Maandag 10 Februarie 2014

Wat is die "Sonde tot die dood"?

IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPES. KYK NA DIE TERM: 
"Sonde tot die dood"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1Jn 5:16  As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee—vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie. 
1Jn 5:17  Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie. 


TEN EERSTE MOET ONS VERSTAAN DAT HIERDIE SPES. GESKRYF WAS VIR GELOWIGES, EN I.V.M. GELOWIGES, m.a.w. waar 'n gelowige 'n broeder sien sonde doen (wat nie tot die dood is nie), moet hy vir hom bid, maar waar 'n gelowige 'n broeder (ander gelowige) sonde sien doen wat tot die dood is, moet hy nie vir hom bid nie.

IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SIEN DAT
"SONDE TOT DIE DOOD" 
VERWYS NA
"AANHOUDENDE SONDE WAARVAN DIE GELOWIGE HOM NIE WIL BEKEER NIE" .

==================================================

Wanneer iemand uit God gebore ("weer gebore") is, dan wil hy nie meer sondig nie - hy dien nie meer die sonde nie, maar dien nou die Here - daarom is sy sonde nie tot die dood, omdat hy sonde afle.  Maar waar iemand die sonde weer begin dien, is sy sonde "tot die dood".

KOM ONS KYK NA 1 JOH. 5:16 EN 17 IN KONTEKS, OM DIT BETER TE VERSTAAN: Die konteks waarin v. 16 en 17 geskryf is, is:  
"Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore" (v.1) 
en 
(1Jn 5:3,4 - "Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof"). BAIE GELOWIGES VERSTAAN HIERDIE "OORWINNING DEUR GELOOF" AS DAT DAAR GLAD NIE VAN HULLE VERWAG WORD OM GEHOORSAAM TE WEES NIE, MAAR WAT HY EINTLIK VIR ONS HIER LEER, IS DAT DIE WAT UIT GOD GEBORE IS, JUIS DIE IS WAT GEHOORSAAM IS!  -M.A.W. DAT DIT DIE IS WAT SY GEBOOIE BEWAAR. 

Maar kom ons lees verder, v. 18 en 19: "Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie. Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê".
Met dit wil hy eintlik se dat die gelowige nie onder die mag van die bose is nie, maar 'n wil het om homself te bewaar van ongeregtigheid - vgl. dit met die vorige twee verse (v. 16 en 17), waar ons versoek word om vir mekaar te bid, spes. hier "as iemand sy broeder 'n sonde sien doen". (So dit is duidelik dat hy nie hier bedoel dat die gelowige glad nie sondig nie!, maar dat die wat uit God gebore is, nie veronderstel is om in sonde te stap nie!). DIE GELOWIGE IS NIE MEER ONDER DIE MAG VAN DIE BOSE NIE (hy dien nie meer die sonde nie), MAAR BEWAAR HOMSELF VAN ONGEREGTIGHEID ("bewaar" - die griekse woord "tay-reh-o", wat beteken "om te waak", of om "vas te hou").  Ons kan dit beter verstaan deur te kyk na (1Kor. 7:37 - "Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed"). Om jouself te bewaar, gaan daaroor dat jy MAG HET OOR JOU EIE WIL (jy is nie meer in die mag van die bose nie).(Joh 12:25)  "Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe"  - as ons mag het oor ons eie wil om Hom te gehoorsaam, dan sal Hy ons bewaar by Sy koms!  -(1Th 5:22,23 - "Onthou julle van elke vorm van kwaad. En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!").

OM ONDER DIE MAG VAN DIE BOSE TE WEES, SOOS DIE WERELD IS, BETEKEN DAT IEMAND GEEN MAG UITVOER OOR SY EIE WIL NIE, MAAR TOEGEE AAN DIE SONDE. DIE GELOWIGE, DIE EEN WAT UIT GOD GEBORE IS, GEE TOE AAN DIE HERE - HY IS NIE GEHOORSAAM AAN DIE SONDE NIE, MAAR GEHOORSAAM AAN DIE HERE!
 Daarom is die sonde wat hy doen, nie tot die dood nie, want hy le dit af, en onderwerp homself tot gehoorsaamheid aan die Here (nie aan die sonde nie).
SONDE BRING NIE ONMIDDELLIK DIE DOOD VOORT NIE:  (Jak. 1:15 -Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort").
MAAR SONDE WAT TOT VOLLE ONTWIKKELING KOM, BRING DIE DOOD VOORT!  DIE PERSOON WAT GEBORE IS UIT GOD, WIL NIE HE DAT SY SONDE TOT VOLLE ONTWIKKELING KOM NIE (want hy is nie onder die mag van die bose nie);  DAAROM KAN SY SONDE NIE "TOT DIE DOOD" WEES NIE.  WAAR 'N GELOWIGE NOU EGTER NIE OMGEE OF HY HOM BEKEER VAN DOOIE WERKE NIE, EN OF DIE SONDE TOT VOLLE ONTWIKKELING KOM NIE, BEVRAAGTEKEN DIT "SY GELOOF" (hy is nie besig om homself te bewaar van ongeregtigheid nie) - in so 'n geval is dit "sonde tot die dood"! - ons word beveel om nie eens te bid vir so iemand nie, want as hy hom nie bekeer van daardie werke nie, gaan die Here hom nie vergewe nie! - dan gaan sy sonde tot volle ontwikkeling kom, en dit gaan die dood voortbring.  

-Rom. 6:16  "Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?" - m.a.w., as iemand homself tot beskikking stel aan sy begeerte (om dit meer gehoorsaam te wees as om die Here te gehoorsaam), dan is hy besig om in 
sonde te stap wat tot die dood kan lei - dit beteken dat, sou 'n Christen in opsetlik of aanhoudende sonde stap en hom nie bekeer daarvan nie, hy onder oordeel sal val! - en daardie sonde kan tot die dood lei...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jak. 5:16 - "Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag").

========================================================================
(Heb 10:26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
(Heb 10:28)  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
(Heb 10:29)  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het. 
(Heb 10:30)  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
========================================================================

Geen opmerkings nie: