Woensdag 29 Januarie 2014

Doen reg aan my teenoor my teëparty...

VIR DAGSTUKKIES WAT HIERDIE ONDERWERP BEVAT, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/die-here-het-nie-gekom-om-vrede-op-die.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alle Christene ervaar een of ander tyd 'n soort vervolging of vervloeking
TER WILLE VAN DIE WAARHEID. Die waarheid is egter dat vervolging, en selfs vervloeking,  selfs baie kere geskied deur "ander Christene"!

-Die vraag is nou hoe ons sulke insidente hanteer?
-Mag ons bv. bid dat die Here die ander persoon straf?
-Mag ons vir ander mense vertel wat die persone aan ons gedoen het?
========================================================================

-   1Kor. 4:12 - "... Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit".
Dit word van die ware Christen verwag om hierdie tipe van vervolginge te verdra (nou natuurlik nie die tipe a.g.v. sonde, m.a.w. tugtiging nie, maar a.g.v. die waarheid of goeddoen )- (1Pe 2:20)  "Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God"); 
en as hy uitgeskel word, moet hy nie vervloek nie, maar seen. 
Die persoon wat vervloek, wens die slegte op iemand anders af, maar die een wat seen, wens die goeie op iemand anders af - inteendeel, die Griekse woord vir seen in die skrifgedeelte, beteken: "om goed te praat van".  Hierdie wys dus op wat die hartstoestand van die ware Christen moet wees - 'n hart wat steeds omgee.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus het ook gese:  Mat 5:44 - "Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën (praat goed van) die wat vir julle vervloek (die wat wil he dit moet sleg gaan met julle), doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg". 

Dit is nou alles goed en wel, maar hoe klop dit met die gelykenis in Luk. 18:1-8, van die vrou wat gedurig pleit:  "doen reg aan my teenoor my teëparty"?  As mens dan  hoop dat die ander geoordeel word vir sy verkeerde dade, is dat dan regtig dieselfde as "om te seen"?
Die doel van die gelykenis was eerstens om ons te motiveer om meer te bid (v. 1) - in dit is die belofte dat as 'n gelowige uitroep, die Here "gou sal antwoord"! Wat Jesus wel vir ons hier wou leer, is om nie moedeloos te raak nie, maar gedurig te bid (v.1).

- Hoe maklik raak ons liewer kwaad of depressief, en gaan nie na die Here wanneer ons te na gekom word nie!?  
- Of ons kla by ander mense en praat selfs kwaad oor die persoon, maar gaan nie na die Here nie?! 

 En lees ons die hele Luk. 18, sal ons merk dat dit gaan oor gebed, en oor die motiewe waarom ons bid; dit gaan ook oor dat ons bereid moet wees om ons lewens neer te le.
Die Fariseer se motiewe was verkeerd - hy het staatgemaak op sy "goeie dade" en het neergekyk op ander mense, terwyl die tollenaar homself ondergeskik gestel het aan die Here. Luk 18:14 - "Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word".  Dit is dus duidelik dat die bedoeling met die gebed "doen reg aan my teenoor my teeparty", niks te doen het met partydigheid nie, maar eerder met die feit dat ons nie moet neerkyk op 'n ander nie - die Here sal geregtigheid laat geskied (aan die een wat op Hom vertrou, en bereid is om te verdra en te seen).  Hy gee om vir elke mens, en Hy sal toesien dat onbarmhartigheid geoordeel word, maar net soos Jesus die eerste keer gekom het, NIE om te oordeel nie, so moet ons ook nie oordeel nie, maar vryspreek. Die wraak kom die Here toe.  Wanneer Jesus terugkom, gaan Hy kom om te oordeel.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
AS ONS DAN WIL KLA, MOET ONS LIEWER DIE HERE VRA OM ONS TE HULP TE KOM, EN ons moet VIR DAARDIE MENSE WAT VIR ONS BELEDIG, OF VERVOLG,  BID BY DIE NAAM.

  DIE MANIER HOE ONS OPTREE NA BUITE, IS OM GOED TE PRAAT VAN HULLE, AL HET HULLE ONS UITGESKEL;  OM TE VERDRA WANNEER ONS VERVOLG WORD;  OM ONS VYANDE LIEF TE HE, EN OM GOED TE DOEN AAN DIE WAT VIR ONS HAAT...
Dit gaan nie daaroor dat ons die waarheid ignoreer, of nie verkondig nie, maar daaroor dat wanneer mense ons persoonlik te na kom, ons hulle moet vergewe, hulle 'n kans gee, en MOET BID.  

Geen opmerkings nie: