Woensdag 01 Januarie 2014

Veldduiwels

IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPES. KYK NA DIE GEBRUIK VAN DIE WOORD 
"VELDDUIWELS" 
IN DIE SKRIF.



Hierdie post is deel van 'n reeks - vir die vorige 2 posts oor "drake" en "unicorns", gaan na:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/drake-slange-beeldspraakens.html
en  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/unicorn.html
========================================================================

SKRIFGEDEELTES:

(Jes. 34:14)  En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels (H8163 - "satyr, devil, goat, hairy") ontmoet mekaar; ook woon die naggees (H3917 - "screech owl) daar in vrede en vind ‘n rusplek vir hom.

(Jes. 13:21)  Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring.

Die woord "veldduiwels" wat hier gebruik word, moet verwys na iets harigs, 'n bok, 'n dier.  Dit is duidelik dat die woord "veldduiwel"  in geen van die twee skrifte as beeldspraak gebruik is nie, want ander bekende diere word ook genoem (en die veldduiwels onder die diere genoem). Dit is ook duidelik dat dit nie na duiwels verwys nie, want dit word tussen ander diere genoem, as 'n "dier". Kyk ons egter na Lev. 17:7 waarin dieselfde woord gebruik is (kyk onder), dan kan die woord verwys na 'n duiwel.

Sekere vertalings gebruik die woord "satyr" hier.  Soos ons weet is die betekenis van "satyr" in Griekse mitologie, half mens, half bok. Die woord wat hier gebruik word, is egter slegs verwysend na 'n soort dier en nie die figuur wat in die stories voorgestel word nie.  
========================================================================
'n Ander skrif waarin die woord "veldduiwels" voorkom, is in: Lev 17:7 - "En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die veldduiwels (H8163 - "satyr, devil, goat, hairy") agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees vir hulle geslagte".

In die betrokke gedeelte, was die konteks dat wanneer die kinders van Israel offers bring, hulle dit moes inbring in die laer:  -(Lev 17:5)  "sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag".  Sommige het geoffer aan duiwels, en dit dan die rede hoekom v. 4 meld dat hulle, sou hulle buite offer, skuldig wees aan die bloed van die dier wat hulle aan 'n duiwel geoofer het, m.a.w. "bloedskuld".  As hulle binne die laer offer, sou daar nie 'n moontlikheid hiervan nie. 

DUS, Lev. 17:7 verwys nie na 'n blote dier nie, want dit is duidelik dat diesulkes aan duiwels geoffer het.  En wanneer ons kyk na die Hebreeuse betekenis van die woord, dan is dit duidelik dat dit nie net "bok" of "harig" kan beteken nie, maar ook "duiwel".
========================================================================



Geen opmerkings nie: