Donderdag 22 Augustus 2013

Moenie oordeel/veroordeel nie (6)

KORT OPSOMMING:  

(Jak. 2:13)  "Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel".


"OM TE VEROORDEEL", of  "OM TE OORDEEL",
 BETEKEN:  

"wanneer iemand NIE WIL VRYSPREEK (nie vergewe) NIE" 
OF 
"wanneer iemand NIE BARMHARTIG IS NIE".

========================================================================

Daar is 'n verkeerde manier van oordeel (in daardie sin: "moenie oordeel nie")
maar ook 'n regte (regverdige) manier van oordeel (in daardie sin: "oordeel")

* Om VERKEERD TE OORDEEL, beteken dat iemand onbarmhartig is en nie wil vryspreek nie

* Om REG TE OORDEEL (regverdige oordeel), beteken dat iemand barmhartig is en wil vryspreek - DAAROM GAAN HY NIE "verkeerd" OORDEEL NIE; (sou hy oordeel, is die doel om die teruggevalle of ongehoorsame terug te roep - dus, die rede?  -om te vergewe/barmhartig teenoor)(hy gaan ook nie iemand oordeel op sonde wat hy self doen nie, en eers die balk uit sy eie oog haal, sodat hy goed kan sien om die splinter uit sy broer se oog te haal)

Wat "om te veroordeel" NIE beteken NIE ("regverdige oordeel"):
(1) 'n Verwagting aan 'n gelowige "om heilig te
      lewe", IS NIE "veroordeling" nie; (MAAR ONS KAN NIE VAN ONGELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE NIE)
(2)  Teregwysing of vermaning IS NIE "veroordeling" 
       nie; (MAAR ONS MOET NIE ONGELOWIGES, GODDELOSES OF SPOTTERS TEREGWYS NIE)
(3)  Om die waarheid te verkondig,  IS NIE
       "veroordeling" nie. (om bv. te preek oor die komende oordeel - Hand. 24:25, Rom. 2:16)(MAAR AS IEMAND NIE DIE WAARHEID WIL ONTVANG NIE, MOET ONS DIT NIE PROBEER AFDWING NIE)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html

========================================================================
OM "TE OORDEEL/VEROORDEEL" ("verkeerde oordeel")BETEKEN DIE VOLGENDE:  
*  OM IEMAND TE OORDEEL OP MENSGEMAAKTE WETTE, EIE SIENINGE EN WERELDSE WYSHEID - (om iemand te oordeel volgens die vlees) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeel-veroordeel-nie-3.html
* OM IEMAND VERKEERD TE OORDEEL DEUR WOORDE  - (om iemand te oordeel volgens wat jy sien) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-4.html
* DEUR IEMAND ANDERS TE OORDEEL OP SONDE, TERWYL DIE PERSOON SELF IN SONDE STAP  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-5.html

========================================================================
WIE WORD DEUR HOMSELF VEROORDEEL, OF SAL VEROORDEEL WORD:

* WAAR IEMAND SE DADE VERSKILLEND VAN SY WOORDE(1Jn 3:17)  Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom? (1Jn 3:18)  My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (1Jn 3:19)  En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, (1Jn 3:20)  want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. (1Jn 3:21)  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God - waar woorde, maar geen dade (sonder barmhartigheid), dan sal iemand se hart homself veroordeel - en as iemand deur sy eie hart veroordeel word, dan het hy nie vrymoedigheid teenoor God nie.

*  WAAR  GELOWIGES loop en FOUT SOEK BY ANDER BROEDERS - (Jak 5:9 - "Moenie teen mekaar sug (fout soek, sug) nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur". (Jak 5:10)  Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.(Jak 5:11)  Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is".) - in hierdie geval sal iemand veroordeel word as hy loop en fout soek by sy broeder.

*  WAAR IEMAND NIE GLO IN DIE NAAM VAN DIE SEUN VAN GOD NIE - (Joh 3:18)  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. - Ons moet verstaan dat Jesus nie gekom het om die wereld te veroordeel nie, maar sou iemand kies om nie te glo nie, bring hy 'n oordeel op homself en is veroordeel. 

*  DIE WAT TEEN DIE HEILIGE GEES LASTER - (Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
========================================================================


========================================================================

*  ONS MOENIE SPOTTERS EN GODDELOSES OORDEEL NIE (VERMAAN OF TEREGWYS NIE).
*  ONS MOENIE ONGELOWIGES OORDEEL NIE.
*  MAAR ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG.

 Christene MOET "die wat binne is", oordeel: 

*  ONS MOET DIE WAT IN AANHOUDENDE SONDE STAP (NIE DIE SPOTTERS EN GODDELOSES NIE, MAAR DIE WAT HULLESELF WIL ONDERWERP AAN DIE HERE), IN SAGMOEDIGHEID VERMAAN 
*  ONS MOET VAN GELOWIGES VERWAG OM HEILIG TE LEWE/GODSALIGHEID NA TE JAAG
*  ONS MOET DIE WAARHEID VERKONDIG
---------------------------------------------------------------

Wat het Jesus bedoel met die woorde,  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie  - (Matt. 7:6) ? 

L.w. dat die Jode die heidene "honde" genoem het en varke was onheilige diere.  Iets wat "heilig" was/is, is iets wat "afgesonder" is- (soos in die geval v/d artikels in die tempel wat afgesonder was vir die Here; sekere voedsels was heilig, en ander onheilig; die Jode was bv. "heiliges" genoem, want hulle was 'n volk afgesonder vir God....ens.)
 Ook in die geval van varke, weet ons dat varke nie veel waarde heg aan enige iets nie.  Hulle eet enige iets, maak nie saak watter waarde dit het nie en sal dit vertrap sonder om dit te beoordeel.  

*  Een interpretasie is dat dit VERWYS NA HOE ONS NIE "DIE WAT BUITE IS", MOET OORDEEL NIE, m.a.w. die "honde" (heidende) en die "varke" (onheiliges). 

*   'n Ander interpretasie is dat dit verwys na die wat wel tot bekering gekom het, maar teruggeval het, in so 'n mate dat hulle nie meer die Here vrees nie - so iemand moet nie geoordeel word nie:
  -(2Pe 2:20) " Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. (2Pe 2:21)  Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is (2Pe 2:22)  Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol" - (dit is die spotters en goddeloses wat wel eens tot bekering gekom het, maar teruggeval het). 

Sou 'n gelowige egter in aanhoudende sonde stap, maar wys dat hy steeds die Here liefhet, kan hy "geoordeel", vermaan, tereggewys word, want:   "bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê".
(Spr. 9:7,8)  "Hy wat ‘n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat ‘n goddelose bestraf, vir homself ‘n skandvlek. "Bestraf ‘n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ‘n wyse, en hy sal jou liefhê".



Kyk onderstaande skrifte om die twee begrippe beter te verstaan (lees in konteks):
-(Mat 15:26)  Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders (Jode) te neem en dit vir die hondjies (heidene) te gooi nie.

-(Fil. 3:2)  Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding.

-(Spr. 26:11)  Soos ‘n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ‘n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

-(Openb. 22:14)  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
(Openb. 22:15)  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
----------------------------------------------------------------------------------------------

Ander skrifte oor "oordeel" (gelowiges wat sal oordeel)(dag van oordeel)(God se oordeel):


(Mat 19:28)  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. - het Jesus gese aan Sy 12 dissipels
---------------------------------------------------------------
"dag van oordeel" ("damnation; condemnation"; "condemned"):
(Mat 23:14)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.
(Mat 12:41)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
(Mat 12:42)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
(Mat 23:33)  Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel— 
(Mar 12:40)  hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal ‘n swaarder oordeel ontvang.
(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.
(Luk 11:31)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
(Luk 11:32)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!

(Hand. 24:25)  Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

(Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

(Rom 3:5)  Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.
(Rom 3:6)  Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?

(Gal 5:9)  ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
(Gal 5:10)  Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.

(2Th 1:5)  ‘n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;
(2Th 1:6)  aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
(2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

(Luk 23:40)  Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —

(Joh 5:21)  Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
(Joh 5:22)  Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
(Joh 5:23)  sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.

(Act 17:30)  God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
(Act 17:31)  omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.


(Joh 5:27)  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.

(Joh 9:39)  En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.

(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

(Joh 12:47)  En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.
(Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.
(Joh 12:49)  Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
(Joh 12:50)  En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.

(Joh 12:31)  Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
(Joh 12:32)  En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.

(Joh 16:8)  en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
(Joh 16:9)  van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
(Joh 16:10)  en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie;
(Joh 16:11)  en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

(Rom 5:16)  En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.

(Kol 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie

(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(1Kor. 5:12)  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
(1Co 5:13)  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.



(1Kor. 6:1)  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
(1Kor. 6:2)  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
(1Kor. 6:3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

(Jak. 5:12)  Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.
========================================================================


Geen opmerkings nie: