Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (2)

VIR DIE EERSTE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html
========================================================================

OPSOMMING (omrede hierdie 'n baie omslagtige onderwerp is, volg hier 'n opsomming sonder skrifgedeeltes om dit korter te maak, maar alles is in die volgende paar blogposts uiteengesit, met al die nodig skrifte!)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS SIEN DAT GOD SOVEEL OMGEE VIR ELKE MENS, DAT HY ELKE MENS SE BLOED EIS - dit beteken dat Hy nie sal toelaat dat enige een van Sy skepsele te na gekom word nie! Waar enige iemand 'n ander mens te na kom, sal hy moet verantwoording doen daarvoor, want God gee om vir elkeen van Sy skepsels.  Dit is wat Hy bedoel het met die woorde dat Hy elke mens "se bloed sal eis" - as 'n dier 'n mens doodgemaak het, sal die mens se bloed van die dier geeis word.  As 'n persoon iemand anders doodgemaak het, sal daardie persoon se bloed van die moordenaar geeis word (daarom was die een wat onskuldige bloed vergiet het, in die O.T., doodgemaak - ons moet natuulik ook verstaan wat bedoel was met "doodslaan", om te verstaan wie skuldig was aan bloedskuld).  Wanneer die persoon met bloedskuld met sy lewe betaal, dan was die onskuldige se bloed van hom geeis.  Waar hy nie doodgemaak is nie, was die onskuldige se bloed steeds deur die Here geeis - somtyds deur familie in dieselfde bloedlyn (as hulle ook bloedskuld gedra het!).  In gevalle waar iemand per ongeluk onskuldige bloed vergiet het, kon hy vlug na een van die vrystede en daar bly tot die dood van die hoepriester (en die onskuldige se bloed is dan van die hoepriester geeis). 

UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS OOK MERK DAT SONDE DIE AARDE ONTHEILIG (op 'n volgende blogpost, punt 4).  A.g.daarvan kwyn die diere weg, die voels van die hemel, die visse van die see en die diere van die veld.  Hoe meer "bloedskuld" (sonde), hoe meer sal die land tot niet gaan!  Waar gelowiges en ongelowiges saam bly in een land, kan ons nou nie verwag dat die land heel moet raak nie!  Hoe minder geloof in die land, hoe meer word die land ontheilig - daarom is "afvalligheid" 'n teken van dat die einde naby is! Hoe meer afvalligheid, hoe meer sal die land treur.


 BLOEDSKULD WORD NIE OORGEDRA VAN EEN PERSOON NA 'N ANDER NIE (elkeen betaal vir sy eie sondes - Eseg. 18) (op 'n volgende blogpost, punt 5). (Deu 24:16 - "Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word").
------------------------------------------------------------------------------------------------
"Bloedskuld" was 'n onvergeeflike sonde in die O.T. - geen offer kon daarvoor betaal nie, en die persoon het onder oordeel geval 
(iemand wat "vergifnis van sonde" ontvang, sal nie onder toorn val nie!)

IN DIE N.T., KAN SELFS BLOEDSKULD VERGEWE WORD (en sal die persoon nie onder toorn val nie), MAAR: 
-  DAAR IS 'N ONVERGEEFLIKE SONDE; 
-  en "VERGIFNIS  VAN SONDE" GELD SLEGS VIR DIE WAT "HULLE BEKEER VAN DOOIE WERKE"!
----------------------------------------------------------
  Die tema van bloedskuld het veral te doen met wanneer "onskuldige bloed" vergiet is (op 'n volgende blogpost, punt 2) - in so 'n geval, was die bloed van die onskuldige op die skuldige, (genoem, "op die hoof van die skuldige") - en die onskuldige se bloed sou dan van hom geeis word. Maar dit geld nie net vir "doodslaan" nie, maar in die O.T. word daar ook ander sondes genoem wat bloedskuld veroorsaak het, nl. sondes soos hoerery, waarseery, homoseksualisme, bloedskande ens. (op 'n volgende blogpost, punt 3) - bloedskuld was gesien as "sonde wat die dood verdien" - Vir sonde wat die dood verdien het (soos wat bloedskuld veroorsaak het), kon nie "met 'n offer betaal word nie"! , wat beteken dat die sonde nie regtig vergewe kon word nie, want die persoon val steeds onder oordeel. So, dit is duidelik dat  die offersisteem van die O.T., in die wet van Moses, nie volkome was nie! Daar was geen offer waarop iemand met bloedskuld die geleentheid kon kry om vergifnis van sonde te ontvang nie, maar daar is vb. e in die O.T. van waar gelowiges hulle bekeer het tot die Here, en om vergifnis gevra het vir bloedskuld, maar die onskuldiges se bloed moes steeds geeis word. Dit sou beteken, dat al was die persoon se lewe nie kortgeknip deur om doodgemaak te word nie, hy steeds onder oordeel sou val.  Enige regverdiges se bloed wat nie geeis was in die ou bedeling nie, was geeis van die nageslag wat vir Jesus gekruisig het! (en l.w., daardie nageslag het self ook bloedskuld op hulle gehad!) - (Luk. 11:49-51; Matt. 27:25) (WANT OM TE BETAAL VIR SONDE, MOET DAAR MET BLOED BETAAL WORD! )(op 'n volgende blogpost,  punt 6).
Maar Christus se offer was anders, en waar die O.T. offerdiens nie volkome was nie, was Christus se offer wel volkome!  Enige iemand wat glo in die Here Jesus Christus, Sy offer aanvaar, het gesterf in Hom (want Hy het in ons plek gesterf) - die bloed van die onskuldige is dus geeis!  (iets wat glad nie verkry kon word deur die O.T. offersisteem nie!) - dit beteken dat iemand nou ook vergifnis kan kry van "sondes wat eintlik die dood verdien" - dit beteken dat hulle nie onder die oordeel sal val nie!  (Hand. 13:38)  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,(Hand. 13:39)  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
DIE HERE JESUS CHRISTUS IS IN ONS PLEK, DOODGEMAAK 
- NIE NET VIR ONWETENDE SONDES NIE, 
OOK NIE NET VIR SONDES WAT NIE DIE DOOD VERDIEN NIE, 
MAAR OOK VIR SONDES WAT WEL DIE DOOD VERDIEN HET!
God se reel, oor dat Hy elke mens se bloed sal eis, het dus nie verander in die nuwe bedeling nie!  Maar in die N.T., word "bloedskuld" vergewe soos enige ander sonde (vir die wat tot geloof kom - so iemand het dan "saam met Christus gesterwe" - soos wat die doop voorstel -, en die onskuldige se bloed is geeis, deurdat Christus se liggaam vir ons gebreek is!).  

Terwyl die geregtigheid oorvloediger moet wees in die nuwe bedeling, word selfs "om vir jou broeder kwaad te wees sonder rede", vgl. met "doodslaan", in die sin van dat daar op dieselfde manier verantwoording gedoen sal moet word vir waar jy neerkyk op 'n ander broeder, as wanneer iemand doodslaan! (op die volgende blogpost, punt 1) - dit sluit in sondes a.g.v. selfsug (soos die skrif o.a. praat van "goddelose begeerlikhede" soos hoerery, homoseksualisme ens.); sondes waar iemand iemand anders bedrieg, (soos waarseery); mense wat ander vlei ter wille van voordeel; onregverdige wins ens.  God sal elke mens se bloed eis!  En die een wat 'n ander te na kom, hy sal moet verantwoording doen daarvoor (hy kan onder 'n oordeel val, al is hy 'n Christen!). Daarom het Jesus gese dat "die oordeel" onbarmhartig sal wees vir die wat geen barmhartigheid bewys het nie - gaan kyk gerus hoe Hy in die oordeel, wanneer Hy terugkom, die skape van die bokke sal skei, en hoe Hy verduidelik op watter terme Hy dit gaan doen! God gee om vir elke een van Sy skepsele, en Hy sal nie toelaat dat die onreg aan iemand nie betaal word nie. 
-----------------------------------------------------------------------  Die met bloedskuld was die vervloektes van die O.T.  
-  Gaan vgl. dit gerus met die tema van "vervloektes" in die N.T.
Wanneer iemand tot geloof gekom het, maar weer die sonde begin dien, watter offer bly daar dan vir hom oor??? (en hier moet ons natuurlik onderskei tussen iemand wat sondig, en iemand wat verval in sonde - aanhoudende sonde).

Waar iemand nie tot geloof kom nie, en hy bloedskuld op hom het, gaan die Here steeds die ander persoon se bloed eis! En die land gaan steeds ontheilig wees!  Vir die wat tot bekering en geloof kom, word bloedskuld - soos enige ander sonde - vergewe omdat Christus in hulle plek gesterwe het - in so 'n geval is die persone wat deur hom te na gekom is, se bloed geeis! -m.a.w., hoe meer tot geloof kom, hoe minder bloedskuld in die land, en sal die land minder ontheilig wees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DUS:
- deur bekering verkry ons "vergifnis van sonde"(alle sonde word die persoon vergewe, ook bloedskuld, en die onskuldiges se bloed is geeis deur Christus se dood.  Hy het met Sy bloed daarvoor betaal - ek hoef nie met my bloed daarvoor te betaal nie.  Sy liggaam is ook "gebreek" - Hy is in ons plek doodgemaak ter wille van ons sonde - Hy het m.a.w. ook ons bloedskuld op Hom geneem)


-  (Maar l.w., daar is 'n onvergeeflike sonde!...die sonde teen die Heilige Gees.  Sonde teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie, en die persoon sal onder oordeel val - "soos dit was met bloedskuld in die O.T.)

-  (Waar sonde nie vergewe word nie, val die persoon onder God se toorn- m.a.w. waar iemand nie tot bekering en geloof kom nie...  Maar dit geld ook vir Christene wat weer die sonde begin dien! - sou hulle hul nie bekeer daarvan nie, kan hulle onder Sy toorn val!).  Daarom, as iemand tot bekering kom en sy sondes afgewas word, en hy sy geloof in die Here Jesus Christus bely, maar sy werke bewys dat hy nie werklik glo nie, dan bly daar geen offer meer oor vir hom nie.  

"Die oordeel sal onbarmhartig wees teenoor die wat geen barmhartigheid bewys het nie!" - In die sin is geloof - (en werke wat bewys dat hy glo) -, die enigste weg tot saligheid!   
(1)  Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
(2)  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Geen opmerkings nie: