Sondag 07 April 2013

Maar die wat buite is, word deur God geoordeel!

VIR DAGSTUKKIES WAT HIERDIE ONDERWERP BEVAT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/die-here-het-nie-gekom-om-vrede-op-die.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Kor. 5:12)  "Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? OORDEEL JULLE NIE DIE WAT BINNE IS NIE?
(1Kor. 5:13)  Maar DIE WAT BUITE IS, OORDEEL GOD...."
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


In konteks, handel die skrifgedeelte oor mense wat as gelowiges bekendstaan, maar in opsetlik, aanhoudende sonde stap - van hulle word gese:  "oordeel julle nie die wat binne is nie?" (in die geval het dit gegaan oor "hoerery", maar Paulus het ook die volgende hieroor te se gehad: (1Kor. 5:9)  Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie—(1Kor. 5:10)  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.)

Ons kan twee dinge leer uit bg.:
*  MOENIE OORDEEL NIE (die wat buite is)(die ongelowiges)
*  ONS MOET OORDEEL (die wat binne is)(die gelowiges)(verstaan dat hierdie oordeel spesifiek gaan oor die wat in "aanhoudende sonde" stap, bv.  hoerery, gierigheid, afgodsdiens, kwaadspreek, dronk drink, steel ens.; dit gaan nie oor om "fout te soek by ander" of hulle te oordeel op "mensgemaakte wette" nie!!!)

"n Fout wat baie Christene vandag maak, is om "die wat buite is", te oordeel. Daar word baie vingers gewys en optogte gehou teen wat die wereld verkeerd doen, wat tot gevolg het dat ongelowiges meer en meer opstandig raak. 
(1Kor. 2:14 - "Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word").  
Die Christen se plig is nie om die afvalligheid te keer nie, maar om die evangelie te verkondig!   Dit beteken nie dat die sonde wat hulle doen, reg is nie; ook nie dat die Christen die waarheid moet verdraai nie, maar baie Christene is so besig om vingers te wys na ongelowiges, dat hulle nalaat om die evangelie te verkondig!  Terwyl in evangelie-prediking die ongelowige bedag gemaak word van hoe verlore hy is in sy sonde, kan die Christen egter nog nie van 'n ongelowige verwag wat hy van 'n gelowige verwag nie (evangelie-verkondiging gaan nie daaroor dat ons die ongelowige oordeel op wat hy verkeerd doen nie, maar gaan oor om hom te beweeg om te kies om die Here te dien, wat dan sal beteken dat hy bv. afgodsdiens moet neerle).  "Bekering" gaan oor "ondergeskiktheid aan die Here" en 'n belsuit "om Hom gehoorsaam te wees", maar die persoon wat nog nie tot daardie punt gekom het nie, wat nog nie tot bekering gekom het nie,  is die "natuurlike mens" - hy neem die dinge v/d Gees nie aan nie, want dit is vir hom dwaasheid - hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word.

Binne-in die kerk word daar egter ongelukkig nie geoordeel nie en massas gelowiges stap in opsetlik aanhoudende sonde sonder dat hulle tereggewys word;  daarom is ons kerke vol suurdeeg (verstaan dat hierdie oordeel spesifiek gaan oor die wat in "aanhoudende sonde" stap, bv.  hoerery, gierigheid, afgodsdiens, kwaadspreek, dronk drink, steel ens.;  dit moet nie 'n  verkeerde oordeel wees soos om "fout te soek by ander" of hulle te oordeel op mensgemaakte wette nie!) - met dit ingedagte, moet Christene beveel word om  GELOWIGES TE OORDEEL, maar let wel, NIE DIE ONGELOWIGES NIE - (1Kor. 5:13 - "Maar die wat buite is, oordeel GOD....").
========================================================================




Geen opmerkings nie: