Saterdag 12 Julie 2014

...soos ons ook ander vergewe (1)

In hierdie blogpost gaan ons kyk na die onderwerp van 
"VERGIFNIS" (in die geval van "om mekaar te vergewe").
==================================================
"...vergeef ons SOOS ONS OOK ONS SKULDENAARS VERGEWE..."

Die manier hoe ons gewoonlik vergifnis verstaan, in die sin van "waar ons mekaar moet vergewe", is dat ons onvoorwaardelik almal moet vergewe, en dat dit selfs van ons verwag word, al word die persoon nie deur die Here vergewe nie!  Maar wat leer die Skrif vir ons regtig hieroor? En wat verwag die Here regtig van ons wanneer dit kom by vergifnis?  
---------------------------------------------------------------------------------------------

(1)  SOOS ANDER ONDERWERPE IN DIE SKRIF, IS HIERDIE OOK 'N ONDERWERP WAT IN KONTEKS  BEHANDEL MOET WORD:
*  Wanneer ons bv. kyk na 'n onderwerp soos "geloof en gebed", het Jesus die volgende gese: "Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry" (Mark. 11:24) - in hierdie skrif lyk dit of daar geen voorwaardes gestel word nie;  tog, op 'n ander plek stel Hy 'n voorwaarde: (Joh 15:7)  "As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry"! Om dus die onderwerp van "geloof en gebed" ten volle te verstaan, sal ons moet gaan kyk na alles wat die Here vir ons daaroor geleer het, nie net 'n afleiding maak uit een skrif nie...
*  Of kyk ook na die onderwerp van "oordeel": - op een plek se Hy, "moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie" (Matt. 7:1) - (hier word ons nie toegelaat om te oordeel nie);  tog op 'n ander plek se Hy die volgende: (Joh 7:24)  "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel"! (asof hier, dit nie verkeerd is om te oordeel nie, solank dit regverdig is)...

* NET SOOS ELK VAN HIERDIE bg. ONDERWERPE IN KONTEKS MET DIE HELE SKRIF VERSTAAN MOET WORD, MOET OOK DIE ONDERWERP VAN VERGIFNIS IN KONTEKS MET DIE HELE SKRIF VERSTAAN WORD.  Jesus het bv. vir ons geleer dat ons mekaar tot 70 x 7 keer moet vergewe!;  tog, in dieselfde hoofstuk verduidelik Hy hoe jy jou broeder moet bestraf wat teen jou gesondig het.....(en Hy gee nog verdere instruksies)(sodat die persoon moet erken dat hy verkeerd gedoen het), ...en as hy nie na jou/julle wil luister nie, hy vir jou moet wees soos die heiden en die tollenaar!????? (Matt. 18)(so, in hierdie sin, "as hy nie berou het nie", moet hy nie vergewe word nie!?).  Dit word dus hier van die broeder wat teen jou gesondig het, verwag om eers berou te he, voor jy hom vergewe! 
Vgl. dit met Luk 17:3,4: "Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.  En as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou terugkom en sê: Ek het beroumoet jy hom vergewe".
-----------------------------------------------------------

DIE MANIER HOE ONS "VERGIFNIS" VANDAG VERSTAAN,  IS DAT DIT ALTYD VAN 'N BROEDER VERWAG WORD OM TE VERGEWE SONDER VOORWAARDES!, maar dit is nie heeltemal skriftuurlik nie.  Ons kan nie 'n afleiding van een vers maak, en dink dat ons die onderwerp ten volle verstaan nie - wat egter belangrik is, is dat die bedoeling van "om mekaar te vergewe", spes. gaan oor barmhartigheid.
Hierdie onderwerp kan daarom gerus saam met die onderwerp van "barmhartigheid" behandel word:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html
IN DIE GEVAL VAN WETENDE SONDE, HOEF ONS NIE TE VERGEWE ALVORENS DIE PERSOON BEROU (en dit bely) HET NIE, MAAR AL KOM HY 70 X 7 KEER OM JAMMER TE SE, DAN WORD DAARDIE BARMHARTIGHEID VAN MY VERWAG OM HOM ELKE KEER TE VERGEWE!
IN DIE GEVAL VAN ONWETENDE SONDE, KAN EK NIE IEMAND KWALIK NEEM VIR IETS WAT HY NIE EENS BESEF HY TEEN MY VERKEERD DOEN NIE, -  HY MOET EERS TOT INSIG GEBRING WORD - MAAR SOU HY TOT KENNIS KOM DAARVAN, WORD DAAR VAN HOM VERWAG OM DIE SONDE AF TE LE! DAAR WORD DUS MEER BARMHARTIGHEID BEWYS IN DIE GEVAL VAN ONWETENDE SONDE , OMDAT DIE PERSOON EERS TOT INSIG MOET KOM (alhoewel hy hom steeds moet bekeer daarvan sou hy tot kennis kom!, maar die "berou-kry" proses gaan nie geld nie, omdat hy nie eens besef dat hy teen my sondig nie).  Ek moet ook versigtig wees om iemand kwalik te neem vir iets wat hy nie onmiddellik besef hy verkeerd doen teen my nie - baie gelowiges trap in hierdie strik waar hulle die persoon aankla by ander mense en eintlik kwaadpraat van hom, in plaas van om met die persoon self daaroor te gaan praat.  Vgl. dit met 'n geval waar 'n klein kindjie alles van die tafel afgooi - hy weet nie dat hy jou eintlik te na kom nie en besef nie dat hy vir jou ekstra werk maak en die goed kan breek nie - hy moet eers vertel word dat ons nie goed van tafels afgooi nie (hy moet eers tot insig kom) - ek gaan dus nie met hom raas wanneer hy dit die eerste keer doen nie, maar hom vertel dat dit nie so werk nie (en ek gaan dit ook nie teen hom hou nie!, maar hom vertel dat dit nie so werk nie).  Maar wanneer hy nou geleer het dat ons dit nie so doen nie, maar ongehoorsaam is, dan gaan hy nie so maklik oorgesien word nie, en moet eers wys dat hy jammer voel oor wat hy gedoen het voor hy oorgesien word.  As hy egter nie jammer voel nie, en my in die oe kyk en dit weer doen, met opset, dan moet hy gestraf word! Op dieselfde manier beoordeel ons wanneer iemand onwetend teen ons sondig en eers tot insig moet kom.  So iemand gaan nie vermaan word nie, maar moet die waarheid geleer word.  Maar waar iemand wetend teen my sondig, verwag ek dat hy jammer voel voor ek hom vergewe.  As hy nie jammer voel nie, dan kan ek nie onmiddellik vergewe nie - hy moet eers tot berou kom en dit bely. Sou hy nooit tot berou kom nie, dan sal hy eendag voor die Here verantwoording moet doen daarvoor! 

Geen opmerkings nie: