Dinsdag 12 Maart 2013

Gawes en Bedieninge, aangeleer of ontvang?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waarseery-in-die-kerk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Deesdae glo baie gelowiges dat gawes of bedieninge aangeleer kan word.  Daar is bv. heelwat kerke wat hulle lidmate leer om "te profeteer".  Selfs die "uitdryf van duiwels" word aan gelowiges geleer as 'n "bediening" -  daar is mense wat getuig van hoe, nadat hulle lering ontvang het in 'n "gawe", hulle in mag is om dit te doen en ander getuig van hoe hulle alreeds in die gawe gestap het, maar nou meer suksesvol is na lering.
 Hierdie is egter 'n snaakse verskynsel en glad nie skriftuurlik nie!  
Gawes en Bedieninge was nooit iets wat aangeleer word nie, maar iets wat ontvang word deur die Heilige Gees. Wanneer 'n gelowige in 'n gawe of bediening stap, dan kom dit outomaties deur die werking van die Heilige Gees!  Ook moet die Here nie vir ons volg nie, maar ons moet vir Hom volg! 
(1Kor. 12:11)  "Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil".

Alhoewel ons die beste gawes moet begeer (1 Kor. 12:31; 14:1) en gawes reg moet gebruik (1 Kor. 14), beteken dit steeds nie dat die gawe deur mense gebore word nie.  Die gelowige moet homself altyd ondergeskik stel aan die wil van die Here.
---------------------------------------


Maar hoe kan iemand duiwels uitdryf as die Here hom nie help nie?  Jesus het self gese:  (Luk 11:17-20)  "... Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en ‘n huis wat teen homself is, val. En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan? Want julle sê dat Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf. En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom".  Hy het ook die volgende opmerking gemaak in Mark. 9:40:  "want wie nie teen ons is nie, is vir ons" - lees Mar 9:38-42:  "Toe antwoord Johannes Hom en sê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam duiwels uitdryf en wat ons nie volg nie; en ons het hom belet, omdat hy ons nie volg nie.  Maar Jesus sê: Moet hom nie belet nie, want daar is niemand wat ‘n krag in my Naam sal doen en gou van My sal kan kwaadspreek nie; want wie nie teen ons is nie, is vir ons. Want elkeen wat vir julle in my Naam ‘n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie. En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word".  

MAAR KYK ONS NA SY WOORDE IN Matt. 7:21-23, sal ons merk dat dit wel moontlik is vir iemand om te profeteer of duiwels uit te dryf, EN HOM TOG NIE WERKLIK KEN NIE! 
(Matt. 7:21-23)- "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!". 
Dit is slegs die wat die wil van die Vader doen, wat in die koninkryk van die hemele sal ingaan.  In konteks het Jesus ook gepraat van die "vrug v/d gelowige" en oor "gehoorsaamheid aan Sy stem".  Dit is duidelik dat wanneer iemand nie die nodige vrug dra nie en ook nie Sy wil doen nie, dat so iemand nie regtig die Here KEN NIE.  Jesus het gese: "Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken" - Joh. 10:14. 

(Joh 17:3)  "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het".
---------------------------------------------------------------------


HOE MOET ONS OPTREE, OF HOE GAAN ONS DIE NODIGE ONDERSKEIDING MAAK TUSSEN DIE WARE EN DIE VALSE?

*  Ten eerste moet ons verstaan dat "gawes of bedieninge" nie aangeleer word nie.  Dit moet ook nie verwar word met lering nie.  Selfs die "bediening van lering" word ook nie aangeleer nie.  Iemand kan vir jare die Bybel bestudeer en steeds nie die Here KEN nie (of die bediening van lering ontvang nie).

 *  "want wie nie teen ons is nie, is vir ons" - alhoewel dit duidelik is dat nie alle gelowiges wat in gawes stap, regtig die Here ken nie, word dit van ons verwag om hulle uit te los.  Dit is nie vir ons om voor die tyd te oordeel nie. Almal sal voor die regterstoel verskyn.  Dan sal die koring van die kaf geskei word.  

*  Mat 7:15,16 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!" - Sou ons egter sien dat iemand in opsetlik aanhoudende sonde stap en nie die nodige vrug dra nie, word dit van ons as gelowiges verwag om ons te onttrek van so iemand - (1Kor. 5:11-13 - "maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit").
1 Joh. 3:10; 2 Thess. 3:6, 14; Ef. 5:11; Hebr. 10:26; Jak. 1:15-22. (1Jn 5:16,17 - "As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie"- vgl. dit met Rom. 6:15,16

----------------------

 Iemand wat in 'n gawe of bediening stap, maar nie die Here raadpleeg of Sy wil daagliks soek nie, is nie regtig besig om te bedien volgens die Here se wil nie - bedieninge en gawes gaan oor ondergeskiktheid aan die Here en oor Sy wil.

Geen opmerkings nie: