Donderdag 06 Maart 2014

Boom van die Lewe


(Joh 5:24)  "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe".
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 2:1)  Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese: Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars:
(Openb. 2:2)  Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;
(Openb. 2:3)  en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.
(Openb. 2:4)  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
(Openb. 2:5)  Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
(Openb. 2:6)  Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.
(Openb. 2:7)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Agtergrond:
- (Gen 2:9)  "En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad".
Na die sondeval, het God vir Adam en Eva weggestuur uit die tuin SODAT hulle nie van die boom van die lewe sou eet nie.  (Gen 3:22)  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! (Gen 3:24)  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Hoop:
-Vgl. Openb. 2:7 met Openb. 22:14 - "Salig is die wat sy gebooie doen, SODAT hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad"-
-Watter stad? - die Nuwe Jerusalem - (Openb. 21:2,3)  "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God".
(Openb. 22:2)  "In die middel van sy (nuwe Jerusalem) straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  Salomo maak 'n interessante opmerking oor die vrug van die regverdige: 
(Spr. 11:30)  "Die vrug van die regverdige is ‘n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys". VGL. DIT MET:  (Joh 4:36 - "En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees".


VERGELYK DIT MET "LEWENSBOOM" - (Spr. 3:16-18)  "In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig". IN DIE VERGELYKING WAAR DIE WOORDE "in sy regterhand is lengte van dae" GEBRUIK WORD, IS DIT DUIDELIK DAT "LEWENSBOOM" TE DOEN HET MET DIE TEMA VAN "LEWE", of soos in die geval van bg. skrifte, "EWIGE LEWE".  DIT IS OOK OM DAARDIE REDE DAT ADAM EN EVA UIT DIE TUIN WEGGESTUUR IS: - "As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!" (Gen. 3:22).   HULLE WAS EGTER NIE DIE BOOM BELET VOOR DIE SONDEVAL NIE!  Dit is ook om hierdie rede wat die Here gerubs daar gestel het met hulle uitdrywing uit die tuin: - dit was om die boom van die lewe te bewaak! (Gen 3:24)  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
========================================================================
Vgl. hierdie met die tema van die OPSTANDING TOT LEWE (met Jesus se wederkoms) - (Dan 12:2 - "En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik").(Mat 25:46 - "En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe").


(1Jn 2:25)  En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.


(Mat 19:16)  "En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê"?

(Joh 3:16)  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
(Joh 3:17)  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

(Joh 12:25)  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.

(Joh 17:2)  soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

(Joh 17:3)  En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

(Joh 12:50)  En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.

(Rom 6:23)  Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

(Jud 1:21)  en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.

ENS.

Geen opmerkings nie: