Dinsdag 04 Maart 2014

Die Wet en die Profete (2)

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/moet-die-gelowige-wat-uit-genade-gered.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/ken-jy-hom-werklik.html

VIR DIE EERSTE DEEL VAN HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html
----------------------------------------------------------------
As ek dan nou se dat ek nie onderdanig is aan die wet nie, maar onderdanig aan die Here (om vir God te lewe), dan beteken dit nou nie dat geen gehoorsaamheid verwag word nie! Ek gaan Sy voorwaardes (Sy wette) nakom en nog steeds doen wat reg is! - ek is dus onderwerp aan Sy wet - nie gehoorsaamheid aan "die wet van Moses" nie, maar aan Sy wil, volgens die waarheid, volgens die genade (barmhartigheid), volgens die evangelie van die koninkryk, en dus "gehoorsaam aan Sy wette". Wanneer iemand steeds die sonde dien, dan dink hy dat hy deur offers die Here se guns kan wen, maar wanneer iemand die Here dien, dan is sy offers bloot 'n bewys daarvan dat hy glo.


Paulus verduidelik dit as volg:
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

Wat ons moet verstaan van wat Paulus hier se, is nie dat die wet tot niet gegaan het nie, maar dat die wet vervul is. Solank ons VIR DIE WET LEWE, dra ons vir die dood vrugte omdat, terwyl ons die wet probeer dien, sondig ons meer omdat ons dit nie kan onderhou nie,  Maar wanneer ons VIR GOD LEWE, dan dien ons nie die wet nie, maar die Here self!  Die wet is dus nou nie die een wat ons rig op wat reg of verkeerd is nie, maar die Here self rig ons - ons behoort aan Hom, nie aan die wet nie. 


*   "   is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
As ons dan dood is vir "die wet", dan moet ons verstaan wat bedoel word met "vrug dra".  Die tema van "vrug dra" gaan oor GEHOORSAAMHEID (om die wil van die Here te doen).  Die wet is dus nou nie die een wat ons rig op wat reg of verkeerd is nie, maar die Here self rig ons - ons behoort aan Hom, nie aan die wet nie.  Wat ons ook moet verstaan, is dat die wet self ook gegaan het oor reg en verkeerd en oor die wil van die Here:  (Rom 7:7)  "Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie".  Maar nou leer ons die wil van die Here ken deur Hom self te vra - deur Sy Heilige Gees - ons behoort nie aan die wet nie, ons behoort aan Hom.   (Joh 16:13)  "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig". Die Here verwag dus steeds gehoorsaamheid - wet self het nie verval nie, maar word vervul deur gehoorsaamheid aan die Here - deur Hom te dien, nie die wet te dien nie.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Gal 2:19-21)  "want deur die wet is ek vir die wet dood OM VIR GOD TE LEWE.  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my...."

Geen opmerkings nie: