Woensdag 09 Julie 2014

Die Oordeel/Ewige Oordeel (3)

Vir die eerste twee dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Heb 9:27)  "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel..."  - van watter oordeel word hier gepraat? 


Volgens die Skrif, bestaan die hel uit verskillende dele (kyk bv. die gelykenis van Lasarus en die ryk man - Luk. 16:20-31), en dit is duidelik dat die ryk man reeds in 'n "vlam" (nie "poel van vuur nie") was. Die poel van vuur is egter verwysend na die "tweede dood", en "ewige oordeel".  Ons kan seker dink aan die hel as 'n "tronk", waarin die sondaars gehuisves word tot die DAG VAN (ewige) OORDEEL.  Sommige geleerdes is van mening dat die poel van vuur 'n deel is van die hel (Matt. 23:33)(en die hel is 'n deel van die doderyk...).  DIT IS DUIDELIK DAT DIE SONDAARS/ONGELOWIGES IN DIE HEL (gevange) GEHOU WORD VIR DIE DAG VAN DIE (EWIGE) OORDEEL - ook die engele wat gesondig het, word daar in bewaring gehou tot daardie dag.  (2Pe 2:4)  "Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word. 

Die O.T. heiliges het ook na 'n plek in die doderyk gegaan, maar dit was nie dieselfde deel van die doderyk as waarnatoe die sondaars/ongelowiges gegaan het nie (nl. die hel)(Luk. 16:23,24). Dus, VOLGENS LUK. 16 WAS LASARUS EN DIE RYK MAN IN VERSKILLENDE DELE VAN DIE DODERYK (sommige praat van "HEL", maar die Afrikaanse Bybel gebruik eintlik die regte woord, nl. "doderyk")In hierdie sin word elke mens alreeds "geoordeel" die oomblik wanneer hy/sy doodgaan -(Heb 9:27 - "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel"), en die gelowiges en ongelowiges gaan na verskillende plekke.  In die ou bedeling was dit wel na verskillende plekke (in die doderyk), maar in die nuwe bedeling is baie van mening dat gelowiges "inwoon by die Here" -(2Kor. 5:8-10 - "Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees. Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad")

Dus, daar vind alreeds OORDEEL plaas wanneer iemand doodgaan, MAAR ons moet verstaan dat die ewige oordeel  op 'n ander tyd geskied - en hierdie oordeel verwys na die "tweede dood", wanneer die wie se name nie in die boek van die lewe, in die poel van vuur gegooi word. Met Jesus Christus se wederkoms, sal die oordeel begin by die huis van God.  Gelowiges sal dan ook geoordeel word op "vrug", "werke" en "woorde" (en sal ook verskillende belonings ontvang) - en l.w. dat sommige hier weggestuur gaan word  in die "ewige oordeel" - vgl. hierdie met die tema van (skape en bokke)(koring en onkruid)(skape en skape)(koring en kaf). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Aan die einde van die 1000 jaar Ryk, gaan die "wit troon oordeel" plaasvind - die wit troon oordeel verwys spesifiek na die "ewige oordeel" (soos bo genoem) - "die tweede dood" - "die poel van vuur", MAAR die woord "OORDEEL" verwys nie oral na "EWIGE OORDEEL NIE" (Jak. 3:1; 5:12...);  alhoewel die woorde "die oordeel" wel kan verwys na beide:
- (1)  die oordeel met Jesus se wederkoms (aan die einde van hierdie eeu), asook die 
- (2)  wit troon oordeel aan die einde vd volgende eeu (1000 jaar Ryk). (Openb. 20:13)  "En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke"   (- nog verse waarin die woord "doderyk" gebruik is - graf, of plek van dooies - Gen. 37:35; 42:38 ens.).

 In Mat 23:33 word "hel" gesien soos "die oordeel" -  "Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?" - m.a.w., die hel is ook die oordeel waarin iemand val.  SOMMIGE SKRIFTE VERWYS DUS NA DIE (EWIGE) OORDEEL AS "HEL", MAAR ONS MOET OOK VERSTAAN DAT DIE HEL 'n plek is wat UIT VERSKILLENDE DELE BESTAAN.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wanneer die Here Jesus Christus ons opwek tot lewe, dan het die dood geen oorwinning oor ons nie - die duiwel kan nie besluit hieroor nie, want hy het nie die mag nie.  Jesus Christus besluit hieroor, want deur Sy dood en opstanding het Hy die mag, en Hy sal besluit wie lewe en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie... Hy gee die ewige lewe aan wie Hy wil. Die wat nie in Hom glo en Hom nie dien nie, sal nie opgewek word tot lewe nie, maar deur Hom veroordeel word omdat hulle nie gesien word as kinders van die Here nie, maar "kinders van die duiwel" (1 Joh. 3:10; Joh. 8:44l Matt. 25:41).

==================================================
-  Die woorde "die oordeel" verwys somtyds in die skrif na die wat veroordeel word:  (Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.  

-  Die woorde "die oordeel" verwys somtyds in die skrif net na die tyd van oordeel (en dat almal geoordeel word):
(Mat 12:41)  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
(Mat 12:42)  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
(Luk 10:14)  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.
ens.
========================================================================
LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES, KAN NIE VERGEWE WORD NIE - SO IEMAND IS VERDOEM TOT "EWIGE OORDEEL":

(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—
(Mar 3:30)  omdat hulle gesê het: Hy het ‘n onreine gees.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 3:19)  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
(Joh 9:39)  En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
(Joh 12:31)  Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
========================================================================
DAAR SAL 'N DAG KOM WANNEER DIE HEMEL EN AARDE MET VUUR VERBRAND SAL WORD - DIE SKRIF VERKLAAR DAT DIT SAL GEBEUR OP "DIE DAG VAN DIE OORDEEL - DIT IS OOK WANNEER DIE GODDELOSE MENSE VERDERF SAL WORD.  

(2Pe 3:3)  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel
(2Pe 3:4)  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
(2Pe 3:5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
(2Pe 3:6)  waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
(2Pe 3:7)  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

---------------------------------------------------------------------------------
Wanneer sal die lewende en dode geoordeel word?

(1Pe 4:4)  Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster.
(1Pe 4:5)  Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.


(2Ti 4:1)  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
(2Ti 4:2)  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

(HIERDIE WAS GESKRYF AAN GELOWIGES  - IN KONTEKS KAN ONS SE DAT HIERDIE OORDEEL OP LEWENDE EN DODE BY SY VERSKYNING EN SY KONINKRYK, OP GELOWIGES SAL WEES.

(Joh 3:19)  "En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos".
JESUS HET VERDUIDELIK DAT DIE WAARHEID SOOS 'N SWAARD IS:  (Mat 10:34 - "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard").  Daarom bring die wat die waarheid wegwys, 'n oordeel oor hulleself.  


(Heb 10:26)  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
(Heb 10:28)  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
(Heb 10:29)  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?
(Heb 10:30)  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
========================================================================

(Heb 10:31)  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
-In Jud. 1:6 word die woorde "die oordeel van die groot dag" gebruik:  
(Jud 1:6)  En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar;

-In Hand. 24:25 word die woorde "toekomstige oordeel" gebruik:
(Hand. 24:25)  Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ‘n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

Geen opmerkings nie: