Dinsdag 12 Augustus 2014

Wat is die Waarheid? (3)

VIR DIE EERSTE TWEE GEDEELTES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
========================================================================
VERDEELDHEID IN DIE KERK:

Toe Paulus die gemeente van Korinte aangepraat het oor die verdeeldheid onder hulle, het hy nie bedoel dat hulle eensgesind moet wees ten spyte van verskillende leerstellings nie, MAAR HULLE AANGESPOOR OM ALMAL DIE WAARHEID TE SOEK, SODAT HULLE EENGESIND KAN WEES.  Die rede hoekom hulle verdeeld was, was nie omdat hulle nie in vrede met mekaar wou lewe nie, MAAR OMDAT HULLE NIE ALMAL DIE WAARHEID GESOEK HET NIE.  Die oplossing vir EENHEID is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek!  Die Here verwag nie van ons om die waarheid op te gee ter wille van eenheid nie! 

Daarom is daar vandag baie verskillende Christelike kerke, en so verdeeldheid tussen gelowiges - die antwoord vir eenheid is nie om die waarheid op te gee nie, maar om die waarheid te soek! Waar iemand die waarheid verdraai om selfsugtige redes, bv. om dit nie te verkondig nie omdat dit gaan wys dat hy self skuldig is, is hy nie besig om die waarheid te soek nie, maar besig om in die pad te staan van die waarheid.  So iemand moet nie dink dat hy gaan vrug (tot heiligmaking) dra as hy nie die waarheid verkondig nie, en hy kan selfs sy vrug verloor, sou hy nie ag gee op die waarheid nie!  Die ware Christen (wat self ook foute maak), gee ag op die pad van godsaligheid, en maak reg wat verkeerd is in sy lewe en verkondig die waarheid (hy bly nie stil oor die waarheid omdat hy hardkoppig is en weier om reg te maak waar hy verkeerd gaan/is nie!).  Die ware Christen gee ag op die Here se woorde en wil:  -(Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder").  Baie "kinders van die koninkryk" (broers en susters) gaan nie ingaan in die koninkryk nie!  Toe Jesus die dissipels uitgestuur het om die waarheid te verkondig, moes hulle, in geval waar iemand die waarheid wegwys, so iemand verlaat en "die stof van hulle voete afstof".  Dit wys daarop dat hulle sonder vrede weggegaan het van daardie persone!  (Luk 10:6 - "En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer").  Hierdie mense was "kinders van die koninkryk", het wetend geraak van die waarheid, maar het dit weggewys. Waar 'n kerk wetend is, of wetend raak van die waarheid, maar steeds nie ag gee daarop nie, kan daardie kerk nie vrede maak met ander wat wel die waarheid verkondig nie. Jy kan 'n man van vrede wees, maar is die ander persoon 'n man van vrede?  Soek hy die waarheid?  Is hy gehoorsaam aan die Here se leringe?  Jesus se leringe het baie verdeeldheid gebring onder die skare (Joh. 9:16, 30-33; 15:24). Sommige mense ontvang die waarheid, ander nie.  Jesus het nie vrede probeer behou met hierdie mense ter wille van eenheid nie!  Nee, Hy het des te meer die waarheid gebring, want dit is die waarheid wat iemand vrymaak.  Ons moenie dink dat die Here tevrede gaan wees dat ons Hom verloen ter wille van sogenaamde vrede en eenheid nie!
=================================================

(Mat 10:34)  "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard".  
========================================================================
VREDE MET ALLE MENSE?

Wat is die konteks van Matt. 10:34? :
(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  
IN HIERDIE GEDEELTE HET JESUS GEPRAAT MET SY DISSIPELS, OOR HOE HULLE VERVOLGING SAL LEI TER WILLE VAN HULLE GELOOF EN DIE WOORD (DIE WAARHEID)-(Mat 10:14) " En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af".  HY MAAK OOK DIE VOLGENDE OPMERKING:
(Mat 10:16)  "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe".

Daar is 'n miskonsepsie onder baie gelowiges dat die waarheid en die evangelie, veronderstel is om vrede te bring tussen alle mense, maar alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem, vrede tussen hom en sy Skepper,  is dit soos 'n swaard in die geval waar iemand dit nie aanneem nie! Die Christen word wel beveel om, waar moontlik,  in vrede te leef met alle mense:  (Rom 12:18)  "as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense";  tog weet ons dat dit nie altyd moontlik is nie!  Ook die dissipels van Jesus het nie in vrede kon leef met alle mense nie;  ook Jesus self kon nie "in vrede leef" met alle mense nie - as dit wel die geval was, sou hulle Hom nie doodgemaak het nie! Dit beteken nie dat die Here nie wil he dat daar vrede is tussen mense nie, maar dat vrede slegs kan kom deurdat mense die waarheid ontvang!  Inteendeel, Hy gee die weg om vrede te kry, maar die wat die waarheid wegwys, wys vrede weg. 
Kyk maar die geval van sommige skrifgeleerdes, Fariseers en Sadduseers - DIE WAT NIE DIE WAARHEID WOU AANNEEM NIE - Jesus het hulle nie gepaai en in liefde liewer stilgebly oor die waarheid nie, nee Hy het des te meer die waarheid gebring!  Hy het hulle tereg gewys op verskillende geleenthede, selfs sommige van hulle "akteurs" (geveinsdes) genoem, en Sy dissipels gewaarsku teen hierdie mense.  Ook Sy dissipels was nie afgeskrik deur mense wat die waarheid weggewys het nie, en het hulle tereg gewys en ook die ander gelowiges gewaarsku teen diesulkes. (En l.w. dat al hierdie gevalle spes. was waar mense goed geweet het wat die waarheid is, maar dit nie wou aanneem nie, omrede selfsugtige redes - hulle het dus voorgegee dat hulle die Here in waarheid dien, maar het nie regtig die waarheid liefgehad nie - (dit is anders as iemand wat onwetend is)).   Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie!, maar word eerder bewys deur die waarheid. Deesdae dink baie gelowiges dat liefde beteken dat ons stilbly oor die waarheid en sodoende vrede behou.  Dit is duidelik dat ons nie altyd verstaan wat liefde regtig beteken nie! Niemand kan vrug tot heiligmaking dra as hulle nie eers die waarheid aanneem nie - en om aan iemand die waarheid te bring, is liefde.  Die Christen moet goed doen aan ander, selfs vir hulle vyande liefhe, ja, maar nooit beteken dit dat jy die waarheid in die proses opgee nie!  Jesus en Sy dissipels het vir ons hierdie vb. gestel waar hulle goed was vir ander mense, ook hulle vyande liefgehad het, maar nooit "die waarheid" in die proses opgegee nie.  IN DAARDIE SIN HET JESUS NIE GEKOM OM VREDE OP DIE AARDE TE BRING NIE, WANT DIE WAARHEID IS SOOS 'N SWAARD.

 (2Ti 2:15)  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
(2Ti 2:16)  Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
(2Ti 2:17)  en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
(2Ti 2:18)  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WANNEER 'N GELOWIGE DIE WAARHEID VERLOEN TER WILLE VAN SG. "LIEFDE", DAN WYS DIT EINTLIK DAAROP DAT HY EERDER DIE AANNEMING VAN MENSE SOEK AS DIE AANNEMING VAN GOD.  IN SO 'N GEVAL IS HY SKAAM VIR DIE HERE (EN VIR DIE WAARHEID:

(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  

(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!
(Gal 1:10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
(Gal 1:11)  Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
========================================================================
=

Geen opmerkings nie: