Dinsdag 15 Januarie 2013

Evangelie verkondiging


HOE HET DIE DISSIPELS DIE EVANGELIE VERKONDIG IN DIE EERSTE GEMEENTES?

In hierdie blogpost kyk ons na verskillende "preke" uit die boek van Handelinge.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) Lees Hand. 2:14-41 (rakende Petrus se evangelie-boodskap op die dag van die uitstorting van die Heilige Gees)(aan Jode)
--------------

OPSOMMING:

-  Hoe is die evangelie verkondig in hierdie gedeelte?
(1)  Petrus herinner hulle aan die BELOFTE wat lank voor die tyd voorspel is van die uitstorting van die Heilige Gees.
(2) Hy bevestig dat Jesus Christus die "Een is wat sou kom" soos geprofeteer; praat ook oor  Sy opstanding uit die dode, asook die feit dat Hy aan die regterhand van God gaan sit het en hy bewys dat Dawid hieroor geprofeteer het; omdat Jesus aan die regterhand van God gaan sit het,  het Hy die Heilige Gees uitgestort. 
(Hy praat van Jesus wat deur God gestuur is om wonderwerke te doen en wat deur die voorkennis van God, oorgelewer is om doodgemaak te word - God het Hom OPGEWEK UIT DIE DOOD - 'n aanhaling van Dawid word gebruik om dit te bevestig; terwyl Jesus die Een is wat uit die geslag van Dawid gebore is, het Dawid, wat self 'n profeet was, ook getuig van hierdie opstanding " dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.  Petrus  noem ook dat hulle almal getuies is van Sy opstanding. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, en Petrus verklaar dat dit is wat hulle "nou sien en hoor" - dan haal Petrus weer woorde aan van Dawid om te bevestig dat Jesus aan die regterhand van God gaan sit het. Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het).
(3)  Petrus gee vir hulle die VOORWAARDES van om "gered te word" en bevestig dat deur dit te doen, hulle die gawe van die Heilige Gees sal ontvang (Hand. 2:38).


-  Wat moet hulle doen om gered te word?
- (1) "En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word".
- (2) "Bekeer julle", 
- (3)  "en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes"
-  ("Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag").

-  Wat sal gebeur nadat hulle die voorwaardes nagekom het?
-  - "en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang".(Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep).


-  Waaroor anders het Petrus gepreek?  
(En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom - (hy haal O.T. profesie aan om die waarheid te bevestig)
 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. -(hy praat ook oor dinge wat Jesus gese het in "die laaste dae" sal gebeur, (siende Hy die Heilige Gees belowe het "in die laaste dae).

(WAT BETEKEN DIT DAT DIE GEES UITGESTORT SOU WORD OP "ALLE VLEES"?  Wel, dieselfde word gese van die feit dat "alle nasie geseen sou word in Abraham se saad" - dit beteken nie dat alle nasies en alle mense outomaties geseend is en die beloftes deelagtig geraak het nie!  Net die wat die voorwaardes nakom, sal die beloftes deelagtig raak, maar dit is toeganklik vir alle nasies.  Die uitstorting van die Heilige Gees op "alle vlees", beteken dus ook nie dat alle mense die Heilige Gees ONTVANG nie, maar dat dit, net soos die beloftes en saligheid, TOEGANKLIK IS tot "alle mense" - sou hulle aan Hom gehoorsaam wees!  (vgl. dit met Hand 5:32)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


(2) Lees Hand. 3:12-26 (rakende Petrus se evangelie-verkondiging voor die tempel nadat hy en Johannes iemand genees het;  hulle het die volk geleer en verkondig dat Jesus uit die dode opgestaan het)(aan Jode)
-------------------


OPSOMMING:
- Hoe is die evangelie verkondig in hierdie gedeelte?
(1) Petrus verwys na hoe Jesus verheerlik is in Sy dood en hoe Hy opgestaan het uit die dood en dat hulle getuies is van Sy opstanding.
(2) Die man wat gesond geword het, het gesond geword DEUR DIE GELOOF IN SY NAAM;  dit is ook deur Sy Naam, Jesus Christus, wat die man gesond geword het.
(3)  Hy noem dat hulle Hom in onwetendheid gekruisig het, maar dat God deur dit vervul het wat verkondig is deur die profete dat die Christus moes ly
(4)  Petrus vertel ook hoe Jesus Christus sal terugkom en hulle daarom tot INKEER moet kom en hulle BEKEER, sodat hulle sondes uitgewis kan word.
(5)  Hy herinner hulle aan wat Moses gese het van die Messias, dat die persoon wat nie na Hom luister nie, uit die volk uitgeroei sou word - hy verwys ook na hoe God belowe het dat "al die geslagte geseen sou word deur Abraham se saad en verduidelik hoe die boodskap eerste aan die Jode verkondig word "om hulle te seen deur elkeen van sy booshede te bekeer".

-  Wat moet hulle doen om gered te word?
(1)  "Kom dan tot inkeer en BEKEER julle, sodat julle sondes uitgewis kan word".
(2)  Elkeen moet hom van sy booshede bekeer.
(3)  (dit is deur) Geloof in Sy Naam (dat die persoon gesond geword het)

- Wat sal gebeur nadat hulle die voorwaardes nagekom het?
(1)  Hulle sal "geseen word" - in watter sin?  -In die sin van "dat al die geslagte geseen sou word deur Abraham se saad" - in die sin dit wat vir Abraham belowe was.
(2)  Hulle sondes sal uitgewis word.
(3)  Deur geloof in Sy Naam, sal tekens volg...

- Wat sal gebeur met die wat nie Sy stem luister nie?
(1) Hulle sal ("uit die volk") uitgeroei word.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


(3) Lees 4:8-20  (rakende waar Petrus en Johannes voor die ouderlinge, skrifgeleerdes en owerpriesters gebring is on ondervra te word oor deur watter mag hulle iemand genees het en om antwoord te gee op die feit dat hulle die opstanding van Jesus verkondig)(hulle is aangese om nie meer in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie - v.18)(aan Jode)
-------------------------

OPSOMMING:
-  Hoe is die evangelie verkondig in hierdie gedeelte?
(1)  dit is deur die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, wie deur hulle gekruisig is, dat die man gesond geword het
(2)  Petrus verklaar ook dat God vir Jesus Christus uit die dode opgewek het
(3)  hy haal ook aan, die profesie van die bouers en hoeksteen en le uit wat dit beteken
(4)  hy verklaar dat daar GEEN SALIGHEID IS IN ENIGE IEMAND ANDERS NIE, en dat daar ook geen ander naam is onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie
(5)  in verse 19,20 weier Petrus en Johannes om stil te bly oor die Naam van Jesus en in Sy Naam te spreek en te leer, want, het hulle gese, dat dit vir hulle onmoontlik is om nie te spreek oor WAT HULLE GESIEN EN GEHOOR het nie.

-  Wat moet hulle doen om gered te word?
(1)  die saligheid is net in Jesus Christus - dit is die enigste manier hoe iemand gered kan word

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4) Lees Hand. 5:29-32; 5:42  (rakende sommige apostels, wat deur 'n engel van die Here uit die gevangenis bevry is en aangese is om in die tempel die evangelie te gaan bring)(hulle word voor die Raad gebring om ondervra te word)(aan Jode)
----------------  

OPSOMMING:
-  Hoe is die evangelie verkondig in hierdie gedeelte?
(1)  Petrus en die apostels steur hulle nie aan die manier hoe ander hulle wil stilmaak om oor Jesus te gesels nie, maar se: "Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense".
(2)  Hulle praat ook van hoe God vir Jesus opgewek het en verwys daarna dat dit die Een is vir wie hulle aan die kruishout opgehang het.
(3)  Hulle verklaar dat God vir Jesus as LEIDSMAN en VERLOSSER verhoog het (deur Sy regterhand) sodat hulle bekering en vergifnis van sondes kon kry.
(4)  Hulle verklaar ook dat hulle, die apostels, self getuies is van hierdie dinge en ook van die Heilige Gees wat deur God gegee is aan "DIE WAT HOM GEHOORSAAM IS".
(5)  Deur hulle evangelie-verkondiging, het hulle verkondig dat JESUS DIE CHRISTUS is.

-  Watter voorwaardes word hier genoem?
(1) Net "die wat Hom gehoorsaam is", sal die Heilige Gees ontvang.

-  Wat anders het hulle geleer?
(1)  Ons moet God meer gehoorsaam wees as mense.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5) Lees Hand. 7 (rakende die getuienis van Stefanus voor hulle hom gestenig het)(aan Jode)
---------------------

OPSOMMING:
-  Hoe is die evangelie verkondig in hierdie gedeelte?
(1)  Stefanus het gepraat oor hulle geskiedenis, van die belofte aan Abraham se nageslag, van die beloofde land (waarin hulle toe woon), van die aartsvaders, die volk in Egipte, van Moses en van die volk in die woestyn, hoe hulle ongehoorsaam was en nie vir Moses wou aanvaar nie, al was hy deur God aangewys.  Hy het ook gepraat van die tempel, hoe God nie in tempels bly wat met hande gemaak is nie, en hy het ook verwys na hoe die profete vervolg en doodgemaak is deur hulle voorvaders.  Verder het hy hulle gewys op hoe ongehoorsaam hulle is (dit het hulle woedend gemaak).  Verder het hy (vol van die Heilige Gees) verklaar hoe hy die Seun van die mens aan die regterhand van God sien staan.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Lees Hand. 8:5;  8:12 (aan die kerke)


-  Hoe het Filippus die evangelie verkondig?
(1)  Hy het "CHRISTUS AAN HULLE VERKONDIG".
(2)  Hy het beide die evangelie van die koninkryk van God, en die Naam van Jesus Christus verkondig. 


Lees ook Hand. 28:30,31 

(Hand. 28:30,31)  En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) Lees Hand. 8:26-40 (rakende Filippus en die hofdienaar, hoe hy die skrifte vir hom uitgele het)

-  Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1)  O.T. profesiee is uitgele en verduidelik:  "van hoe Jesus gelei het soos 'n skaap om geslag te word..." - so het Filippus toe die "evangelie van Jesus" aan die hofdienaar verkondig. 
(2)  Toe die hofdienaar gedoop wil word, toe gee Filippus die voorwaarde dat hy met sy hele hart moet glo, dan is dit geoorloof (om gedoop te word).  Die hofdienaar se antwoord was:  "Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is".  Die evangelie wat Filippus dus met hom gedeel het, was dat JESUS CHRISTUS DIE SEUN VAN GOD IS.

-  Watter voorwaardes moes die hofdienaar nakom?
(1)  hy moes MET SY HELE HART GLO DAT JESUS CHRISTUS DIE SEUN VAN GOD IS.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(8)  Lees Hand. 10:28-48 (rakende Petrus wat die evangelie aan Cornelius en sy gesin en vriende verkondig het)(aan heidene wat God vrees)

-  Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1)  Petrus verklaar dat God hom gewys het dat geen mens onheilig of onrein genoem mag nie.  
(2)  In v.36 begin hy met die woorde:  "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal". Wat is hierdie "woord" waarvan hy praat - wat Jesus aan die kinders van Israel verkondig het?  Dit kan of verwys na dit wat voor v.36 is, of verwys na dit na v. 36, maar vanaf v. 37 vertel Petrus wat alles gebeur het toe Jesus tussen hulle was, nie die "woord" of evangelie wat Hy verkondig het nie;  dus moet dit waarna Petrus hier verwys, wees: (v. 34,35) "Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat HOM VREES EN GEREGTIGHEID DOEN, HOM WELGEVALLIG  is.
(3)   Petrus begin met die woorde:  "Julle weet van die saak....." (L.w. dat Cornelius iemand was wat reeds vir God geken het - hy het gevas en gereeld gebid en goed gedoen en gehoorsaam gewees aan die Here - hulle het ook alreeds van Jesus geweet (v. 37).
(4)  Dan herinner hy hulle aan wat gebeur het deur die hele Judea en van Galilia af begin het, na die doop wat Johannes gepreek het, met betrekking tot JESUS VAN NASARET:  -(1) hoe God Hom GESALF HET MET DIE HEILIGE GEES EN KRAG;  (2) Hy het die  LAND DEURGEGAAN EN GOED GEDOEN EN ALMAL GENEES wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
(5)  Petrus noem ook dat hulle getuies was van die dinge, van wat Hy alles gedoen het in die Joodse land en Jerusalem; 
(6)  ook dat Hy OMGEBRING is deur aan 'n KRUISDOOD opgehang te word;
(7) en dat God Hom op die derde dag OPGEWEK het en beskik het dat Hy verskyn het aan spesifieke mense - hulle het saam met Hom geeet en gedrink - nadat Hy UIT DIE DODE OPGESTAAN het;
(8)  Hy het hulle beveel dat hulle die volgende aan die volk verkondig en met krag betuig: -dat dit Hy is wat DEUR GOD BESTEM IS AS REGTER VAN LEWENDE EN DODE.
(9)  Petrus noem ook dat Jesus die Een is van wie al die profete getuig het dat elkeen wat IN HOM GLO, VERGIFNIS VAN SONDES deur Sy Naam ontvang.

-  Watter voorwaardes moes hulle nakom om gered te word?
(1)  Hulle moes GLO IN JESUS CHRISTUS (wat natuurlik lyk of dit reeds die geval was, in ag geneem die woorde waarmee Petrus begin in v.37 "julle weet van die saak" en Cornelius se getuienis van vas en gebed en goed doen;  hy was ook gehoorsaam aan die Here en het vir Petrus laat haal soos hy beveel is om te doen)(ook was Petrus nog besig om die evangelie te bring, toe die Heilige Gees op hulle almal wat die woord gehoor het, geval het en hulle in tale begin spreek het - dit is dus duidelik dat hulle alreeds op hierdie punt die voorwaardes nagekom het van "om die Naam van die Here aan te roep" en "bekering").  

-  Wat anders is kenmerkend van die skrifgedeelte?
(1)  Hulle is gedoop nadat hulle die Heilge Gees ontvang het.  In alle ander gevalle was mense eers gedoop voordat hulle die Heilige Gees ontvang het;  dus is dit duidelik dat "doop" nie 'n voorwaarde is om die Heilige Gees te ontvang nie, maar doop is 'n bewys van die geloof in Jesus Christus sodat die sonde afgewas kan word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(9)  Hand. 13:16-52 (rakende Paulus se evangelie-verkondiging in Antiochíë in Pisídië)(aan Jode en heidene)

-  Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1) Hy begin met die woorde:  " Israeliete en julle wat God vrees, luister!"
(2) Hy praat oor hoe God die volk Israel uitverkies het en verhoog het in die tyd van toe hulle bywoners was in Egipteland en hoe Hy hulle uitgelei het; hoe Hy hulle 40 in die woestyn verdra het; hoe Hy 7 nasies in die land Kanaan uitgeroei het en die land deur die lot aan hulle uitgedeel het.
(3) Hy verwys ook na hoe God vir hulle profete gestuur het, en rigters tot op Samuel, maar hoe die volk 'n koning begeer het en die Here aan hulle Saul gegee het vir 40 jaar lank; en nadat Hy Saul afgesit het, het Hy vir hulle vir Dawid gegee as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: "Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen". Dan verwys Paulus na hoe Jesus gebore is UIT DIE GESLAG VAN DAWID en hoe God Hom as VERLOSSER verwek het. Hy praat ook van Johannes as die een wat voor Hom uitgegaan het, die doop van bekering aan die volk verkondig het en ook self getuig het dat Jesus die Verlosser is.
(4)  Dan se hy:  "Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur". Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word".
(5)  Hy verwys ook na hoe hulle niks teen Hom kon vind wat die dood verdien nie, maar tog het hulle Hom laat ombring;  hy verwys ook na alles por Sy dood volbring is wat oor Hom geskryf is, maar oor hoe God Hom UIT DIE DODE OPGEWEK het en Hy gedurende baie dae aan die verskyn het wat saam met Hom opgegaan het van Galilea na Jerusalem - hulle is getuies van Sy opstanding.
(6)  Hy verwys na die belofte wat God aan hulle vaders gedoen het en dat Hy daardie belofte nou vervul het deur Jesus op te wek (genoem "goeie tyding") - v. 33 "soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer".  Hy haal ook O.T. skrifte aan (v.34,35) i.v.m. hoe Hy opgewek is sodat Hy, die Heilige, nie verderwing sou sien nie.  

(7)  Deur Hom word daar VERGIFNIS VAN SONDES verkondig;  ELKEEN WAT GLO, word deur Hom geregverdig (ook van alles waarvan die wet hulle nie kon regverdig nie). 
(8)  Hy waarsku hulle van  wat vroeer geprofeteer is, hoe hulle moet oppas dat die oordeel nie oor hulle kom wanneer hulle die Verlosser verwerp: (v,41)  "Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie".


(9)  Op die volgende sabbat (toe byna die hele stad bymekaargekom het om die woord van God te hoor - HEIDENE - en die Jode met nydigheid vervul is en met lasterlike woorde weerspreek het wat deur Paulus gese is): 
Paulus en Barnabas wys vir hulle daarop dat die woord eerstens aan hulle, die Jode, gebring is, maar aangesien hulle dit verwerp het en hulleself nie die ewige lewe waardig ag nie, hulle hul nou tot die heidene wend.  Hull verwys ook na O.T. profesie wat verklaar het dat Jesus die Verlosser is vir ALLE NASIES.  


- Watter voorwaardes moes hulle nakom om gered te word?
(1) Moet IN JESUS GLO AS DIE VERLOSSER sodat hulle vergifnis van sondes kan ontvang, en die ewige lewe.

- Wat gebeur as hulle nie die voorwaardes nakom nie?
(1)  Hulle sal nie die ewige lewe beerwe nie
(2)  Hulle sal nie deur Hom regverdig word nie.

-  Wat anders is kenmerkend in die skrifgedeelte?
(1)  Die woord van verlossing is vir "DIE WAT GOD VREES" (vgl. dit met Hand. 10)
(2)  Hy haal bewyse aan dat Jesus die Verlosser is, nl. die feit dat Hy "uit die geslag van Dawid" gebore is;  ook die feit dat alle profesiee i.v.m. Sy dood, vervul is - God het Hom opgewek is uit die dood (die skrif verwys daarna as dat Hy "nie verderwing sou sien nie" (genoem die GOEIE TYDING).   


--------------------------------------------------

(10)  Hand. 14:15- (rakende:  in Listre, toe Paulus  'n kreupele genees en die skare (Grieke) Paulus en Barnabas vat vir "gode" en aan hulle offers wou bring)(aan heidene)

-  Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(Hulle getuig dat hulle net mense is soos hulle  en stop hulle om aan hulle te offer).
(1)  Evangelie:   "dat julle jul van hierdie nietige dinge moet BEKEER tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.  
(2)  v. 16,17 - "Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel, al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul".

-  Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Hulle moes hulle van "die nietige dinge" BEKEER - watter dinge?  -Afgodsaanbidding

--------------------------------------------------------

(11)  Hand. 17:22-34 (rakende Paulus se evangelie-verkondiging aan die Atheners)(aan heidene)

- Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(nadat die afgodsbeelde in die stad Paulus in sy gees opstandig gemaak het, het hy eers in die Sinagoge en op die mark die evangelie van Jesus verkondig; hy het ook kennis geneem van wat in die omtrek aangaan, soos die altaar wat hy gevind het waarop geskrywe staan: "Aan 'n onbekende God"; hy het selfs ag gegee op wat hulle digters kwytraak! (v.28))
(1) merk dat hulle "godsdienstig" is
(2) Paulus verwys na hulle altaar waarop geskrywe staan "Aan 'n onbekende God", en verklaar dat hy vir hulle gaan vertel van hierdie "onbekende God" (vir wie hulle vereer sonder om Hom te ken).
(3) Hy vertel hoe God, die Skepper wat die wereld en alles daarin gemaak het, Hy wat Here van hemel en aarde is, nie woon in tempels wat met hande gemaak is nie.
(4) Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
(5)  En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;  want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
(6)  As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
(7)  God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
(8)  omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.

-  Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Bekeer van afgodsaanbidding

-  Wat sal gebeur as hulle nie die voorwaardes nakom nie?
(1)  Sal onder Jesus se oordeel val

(vgl. hierdie evangelie-verkondiging met die van Hand. 20:21 - "terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus".


-------------------------------------------------------------
(12)  Die evangelie aan die Jode was juis om te betuig DAT JESUS DIE CHRISTUS IS:



(Hand. 5:42)  En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.


(Hand. 8:37)  Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.


(Hand. 9:20)  En hy het dadelik Christus in die sinagoges verkondig, dat Hy die Seun van God is.


(Hand. 9:22)  Maar Saulus het al meer krag ontvang en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Hy, Jesus, die Christus is.

(Hand. 10:36)  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.

(Hand. 17:3)  en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.





(Hand. 18:5)  En toe Silas en Timótheüs van Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is.


(Hand. 18:28)  want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.


(Hand. 19:4)  Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.

--------------------------------------------------------------------------------

(13)  Hand. 21:40-22:22 (rakende Paulus se toespraak in Jerusalem- sy verdediging)(aan Jode)



-  Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1)  Paulus spreek hulle in Hebreeus aan sodat hulle luister.  Hy verwys na hoe hyself die Weg vervolg het tot die dood toe en ook manne en vroue geboei en in gevangenisse oorgegee het (en haal aan dat die hoëpriester en die hele raad van ouderlinge getuies is daarvan. Van hulle het hy ook briewe ontvang en na die broeders in Damaskus gegaan om ook die wat daar was, geboeid na Jerusalem te bring, sodat hulle gestraf kon word).
(2)  Hy vertel hulle wat op die pad van Damaskus gebeur het, hoe Jesus aan hom verskyn het:  'Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag skielik ‘n groot lig uit die hemel my omstraal, en ek het op die grond geval en ‘n stem vir my hoor sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg. En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie gehoor nie. En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen. Toe ek dan weens die glans van daardie lig nie kon sien nie, is ek deur my metgeselle by die hand gelei en het in Damaskus gekom. En ‘n sekere Ananías, ‘n vroom man volgens die wet, wat ‘n goeie naam gehad het by al die Jode wat daar woon,  het na my gekom en by my gaan staan en vir my gesê: Saul, broeder, word siende! En op dieselfde oomblik het ek hom aangekyk. En hy het gesê: Die God van ons vaders het jou voorbeskik om sy wil te ken en die Regverdige te sien en die stem uit sy mond te hoor; want jy sal vir Hom by al die mense ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het. En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep".

(3) Hy vertel verder: "En toe ek in Jerusalem teruggekom het en besig was om in die tempel te bid, het ek in ‘n verrukking van sinne gekom  en Hom gesien, en Hy het vir my gesê: Maak gou en gaan haastig uit Jerusalem uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie. En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan; en toe die bloed van Stéfanus, u getuie, vergiet is, het ek ook self daarby gestaan en sy vermoording goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.  En Hy het vir my gesê: Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die gewone heidene".

-  Wat was die voorwaarde wat Paulus (Saulus) moes nakom?
(1)  Hy moes hom laat doop (sy sondes afwas) terwyl hy die Naam van die Here aanroep


---------------------------------------------------------------------------

(14)  Hand. 24:10-21 (Paulus se verdediging)
Hand. 25:19

- Watter deel van die evangelie het hy hier verkondig?
(1)  dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.
(2)  dat Jesus opgestaan het uit die dood

-------------------------------------------------------------------------------

(15)  Hand. 26:1-23 (Paulus voor die keiser - sy verdediging)(Jode)(heidene)

- Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1)  Hy betuig dat hy inderdaad 'n Jood is in murg en bloed, hoe hy volgens die  strengste party van hulle godsdiens as Fariseër geleef het.
(2)  Hy verwys na die "belofte wat aan die Vaders deur God gedoen is" (en dat hy om daardie rede homself nou moet verdedig),  waartoe hulle twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom.
(3)  Hy praat oor die opstanding van die dode.
(4)  Hy praat van hoe hy die heiliges vervolg het (volmag deur die owerpriesters verkry)
(5)  Hy vertel ook hoe die Here aan verskyn het op die pad van Damaskus: "...Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg". Hy vertel ook wat Jesus hom gese het, o.a.: " terwyl Ek jou verlos uit die volk en die heidene na wie Ek jou nou stuur, om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
(6) (Hand. 26:20)  "maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas".
(7) (Hand. 26:22,23) " Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie: dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en ‘n lig aan die volk en die heidene sou verkondig".

-  Watter voorwaardes moes die wat die evangelie hoor, nakom?
(1)  die heidene moet hulle van die duisternis tot die lig bekeer (van die mag van satan tot God)
(2)  moet GLO: (sal deur geloof vergifnis van sondes ontvang asook 'n erfdeel onder die geheiligdes)
(3)  almal moet tot inkeer kom en hulle bekeer tot God deur werke te doen wat by die bekering pas

--------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: