Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (3)

========================================================================
(2)  "SKEI":
(ROL AF VIR SKRIFTE, ONDER)

(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.
(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou..........
_________________________________________________________________________________
- (1)  Die woord SKEI (in geval van waar 'n skeibrief gegee word) beteken slegs dat 'n man en vrou wat getroud is, hulle heeltemal van mekaar onttrek (dit beteken NIE dat die verbond tussen hulle verbreek is, of dat hulle weer mag trou nie - die verbond is slegs verbreek wanneer een van hulle sterwe...).


(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.        -Egbreuk kan slegs gebeur waar daar nog 'n "eg" is! As die persoon wat dan nou die geskeide trou, egbreuk pleeg, dan beteken dit dat die geskeide eintlik nog "in eg" is.   Dit is duidelik dat die skeibrief nie die eg verbreek nie, want wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie  (Matt. 19:4-6) . 
Die Here neem ede ernstig op.  Vir 'n paartjie om te besluit dat hulle nie meer hulle lewens met mekaar wil deel nie, is verkeerd, maar in sekere gevalle word dit toegelaat. In so 'n geval, waar iemand toegelaat word om te skei, word daar nie van daardie persoon verwag om met sy/haar maat te verenig nie (maar dit beteken nie dat hulle weer mag trou met iemand anders nie, want die huweliksverbond is eers verbreek met een van hulle se afsterwe).  
 In ander gevalle, waar die persoon nie toegelaat was om te skei nie, en hy besef dat hy 'n fout gemaak het en vergifnis vra (en ja, dan vergewe word), word daar natuurlik van daardie persoon verwag om weer met sy maat te verenig;   - omdat hy vergewe is, beteken steeds nie dat die verbond tussen hulle verbreek is nie.  Baie Christene dink dat omdat hulle vergewe is, hulle nou kan doen wat hulle wil, en gaan dan verder en sondig nog verder deur met iemand anders te trou of weier om hulle te verenig met hulle maats.  As jy jouself dan nou onderwerp het aan die Here, en vergifnis ontvang het, dan moet jy tog nou verder gehoorsaam wees aan Hom.  Kyk die vb. van die vrou wat op 'n daad van egbreuk betrap is - die Here Jesus het haar vergewe, maar gee haar dan uitdruklik opdrag om te gaan en NIE MEER TE SONDIG NIE  (Joh 8:10,11).  Waar iemand egter nie meer met sy/haar maat kan verenig nie, moet hy/sy alleen bly (mag nie met iemand anders trou nie, tensy die ander een afsterwe).  
_________________________________________________________________________________
- (2)  Dit is nie geoorloof vir 'n paartjie om lang tye van mekaar af weg te wees nie (behalwe nou natuurlik om spes. redes, soos om tyd af te staan vir gebed en vas)(1 Kor. 7:3-5).  Die rede hiervoor is sodat hulle nie versoek word nie.  As 'n paartjie dan besluit om so uitmekaar te wees vir 'n tyd lank watookal goeie rede, moet hulle altwee seker maak dat hulle hul gedagtes beheer en nie val vir versoeking nie.  In die geval van 'n skeibrief, gaan dit egter verder en hulle besluit dat hulle nie meer hulle lewens met mekaar wil deel nie - daarom is dit verkeer om te "skei".
_________________________________________________________________________________
- (3)  DIE KERK HET DIE MAG OM TE OORDEEL WANNEER DIT IEMAND GEOORLOOF IS OM "TE SKEI", MAAR NOOIT MAG DIT IN STRYD WEES MET DIE HERE SE OPDRAGTE NIE.  Getroudes kan nie net eevoudig besluit dat hulle nie meer aan mekaar wil behoort nie... dit werk nie so nie. Die Here neem ede baie ernstig op. Die kerk het wel die mag om te oordeel in spes. situasies, en het mag verkry om te oordeel wanneer dit vir 2 gelowiges geoorloof is om te skei, soos in gevalle waar die Here nie 'n opdrag daaroor gegee het nie -   net  soos Moses 'n skeibrief toegelaat het weens die verhardheid van hulle harte (Matt. 19:8);  Paulus het bv. toegelaat dat die ongelowige van die gelowige mag skei...in so 'n geval moet die gelowige die ongelowige toelaat om te gaan. Jesus het ook vir Sy kerk hierdie mag gegee om te kan bind en ontbind, en vergewe of nie vergewe, maar nooit mag dit in stryd wees met Sy opdragte nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html). Die kerk kan bv. 'n paartjie toelaat om te skei a.g.v. familie geweld, of waar kinders gemolesteer word ens., maar bv. nie vir iemand toelaat om te trou met 'n geskeide nie, want dit is dan in stryd met Jesus se opdrag.  Die enigste geval wat Jesus self genoem het waarom 'n man en vrou mag skei, is a.g.v. "hoerery".  (DIT BETEKEN EGTER NIE DAT GOD GESKEI HET WAT HY SAAMGEVOEG HET NIE, MAAR SLEGS DAT HY IN SO 'N GEVAL HULLE TOELAAT OM NIE MEER BYMEKAAR TE BLY NIE - vir die doel van naasteliefde).

Hoekom iemand somtyds toegelaat word om te skei, gaan oor "barmhartigheid" - Hos 6:6 - "Want Ek het ‘n behae in liefde (barmhartigheid) en nie in offerande nieen in kennis van God meer as in brandoffershttp://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html.  Die persoon wat toegelaat word om te skei, is in ondraaglike omstandighede, en in so 'n geval het die Here meer behae in die liefde (barmhartigheid) as in die offerande - (Mat 9:13 - "Maar gaan leer wat dit betekenEk wil barmhartigheid hê en nie offerande nie....."). IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF, NIE BELANGRIKER AS BARMHARTIGHEID NIE!  - inteendeel, barmhartigheid vervul daardie wet!

Die "oordeel" wat die kerk hier kry, mag egter nie in stryd wees met die Here se reels nie.  Sommige kerke gee uitsonderings in gevalle waar iemand skei, bv. a.g.v. hoerery, dat die persoon weer mag trou, maar alhoewel die persoon toegelaat word om te skei, word huweliksmaats (wat geskei het), in ander skrifte uitdruklik beveel om nie weer te trou nie (Luk. 16:18)(1 Kor. 7:10,11).  Die skrif in Matt. 19:9, waarvandaan sekere kerke hierdie afleiding maak, moet ook vgl. word met Matt. 5:32 e.a.;  die deel in die skrif wat se "behalwe oor hoerery" word gebruik in konteks met "skei", net met "weer trou" nie!).  vgl. dit ook met Luk. 16:17 en 18.   GEEN SKEIBRIEF KAN DIE "EED", DIE HUWELIKSVERBOND, VERBREEK NIE (so, alhoewel die Here in daardie geval die sonde van om te skei a.g.v. hoerery  vergewe, beteken dit nie dat die verbond tussen hulle verbreek is nie - hulle behoort steeds aan mekaar so lank as wat hulle lewe, tensy die een sterf).  In so 'n geval is die skeibrief slegs 'n toestemming vir sommige paartjies om nie meer bymekaar te bly nie -a.g.v. hardheid van die harte, of hoerery ens.-, maar in die Here se oe is hulle eintlik nog verbind aan mekaar, want wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
(Mark. 10:4-12)
Vir hierdie sake is wysheid van bo nodig.  Die Christelike kerk moet onderdanig wees aan die Here, en kan nie besluit dat hulle Sy opdragte net eevoudig ignoreer in die proses nie.  Enige besluit wat Christene neem, moet gaan oor die Here se wil, nie wat ons wil nie.  Sommige kerke maak hulle eie reels, ten spyte van wat die Here se reels is - ons mag dit nie doen nie. 

Dit was ook verkeerd van Herodes om met sy broer se vrou getroud te wees (al was sy geskei van haar man - want eintlik was sy dan nog verbind aan haar eerste man). Vgl. dit ook met Deut. 24:1-5 - as 'n man van sy vrou skei, en sy weer trou, maak dit haar onrein - hoekom?, want 'n Skeibrief verbreek nie die huweliksband tussen 'n man en vrou nie - want, "wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" -Mark. 10:9. Daarom mag iemand ook nie 'n geskeide man of vrou trou nie -Matt. 9:9; 5:32.  Hoekom nie?  Want die persoon wat 'n geskeide trou, PLEEG EGBREUK - hy kan slegs egbreuk pleeg as die persoon nog in eg is!  So dit is duidelik dat die skeibrief nie die verbond tot niet maak nie.  Kyk ook na die vb. in 1 Kor. 5:  (1 Kor. 5:1,2 - "‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit")....

_________________________________________________________________________________
(Heb 13:4)  Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel - LET WEL DAT HIERDIE GESKRYF WAS AAN CHRISTENE... - ja, Christene wat hoereer en egbreuk pleeg sal geoordeel word! (tensy hulle die sonde bely en vergifnis kry, maar let op die woorde - "gaan en sondig nie meer nie").

Die temas van "hoereer" en "egbreuk" kom veral ter sprake wanneer ons oor bg. onderwerpe praat. Die skrif maak dit duidelik dat "GEEN HOEREERDER, EN GEEN EGBREKER" SAL INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD NIE. Die probleeem is dat baie wat egbrekers is, hulleself nie sien as egbrekers nie - die rede hiervoor is dat die waarheid oor hoerery en egbreuk al baie probeer verander is.  Net so is vele Christen jongmense vandag besig om te hoereer sonder om hulle te steur daaraan dat dit nie die wil van die Here is nie.  Hierdie tipe van sondes was ernstig in die O.T., en het bloedskuld veroorsaak (en l.w. dat bloedskuld ook die "verbreking" van die land veroorsaak). Ons moenie dit ligtelik opneem nie, en moet vir geen oomblik dink dat daar vergifnis sal wees vir die wat in hierdie sondes stap en daarin sterf nie.  Die soort sondes het te doen met sonde teen die eie liggaam, asook sonde teen naaste.  Gelowiges wat hulleself besig hou met "sonde tot die dood", het nie 'n hoop op die opstanding tot lewe nie (TENSY HULLE HUL BEKEER DAARVAN!).   http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html 
-  "om te hoereer" is sonde;
-  "om egbreuk te pleeg", is sonde.

Natuurlik is daar vergifnis vir die wat hulle sonde bely!
In Joh 8:3-11  En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom gebring:
(Joh 8:4)  En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ‘n daad van egbreuk betrap;
(Joh 8:5)  en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?
(Joh 8:6)  En dit het hulle gesê om Hom te versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe.
(Joh 8:7)  Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar gooi.
(Joh 8:8)  En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.
(Joh 8:9)  En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.
(Joh 8:10)  En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?
(Joh 8:11)  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

IN GEVAL WAAR SO IEMAND SE SONDE VERGEWE IS (NADAT HY HOM BEKEER HET VAN DAARDIE SONDE) EN HY die SONDE afle, KAN HY NATUURLIK NIE AS 'N HOEREERDER OF EGBREKER BEKENDSTAAN NIE -  DIE WOORDE "HOEREERDER" EN "EGBREKER", VERWYS NA IEMAND WAT "DAARIN STAP" (en DIE WAT HULLE NIE BEKEER DAARVAN NIE).  Sommige bekeer hulle wel daarvan, maar val weer terug in die sonde - in so 'n geval het die persoon weer die sonde begin dien, en moet hom bekeer daarvan. (1 Kor. 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. (1 Kor. 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. Ons is afgewas, en geheilig, en geregverdig, maar iemand kan nou nie nadat hy afgewas is, en geheilig en geregverdig is, weer voortstap in daardie sonde nie - maar as hy sondig, dan het hy 'n Voorspraak - dit vereis bekering van daardie sonde (berou en belydenis) -WANT geloof sonder werke is dood. As iemand wat reeds tot bekering gekom het, weer die sonde begin dien, maak hy homself skuldig aan die bloed van Christus.  Dit is baie gevaarlik as Christene begin dink dat hulle soos die wereld kan lewe en dat hulle dan nie hulle saligheid kan verloor nie.  Jesus het dit duidelik gemaak dat dit slegs die is "wat oorwin" wat opgewek sal word tot lewe. Sy dissipels is die wat GEHOORSAAM IS aan Hom.
 Hy het die sleutels van die doderyk en sal besluit wie opgewek word tot (ewige) lewe wanneer Hy terugkom.  As iemand dan nie gehoorsaam is aan Hom nie, hoe wil hy van Hom verwag om hom op te wek tot lewe eendag? (1 Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").  Ons kan nie ons vryheid gebruik om te sondig nie!

Om die waarheid te verdraai, en nie die Here se opdragte in aanmerking te neem nie, het tot gevolg dat ons "verkeerd dink", en dan sondes regverdig. Hierdie is egter selfs meer gevaarlik as wat ons dink!  "Egbreuk" gaan bv. nie net oor wanneer iemand eenmalig skei en veroorsaak dat sy/haar maat egbreuk pleeg nie, maar 'n man kan met 'n geskeide vrou trou en eintlik hoereer solank hy met daardie vrou getroud is - en so egbreuk pleeg  hulle met mekaar getroud is. 
(Soos in die geval van Herodus wat met sy broer se vrou getroud was:  Herodus het in sonde gestap terwyl hy met haar getroud was;  daarom het Johannes vir hom gese dat dit hom nie geoorloof is om haar te he nie - alhoewel hy "getroud" was met haar (volgens wereldse standaarde), was hy nie met haar getroud in die Here se oe nie, maar sy steeds verbind aan haar eerste man (al was sy ook geskei van haar eerste man);  dus, as Herodus in daardie verhouding gebly het, dan het hy as hoereerder en egbreker gesterf.   Mag ons nou weer aanhaal:  "geen hoereerder of egbreker sal in die koninkryk van God ingaan nie...".  Toe Jesus die opdrag gegee het, "Gaan en verkondig die evangelie......en doop hulle.........................", was dit nie die enigste dele van die opdrag nie, maar Hy het ook gese:  "EN BEVEEL HULLE OM ALLES TE ONDERHOU WAT EK JULLE BEVEEL HET". Baie wil dit nie hoor nie, maar geloof sonder werke is regtig dood (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/leer-hulle-om-alles-te-onderhou-wat-ek.html).

Ons moet ons bekeer van die manier "hoe ons sien" (tot die manier hoe die Here sien).
========================================================================
SKRIFGEDEELTES:

(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.
(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.

-----------------------
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
-----------------------

(Deu 24:1)  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
(Deu 24:2)  en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word,

(Deu 24:3)  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
(Deu 24:4)  dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
(Deu 24:5)  As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.

(1 Kor. 6:1-11)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Mar 10:4)  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.

(Mar 10:5)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,

(Mar 10:6)  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

(Mar 10:7)  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,

(Mar 10:8)  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.

(Mar 10:9)  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

(Mar 10:10)  En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.

(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;

(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Mal 2:16)  Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 6:1)  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?

(1Co 6:2)  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

(1Co 6:3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

(1Co 6:4)  As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.

(1Co 6:5)  Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?

(1Co 6:6)  Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?

(1Co 6:7)  Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?

(1Co 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.

(1Co 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?

(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.

(1Co 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Exo 22:16)  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
(Exo 22:17)  As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jas 2:10)  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

(Jas 2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.

(Jas 2:12)  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.

(Jas 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?

(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.

(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.

(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

(Rom 7:7)  Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

(Rom 7:8)  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.

(Rom 7:9)  En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
(Jer 3:8)  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

(1Co 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Co 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 7:1)  Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie.

(1Co 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

(1Co 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.

(1Co 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.

(1Co 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.

(1Co 7:6)  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.

(1Co 7:7)  Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.

(1Co 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;

(1Co 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.

(1Co 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;

(1Co 7:11)  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.

(1Co 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;

(1Co 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.

(1Co 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.

(1Co 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.

(1Co 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?

(1Co 7:17)  Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.

(1Co 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.

(1Co 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.

(1Co 7:20)  Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.

(1Co 7:21)  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.

(1Co 7:22)  Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.

(1Co 7:23)  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.

(1Co 7:24)  Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.

(1Co 7:25)  In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.

(1Co 7:26)  Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly.

(1Co 7:27)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.

(1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.

(1Co 7:29)  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;

(1Co 7:30)  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;

(1Co 7:31)  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.

(1Co 7:32)  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,

(1Co 7:33)  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.

(1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.

(1Co 7:35)  Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.

(1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.

(1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.

(1Co 7:38)  Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.

(1Co 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.

(1Co 7:40)  Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

Geen opmerkings nie: