Sondag 26 Januarie 2014

Bloedskuld (4)

VIR DIE EERSTE 3 DELE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
========================================================================
(3)  WAT ALLES VEROORSAAK BLOEDSKULD?
           (In punt 2 op die vorige pos ("bloedskuld 3) het ons gekyk na "die vergieting van onskuldige bloed").

Volgens Lev. 20 is iemand ook skuldig aan bloedskuld weens die volgende dinge:
-  wanneer hy sy VADER OF MOEDER VLOEK; (kwaadspreek/ongehoorsaam aan ouers)
-  wanneer 'n man met sy VADER SE VROU GEMEENSKAP HET; (geen respek vir sy vader)
-  wanneer 'n man MET SY SKOONDOGTER GEMEENSKAP HET; (geen respek vir sy seun)
-  wanneer 'N MAN MET 'N MANSPERSOON GEMEENSKAP HET (soos 'n mens met 'n vrou het);(geen respek vir hoe die Here dit gewil het nie, vir Sy skepping nie - God het die "man en vrou" gemaak vir mekaar, nie "man en man" nie, of "vrou en vrou" nie)
-  wanneer 'N VROU NABY ENIGE DIER KOM OM DAARMEE TE DOEN TE HE; (geen respek vir die Here se skepping nie)
-  as daar IN  'N MAN OF VROU 'N GEES VAN 'N AFGESTORWENE IS OF 'N GEES WAT WAARSê. (so iemand trek die ander persoon ook in die ongeregtigheid in)
(Gaan kyk gerus hoe hierdie dinge ook alles genoem word van "kenmerkend van die LAASTE DAE")(kinders ongehoorsaam aan ouers/sonder natuurlike liefde/bandeloos/wreed/ens.)http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/kenmerkend-van-die-eindtye.html

M.A.W., waar ons ander behandel met ONRESPEK EN ONS PARTYDIG IS, VEROORSAAK DIT DAT ONS ook ONDER OORDEEL KAN VAL (Jak. 4:11; Jak. 2).
-  ander sondes wat ook onder bloedskuld getel kan word, en ons nog meer laat verstaan dat dit gaan oor "jy moet jou naaste liefhe soos jouself", is bv. (soos geneem uit Eseg. 18:10-13):
- iemand wat die vrou van sy naaste verontreinig,
-die ellendige en behoeftige verdruk,
-roof pleeg,
-die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode,
-gruwelike dinge doen,
-op rente leen en woeker neem ("unjust gain") ens.......
(Eseg. 18:10)  En het hy ‘n geweldenaar van ‘n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen—
(Eseg. 18:11)  terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie—as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,
(Eseg. 18:12)  die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,
(Eseg. 18:13)  op rente leen en woeker neem—sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.

========================================================================
(4)   BLOEDSKULD WAS EEN VAN DIE REDES HOEKOM DIT
       SLEG GAAN MET 'n LAND:

 Die land word ontheilig deur "sonde".  (Num 35:33 - "En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het")(Num 35:34)  En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel). M.a.w., iemand is doodgemaak weens bloedskuld omdat hy o,a, die land ontheilig het - die ander persoon se bloed is van hom geeis.  
'n Goeie vb. is 2 Sam. 21 - daar was hongersnood in die land a.g.v. "bloedskuld". 'n Ander is die van Kain: - Kain was die eerste persoon wat onskuldige bloed vergiet het - volgens Gen. 4:12 het die Here hom vervloek, en wanneer hy die grond bewerk, sou dit ook nie meer sy vermoe aan hom gee nie. Die vervloektes   Dit is dus duidelik dat bloedskuld wel een van die redes is hoekom 'n land "treur".   

Net soos die Here vir Sodom en Gomorra geheel verwoes het weens goddeloosheid, so sou Hy ook vir Egipte 'n woestyn maak, Edom 'n wildernis, so ook Babel......ens.  Gaan kyk ons na hoe hulle goddeloosheid beskryf word, sien ons sondes soos afgodsdiens, hoerery, vergieting van onskuldige bloed ens.  - dit is duidelik dat die rede hoekom die Here hierdie stede uitwis, is weens "bloedskuld" (want hierdie is juis die sondes wat bloedskuld veroorsaak!).  God wag altyd tot die "sonde vol is" voor Hy 'n plek verwoes. 
-(Joe 3:19)  Egipte sal ‘n woesteny word, en Edom ‘n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
-(2Pe 2:6)  en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees;
-(Openb. 14:8)  En ‘n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
-(Openb. 16:19)  En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/tot-die-sonde-vol-is.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vgl. dit met Hos. 4:2,3 - daar sien ons dat selfs die wegkwyn van wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see, die gevolg is van "sonde". (In die dae waarin ons lewe, is die land inderdaad besig om te treur, gesien die massas diere wat oor die aarde doodgaan, wilde diere v/d veld, voels v/d hemel en visse v/d see - hierdie dinge is die gevolg van SONDE!  Dit is die gevolg van BLOEDSKULD!  Hoe meer afvalligheid, sonde in die land, kinders wat hulle ouers vloek, hoerery, homoseksualisme, ens., hoe meer gaan "die land treur").

 Alhoewel Jesus ons bloed op Hom geneem het, het dit nie outomaties almal gereinig van sonde nie, maar slegs die wat tot bekering kom, se sondes word vergewe (ook sondes wat die dood verdien).  Slegs die wat IN HOM GLO, die wat Sy offer aanvaar het (in hulle plek), sal nie onder die oordeel val nie.  Die wat in Hom glo, se bloedskuld is ook vergewe, en die onskuldiges se bloed geeis deurdat Hy doodgemaak is ter wille van ons skuld.
  Hoe minder mense in Hom glo, hoe meer bloedskuld is daar in die land - dit het tot gevolg dat die land meer en meer "treur".  Hoe meer afvalligheid, hoe meer is die land ontheilig.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-Deu 19:10  sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.

-Deu 21:8  Doen versoening vir u volk Israel wat U, o HERE, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.

- Hos 4:2 Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
  Hos 4:3  Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

- Psa 106:38  en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
Psa_106:38  en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.

-Eseg._9:9  Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie.

Geen opmerkings nie: