Woensdag 16 Julie 2014

Slang/e

Hierdie blogpost is deel van 'n reeks - om na die ander posts te gaan, gaan na:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA DIE BETEKENIS VAN SLANG/E IN DIE SKRIF.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Die tema van "slange" is alreeds aangeraak in die blogpost oor "drake", waar 'n spesifieke soort slang behandel is; asook beeldspraak  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/12/drake-slange-beeldspraakens.html)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SLANG/E:
(Gen 3:1)  Maar die slang (H5175 - "a snake, serpent") was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?  - verwys dus hier na die dier self, nie beeldspraak!
(Gen 3:2)  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
(Gen 3:3)  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
(Gen 3:4)  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;..........................................
(Gen 3:13)  Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang (H5175) het my bedrieg, en ek het geëet.
(Gen 3:14)  Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.

-  Dit is duidelik dat "slang" in hierdie skrifgedeelte verwys na die dier self - kyk ook na die dier se straf in v. 14 - "vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe".  Sommige geleerdes is van mening dat die slang vlerke gehad het, en hier sy vlerke verloor het, maar dit kan natuurlik net sowel verwys na iets anders, soos dat hy pote gehad het.  Ook in ag geneem dat dit lyk of daar in Ou Testamentiese tye wel 'n slang geleef het met vlerke!

-   Die ander vraag wat ons moet vra is of diere kan/kon praat?  Ons leer uit die Skrif dat God wel enige iets kan laat praat as Hy wil  -  kyk bv. die verhaal van die esel van Bileam, hoe die Here die bek v/d esel geopen het en hy gepraat het (Num. 22:28). Hy kan ook die klippe laat praat as Hy wil (Luk. 19:40)!  Dit beteken nie dat God self vir Eva versoek het nie, maar dat Hy die slang toegelaat het (God self versoek niemand nie, en niemand word versoek as God dit nie toelaat nie).  Dit was dus moontlik vir die slang (wat 'n fisiese dier was) om te praat  (dit beteken nie dat hulle eens gepraat het, maar nou nie meer nie!).  

-  Die slang word in Gen. 3:1 gekenmerk as 'n "listige" ("cunning, in a bad sense") dier - deur sy listigheid bedrieg hy ander (2 Kor. 11:3). Daarom dan die vgl. "met 'n slang", wanneer iemand so 'n geaardheid het:  kyk bv. Matt. 23:33 waar Jesus die Skrifgeleerdes en Fariseers noem "SLANGE" ("addergeslag")!  Ook die duiwel word "slang" genoem in Openb. 20:2 - kyk daar die woorde wat gebruik word:  "ou slang....wat die hele wereld verlei...".  Ons sien ook die gevolg van hierdie verleiding (versoeking) in 2 Kor. 11:3 = dat iemand "se sinne bedorwe raak" (iemand wat aan 'n versoeking toegee, begin in so 'n geval om verkeerd te dink, verkeerd te sien - nie opreg nie).  So het die skrifgeleerdes en Fariseers ander bedrieg deur hulle listigheid, "om verkeerd te dink" - hulle het mense se sinne bedorwe gemaak, hulle opgehits teen die Here Jesus Christus, en teen die waarheid - kyk wat het Jesus o.a. van hulle gese in Mat 23:28 - "So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid". Wanneer iemand dus vgl. word met 'n slang, beteken dit dat hy listig is soos die slang en dat sy bedoeling is om ander te bedrieg.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

*  (Openb. 16:13)  En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.  - hier word die woorde "draak" en "dier" soos beeldspraak gebruik, maar ons weet wie die "draak" is - dit is die duiwel (Openb. 12:9) - wat ook genoem word "die ou slang" (kyk skrifte onder)"duiwel" (G1228 - "false accuser, slanderer, devil" - vgl. met Matt. 13:39, 25:41; Joh. 6:70; 8:44; 13:2; Hand. 13:10; Ef. 4:27; 6:11; 1 Tim. 3:6; 2 Tim. 2:26; Hebr. 2:14; Jak. 4:7; 1 Pet. 5:8; 1 Joh. 3:8,10; Jud. 1:9; Openb. 2:10; 12:9; 12:12; 20:2) of "satan" (G4567 - "the accuser" - Matt. 12:26; 16:23; 4:15; Mark. 8:33; Luk. 4:8; Luk. 10:18; Luk. 13:16; 22:3,31; Joh. 13:27; Hand. 5:3; 26:18; Rom. 16:20; 1 Kor. 5:5; 7:5; 2 Kor. 2:11; 11:14; 12:7; 1 Thess. 2:18; 2 Thess. 2:9; 1 Tim. 1:20; 5:15; Openb. 2:9; 2:13; 2:24; 3:9; 20:2; 20:7)(VGL. met H7854 "opponent, adversary, withstand" - 1 Kron. 21:1, Job 1:6-12; 2:1-7; Sag. 3:1,2; Matt. 4:10).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Gen 49:17)  Laat Dan ‘n slang (H5175) wees op die weg, ‘n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroorval.
(Gen 49:18)  Op u verlossing wag ek, HERE!

Dan - een van Jakob se 12 seuns (een vd 12 stamme van Israel) - toe Jakob voor sy dood sy 12 seuns seen, was hierdie Dan se seen.  Hy word vgl. met " 'n slang op die weg.....wat die perd aan die hakskene byt" - en voorgestel soos iemand wat deur die Here gebruik gaan word om hulle "te verlos".  Baie geleerdes vgl. dit met die verhaal van "Simson" - op daardie stadium was die Filistyne in beheer, en Simson was gebore uit die stam van Dan:   (Rig. 13:5)  "Want kyk, jy sal swanger word en ‘n seun baar, en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot af ‘n nasireër van God wees, en hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne". Wanneer ons die verhaal van Simson gaan lees, is dit duidelik dat hy soos 'n slang was op die weg vd Filistyne, en hulle uiteindelik agteroor laat val het - God het hom gebruik om Israel te verlos.   Gaan lees gerus weer Rig. 14-16.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eks. 4:3)  En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het ‘n slang (H5175) geword; en Moses het daarvoor gevlug.

- dit het 'n regte slang geword (nie beeldspraak).

(Eks. 7:9)  As Farao met julle spreek en sê: Doen tog ‘n wonderteken vir julleself—dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou staf en gooi dit voor Farao neer; dan sal dit ‘n slang (H8577) word.
(Eks. 7:10)  Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het ‘n slang (H8577) geword................
(Eks. 7:15)  Gaan môre vroeg na Farao toe—kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die staf wat in ‘n slang (H5175) verander het, in jou hand,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 21:6)  Toe stuur die HERE giftige (H8314) slange (H5175) onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.
(Num 21:7)  En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
(Num 21:8)  Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ‘n giftige slang (H8314) en sit dit op ‘n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
(Num 21:9)  Toe het Moses ‘n koperslang gemaak en dit op ‘n paal gesit: en as ‘n slang (H5175) iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang (H5175)(H5178), het hy in die lewe gebly.

- dit lyk of  hierdie betrokke slange koperkleurig was - sommige geleerdes glo dat hierdie slange verwys na die "vlieende slang" wat "draak" genoem word - meer spes. "vlieende draak" (Jes. 30:6), en hulle vgl. dit met Openb. 12:3 met die vgl. wat daar gemaak word van die duiwel met 'n "vuurrooi" draak. 

-  dit is nie die koperslang wat die mense genees het nie, maar wel die Here wat hulle genees het - die wat na die koperslang gekyk het, het hulle vertroue geplaas in die Here, dat Hy hulle sal genees. Geleerdes maak graag die vgl. tussen hierdie insident waar iemand genees word wanneer hy die koperslang op die paal  aanskou het, en Jesus se woorde in (Joh 6:40) - "En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag".

- Koning Hiskia was koning van Juda vir 29 jaar en het in Jerusalem geregeer - hy was 'n regverdige man en 2 Kon. 18:4 verklaar dat hy, toe hy koning word,  "die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op dié dae daarvoor offerrook laat opgaan het".  Dit is duidelik dat die koperslang later soos 'n afgod hanteer is deur baie! (wat verkeerdelik afgodsaanbidding was!, en nie die oorspronklike bedoeling nie).  Hier het koning Hiskia gewys dat hulle nie veronderstel was om offerrook vir die koperslang te laat opgaan nie.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Job 20:16)  Die gif van adders (H6620 - "adder") suig hy in, die tong van ‘n slang (H660 - "viper") maak hom dood.

- hier kan ons sien dat verskillende soorte slange uitgelig word - net soos in die geval van Jes. 30:6 waar "adder" apart genoem word van "vlieende draak (vlieende slang)".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Job 26:13)  Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang (H5175) deurboor.

-  volgens hierdie skrifgedeelte is dit duidelik dat dit die Here is wat in beheer is!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Psa 58:3)  (58:4) Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af.
(Psa 58:4)  (58:5) Hulle het gif soos die gif van ‘n slang (H5175); soos ‘n dowe adder (H6620) wat sy oor toestop,

-  in hierdie gedeelte word die "goddelose mense" en "leuensprekers" vgl. met "hulle het gif soos die gif van 'n slang", en "soos 'n dowe adder wat sy oor toestop".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NOG ANDER SKRIFTE OOR SLANG/E:

(Psa 91:13)  Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang (H8577) vertrap.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Psa 140:3)  (140:4) Hulle maak hul tong skerp soos ‘n slang (H5175); gif (H2534 - "poison, wrath") van ‘n adder (H5919) is onder hulle lippe. Sela.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Spr. 23:32)  op die end byt dit soos ‘n slang (H5175) en spuug gif uit soos ‘n basilisk (H6848 - "adder, cockatrice").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Spr. 30:19)  die weg van die arend in die lug, die weg van ‘n slang (H5175) oor ‘n rots, die weg van ‘n skip in die hart van die see, en die weg van ‘n man by ‘n maagd.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Ecc 10:8)  Wie ‘n kuil grawe, kan daarin val; en een wat ‘n muur afbreek, ‘n slang (H5175) kan hom byt.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jes. 14:29)  Wees nie bly, o ganse land van die Filistyne, dat die roede verbreek is wat jou geslaan het nie; want uit die wortel van die slang (H5175) sal ‘n basilisk voortkom, en sy vrug sal ‘n vlieënde draak wees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jes. 27:1)  In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang (H5175); en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jes. 65:25)  Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang (H5175) wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 46:22)  Haar geluid is soos van ‘n slang (H5175) wat wegseil; want met ‘n leërmag trek hulle en kom na haar met byle soos houtkappers.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Amo 5:19)  Soos wanneer iemand vlug vir ‘n leeu, maar ‘n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ‘n slang (H5175) byt hom!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Amo 9:3)  En al steek hulle hul weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en weghaal; en al verberg hulle hul voor my oë op die bodem van die see, Ek sal van daar die slang (H5175) ontbied om hulle te byt.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mig. 7:17)  Hulle sal stof lek soos die slang (H5175), hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die HERE onse God, en hulle sal vir U vrees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Matt. 7:10)  en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang (G3789- "snake, serpent") sal gee?   (vgl. met Openb. 12:9?)
(Luk 11:11)  En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang (G3789) gee;
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 3:14)  En soos Moses die slang (G3789) in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,    (vgl. met Num. 21:8?)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2 Kor. 11:3)  Maar ek vrees dat, net soos die slang (G3789) Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.    (vgl. met Gen. 3:1? en Luk. 11:11?)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 12:9)  En die groot draak is neergewerp, die ou slang (G3789) wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp...............
(Openb. 12:14)  maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang (G3789) onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.
(Openb. 12:15)  En die slang (G3789) het uit sy bek water soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 20:2)  En hy het die draak gegryp die ou slang (G3789) wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 23:33)  Slange (G3789), addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 16:18)  slange (3789) sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 10:19)  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange (G3789) en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 10:9)  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange (G3789) omgekom.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rev 9:19)  want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange (G3789) en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.

========================================================================

Geen opmerkings nie: