Maandag 19 Mei 2014

Wat is die ONVERGEEFLIKE SONDE?

Baie gelowiges glo dat daar nie iets bestaan soos "onvergeeflike sonde" nie, want in hulle oe beteken dit dan dat Jesus se werk aan die kruis nie volkome was nie!??  Hulle reken ook dat "geloof" glad nie werke nodig het nie!  Dit is hierdie verkeerde persepsies wat veroorsaak dat die boodskap van genade verdraai word. L.w. dat waar Paulus verwys na "sonde tot die dood", hy bv. spes. gepraat het met GELOWIGES! En waar Jesus "lastering teen die Heilige Gees" aangehaal het, Hy spes. gepraat het met mense wat hulleself gesien het as "GELOWIGES"! 

---------------------------------------------------------------------

In hierdie blogpost gaan ons kyk na 
wat Jesus bedoel het met 
"lastering teen die Heilige Gees" 
(DIE ONVERGEEFLIKE SONDE).

(ROL AF VIR "OPSOMMING" ONDER)

Iemand wat skuldig is aan die "onvergeeflike sonde", sal veroordeel word uit sy woorde, maar dit is nie die enigste geval waar iemand se woorde hom kan veroordeel nie. Ook in die geval van "sonde tot die dood" kan 'n gelowige se woorde hom veroordeel, bv. "om van ander kwaad te praat" (tensy die gelowige hom bekeer daarvan, want alle sondes kan vergewe word, behalwe lastering teen die Heilige Gees). Sonde is slegs "tot die dood" waar iemand hom nie wil bekeer daarvan nie - in hierdie geval is die persoon se vrug 'n bewys daarvan dat hy nie regtig die Here dien nie, maar die sonde dien. Dus, ons moet hier onderskei tussen iemand wat van ander mense kwaadpraat, en die persoon wat kwaadpraat van die Heilige Gees. Selfs waar iemand kwaadgepraat het van Jesus Christus, sal dit hom vergewe word, sou hy dit bely, maar nie wanneer iemand kwaadpraat van die Gees nie!
(Mat 12:31)  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
(Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

Ons moet ook verstaan hoe die hart lyk van iemand wat kwaadpraat van die Heilige Gees, en ook verstaan wat regtig met die woord "laster" bedoel word.
------------------------------------------------------------------

GRIEKSE BETEKENIS VAN DIE WOORD "LASTER" IN MATT. 12:31:

(Mat 12:31)  "Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering (Griekse woord "blas-fay-me-ah", wat beteken "blasphemy, evil speaking, railing" - "vilification") teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie".
========================================================================
Om te verstaan wat "lastering teen die Heilige Gees" is, moet ons ten eerste verstaan wat bedoel word met die woord "laster":

KOM ONS KYK NA DIE BETEKENIS VAN DIE WOORD "LASTER" IN ANDER SKRIFTE - ons sal sien dat die woorde "laster" en "vloek", alhoewel in betekenis oorvleuel, tog nie presies dieselfde is nie!
 - kyk bv. Lev. 24:15,16 (rol af) waar laster en vloek verskillend genoem word; die een wat sy God vloek (VERAG; SKERP SPREEK TEEN HOM) , sal sy sonde dra, maar die een wat die Here laster, sal gedood word! ("Laster" was m.a.w. altyd baie ernstig gewees, en in die O.T. was daar geen offer vir hierdie sonde nie - so iemand moes gedood word.  Soos in die geval van bloedskuld, moes hierdie persoon betaal met sy eie bloed.  In die N.T. is bloedskuld ook gedek onder die bloed van Jesus Christus, ook lastering teen die Here Jesus Christus, sou iemand hom bekeer, maar "lastering teen die Heilige Gees", is steeds (en ook die enigste), 'n onvergeeflike sonde. 

Ons sal sien in ondergenoemde verse dat die woord "laster" in die alg. die volgende beteken: 
-(1)   "om KWAAD te SPREEK" van die Here;
- (2)  "om DIE WAARHEID opsetlik te VERDRAAI" (SOOS IN DIE GEVAL VAN 'N VALSE CHRISTUS WAT HOMSELF VOORDOEN AS GOD; of IN DIE GEVAL VAN DIE FARISEERS WAT DIE WAARHEID OPSETLIK VERDRAAI HET OM ANDER OP TE HITS TEEN HOM") - in hierdie sin was "lastering" gepleeg deur iemand wat "vals" is!  Ook in die geval waar Jesus hier oor lastering teen die Heilige Gees gepraat het (Matt. 12:31,32), was dit teenoor mense wat hulleself voorgedoen het as gelowiges, maar eintlik vals was (en daarom ook die waarheid verdraai het).


* Kyk die vb. van: (1Ti 1:19,20)  "en aan die geloof en ‘n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely, onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie".  -(in hierdie gedeelte haal Paulus die vb.e aan van Himenéüs en Alexander wat gelaster het (- kyk 2 Tim. 4:14 en 15 om meer te verstaan oor hoekom gese word dat Alexander gelaster het, m.a.w. wat hulle verstaan het as wat met die woord "laster" bedoel word: -(2Ti 4:14,15 - "Alexander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld na sy werke! Jy moet ook vir hom oppas, want hy het ons woorde sterk teëgestaan") - DIT IS DUIDELIK DAT HULLE DIE WAARHEID TEEGESTAAN HET (en so "gelaster het);  ook duidelik dat hulle hul voordoen as gelowiges, maar eintlik vals is (en daarom die waarheid verdraai het - gelaster het).

* (2 Kon. 19:6)  "sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie". (lees hfst. 18 om te sien hoe die koning van Assirie die Here gelaster het - kyk bv. na (:30)  "En Hiskía moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red, en hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie";  en (:35)  "Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red?" - HY HET HOMSELF BO GOD GESTEL! (asof hy sterker is as die Here)(soos in die geval van 'n antichris). Weer-eens 'n vb. van waar iemand homself voordoen asof hy die waarheid ken, terwyl dit nie so is nie - hy was vals (en daarom die waarheid verdraai en so gelaster).

* (Hand. 13:45)  Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. Weer-eens 'n vb. van mense wat voorgee wat hulle nie is nie, en daarom die waarheid verdraai/laster!

*  (1Pe 4:14)  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. -m.a.w., selfs waar (WARE) gelowiges beledig word oor die Naam van Christus, word dit as "laster" gesien - l.w. "OMDAT die Gees van God op hulle rus!" - hulle is "waar", maar die ander is "vals".

*  "OM TE LASTER" gaan dus daaroor dat iemand "WAT VOORGEE" opsetlik die waarheid verdraai deur kwaad te spreek van die Here, of van die gelowige, of van die Heilige Gees, met die doel dat ander liewer hulle glo, as in die waarheid.


"LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES", beteken dus: 
-(1)   "om KWAAD te SPREEK" van die Heilige Gees; en
- (2)  "om DIE WAARHEID oor die Gees opsetlik te VERDRAAI" (spes. in die geval van iemand wat vals is;  "iemand wat voorgee" of "die geveinsdes" - soos valse profete of gelowiges wat voorgee dat hulle die Here -of die waarheid- ken).
========================================================================

 Die konteks waarin die sonde van lastering teen die Heilige Gees gebruik word in die Skrif, is dat dit GEPLEEG WORD DEUR IEMAND WAT "WETEND" IS - hy weet wat die waarheid is (dat dit bv. die Gees van God se werke is), maar staan dit opsetlik tee en stook ander op teen die waarheid. Sommige Skrifgeleerdes en Fariseers het Jesus aangekla van lastering, maar eintlik is dit hulle wat gelaster het, omdat hulle opsetlik kwaadgespreek het teen die waarheid met die doel dat ander nie glo nie (Matt. 12 en Mark. 3). Net so sien ons ook dat een van die kenmerke van die Antichris juis is dat hy sal "laster teen God".  Sulke mense gee voor dat hulle die waarheid ken en verkondig, en verdraai die waarheid opsetlik. Net soos sommige van die Sinagoge wat die volk en ouderlinge en skrifgeleerdes in opstand gebring het teen Stefanus - ook hulle het hom beskuldig van "laster teen God", maar eintlik is dit hulle wat wetend in opstand gekom het teen die waarheid.  Hulle het gemaak of dit wat Stefanus gespreek het, lastering was, terwyl die waarheid is dat hulle nie die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, kon weerstaan nie. Hulle het ook OPSETLIK valse getuies laat optree: (Hand. 6:13,14 - "En hulle het valse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie. Want ons het hom hoor sê: Hierdie Jesus, die Nasaréner, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander"). In hierdie geval is dit duidelik dat die manier hoe hulle die woord "laster" verstaan het, was dat iemand "opsetlik die waarheid verdraai" (TERWYL HY GOED WEET WAT DIE WAARHEID IS, MAAR WIL HE DAT ANDER LIEWER VIR HULLE GLO, AS IN DIE WAARHEID). 
 Sommige ongelowige skrifgeleerdes en Fariseers was nie onkundig nie, (alhoewel sekere owerstes wel onkundig was - Hand.3:17) en nie ongelowig omdat hulle onkudig was nie, maar het goed geweet wat die waarheid is en het gekies om ongelowig te wees (maar voorgegee dat hulle gelowig is!).  Hulle het uit afguns die waarheid teegestaan.  Hierdie persoon/e het die "groter sonde" gepleeg! (Joh. 19:11)  - hulle het geweet dat hulle nie die wil van die Here doen nie, maar voorgegee asof hulle die wil van die Here doen! - dit is hulle vir wie Jesus genoem het "geveinsdes" (die Griekse woord "hoop-op-ree-tace", wat beteken, "om voor te gee" - akteurs) - (so iemand erken ook nie dat hy sondig nie, want dan moet hy erken dat hy weet dat hy nie die wil van die Here doen nie!).  Hierdie persone is gewoonlik daardie gelowiges wat "afgunstig" is - OP DIESELFDE WYSE wat bv. Josef se broers afgunstig was op hom, of baie van die volk teenoor Moses en Aaron.  SO WAS BAIE VAN DIE FARISEERS EN SKRIFGELEERDES JALOERS OP JESUS! - HULLE HET GEWEET WAT IS DIE WAARHEID, en het selfs BEGRYP DAT HY DEUR SY GELYKENISSE EINTLIK VAN HULLE PRAAT! (Matt. 21:45) - Hulle harte en die gedagtes van hulle harte was verkeerd (Matt. 9:4; 12:34; hulle wou hulle nie bekeer nie (Matt. 11:20).  Jesus het selfs verklaar dat dit vir Sodom verdraagliker sal wees in die oordeel, as vir hierdie mense!
-hulle "werke" was ook vir hulle belangriker as "gehoorsaamheid" (Matt. 15:7-9 - in hierdie gedeelte beskuldig Jesus hulle daarvan dat hulle gebooie leer wat "gebooie van mense" is);  
-Hy het ook verklaar dat hulle harte ver van die Here is!; in Matt. 12:38 noem Hy hulle "sleg" en "owerspelig" - niemand kan owerspel pleeg as hy nie weet wat hy doen nie! (hulle was owerspelig teenoor die Here)
- hulle het ook aanstoot geneem in die waarheid (Matt. 15:12-14 -in hierdie gedeelte noem Jesus hulle "blinde leiers van blindes"; Jesus het selfs die dissipels gewaarsku teen die "suurdeeg van die Fariseers en Sadduseers" (Matt. 16:5-12).   

HULLE WAS AFGUNSTIG OP HOM EN HET OPSETLIK TEEN DIE WAARHEID IN OPSTAND GEKOM!  Hulle het duidelik aanstoot geneem aan Jesus, tipies hoe iemand wat jaloers is, optree - (kyk Matt. 15:12) - maar let ook op Jesus se woorde in die volgende twee verse:  (Mat 15:13)  "Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.(Mat 15:14)  Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val". Hulle ken nie regtig die Vader nie, alhoewel hulle voorgee dat hulle Hom ken. - IEMAND KAN SLEGS "VOORGEE" AS HY "WETEND" IS!;  hulle het bv. opsetlik voorgegee dat hulle vir Hom respek het (terwyl dit nie so was nie), en het Hom probeer versoek deur hulle "menslike wysheid" (Matt. 22:18)-in die gedeelte noem Jesus hulle "geveinsdes" - GAAN LEES GERUS DIE SKRIF IN KONTEKS (( kyk bv. veral Matt. 22:16,17 om te sien hoe skynheilig hulle was!) - "En hulle stuur hul dissipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie-  sê dan vir ons, wat dink U: Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie?"). VIR SO IEMAND IS "WERKE" BELANGRIKER AS "GEHOORSAAMHEID" (en mensgemaakte gebooie belangriker as die Here se opdragte); hy neem aanstoot aan iemand wat die waarheid verkondig, en is owerspelig teenoor die Here; hy vertrou nie regtig die Here nie en is "geestelik blind"; hy soek leerstellings wat hom in sy gehoor streel en verstaan nie die krag van God nie! (DIT IS NATUURLIK ANDERS AS "ONWETENDE" SONDE!).

(Hand. 28:27)  "Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie".
------------------

SO ONS MOET ONDERSKEI TUSSEN DIE WAT "WETEND" GELASTER HET, EN DIE WAT "ONWETEND" GELASTER HET  (PAULUS HET BV. ONWETEND GELASTER, MAAR DAAR WAS DIE WAT "WETEND" GELASTER HET EN OPSETLIK DIE WAARHEID VERDRAAI HET);
- 'n vb. van iemand wat "wetend" gelaster het, is die van Alexander (1 Tim. 1:19,20)(2 Tim. 4:14,15). 
Daar is min vb.e  in die Skrif van "lastering teen die Gees", maar dit is duidelik dat die vb. wat vir ons gegee word, 'n geval was van mense wat "wetend" gelaster het teen die Gees.

-  OOK MOET ONS ONDERSKEI TUSSEN "LASTER TEEN DIE HERE JESUS CHRISTUS", EN "LASTER TEEN DIE HEILIGE GEES".  Paulus het WEL GELASTER TEEN DIE HERE JESUS CHRISTUS, MAAR NIE TEEN DIE GEES NIE! (Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie, of die wat dit onwetend doen, en die wat dit opsetlik doen met die wete van wat die waarheid is.
-(Hand. 26:9)  Wat my betref, ek het gemeen dat ek baie vyandige dinge teen die Naam van Jesus die Nasaréner moes doen.(Hand. 26:10)  Dit het ek ook in Jerusalem gedoen; en ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het; en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee.(Hand. 26:11)  En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster; en ek het uitermate teen hulle gewoed en hulle vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.
-(Gal 1:13)  Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het; (Gal 1:14)  en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral ‘n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.
========================================================================

ANDER SKRIFTE OOR "LASTER" EN REDES WAAROM MENSE LASTER:
*  (2Sa 12:13)  En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
(2Sa 12:14)  Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.
VERGELYK DIT MET: (Rom 2:24)  Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.  -dit is wanneer gelowiges in opsetlike sondes stap, dat die Naam van God onder die heidene gelaster word - vb.e wat hier genoem word, is bv. dat die gelowiges ander leer om nie te sondig nie, maar hulle stap self in daardie sondes;  of dat hulle hul op die wet beroem, tog oortree hulle die wet! In bg. geval het God vir Dawid vergewe omdat hy berou gehad het, maar a.g.v. Dawid se sonde, was die Naam van die Here gelaster deur Dawid se vyande, en Dawid is steeds gestraf, maar het nie self onmiddellik gesterf nie...

*  (2Pe 2:2)  en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

*  (1Ti 6:1)  Almal wat diensknegte is onder ‘n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.

*  (Tit 2:5)  ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.

*  (Tit 3:2)  om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.

 *  (1Pe 3:16)  met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.
(1Pe 3:17)  Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.

*  (2Pe 2:10)  en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,
(2Pe 2:11)  terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
(2Pe 2:12)  Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan

*  (Jud 1:10)  Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.

*  (Openb. 16:9)  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
(Openb. 16:10)  En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;
(Openb. 16:11)  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.
......(Openb. 16:21)  en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.
- m.a.w. hulle ontken nie vir God nie, maar wil Hom ook nie dien nie, wil nie gehoorsaam wees aan Hom nie - daarom laster hulle Hom.  Om dieselfde rede het baie Skrifgeleerdes en Fariseers vir Jesus gelaster!

(Jak. 2:7)  Is dit nie hulle wat die edele Naam belaster wat oor julle aangeroep is nie?

-----------------------------------------------------------
NOG SKRIFTE OM DIE WOORD "LASTER" BETER TE VERSTAAN (en om veral te verstaan die verskil tussen "vloek" en "laster" - alhoewel die twee begrippe ook in betekenis oorvleuel):
-----------------------------------------------
(Lev. 24:16)  En wie die Naam van die HERE laster ("naw-kab" - "to puncture"; "appoint, blaspheme, bore, curse, express, with holes, name, pierce, strike through") , moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
-----------------------------------------------
(Lev 24:15)  En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek("kaw-lal" - "bring into contempt, curse, despise, (be more, make, re-) vile, whet"), sal hy sy sonde dra.
(Lev 24:16)  En wie die Naam van die HERE laster("naw-kab" - "to puncture"; "appoint, blaspheme, bore, curse, express, with holes, name, pierce, strike through") , moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
-----------------------------------------------
(Openb. 13:5)  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.
-----------------------------------------------
(Joh. 10:33)  Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ‘n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak.
-----------------------------------------------
(Lev. 24:11)  Toe het die seun van die Israelitiese vrou die NAAM gelaster ("naw-kab" - "to puncture"; "appoint, blaspheme, bore, curse, express, with holes, name, pierce, strike through") en gevloek ("kaw-lal" - "bring into contempt, curse, despise, (be more, make, re-) vile, whet"). Daarom het hulle hom na Moses gebring. En die naam van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
-----------------------------------------------
(Mat 26:64)  Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.
(Mat 26:65)  Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor! (in hierdie geval is dit duidelik dat hulle "lastering" verstaan het as iemand wat die waarheid verdraai om ander te verlei)
-----------------------------------------------
(Hand. 6:10)  Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.
(Hand. 6:11)  Toe het hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.
(Hand. 6:12)  En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring.
-----------------------------------------------
(Rom 2:24)  Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster.
-----------------------------------------------
(Openb. 16:10)  En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;
(Openb. 16:11)  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.
-----------------------------------------------
(Openb. 16:21)  en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

-----------------------------------------------
(Mat 12:31)  "Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering (Griekse woord "blas-fay-me-ah", wat beteken "blasphemy, evil speaking, railing" - "vilification") teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie".
----------------------------------------------
(Openb. 2:9)  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
----------------------------------------------
(Col 3:8)  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

========================================================================

OPSOMMING SKRIFGEDEELTES OOR LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES:

OM BETER TE VERSTAAN WAT JESUS BEDOEL HET IN MATT. 12:31 (en MARK. 3:22-29), SAL ONS DIE GEDEELTES IN KONTEKS MOET LEES:


 MARK. 3:22-29-
(Mar 3:22)  En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. (- LASTER)
(Mar 3:23)  En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?
(Mar 3:24)  En as ‘n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;
(Mar 3:25)  en as ‘n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;
(Mar 3:26)  en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot ‘n einde.
(Mar 3:27)  Niemand kan in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.
(Mar 3:28)  Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;
(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—
(Mar 3:30)  omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.
-------------------
MATT. 12:31-
(Mat 12:24)  Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie. (- LASTER)
(Mat 12:25)  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.
(Mat 12:26)  En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?
(Mat 12:27)  En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.
(Mat 12:28)  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
(Mat 12:29)  Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.
(Mat 12:30)  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
(Mat 12:31)  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
(Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
(Mat 12:33)  Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.
(Mat 12:34)  Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
(Mat 12:35)  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn.
(Mat 12:36)  Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
(Mat 12:37)  Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.

 KOM ONS KYK EERS SPES. NA DIE MATT. 12 SKRIFGEDEELTE:

(Mat 12:28)  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
(Mat 12:29)  Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.

Vir Jesus om Sy koninkryk op te rig, moet Hy eers die "sterk man" boei - die koninkryk van God verwys nie net na die aardse koninkryk (waarin die duiwel gebind sal wees vir 1000 jaar, dan rukkie losgelaat ...) wat Hy sal oprig op aarde (waarin Hy as koning sal regeer) nie, maar die koninkryk van God is ook deels geestelik van aard, en het alreeds gekom omdat die Heilige Gees uitgestort is.  Die wat die Heilige Gees van God het, hulle is "kinders van God" - is "gebore uit God" (die Heilige Gees in hulle het die sterk man geboei;  hulle dien ook nie meer die sonde nie, maar dien nou die Herehulle is deel van die koninkryk van God, en deur hulle is die koninkryk van God teenwoordig omdat hulle die Heilige Gees het. (1Jn 3:24 - "En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het").
---------------------------------------------------------------------------------------------

Die konteks van beide skrifgedeeltes,  gaan oor "woorde"! - m.a.w. lastering teen die Gees, WOORDE WAT TEEN DIE GEES GESPREEK WORD (en spes. deur mense wat "vals" was).  Hulle het opsetlik die waarheid teegestaan, en a.g.daarvan woorde uitgespreek teen die Heilige Gees - en l.w. Jesus se woorde in v. 36 en 37:  "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word". Hierdie is 'n baie ernstige saak!;  inteendeel so ernstig dat Jesus se:  "...maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie (Matt. 12:32); "maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel"(Mark. 3:29)! (Mat 12:36, 37 - "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word").  Daarom is lastering (woorde) teen die Heilige Gees 'n onvergeeflike sonde, want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word - hierdie is een van God se reels! (ons sal ook op woorde geoordeel word wat ons teen ander broeders gespreek het!). As jy egter uit jou woorde veroordeel word - soos in die geval van laster teen die Heilige Gees -, is dit sonde wat nie vergewe kan word nie! Ons sal vergewe word vir woorde wat ons teen broeders gespreek het, as ons dit bely en ons daarvan bekeer het, maar as iemand in die gewoonte verval van kwaadspreek, en hom nie bekeer daarvan nie, is dit "sonde tot die dood".  



Ons moet pasop vir die valse profete (in skaapsklere)(dit is hulle wat die waarheid verdraai!), en let wel die manier hoe ons hulle onderskei (het Jesus vir ons geleer), is "aan hulle vrug"! Ons word selfs beveel om nie om te gaan met 'n broeder "wat die sonde dien" nie! (1Kor. 5:11-13), maar ons moet versigtig wees om iets uit te spreek oor iemand wat die Here dien! Baie gelowiges verkondig egter valse leerstellings, tog is hulle kinders van die Here, en het die Heilige Gees van God in hulle.  GAAN NA HIERDIE BLOGPOST OM DIT BETER TE VERSTAAN: http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/as-iemand-se-werk-verbrand-word-sal-hy.html. -Vgl. hierdie ook met "onwetende sondes". Ons moet kan onderskei tussen die wat "wetend sondig" (nie die nodige vrug dra nie en opsetlik die waarheid verdraai), en die wat onwetend sondig.  
 Waar dit begin gaan oor "vir wie of wat" iemand glo, kom roem in die prentjie.  Wanneer gelowiges hulle hoop plaas in mense,dan sukkel hulle om te erken wanneer die Here deur iemand tot hulle praat, want dan is hulle net ontvanklik vir sekere mense (nie ontvanklik vir die Here, of die waarheid nie).  Ook om daardie rede het baie van die Skrifgeleerdes en Fariseers nie vir Jesus aanvaar nie - nie Sy wysheid aanvaar nie - nie Sy outoriteit aanvaar nie........omdat hulle hul hoop geplaas het in Moses en die wet van Moses - nie in die Here nie!  Sou hulle die Vader regtig ken, dan sou hulle geluister het na Jesus: 
(Joh 8:42)  En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.
(Joh 8:43)  Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.


(Joh 8:44)  Julle het die duiwel as vader...."
Dit moenie gaan oor "vir wie ek glo" nie, maar oor, "WAT IS DIE WAARHEID?"
Dit is dan ook juis waaroor Paulus gepraat het in die brief aan die gemeente van Korinte, waarin die tema van "werke verbrand" genoem word....

-Die persoon wat die onvergeeflike sonde pleeg, se hart is verkeerd!  Dit is iemand wat voorgee dat hy die Here ken, maar Hom nie regtig ken nie - hy verdraai die waarheid opsetlik en aanvaar nie die persoon wat deur die Here gestuur word nie, of wanneer die Heilige Gees deur iemand werk nie. Dit is gewoonlik iemand met hierdie gesindheid wat "laster teen die Heilige Gees". 

KYK ook VERAL NA DIE WOORDE: 
-(Mar 3:30)  omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.
en 
- (Mat 12:30)  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
So, die onvergeeflike sonde hier is dat hulle die Heilige Gees gelaster het, omrede hulle HARTE VERKEERD was! (Mat 12:34, 35 - "Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn").
JESUS HET GEWYS NA DIT WAT IN HULLE HARTE AANGAAN (na hoe vals hulle was!) -  Vgl. dit ook met die skrifgedeelte in Mark. 7:20-23 - "lastering" is een van die goed wat 'n mens onrein maak: 
(Mar 7:20)  En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.
(Mar 7:21)  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
(Mar 7:22)  diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering (Griekse woord "blas-fay-me-ah", wat beteken "blasphemy, evil speaking, railing"-"vilification, especially against God"), hoogmoed, dwaasheid.
(Mar 7:23)  Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
GAAN NA HIERDIE BLOGPOST OM DIT BETER TE VERSTAAN:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
As 'n broeder die Gees in 'n ander broeder laster, is hy besig om te "verstrooi", in plaas van om saam met hom "te versamel".
Geloof is 'n HARTSAAK - dit was juis die fout wat die Skrifgeleerdes en Fariseers gemaak het, dat dit vir hulle gegaan het oor letter en uiterlike gebaar - hierdie "mensgemaakte" geloof veroorsaak gewoonlik dat mense plek maak in hulle hart vir "menslike gebooie" - HULLE PLAAS HULLE VERTROUE IN HULLE EIE LERINGE EN VERDRAAI OPSETLIK DIE WAARHEID OM HULLE GEBOOIE TE REGVERDIG.
(Mat 15:8)  "Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
(Mat 15:9)  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is".
-(dit is ook gewoonlik die oorsaak van hoekom iemand nie die nodige "vrug dra nie").

-----------------------------------------------------------

OPSOMMING:
(1)  IEMAND WAT DIE SONDE VAN LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES PLEEG, IS IEMAND WIE SE HART NIE REG IS NIE - HY "GEE VOOR" DAT HY DIE WAARHEID LIEFHET, MAAR IS EINTLIK VALS EN STAAN DAAROM DIE WAARHEID TEE OM ANDER AFVALLIG TE MAAK VAN DIE WAARHEID (en so die aandag op homself te rig, asof hy die waarheid ken).  Hierdie persoon is baie gevaarlik in die kerk, en spreek graag uit teen die ware gelowiges, en kan maklik die onvergeeflike sonde pleeg, nl. om kwaad te spreek van die Gees wat in ander gelowiges is. Hulle wil ook nie graag he dat ander gelowiges deur die Here gebruik word nie, want dan is hulle nie in beheer nie. Aan hulle vrug sal hulle geken word. (Mat 12:33-37)  Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.....Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. So iemand se hart is verkeerd en hy is ongehoorsaam aan die Here. IN SO 'N GEVAL IS DIT MOONTLIK VIR IEMAND OM DIE HEILIGE GEES TE HE, MAAR NIE REGTIG DIE HERE KEN NIE (m.a.w. "om nie Sy wil te doen nie"). Om die Here te ken, beteken "OM SY WIL TE DOEN" (Matt. 7:21-23). Dit is selfs ook moontlik vir iemand om te profeteer uit hulle eie woorde:-(Jer 23:31)  "Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!" - in hierdie geval soek hulle eie eer en is ongehoorsaam aan die Here.  So iemand sal aan sy vrug geken word. Hierdie persone kan selfs duiwels uitdryf, maar persoonlik nie meer die Here as hulle eerste Liefde ken nie; of gee voor dat hulle Hom ken, maar ken Hom nie regtig nie.  Dit is die persoon wat weet wat die Here se wil is, en goed kan onderskei tussen wanneer iets van die Here is, en wanneer nie, maar hy soek sy eie eer en eie wil -(soos die skrifgeleerdes en Fariseers wat nie vir Jesus aanvaar het nie, alhoewel hulle goed geweet het wie Hy is, maar a.g.v. eie eer, het hulle in opstand gekom teen Hom en selfs die Gees gelaster met die doel om ander afvallig te maak van Hom).

(2)  Wanneer ons Matt. 12:31 en Mark. 3:28 in konteks gaan lees, sal ons sien dat "laster teen die Gees" gaan oor WOORDE WAT TEEN DIE GEES GESPREEK WORD (m.a.w. om iets oor die Gees te se wat nie waar is nie, terwyl die persoon goed weet wat die waarheid is!)(soos in die geval van waar Jesus die bose geeste uitgedryf het deur die Heilige Gees, maar die Fariseers en Skrifgeleerdes gese het dat Hy dit doen deur 'n bose gees - hulle het gese Hy het 'n onreine gees! - hulle het m.a.w. opsetlik gelieg en die waarheid verdraai om ander afvallig te maak van Hom). "Kwaadspreek teen die Heilige Gees", word spesifiek deur iemand gepleeg wat WETEND en OPSETLIK woorde uitspreek teen die Heilige Gees, met die doel om ander afvallig te maak van die Here/die waarheid. 

(3)  Alhoewel in betekenis baie dieselfde, moet daar onderskei word tussen die woorde, "vloek" en "laster".  Alhoewel "vloek" ook baie ernstig is, en te doen het met "veragting" en "waar 'n persoon iemand anders skerp aanspreek", het "om te laster" 'n sterker betekenis en moes iemand wat hierdie sonde gepleeg het in die O.T. gedood word. Dit het ook spesifiek gegaan oor "kwaadspreek teen die Here", en was 'n "onvergeeflike sonde" in die O.T. Laster gaan oor "KWAADSPREEK teen die Here MET DIE DOEL OM ANDER AFVALLIG TE MAAK (SOOS IN DIE GEVAL VAN 'N VALSE CHRISTUS WAT HOMSELF VOORDOEN AS GOD OM ANDER AFVALLIG TE MAAK VAN DIE WARE HERE);  
of (IN DIE GEVAL VAN DIE FARISEERS WAT TEEN DIE GEES GELASTER HET OM ANDER AFVALLIG TE MAAK VAN DIE HERE"). In hierdie geval is so iemand nie besig om te "versamel"nie, maar om te "verstrooi" - (Mat 12:30)  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Nie alle soorte "laster" is meer onvergeeflik nie (in die N.T.), maar slegs "lastering teen die Heilige Gees". Waar gelowiges veral gelaster word, is dit gewoonlik die op wie die Gees van God rus.  Deur die Gees te laster, laster hy eintlik vir God, want die Here is deur Sy Gees teenwoordig.  Dit is ook deur Sy Gees wat die kind van God verseel is... daarom is Heilige Gees van God binne die ware gelowige, 'n bedreiging vir die valse gelowige (die geveinsdes, die "wat voorgee"), want die Gees getuig van die waarheid! 

Die begrip "laster" gaan daaroor dat "iemand wat voorgee" die waarheid verdraai - hulle het bv. vir Jesus beskuldig daarvan dat Hy laster omdat Hy iets vir waarheid verkondig het wat hulle nie wou erken die waarheid is nie. 

(4) PAULUS WAS VERGEWE VIR VYANDIGE DINGE WAT HY TEEN DIE NAAM VAN JESUS UITGESPREEK HET  -  Nie alle soorte "laster" is onvergeeflik nie, maar slegs "lastering teen die Heilige Gees". (Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die verskil tussen "sonde tot die dood" en die "onvergeeflike sonde":


(1) In die geval van "sonde tot die dood", stap die GELOWIGE voort in sonde (dien hy weer die sonde!) sonder om hom te bekeer daarvan, bv.: GELOWIGES sal  geoordeel word op hulle woorde, in die sin van waar hulle "kwaadspreek van broeders" - hy dien m.a.w. weer die sonde, nie die Here nie!  DIT IS SONDE WAT WEL VERGEWE KAN WORD, as die persoon hom bekeer daarvan.  Soos wanneer iemand 'n gewoonte het om hom dronk te drink, maar hom nie bekeer daarvan nie;  dieselfde in die geval van hoereerders, of egbrekers, sodomiete, diewe, gierigaards... die wat hulle nie bekeer van hierdie sondes nie, dien m.a.w. daardie sondes.  Iemand wat hom net een keer dronk gedrink het, word nie 'n dronkaard genoem nie!  Nee, hierdie is persone, meer presies, "GELOWIGES" wat in aanhoudend opsetlike sonde stap sonder om hulle te bekeer daarvan: (1 Kor. 6:9,10 - "Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie")


- (2) In die geval van "laster teen die Gees"is dit sonde wat NIE VERGEWE KAN WORD NIE!(nie in hierdie eeu nie, en ook nie in die toekomende nie).

Geen opmerkings nie: