Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (1)

HIERDIE IS DIE EERSTE IN 'N REEKS -  DIE ONDERWERP VAN
  "BLOEDSKULD"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel baie verstaan dat bloedskuld gaan oor "bloed op hoof (hande)", verstaan min mense wat alles bloedskuld veroorsaak, en wat die rede is hoekom bloedskuld op iemand kom.  In hierdie studie sal ons sien dat bloedskuld nie net die gevolg is van "DIE VERGIETING VAN ONSKULDIGE BLOED" nie, maar selfs ook die gevolg is van sondes soos wanneer 'n kind sy VADER OF MOEDER VLOEK, BLOEDSKANDE, HOMOSEKSUALISME, HOERERY, OPROEP VAN GEESTE EN WAARSêERY, AFGODSDIENS ens.! 
Mense met "bloedskuld" was die "vervloektes" in die O.T., en daar was geen offer wat kon betaal vir hierdie sondes "wat die dood verdien het nie".  Bloedskuld het ook die land ontheilig, en veroorsaak dat dit nie goedgaan met die land nie.

Vrae wat ons wil beantwoord in hierdie studie, is:
-  Veroorsaak hierdie sondes steeds bloedskuld, en hoe word dit betaal in die N.T.?
- Is iemand wat in Jesus Christus glo, vry van bloedskuld?
-  Word die land steeds ontheilig deur bloedskuld, en is dit die rede hoekom visse, diere en voels in massas afsterwe?  Is dit rede vir al die goed wat met aarde gebeur?
-  Kan iemand wat tot geloof gekom het, weer skuldig raak aan bloedskuld?
-  Kan bloedskuld gesien word soos 'n vloek?  En kan dit oorgedra word aan die kinders?
-  Wat word gesien as "vergieting van onskuldige bloed"?
ENS........
==============================================
Hoekom die onderwerp van "bloedskuld" so belangrik is, is die feit dat dit lig werp op ons vraag oor wat "bloed" nou eintlik te doen het met "vergifnis van sondes".  Waarom is dit nou juis Christus "se bloed" wat vir ons moes vloei?  Wat maak Christus se bloed anders as die bloed van offers in die O.T.?  Waarom "bloed?"  En hoekom moes Christus se liggaam "gebreek word" vir ons?  

As ons nie die tema van bloedskuld verstaan nie, dan sal ons ook nie verstaan wat bedoel word met die volgende woorde nie:  (1Kor. 11:27 - "Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here") - m.a.w., sal skuldig wees aan Sy bloed = BLOEDSKULD (die hele onderwerp van bloedskuld gaan daaroor dat iemand skuldig is aan iemand anders se bloed). Ons moet ook verstaan wat die gevolg is van "bloedskuld"!

*  Wat het Jesus bedoel toe Hy die volgende aan die ongelowige wetgeleerdes gese het? - (Luk 11:50 - "sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af").  

*  Hoekom was dit vir Pilatus so belangrik om seker te maak dat hy nie 'n onskuldige man kruisig nie?  Hoekom was die aksie vir hom belangrik om sy hande voor die skare te was, met die woorde:  "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!" ?
(Mat 27:24) 

* En watter impak sou dit he op die skare dat hulle hom antwoord:  "Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!" ? (Mat 27:25)

In hierdie studie sal ons sien dat DIE TEMA VAN BLOEDSKULD, NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA is NIE!  Selfs terwyl die eerste dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer:  (Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring").
========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-3.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html

Geen opmerkings nie: