Donderdag 07 Maart 2013

...leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/wat-is-jou-getuienis.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------
In heelwat kerke word gelowiges vandag geleer dat, omdat ons uit genade gered is, lering in die kerk nie gaan oor "moets en moenies" nie, want dan is dit nie meer "genade" nie.  Dit is heeltemal onskriftuurlik!  

Inteendeel het Jesus beveel dat nie net die evangelie verkondig moet word (hoe ons deur genade gered word) nie, maar dat ons ook geleer word om alles te onderhou wat Hy ons beveel het" (m.a.w. om gehoorsaam te wees, omdat ons vir die Here lief is en saligheid deur genade ontvang het) - Matt. 28:19.  DIT IS OOK DUIDELIK VOLGENS DIE SKRIF DAT GELOWIGES WAT NIE DIE NODIGE VRUG DRA NIE, HULLE SALIGHEID KAN VERLOOR - daarom moet ons des te meer aandag gee aan die "pad van godsalighied" - (1Ti 4:7)  "Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid".
.

(Mat 5:19)  "Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele".  

========================================================================
WORD HIERDIE DINGE IN JOU KERK GELEER?
LEER JY DIT VIR JOU KINDERS?
========================================================================
*  AS DIE "SOUT", MOET ONS SORG DAT ONS NIE "LAF" WORD NIE:
(Mat 5:13)  Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie (dit is dus moontlik vir die gelowige om "laf" te word en uitgegooi te word)

*  ONS MOET GOEIE WERKE DOEN VIR ANDER:
(Mat 5:16)  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

*  MOENIE ANDER LEER DAT DIT "OK" IS VIR HULLE OM DIE GEBOOIE TE BREEK NIE:
(Mat 5:19)  Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

*  MAG NIE VIR JOU BROEDER SONDER REDE KWAAD WEES NIE - MAG OOK NIE VIR HOM SE, "RAKA" OF "JOU DWAAS" NIE:
(Mat 5:21,22)  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

*  MOENIE JOU GAWE BRING NA DIE ALTAAR AS JY WEET DAT JOU BROEDER IETS TEEN JOU HET NIE - GAAN VERSOEN JOU EERS MET HOM:
(Mat 5:23,24)  As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

*  WEES GOU GOEDGESIND TEENOOR JOU TEEPARTY:
(Mat 5:25)  Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.

*  MOENIE NA 'N VROU KYK OM HAAR TE BEGEER NIE (DIT IS EGBREUK):
(Mat 5:27,28)  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

*  SNY IETS UIT JOU LEWE WAT JOU LAAT STRUIKEL: 
   (in hierdie geval is dit duidelik dat sou iemand in opsetlike sonde voortstap, hy sy saligheid kan verloor - so ernstig is dit dat dit beter is vir iemand om een van ledemate te amputeer, as wat daardie ledemaat veroorsaak dat hy in die hel beland)
(Mat 5:29,30)  As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie. En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.

*  MOENIE VAN JOU VROU SKEI NIE (behalwe omrede hoerery)(anders is dit egbreuk):
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

*  SWEER HOEGENAAMD NIE:
(Mat 5:33-36)  Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning; ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.

*  LAAT JOU JA, JA WEES EN JOU NEE, NEE:
(Mat 5:37)  Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.

*  MOENIE 'N SLEGTE MENS WEERSTAAN NIE, EN AS IEMAND JOU OP JOU REGTERWANG SLAAN, DRAAI OOK DIE ANDER EEN NA HOM TOE:
(Mat 5:38)  Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.

*  AS IEMAND IETS VAN JOU EIS, GEE DIT VIR HOM, EN AS IEMAND 'N GUNS VAN JOU AFDWING, DOEN DIT;  WYS HOM NIE AF WAT VAN JOU WIL LEEN NIE:
(Mat 5:40-42)  En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.

*  VYANDE LIEFHE;  SEEN DIE WAT VIR JOU VERVLOEK;  DOEN GOED AAN DIE WAT VIR JOU HAAT; BID VIR DIE WAT JOU BELEDIG EN JOU VERVOLG:
(Mat 5:43)  Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?

*  WEES VOLMAAK:
(Mat 5:48)  Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

*  WEES BLY/TEVREDE AS JY "ARM VAN GEES" IS:
(Mat 5:3)  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

*  WEES BLY/TEVREDE AS JY TREUR:
(Mat 5:4)  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

*  WEES SAGMOEDIG:
(Mat 5:5)  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

*  BEGEER OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN:
(Mat 5:6)  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

*  WEES BARMHARTIG:
(Mat 5:7)  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

*  MOET REIN VAN HART WEES:
(Mat 5:8)  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

*  WEES 'N VREDEMAKER:
(Mat 5:9)  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

*  WEES BLY/TEVREDE AS JY VERVOLG WORD TER WILLE VAN DIE GEREGTIGHEID:
(Mat 5:10)  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

*  WEES BLY WANNEER DIE MENSE JOU BELEDIG EN VALSLIK ALLERHANDE KWAAD TEEN JOU SPREEK OM DIE HERE SE ONTWIL:
(Mat 5:11)  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

*  MOENIE "GOED DOEN" NET OM GESIEN TE WORD NIE (so iemand het sy loon klaar verdien en sal nie vir daardie dade beloon word eendag nie):

(Mat 6:1)  Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.

*  MOENIE "GOED DOEN" MET DIE DOEL OM GEEER TE WORD DEUR MENSE NIE (so iemand het sy loon klaar verdien en sal nie vir daardie dade beloon word eendag nie):
(Mat 6:2)  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
(Mat 6:3)  Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
(Mat 6:4)  sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.

*  MOENIE GEBED GEBRUIK OM BELANGRIK VOOR TE KOM NIE (so iemand het sy loon klaar verdien en sal nie vir daardie dade beloon word eendag nie):
(Mat 6:5)  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.

*  MAAK TYD VIR PERSOONLIKE GEBEDSTYD MET DIE VADER:
(Mat 6:6)  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

*  LAAT JOU GEBED OPREG WEES, NIE YDELE HERHALING VAN WOORDE WAARDEUR JY GOD PROBEER OMKOOP NIE:
(Mat 6:7)  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
(Mat 6:8)  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

*  SO MOET ONS BID:
(Mat 6:9)  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
(Mat 6:10)  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
(Mat 6:11)  gee ons vandag ons daaglikse brood;
(Mat 6:12)  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
(Mat 6:13)  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

*  VERGEEF ANDER MENSE HULLE OORTREDINGE - AS JY NIE ANDER VERGEWE NIE, GAAN JY OOK NIE VIR JOU OORTREDINGE VERGEWE WORD NIE!:
(Mat 6:14)  Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
(Mat 6:15)  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

*  MOENIE VAS NET OM DEUR MENSE GESIEN TE WORD NIE(so iemand het sy loon klaar verdien en sal nie vir daardie dade beloon word eendag nie):
(Mat 6:16)  En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
(Mat 6:17)  Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,
(Mat 6:18)  sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

*  MOENIE BESITTINGS OPGAAR NIE (moenie jou kwel oor lewensbehoeftes nie):
(Mat 6:19)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
(Mat 6:20)  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
(Mat 6:21)  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
(Mat 6:22)  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
(Mat 6:23)  Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
(Mat 6:24)  Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
(Mat 6:25)  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
(Mat 6:26)  Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
(Mat 6:27)  Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
(Mat 6:28)  En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
(Mat 6:29)  en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
(Mat 6:30)  As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?
(Mat 6:31)  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
(Mat 6:32)  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

*  SOEK EERSTE DIE KONINKRYK VAN GOD EN SY GEREGTIGHEID (moenie meer besig wees met die lewe, as met die Here nie):
(Mat 6:33)  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
(Mat 6:34)  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

*  MOENIE OORDEEL NIE - OORDEEL EERSTENS JOUSELF EN DAN SAL JY SIEN OF JOU BROEDER "OORDEEL" NODIG HET:
(Mat 7:1)  Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
(Mat 7:2)  Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
(Mat 7:3)  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
(Mat 7:4)  Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
(Mat 7:5)  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
(Mat 7:6)  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

*  BID EN SOEK:
(Mat 7:7)  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
(Mat 7:8)  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
(Mat 7:9)  Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee;
(Mat 7:10)  en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee?
(Mat 7:11)  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

*  DOEN AAN ANDER WAT JY AAN JOUSELF GEDOEN WIL HE:
(Mat 7:12)  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

*  "OEFEN JOU IN DIE GODSALIGHEID":
(Mat 7:13)  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
(Mat 7:14)  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

*  PASOP VIR VALSE PROFETE (beoordeel iemand op sy "vrug"):
(Mat 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
(Mat 7:16)  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
(Mat 7:17)  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
(Mat 7:18)  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
(Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

*  DOEN DIE WIL VAN DIE VADER:
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

*  LUISTER NA DIE HERE SE WOORDE EN DOEN DIT:
(Mat 7:24)  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
(Mat 7:25)  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
(Mat 7:26)  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
(Mat 7:27)  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 7:28)  En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;

(Mat 7:29)  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.





Geen opmerkings nie: