Dinsdag 24 Desember 2013

Regverdigmaking (geregverdig) (regverdig)

(Tit 2:11)  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn


(Tit 2:12)  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe
========================================================================

In hierdie blogpost gaan ons kyk na die betekenis van:

 "REGVERDIGMAKING, (geregverdig)(regverdig)"
===================================================

OPSOMMING:

(1) Almal het regverdigmaking nodig.   (Rom 3:10 - soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie);  ("daar is niemand goed nie - Rom. 3:12)(Mat 19:17 - Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God"). 

(2)  Die woord "regverdigmaking" beteken dat iemand "vrygespreek word"("dik-ah-yo-sis" - acquittal (for Christ's sake): -justification) - sodat hy die toorn van God kan ontvlug. 
Dus, hoekom het die mens regverdigmaking nodig?  - SODAT HY GERED KAN WORD VAN DIE TOORN VAN GOD (Rom. 5:9).- en l.w. dat met toorn bedoel word, die tweede dood. Daarom, iemand wat regverdigmaking ontvang, ontvang die ewige lewe (Tit. 3:4-7).

(3) Iemand kan slegs regverdigmaking deelagtig raak wanneer hy 'STERF VIR DIE SONDE' en "DIENSBAAR RAAK AAN GOD" (m.a.w. deur die geloof - bekering/wedergeboorte)

(4) Geen mens kan deur die "werke van die wet" geregverdig word en so die "sonde afsterf nie", want hy is nie instaat nie!  Hy moet eers tot geloof kom (en so in Christus se dood begrawe word - so die sonde afsterf;  en saam met Christus opstaan in 'n nuwe lewe - so diensbaar raak aan die Here, geregtigheid ontvang).


(5) Niemand verdien om geregverdig("dik-ah-yo-o" -to render(that is, show or regard as) just or innocent: -free, justify (ier), be righteous) te word nie - dit is slegs UIT GENADE dat iemand geregverdig word (Rom. 3:24).  

(6)  Regverdigmaking beteken dat ons "vrygemaak is van die sonde" (m.a.w. om nie meer die sonde te dien nie).  Iemand wat uit genade gered is, vrygemaak is, HET DIENSBAAR GERAAK AAN DIE HERE!  Hy dien nie meer die sonde nie (Rom. 6).(Rom 6:7)  "WAT HY WAT GESTERF HET, IS GEREGVERDIG VAN DIE SONDE". Wanneer iemand sy vertroue in die Here plaas (geloof), en homself ondergeskik stel aan die Here (diensbaar raak aan die Here; BEKEER), dan kruisig hy die ou mens, m.a.w. hy "sterf" (dien nie meer die sonde nie) - (Rom 6:6)  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. (1 Kor. 6).

(7) MAAR DIE MENS WORD NIE NET UIT DIE GELOOF GEREGVERDIG NIE!, maar ook deur die werke!  Geloof werk saam met werke en raak volkome uit die werke.  Soos die liggaam sonder die gees dood is, so is ook die geloof sonder werke dood, m.a.w. iemand wat nie die werke doen nie, bewys dat hy nie werklik glo nie! (dat hy nie dood is vir die sonde nie, en homself nie diensbaar gestel het aan die Here nie (Jak. 2:20-26). Daarom is dit snaaks wanneer predikers preek dat a.g.v. "genade" geen "werke" vereis word nie??? Is dit dan nie juis "genade" wat ons beweeg om ook "die werke" te doen nie? (Titus 2:11,12). En is bekering en geloof dan nie nodig om guns te vind nie?

 Ja, iemand kan nie "afsterf vir die sonde" deur die werke van die wet nie, maar hy kan ook nie geloof he sonder werke nie! - wat bewys dat hy afgesterf het vir die sonde!  In daardie sin word die mens nie net uit die geloof geregverdig nie.

Punt 7 verder verduidelik: Geen mens kan deur die "werke van die wet" geregverdig word nie (m.a.w., geen mens kan deur werke STERF VIR DIE SONDE nie) - dit is slegs deur die geloof wat iemand kan STERF VIR DIE SONDE (Rom. 3:28; 5:1). Maar iemand word wel geregverdig deur werke wanneer hy deur die geloof die wil van die Vader doen - dus, iemand wat "gesterf het vir die sonde" (deur die geloof), dien nie meer die sonde nie, maar soek/doen die wil van die Vader.(Gal 2:17-19 - Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ‘n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie! Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder, want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.)(Jak 2:26)  Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood. Jesus het ook hierdie feit duidelik gemaak in Matt. 19:16,17 - En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?  En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. In hierdie sin bewys iemand se werke of hy regtig tot geloof gekom het.  Iemand kon wel tot geloof kom, maar afvallig raak en in daardie sin bewys sy werke dat hy nie meer diensbaar is aan die Here nie, maar aan die sonde.  (1Kor. 6:9,10 - Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.) Toe Jesus vir die dissipels die opdrag gegee het om die evangelie aan die hele wereld te verkondig, het Hy ook die volgende gese: (Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het". Die mens word nie net uit die geloof geregverdig nie, maar ook deur werke!

(Jak 2:24)  "Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?"
==================================================

SKRIFGEDEELTES:
=========================

REGVERDIGMAKING:

(Rom 4:24)  maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,
(Rom 4:25)  wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking ("dik-ah-yo-sis" - acquittal (for Christ's sake): -justification).

(Rom 5:18)  Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
==================================================

GEREGVERDIG:

-(Mat 12:37)  Want uit jou woorde sal jy geregverdig ("dik-ah-yo-o" -to render(that is, show or regard as) just or innocent: -free, justify (ier), be righteous) word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

-(Luk 7:29)  En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.


-(Luk 18:10)  Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar.

(Luk 18:11)  En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
(Luk 18:12)  Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
(Luk 18:13)  En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
(Luk 18:14)  Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.

(Hand. 13:38)  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
(Hand. 13:39)  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

(Rom 2:11)  Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.
(Rom 2:12)  Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;
(Rom 2:13)  omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.
(Rom 2:14)  Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie;
(Rom 2:15)  omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,
(Rom 2:16)  in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

(Rom 3:19)  Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;
(Rom 3:20)  aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
(Rom 3:21)  Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,
(Rom 3:22)  die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;
(Rom 3:23)  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
(Rom 3:24)  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

(Rom 3:28)  Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

(Rom 4:1)  Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?
(Rom 4:2)  Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.
(Rom 4:3)  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
(Rom 4:4)  Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
(Rom 4:5)  aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.

(Rom 5:1)  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

(Rom 5:7)  Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe
(Rom 5:8)  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.
(Rom 5:10)  Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
(Rom 5:11)  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.
(Rom 5:12)  Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het
(Rom 5:13)  want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.
(Rom 5:14)  Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom.
(Rom 5:15)  Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.


(Rom 6:1)  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
(Rom 6:2)  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
(Rom 6:3)  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
(Rom 6:4)  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
(Rom 6:5)  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
(Rom 6:6)  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
(Rom 6:7)  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
(Rom 6:8)  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
(Rom 6:9)  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
(Rom 6:10)  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
(Rom 6:11)  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
(Rom 6:12)  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
(Rom 6:13)  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
(Rom 6:14)  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
(Rom 6:15)  Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
(Rom 6:16)  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
(Rom 6:17)  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,
(Rom 6:18)  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
(Rom 6:19)  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
(Rom 6:20)  Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
(Rom 6:21)  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
(Rom 6:22)  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
(Rom 6:23)  Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

(Rom 8:30)  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

(1Co 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
(1Co 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
(1Co 6:12)  Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.

(Gal 2:16)  terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
(Gal 2:17)  Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ‘n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!
(Gal 2:18)  Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder;
(Gal 2:19)  want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.
(Gal 2:20)  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
(Gal 2:21)  Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

(Gal 3:11)  En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe.
(Gal 3:12)  Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
(Gal 3:13)  Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
(Gal 3:14)  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

(Tit 3:4)  Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het—
(Tit 3:5)  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
(Tit 3:6)  wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
(Tit 3:7)  sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

(Jak 2:20)  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?
(Jak 2:21)  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?
(Jak 2:22)  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
(Jak 2:23)  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.
(Jak 2:24)  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?
(Jak 2:25)  En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie?
(Jak 2:26)  Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
========================================================================
REGVERDIG:

(Gen 7:1)  Daarna het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig ("tsad-deek" -just: -just, lawful, righteous) bevind voor my aangesig in hierdie geslag.

(Exo 23:7)  Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig ("tsaw-dak" -cleanse, clear self, just (ice, ify, ify self), (be, turn to) righteous (ness)) verklaar nie.

(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig ("dik-ah-yo-o" -to render(that is, show or regard as) just or innocent: -free, justify (ier), be righteous) voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.  (Ook Rom 4:5 - aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken;  EN Gal 3:8 - En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.)(Ook Rom. 8:33)

(Luk 18:9)  En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig ("dik-ah-yos" -innocent, holy, just, meet, right (eous)) is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.  (ook Luk. 20:20; 23:47; Joh. 5:30; Rom. 3:10; 7:12; Fil. 4:8; Titus 1:8; 1 Joh. 3:13)(Rom. 2:13 - omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word.)(ook 1Jn 3:7 - My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.)(1Jn 3:12)  nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.)







Geen opmerkings nie: