Dinsdag 04 Maart 2014

UIT GENADE GERED - Opsomming

Vir die eerste 3 dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
=========================================================================
HIERDIE BLOGPOST IS 'N OPSOMMING  VAN DIE TEMA:
"
wat beteken, "UIT GENADE GERED"?
========================================================================
(1)  Die woord "genade" verwys na "guns" (m.a.w. om in guns te wees) - wie is vir die Here welgevallig?  Ons kan nie guns verdien deur werke nie, maar slegs deur geloof. Jesus het nie gekom om te oordeel nie, maar om sondes te vergewe (vir die wat glo) - om guns te bewys (aan die wat glo), ten spyte daarvan dat niemand dit verdien nie (wanneer Hy egter terugkom, gaan Hy kom om te oordeel - dan gaan gelowiges geoordeel word op hulle "vrug", "werke" en "woorde" - en dit sal hulle regverdig of hulle regtig glo) ;

(2)   Die "genade in Jesus Christus"  VERWYS NIE NA "GENADE (guns) OP GODDELOSES" nie, maar genade (guns) op GELOWIGES.  ;

(3)  Om uit genade gered te word, beteken nie dat iemand nie die voorwaardes van geloof hoef na te kom nie!  As iemand guns verdien deur geloof, dan moet hy ten minste GLO!  Daarom moet ons verstaan wat geloof beteken.  Deur die geloof word iemand geregtig verklaar, m.a.w. dit is die wat hulleself onderwerp aan die Here om Hom gehoorsaam te wees, om Hom te dien (nie meer die sonde te dien nie).  Iemand kan lyk of hy gehoorsaam is aan die Here deur die onderhouding van wette, maar steeds die sonde dien - so iemand ontvang nie genade (guns) nie.  Niemand kan twee here dien nie!  

(4)  "GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - (d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; nie die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word, maar steeds afgodsdiens beoefen nie!).  

Daar is 'n duidelike verskil tussen "gehoorsaam wees deur wette te onderhou" (met die doel om saligheid te beerwe), en "gehoorsaam wees omdat jy die Here alleen dien" (hom vertrou)(omdat jy alreeds tot saligheid gekom het).  Om die Here alleen te dien, beteken dat iemand "DIE WIL VAN DIE VADER DOEN". ("Ek wil barmhartigheid hĂȘ en nie offerande nie...") - niemand kan twee here dien nie...

(5) ALHOEWEL "WERKE" NIE SALIGHEID KAN BEWERK NIE, KAN DIT SALIGHEID BEINVLOED! 
(6) Alhoewel ons genade (guns) verkry deur die geloof, word ons nie net geregverdig deur die geloof nie, maar ook deur werke.  Vir iemand se sondes om vergewe te word, het hy regverdigmaking nodig - hy ontvang dit deur die geloof. Maar, net soos hy geregverdig word deur geloof sodat sy sonde vergewe word, word hy ook geregverdig deur sy werke wat 'n bewys is dat hy glo! 

Geen opmerkings nie: