Woensdag 09 Julie 2014

Die Oordeel/Ewige Oordeel (1)

In hierdie blogpost gaan ons spes. kyk na die tema van "die oordeel" (en die "ewige oordeel") - (nou nie in die sin van waar "mense oordeel" nie - of nie mag oordeel nie, http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-6.html), maar:
"DIE HERE KOM OM TE OORDEEL".

(Openb. 6:12)  En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
(Openb. 6:13)  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
(Openb. 6:14)  en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
(Openb. 6:15)  en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
(Openb. 6:16)  en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
(Openb. 6:17)  want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?


(Openb. 11:18)  En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
========================================================================

Die onderwerp van "oordeel" was glad nie 'n onbekende term by die volk van God nie - hulle het verstaan dat wanneer die Here kom, Hy almal sal oordeel.  Selfs van die vroegste tye af het God hierdie feit deur Sy profete duidelik gemaak:    (Jud 1:14-15)  "En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, (1) om gerig te hou oor almal en (2) al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en (3) oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het".




So, ons sien reeds van die tyd van Genesis af dat hierdie "oordeel" nie 'n geheim was nie - Henog het hier geprofeteer van hoe die Here sal kom "OM GERIG TE HOU OOR ALMAL".

*  ANDER PROFETE HET OOK VAN HIERDIE OORDEEL GEPRAAT:
Dawid:  
(Psa 50:6)  En—die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
(Psa 96:10)  Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
Jesaja:
(Jes. 2:4)  En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
(Jes. 11:4)  maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.
Esegiel:
(Eseg. 18:30)  Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
(Eseg. 34:17)  En wat julle aangaan, my skape, so sê die Here HERE, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
(Eseg. 34:20)  Daarom, so sê die Here HERE vir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.


Dit is duidelik dat, ook volgens die Jud. 1:4,5 skrifgedeelte, dat "oordeel" ook gaan plaasvind met die Here se koms. Ons sien 3 dele van "oordeel" wat uitgelig word:
(1)  "gerig hou oor ALMAL"
(2)  "gerig hou oor al die goddelose mense onder hulle, om hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het"
(3)  "gerig hou oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het". 

(Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel").  Elke mens sal geoordeel word, of hy dit wil glo of nie!

(Openb. 19:11)  "Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid".
TOE JESUS DIE EERSTE KEER GEKOM HET, HET HY NIE GEKOM OM TE OORDEEL NIE, MAAR WANNEER HY TERUGKOM, SAL SY VERSKYNING MET OORDEEL GEPAARDGAAN.

ONS MOET EGTER ONDERSKEI TUSSEN: 
-hierdie OORDEEL WAT GEPAARDGAAN MET DIE HERE JESUS CHRISTUS SE WEDERKOMS;
- EN DIE OORDEEL WAT GAAN PLAASVIND NA JESUS SE 1000 JAAR KONINGSKAP (nl. die "wit troon oordeel"). 
In die oordeel met Jesus se wederkoms, sal baie weggestuur word in die ewige oordeel, maar dan is almal nog nie geoordeel nie.  Na die 1000 jaar gaan die ander dooies herlewe, en dan ook geoordeel word. 
========================================================================

*  In die skrif word daar na die dag van oordeel, ook verwys as "die dag van toorn"/toorn:

(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
(Rom 2:6)  wat elkeen sal vergeld na sy werke:
(Rom 2:7)  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
(Rom 2:8)  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;
(Rom 2:9)  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek;
(Rom 2:10)  maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek.

(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

(Mat 3:7)  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

(Mat 18:34)  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

(1Th 2:16)  deurdat hulle ons verhinder om tot die heidene te spreek dat hulle gered kan word, sodat hulle die maat van hulle sondes gedurig vol kan maak. Maar die toorn het oor hulle gekom tot die einde toe.

Let wel dat in sommige van hierdie skrifgedeeltes spes. gepraat word met gelowiges! - dit is nie net die ongelowiges wat geoordeel sal word nie, maar ook die gelowiges.  Die "toorn" egter verwys slegs op die ongehoorsames, en die wat aan die waarheid ongehoorsaam is, die eiesinniges...(Rom. 2:5-10), die wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk(Rom. 1:18), die wat nie die vrug dra wat by die bekering pas nie (Matt. 3:7)), die wat verhoed dat die waarheid verkondig word (1 Thess. 2:16), die wat nie barmhartig is nie/nie wil vryspreek nie/nie vergewe nie (Matt. 18:34). 
*  Die persoon wat geregverdig is in die bloed van Christus, word gered van hierdie toorn (wat aan kom is):

(Rom 5:9)  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.

(Ef. 2:1)  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes (Ef. 2:2)  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,(Ef. 2:3)  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

(1Th 1:10)  "en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.(1Th 5:9)  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus"  

-  Volgens 1 Thess. 5:9 is dit duidelik dat "toorn" te doen het met die wat "nie die saligheid verkry nie". 
- Die wie se "sondes vergewe is", sal nie onder toorn val nie, maar die Seun sal hulle verlos van die toekomstige toorn.  (Gelowiges wat egter weer die sonde begin dien, sal onder hierdie toorn val)(iemand het "vergifnis van sondes nodig, om nie onder toorn te val nie!)-vgl. dit met die oordele met Jesus se wederkoms: skeiding van die koring en kaf, koring en onkruid, en skape en bokke. 

==================================================
*  JESUS HET OOK VERSKEIE MALE VERWYS NA HIERDIE OORDEEL WAT VOORLE:

(Mat 23:14)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ‘n swaarder oordeel ontvang.
(Mat 23:33)  "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?" 

(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel

(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.

(Luk 19:22)  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.

DIT IS DUIDELIK DAT DIE MANIER HOE JESUS GEPRAAT HET VAN "OORDEEL", HY VERWYS HET NA  "wanneer mense op hulle werke geoordeel sal word").
========================================================================
*  Die eerste Christene het ook gepraat van hierdie oordeel, en l.w., nie net van hoe die goddelose geoordeel sal word nie, maar ook die gelowiges!

(Jak. 3:1)  Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.

(1Pe 4:17)  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
(1Pe 4:18)  En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?

(Heb 10:30)  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
(Heb 10:31)  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. (in konteks gaan dit hier oor gelowiges (Christene) wat opsetlik bly sondig - (Heb 10:26 - "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie") - en daar word klem gele op die feit dat die straf groter gaan wees vir die een wat opsetlik bly sondig nadat hulle tot die kennis van waarheid gekom, as wat dit is vir die was wat nie die wet van Moses nagekom het nie!(Heb 10:29 - "hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?")
 - vgl. dit met wat Jesus gese het terwyl Hy die evangelie van die koninkryk verkondig het:(Mat 5:20 - "Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie" - en dit het Hy gese in konteks met dat ons gehoorsaam moet wees aan die Here se gebooie).  

Ook tydens evangelie-prediking, is die mense gewaarsku teen die komende oordeel:
(Hand. 10:42)  "En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy (die Here Jesus Christus) is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode".

(Hand. 24:25)  Maar toe hy (Paulus) spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.
==================================================

*  INTEENDEEL, IN DIE EERSTE GEMEENTES WAS  leringe soos "bekering uit dooie werke" en "ewige oordeel",  DEEL VAN DIE FONDAMENT WAT GELE IS:  
(Heb 6:1)  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die 
bekering uit dooie werke en van die 
geloof in God,
(Heb 6:2)  van die leer van die 
doop en van die 
handoplegging en van die 
opstanding van die dode en van die 
ewige oordeel.


Menige Christene vandag glo dat gelowiges geensins geoordeel gaan word nie, maar dit is duidelik uit die Skrif dat dit nie die waarheid is nie!  Die oordeel begin by die huis van God - almal wie se sondes nie vergewe is nie, sal geoordeel word!  As gevolg van hierdie miskonsepsie (dat sommige gelowiges glo dat hulle nie geoordeel gaan word nie), het baie weggeval van die geloof en/of stap in opsetlike sonde sonder berou en sonder om hulle te bekeer daarvan, omdat hulle dink dat hulle hul nie hoef te bekeer van sonde nie...MAAR SONDER BEKERING, IS DAAR GEEN VERGIFNIS VAN SONDES NIE.(Rom 4:7- Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is).
  Christene moet ophou om mekaar te oordeel op hulle eie mensgemaakte reels, en soos die wereld oordeel, en eerder begin om mekaar te waarsku teen die komende oordeel, dat iemand nie afvallig raak van die geloof nie, of wegval in opsetlike sonde nie.  Die uiteinde vir die wat nie vashou in die geloof nie,  is dat hulle straf groter sal wees, as wat die straf was vir die wat die wet van Moses oortree het! (Jak. 5:19)  "Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer, laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek" LET WEL DAT HIERDIE GESKRYF WAS VAN GELOWIGES, NIE ONGELOWIGES NIE!  Daarom het Jesus die volgende vir ons geleer: (Mat 18:9 - "En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word") - en let wel dat Hy hier met mense gepraat het wat hulleself gesien het as "kinders van die koninkryk" - ja, dit is moontlik vir 'n "kind van die koninkryk" om in die helse vuur gewerp te word, as hy bv. die sonde weer begin dien! Hy sal onder die toorn val.

Sommige Christene dink net eenvoudig dat hulle kan wegkom daarmee - dat, omdat hulle eens "vergifnis van sondes ontvang het", hulle mag stap in sonde! Hulle het geen vrees vir die Here nie. (Rom 6:1-4 "Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel").

(Pred. 8:11)  "Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen".

HULLE GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, SAL BEWYS OF HULLE WERKLIK GLO,  -OF HULLE VASGEHOU HET AAN DIE GELOOF! (ongehoorsaamheid wys daarop dat iemand nie glo nie, soos iemand wat ongehoorsaam is aan 'n leier vir wie hy nie vertrou nie).  As iemand sy hoop plaas in die Here, Hom vertrou, sal hy gehoorsaam wees aan Hom, aan Sy leringe en Sy wil soek..
In die brief aan die gemeente van Sardis (wat Christene was), het Jesus die volgende stelling gemaak: (Openb. 3:5 - "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele" - sou iemand dus "nie oorwin nie", skep dit die moontlikheid dat sy naam uit die boek van die lewe uitgewis word.
=======================================================================-

Geen opmerkings nie: