Donderdag 05 September 2013

Weerstaan die duiwel (2)

Die woorde "weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug", is spesifiek gebruik in konteks met iemand se eie pad van godsaligheid.  

In hierdie blogpost gaan ons kyk na 'n vb. wat "weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug", NIE BETEKEN NIE. Dit beteken bv. nie dat ek die duiwel kan weerstaan om van iemand anders af weg te vlug nie, want daardie persoon moet self ag gee op sy pad van godsaligheid en die duiwel self weerstaan. 

Die waarheid is: 
- dat die duiwel die woord wat deur die gelowige gesaai word, probeer steel uit mense se harte (kyk bv. gelykenis van die saaier - eerste groep)
- en dat die duiwel ander mense (somtyds ander gelowiges) gebruik om mense afkerig te maak teenoor die waarheid wat deur die gelowige verkondig word -(wat tot gevolg kan he dat die gelowige vervolg word en dat ander bitter raak teenoor hom). Lees bv. Hand. 13:7-10, 13:50; 14:2 ens. - (Hand. 13:50)  Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ‘n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf;  - (Hand. 14:2)  Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.

 MAAR alhoewel dit dinge is wat die duiwel deur mense doen (soos om ander afkerig te maak van die waarheid), kan ons nie hierdie optredes "weerstaan" nie, en ons word ook nie opdrag gegee om dit te weerstaan nie! (alhoewel hulle opdrag gegee word om dit te weerstaan).  Ek kan nie die duiwel weerstaan om nie iemand anders te gebruik nie, want daardie persoon moet self die duiwel weerstaan sodat hy van hom wegvlug.  Ja, ek kan iemand teregwys wat die waarheid probeer verdraai (soos Paulus in die geval van Hand. 13:7-10), MAAR ek kan nie die duiwel in hierdie opsig weerstaan om hom nie te beinvloed nie!, want hy moet self die duiwel weerstaan.

ONS MOET VERSTAAN DAT DIE KONTEKS WAARIN DIE WOORDE "WEERSTAAN DIE DUIWEL" GEBRUIK IS, SPES. was MET "WEERSTAAN hom IN MY EIE LEWE", NIE IN IEMAND ANDERS SE LEWE NIE!  Daardie persoon moet self die duiwel weerstaan deur die waarheid te soek, gehoorsaam te raak aan die Here en aanhoudende sondes af te le.  Om bv. te bid dat die Here iemand anders oortuig van 'n waarheid, kan wel tot gevolg he dat die Here die waarheid opnuut vir hom gaan deel, maar die duiwel gaan nie van hom wegvlug net oor ek dit gebid het nie!  Die persoon moet self kies om ag te gee op die waarheid, sodat die duiwel van hom wegvlug. Om bv. te bid dat die Here iemand vrymaak van opsetlike sonde, kan tot gevolg he dat die Here om opnuut oortuig van daardie sonde in sy lewe, maar hy gaan nie onder die strik van die duiwel uitkom net oor ek dit gebid het nie!  Nee, daardie persoon moet SELF DIE DUIWEL WEERSTAAN, sy sonde afle en kies om gehoorsaam te raak aan die Here, sodat hy onder die strik van die duiwel kan uitkom. Om sogenaamd die duiwel te bind op iemand anders se lewe (soos sommige kerke leer), beteken niks! - dit is heeltemal onskriftuurlik en elke persoon is self verantwoordelik vir sy eie besluite, watter gedagtes hy koester, of hy gehoorsaam is aan die Here ens. 
================================================================
-----
  DIE DUIWEL SAAI ONKRUID TUSSEN DIE KORING:  (MENSE WAT HULLE VOORDOEN AS GELOWIGES, MAAR IS EINTLIK KINDERS VAN DIE DUIWEL):
(2Kor. 11:13)  Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
(2Kor. 11:14)  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
==============
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
==============
ALMAL IN DIE KERK, OF DIE WAT SE HULLE IS CHRISTENE, IS NIE CHRISTENE NIE!  Daar is baie sg. Christene wat in die pad staan van die waarheid - hulle het ook nie die waarheid lief nie, en soek nie na die waarheid nie.  HULLE VERDRAAI DIT EN WORD DEUR DIE DUIWEL GEBRUIK OM MENSE AFKERIG TE MAAK VAN DIE WAARHEID.  HULLE GAAN SOVER AS OM ANDER mense OP TE HITS EN TE VERBITTER TEENOOR DIE REGVERDIGE.  DIE GELOWIGE KAN NIE HIERDIE OPTREDES STOP NIE, MAAR HY KAN AANHOU OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG!  (soos die vb. wat Jesus en Paulus en die ander dissipels vir ons gestel het). As iemand egter nie die waarheid verstaan of wil ontvang nie, kan die Christen dit nie afdwing nie - die Christen kan nie op hierdie manier die duiwel weerstaan nie, want dit is nou die ander persoon se verantwoordelikheid "om die duiwel te weerstaan". Die konteks van "weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug", gaan dus daaroor dat ek self die waarheid moet soek en liefhe, valse leerstellings moet weerstaan, gedagtes moet vernuwe ens. - dit gaan oor "onderwerping aan die Here, onsself verneder voor die Here (Jak. 4), NIE oor 'n geveg met die wat ons teestaan nie ( m.a.w. "die wat deur die duiwel gebruik word om die gelowige te vervolg nie)!  Die ware Christen sal vervolg word net soos Jesus vervolg is! 
================================================================

Geen opmerkings nie: