Donderdag 06 Maart 2014

Wat het Jesus vir ons oor gebed geleer?

WAT HET DIE HERE JESUS CHRISTUS VIR ONS GELEER OOR GEBED?
(hier is ook skrifte van vb.e waar Jesus gebid het tot die Vader - Hy het vir ons demonstreer hoe belangrik gebed is!)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

HOE DIE HERE JESUS GEBID HET, EN DINGE WAARVOOR HY GEBID HET:
- BAIE ALLEEN GEBID;
- SOMTYDS VAN DIE DISSIPELS SAAMGENEEM WANNEER HY ALLEEN GAAN BID HET;
- HY HET VIR DIE KINDERTJIES GEBID EN HULLE DIE HANDE OPGELE;
- NADAT HY DIE SKARES MET DIE WOORD BEDIEN HET, HET HY GAAN BID;
- GEBID, GEVRA OF DIT MOONTLIK IS DAT DIE BEKER (V/D KRUISIGING) BY HOM VERBY KAN GAAN, MAAR HET DIE VADER SE WIL BEGEER, NIE SY EIE NIE;
- HY HET DIE VADER GEBID OM VIR SY DISSIPELS DIE TROOSTER TE STUUR;
- HY HET NIE GEBID VIR DIE WERELD NIE, MAAR VIR SY DISSIPELS (DIE WAT AAN DIE VADER BEHOORT), EN VIR DIE WAT DEUR HULLE WOORD IN HOM SAL GLO;
- HY HET GEBID DAT DIE VADER SY DISSIPELS BEWAAR VAN DIE BOSE (nie dat hulle uit die wereld weggeneem word nie)...

OPSOMMING VAN WAT HY VIR ONS GELEER HET OOR GEBED:
- BID VIR DIE WAT JOU BELEDIG EN VERVOLG;
- WANNEER ONS BID, MOET ONS DIT NIE DOEN NET "OM GESIEN TE WORD NIE" (so iemand het sy loon klaar weg);
- BID ALLEEN (en die Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde);
- BID SONDER 'N YDELE HERHALING VAN WOORDE;
- BID SOOS DIE "ONSE VADER" GEBED WAT JESUS VIR ONS GELEER HET;
- DIT IS DIE WAT BID, WANT ONTVANG;
- BID DAT DIE HERE ARBEIDERS IN SY OES SAL UITSTUUR;
- BID DAT JULLE NIE IN DIE VERSOEKING KOM NIE;
- WANNEER JY BID, VERGEEF AS JY IETS TEEN IEMAND HET (sodat die Vader jou ook sal vergewe);
- ONS MOET ALTYDDEUR WAAK EN BID, SODAT ONS WAARDIG GEAG MAG WORD OM DIE HERE SE TOORN TE ONTVLUG - EN OMDAT ONS NIE WEET WANNEER DIE TYD VAN DIE WEDERKOMS IS NIE / MOET GEDURIG BID EN NIE MOEDELOOS WORD NIE;
- BID EN VRA DIE VADER "IN DIE NAAM VAN JESUS CHRISTUS", EN DIE VADER SAL DIT GEE...
==============================================

SKRIFTE:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:44) ... bid vir die wat julle beledig en julle vervolg
========================================================================
(Mat 6:5)  En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
========================================================================
(Mat 6:6)  Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
========================================================================
(Mat 6:7)  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
(Mat 6:8)  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
========================================================================
(Mat 6:9)  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
(Mat 6:10)  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
(Mat 6:11)  gee ons vandag ons daaglikse brood;
(Mat 6:12)  en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
(Mat 6:13)  en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
========================================================================
(Mat 7:7)  Bid, en vir julle sal gegee word...
(Mat 7:8)  Want elkeen wat bid, ontvang...
========================================================================
(Mat 9:38)  Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
========================================================================
(Mat 14:23)  En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
========================================================================
(Mat 19:13)  Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf.
========================================================================
(Mat 24:20)  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie. -groot verdrukking
========================================================================
(Mat 26:36)  Toe kom Jesus met hulle in ‘n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid.
========================================================================
(Mat 26:41)  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
========================================================================
(Mat 26:42)  Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
========================================================================
(Mat 26:44)  En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.
========================================================================
(Mat 26:53)  Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?
========================================================================
(Mar 6:46)  En nadat Hy van hulle afskeid geneem het, het Hy na die berg gegaan om te bid.
========================================================================
(Mar 11:25)  En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
========================================================================
(Mar 13:33)  Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
========================================================================
(Luk 9:18)  En toe Hy besig was om alleen te bid, was die dissipels by Hom, en Hy vra hulle en sê: Wie sê die skare is Ek?
========================================================================
(Luk 9:28)  En omtrent agt dae ná hierdie woorde het Hy Petrus en Johannes en Jakobus saamgeneem en op die berg geklim om te bid.
========================================================================
(Luk 9:29)  En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy aangesig anders geword en sy klere skitterend wit.
========================================================================
(Luk 18:1)  En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
========================================================================
(Luk 21:36)  Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
========================================================================
(Joh 14:16)  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
========================================================================
(Joh 16:24)  Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
========================================================================
(Joh 16:26)  In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie;
========================================================================
(Joh 17:9)  Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
========================================================================
(Joh 17:15)  Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.
========================================================================
(Joh 17:20)  Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo—
========================================================================


Geen opmerkings nie: