".

--------------------------------------------------------------------------------

(Mar 9:1)  En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God MET KRAG sien kom het nie. - (Hierdie skrif moet vgl. word met Mat 16:28  - "Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie")(- Vgl. dit ook met Luk 9:26,27 - "Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele. Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie" - alhoewel dit wil lyk of Jesus gepraat het van hoe Sy fisiese koninkryk op aarde binnekort sou verskyn, wys die ander twee skrifverwysings eerder daarop dat dit meer verwysend was na "wanneer Hy in Sy heerlikheid kom" - m.a.w. toe Hy opgevaar het en aan die regterhand van God gaan sit het.

------------------------------------------------------------------------------
(Mar 10:14)  Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

(Mar 10:15)  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

****************************************************
In die boek van Daniel, is daar  heelwat geprofeteer oor verskillende "koninkryke" wat sal opstaan en val, maar dan sal daar 'n koninkryk opstaan wat "vir ewig sal wees" - die Messias se koninkryk.
Ons moet verstaan dat hierdie "koninkryk" verwys na 'n aardse koninkryk waarvan die Messias die Koning sal wees oor die hele aarde. Die koninkryk word verder verduidelik in heelwat O.T. profesiee.  Dit is duidelik dat die Jode so 'n koninkryk verwag het - (die tema van "Jesus as Messias en Koning", is in 'n ander blogpost bespreek)(sien ook "storieverhaalkaart 2" op my Sondagskool blog om meer hieroor te verstaan en die nodige skrifte te kry).  

(Mat 8:11)  Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.

(Mat 8:12)  Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Jesus verwys hier na hoe die "kinders van die koninkryk" uitgedryf sal word - wie is hierdie kinders van die koninkryk?  Hy het verwys na "Israel" wat outamaties gesien word as die kinders van die koninkryk, omdat hulle uit die geslag van Abraham gebore is, maar Jesus stel  die misverstand reg en maak dit duidelik dat die ongelowige Jode uitgedryf sal word... (Lees ook Matt. 3:9,10; 21:43; 3:7-12).  Omdat Abraham homself onderwerp het aan die Here, so ook sy seun Isak, so ook sy seun Jakob...ens., was hulle die uitverkore volk - God laat Hom ken deur die wat Hom wil ken. Hetsy Jood of nie-Jood, die wat kies om Hom dien, dit is hulle wat "kinders van die koninkryk" genoem word, maar hetsy "deel van die uitverkore volk", GELOOF  en GEHOORSAAMHEID is steeds voorwaardes om deel te kan wees/deel te bly van die "kinders van die koninkryk".
(Dit is net die "kinders van die koninkryk" wat sal deel he aan Sy koninkryk).  





DUS MOET ONS VERSTAAN DAT WANNEER ONS PRAAT VAN DIE HUIDIGE VOLK ISRAEL, NIE ALMAL "kinders van die koninkryk" genoem kan word nie!  Johannes het ook hierdie feit duidelik gemaak in Mat 3:7-10:-  "Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? Dra dan vrugte wat by die bekering pas. En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi". Die feit word ook vir ons goed verduidelik in Rom. 10,11.  In Mat 23:33 praat Jesus met sekere ongelowige Fariseers en Skrifgeleerdes - Hy het die volgende opmerking gemaak:  "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?".  Lees ook Joh. 8, veral vanaf v. 37. In v. 44 maak Hy die volgende verklaring oor die ongelowige Jode: Joh 8:44 -"Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen..." - hoe kan iemand staatmaak op die Here se beloftes as hy nie eens die Here regtig dien nie? Hoe kan hy staatmaak op die feit dat God aan sy kant is, as Hy Hom nie eens as Vader ken nie?  Hoe kan 'n Jood wat sy Messias verwerp, nog deel wees van die "kinders van die koninkryk"?  


(Joh 3:3)  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Ja, God sal Hom weer ontferm oor die Joodse volk, l.w. wanneer hulle hul soos 'n nasie tot Hom bekeer, maar ons moet verstaan dat geen enkeling die koninkryk van God sal sien sonder dat hulle wedergebore word nie.  Iemand kan nie verklaar dat Hy GELOOF het, maar hy verwerp die Seun van God nie!  Hy kan nie verklaar dat God aan sy kant is, maar dan is hy nie eens gehoorsaam aan Hom nie!  Net so kan nie alle Jode verklaar dat die land Israel hulle land is nie, want dit is belowe aan die "kinders van die koninkryk"!  Die Here het dit belowe aan "elke kind van God" (dus ook die kerk van Christus, l.w. ook met voorwaardes!), die wat tot geloof en bekering gekom het, wederbaar is en Hom dien.  

------------------------------------------------------------------

--------------------------------
Maar hoe het Jesus hierdie EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK gepreek?
Kom ons kyk na die gelykenisse wat Hy vertel het om Sy konkryk verder te verduidelik:


(1)  (Luk 19:11)  En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.
(Luk 19:12)  Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom.   -(JESUS CHRISTUS OPGEVAAR NA DIE HEMEL - aan regterhand van God - om koningskap te ontvang)
(Luk 19:13)  En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. -(Christene wat uitgestuur word vir arbeid in oes)
(Luk 19:14)  Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. -(ongelowiges wat nie vir Jesus Christus as Messias en Christus aanvaar nie en nie wil he Hy moet hulle Koning wees nie)
(Luk 19:15)  En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, (Openb. 11:15) sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. -(oordeel van die gelowiges - VRUG wat geoes word)
(Luk 19:16)  En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.
(Luk 19:17)  En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. (onverdienstelike dienskneg)(beloning) (vgl. dit met Luk. 17:5-10 - Jesus se verduideliking van "meer geloof")
(Luk 19:18)  En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.(onverdienstelike dienskneg)
(Luk 19:19)  En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.(onverdienstelike dienskneg)(beloning)
(Luk 19:20)  En ‘n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het; (selfsugtige dienskneg)(2 Tim. 1:6)
(Luk 19:21)  want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.
(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.
(Luk 19:23)  Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.
(Luk 19:24)  En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het—
(Luk 19:25)  en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde
(Luk 19:26)  want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.

(Luk 19:27)  Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood. (Val van Babilon?)(Slag van Armageddon?)(valse profete en leraars?)




(2) (Mat 13:24)  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
(Mat 13:25)  maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
(Mat 13:26)  En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
(Mat 13:27)  En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
(Mat 13:28)  En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
(Mat 13:29)  Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
(Mat 13:36)  Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
(Mat 13:37)  En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
(Mat 13:38)  en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
(Mat 13:40)  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
(Mat 13:41)  die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
(Mat 13:42)  en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 13:43)  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.







(3)  (Mat 13:31)  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai;
(Mat 13:32)  wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke. (vgl. met Luk. 13:18,19)(waar die term "koninkryk van die hemele soos" gebruik word in vgl.s, wil dit voorkom of dit meer verwys na hoe iemand deel raak van die koninkryk van God - dit verwys dus meer (1) na die mens se hartstoestand, maar ook (2) na hoe die koninkryk daarna uitsien soos in hierdie skrifgedeelte, waarin verduidelik word dat hierdie koninkryk baie groot sal word)



(4)  (Mat 13:33)  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is. (vgl. met Luk. 13:20, 21)(verwys ook na hoe groot hierdie koninkryk sal word)



(5)  (Mat 13:44)  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. -(Luk 14:33) "So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie")(kyk ook Matt. 6:33- "Maar soek EERS die koninkryk van God en Sy geregtigheid...")


(6)  (Mat 13:45)  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek;
(Mat 13:46)  en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit. (moet bereid wees om alles te verloor terwille van die koninkryk van God)(dieselfde as vorige vers)


(7)  (Mat 13:47)  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring;
(Mat 13:48)  en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg.
(Mat 13:49)  So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei
(Mat 13:50)  en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.






(Mat 18:23)  Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.
(Mat 18:24)  En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.
(Mat 18:25)  En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.
(Mat 18:26)  Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
(Mat 18:27)  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
(Mat 18:28)  Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
(Mat 18:29)  Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.
(Mat 18:30)  En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
(Mat 18:31)  En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.
(Mat 18:32)  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;
(Mat 18:33)  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?
(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.
(Mat 18:35)  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. (in hierdie skrifgedeelte verduidelik Jesus die belangrikheid van VERGIFNIS asook om "goed te doen" aan ander - vgl. dit gerus met bg.) L.w. die woorde in die "Onse Vader":  "vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe" - dit verwys daarna dat jy net vergewe word sover jy ander vergewe!  (Mark. 11:25, 26)((Mar 11:26 - "Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie".)  VERGIFNIS VAN SODES, is nodig om deel te kan wees van die koninkryk - alhoewel Jesus die "soos 'n lam geslag" vir ons die offer geword het SODAT ONS SONDES VERGEWE KAN WORD, is dit wel slegs deur geloof dat iemand afgewas word, maar "AS JULLE NIE VERGEWE NIE, SAL JULLE VADER JULLE OORTREDINGE NIE VERGEWE NIE!" - voorwaarde! Ook moet ons Hebr. 10:26 in gedagte hou dat vergifnis van sondes beperk is tot die wat aanhoudende opsetlike sondes afle:  "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie".  Wat het gebeur met die persoon wat nie sy broeder vergewe nie? - (Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.


(8)  (Mat 20:1)  Want die koninkryk van die hemele is soos ‘n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.
(Mat 20:2)  En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ‘n penning op ‘n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.
(Mat 20:3)  En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.
(Mat 20:4)  En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.
(Mat 20:5)  Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.
(Mat 20:6)  En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?
(Mat 20:7)  Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.
(Mat 20:8)  En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.
(Mat 20:9)  En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang.
(Mat 20:10)  Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang.
(Mat 20:11)  En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer
(Mat 20:12)  en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
(Mat 20:13)  Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie?
(Mat 20:14)  Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
(Mat 20:15)  Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog verkeerd, omdat ek goed is?
(Mat 20:16)  So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. (vgl. dit met die gelykenis van die saaier, waar sommige onvrugbaar raak - heelwat gelowiges maak staat op 'n dag waarop hulle 'n saligheidsgebed gedoen of dink omdat hulle gereeld kerk toe gaan of sg. "besig is met die werk van die Here", maak dit van hulle gelowiges wat die koninkryk verdien - die gelowige moet egter daagliks in 'n verhouding met die Here wees en nie moeg raak nie, volhard en die nodige vrug dra - ons moet seker maak dat ons weet wat dit beteken om "vrug vir die ewige lewe te vergader" en "skatte in die hemel te he").  VELE GELOWIGES WAT NOU DINK DAT HULLE EERSTE IS, SAL LAASTE WEES!


(9)  (Mat 21:28)  Maar wat dink julle? ‘n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.
(Mat 21:29)  En hy antwoord en sê: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.
(Mat 21:30)  Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.
(Mat 21:31)  Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.
(Mat 21:32)  Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie. (in die gedeelte verwys Jesus na die "ongelowiges" wat hulleself voordoen as gelowiges - sou hulle tog berou kry!)


(10)  (Mat 21:33)  Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
(Mat 21:34)  En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.
(Mat 21:35)  Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig.
(Mat 21:36)  Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.
(Mat 21:37)  Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
(Mat 21:38)  Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
(Mat 21:39)  En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
(Mat 21:40)  Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?
(Mat 21:41)  Hulle antwoord Hom: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
(Mat 21:42)  Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
(Mat 21:44)  En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
(Mat 21:45)  En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.
(Mat 21:46)  En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.


(11)  (Mat 22:2)  Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het
(Mat 22:3)  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie.
(Mat 22:4)  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
(Mat 22:5)  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.
(Mat 22:6)  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.
(Mat 22:7)  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
(Mat 22:8)  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
(Mat 22:9)  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
(Mat 22:10)  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
(Mat 22:11)  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie.
(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies.


(12)  (Mat 25:1)  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
(Mat 25:2)  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
(Mat 25:3)  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
(Mat 25:4)  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
(Mat 25:5)  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
(Mat 25:6)  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
(Mat 25:7)  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
(Mat 25:8)  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
(Mat 25:9)  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
(Mat 25:10)  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
(Mat 25:11)  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
(Mat 25:12)  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
(Mat 25:13)  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.



(13)  (Mat 25:14)  Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.
(Mat 25:15)  En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.
(Mat 25:16)  En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.
(Mat 25:17)  Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.
(Mat 25:18)  Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.
(Mat 25:19)  En ná ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
(Mat 25:20)  En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.
(Mat 25:21)  En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
(Mat 25:22)  En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.
(Mat 25:23)  Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
(Mat 25:24)  En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;
(Mat 25:25)  omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
(Mat 25:26)  Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.
(Mat 25:27)  Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.
(Mat 25:28)  Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;
(Mat 25:29)  want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
(Mat 25:30)  En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.



(14)  (Mat 25:31)  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
(Mat 25:32)  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
(Mat 25:33)  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
(Mat 25:34)  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
(Mat 25:35)  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
(Mat 25:36)  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
(Mat 25:37)  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
(Mat 25:38)  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
(Mat 25:39)  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
(Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
(Mat 25:42)  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.
(Mat 25:43)  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.
(Mat 25:44)  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
(Mat 25:45)  Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
(Mat 25:46)  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

*************************************************************************

(15)  Omdat die dissipels gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn (Luk. 19), het Jesus vir hulle die volgende gelykenis vertel van "‘n Man van hoë geboorte wat na ‘n ver land gereis het om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom..." - in die gedeelte sien ons die vgl. van "koning en diensknegte", en hoe die DIENSKNEGTE elk 'n sekere hoeveel pond kry waarmee hulle moet handel dryf.  (Jesus sal as Koning terugkom om oor die hele aarde te regeer). 

  (Luk 19:11)  En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.
(Luk 19:12)  Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom.   -(JESUS CHRISTUS OPGEVAAR NA DIE HEMEL - aan regterhand van God - om koningskap te ontvang)
(Luk 19:13)  En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. -(Christene wat uitgestuur word vir arbeid in oes)(ken wil van die Vader en doen dit)
(Luk 19:14)  Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. -(ongelowiges wat nie vir Jesus Christus as Messias en Christus aanvaar nie en nie wil he Hy moet hulle Koning wees nie)(vervolging)
(Luk 19:15)  En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, (Openb. 19:6) sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. -(oordeel van die gelowiges - vrug wat GEOES word)(vgl. met Luk. 12:48)
(Luk 19:16)  En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.
(Luk 19:17)  En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. (onverdienstelike dienskneg)(beloning) (vgl. dit met Luk. 17:5-10 - Jesus se verduideliking van "meer geloof)
(Luk 19:18)  En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.(onverdienstelike dienskneg)
(Luk 19:19)  En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.(onverdienstelike dienskneg)(beloning)
(Luk 19:20)  En ‘n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het; (selfsugtige dienskneg)(Luk. 12:42-48)
(Luk 19:21)  want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.
(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.
(Luk 19:23)  Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.
(Luk 19:24)  En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het—
(Luk 19:25)  en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde
(Luk 19:26)  want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.





-------------------------------------------------------
(Mat 6:13)  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Geen opmerkings nie: