Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou

In die volgende paar poste gaan ons kyk na die onderwerpe van

"TROU, SKEI en HERTROU". 
Iets wat belangrik is om te onthou wanneer ons kyk na hierdie onderwerp, is dat dit nie moet gaan oor hoe "ons dit sien" nie, maar hoe "die Here dit sien" (bv., as 'n paartjie skei volgens wêreldse wett, beteken dit nie noodwendig dat die verbond van die huwelik ook verbreek is nie...). Alhoewel Jesus Christus Sy kerk die mag gee om in sommige gevalle te moet oordeel wat geoorloof is en wat nie, mag dit nooit in stryd wees met wat Hy beveel het nie. Wat Hy beveel is belangriker as enige wêreldse wet;  en ook belangriker as enige wet wat deur die Christelike kerk gemaak word.

========================================================================

INLEIDING:
(WANNEER ONS SKRIFTE BESTUDEER OOR DIE TEMAS VAN "TROU", "SKEI" EN "HERTROU", MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS ONDERSKEI MET WATTER GROEP DAAR GEPRAAT WORD, BV.:
-ongetroudes; 
-weduwees of wewenaars;
-getroudes 
-geskeides, ens., want verskillende reëls geld vir verskillende groepe. 
========================================================================
IN HIERDIE POS KYK ONS SPESIFIEK NA DIE TEMAS VAN 
"ongetroudes"
en 
"weduwees".
 (op volgende poste word ook die volgende onderwerpe behandel:  "getroudes", "geskeides", en "hetrou"). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ongetroudes: 
WIE WORD GESIEN AS 'N "ongetroude"?:
-  Die woord "ongetroude" verwys slegs na die wat nie getroud is nie, die persoon wat nie "verbind" is tot 'n ander nie.  
-  Weduwees of wewenaars kan ook gesien word soos "ongetroudes" (alhoewel ander wette op hulle van toepassing is as op "ongetroudes" wat nog nooit verbind was nie;  bv., hulle word uitdruklik beveel om nie met ongelowiges te trou nie, en mag ook nie met 'n geskeide trou nie...)(1 Kor. 7).
-  L.w. dat geen geskeide gesien kan word as 'n "ongetroude" nie (alhoewel die wêreld se siening hieroor verskil).  Baie Christene maak deesdae die fout dat hulle dink 'n skeibrief beteken dat hulle weer mag trou, en sien hulleself dan soos "ongetroudes", maar wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie... (Mark. 10:9);  dus, al skei twee mense volgens wêreldse standaarde beteken dit nie dat die verbond tussen hulle inderdaad verbreek is nie (want wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie)(m.a.w., "om te skei" maak nie van jou 'n "ongetroude" nie - 'n skeibrief verbreek nie die eg nie)(vir verse kan hierdie tema op die volgende pos behandel word).

Kom ons kyk na ander reëls in die Skrif rondom "ongetroudes":

-(1) As twee "ongetroudes" van begeerte brand, moet hulle liewer trou - (dit verwys natuurlik NIE na verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge nie..).  Die rede waarom twee ongetroudes wat van begeerte brand liewer moet trou, is sodat hulle nie moet hoereer nie. Nooit is seks buite die huwelik aanvaarbaar nie (1 Kor. 7:8,9 - " Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek (Paulus), dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand". - iemand wat seks buite die huwelik beoefen is besig om te hoereer. Ook in die Ou Testament was daar van 'n man verwag om met 'n meisie te trou as hulle seks buite die huwelik beoefen... (Eks. 22:16,17)(alhoewel nie bedoel in konteks met verkragting nie!). (1Kor. 7:36,37 - "Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou. Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed").
-(2) Sekere huwelike is verbode, al is altwee persone ongetroud - bv., naby bloedverwante mag nie met mekaar trou nie (al is altwee ongetroud)(Lev. 18:6-18; 20:17-21; Num. 36:6,10,11-"bloedskande"). As hulle hoereer is die oplossing nie "om te trou" nie, want in geheel is hierdie soort vleeslike gemeenskaps-verhouding verbode!;  m.a.w., sou hulle trou, leef hulle steeds in sonde want dit is vir hulle verbode. Dit moet egter nie verwar word met twee mense wat vir mekaar sorg deur saam te bly nie, maar waar dit gepaardgaan met "van begeerte brand" of  "in wellus teenoor mekaar ontbrand" en/of vleeslike gemeenskap, is dit verkeerd.  Daar is ook ander vorme van verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge, nl. waar twee mans met mekaar trou (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie) - vrouens mag ook nie met mekaar trou nie (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie...).  (Rom. 1:18-27; Lev. 18:22-28). 
-(3) Die ongetroude mag nie met 'n geskeide persoon trou nie (want die "geskeide" is nog eintlik verbind aan sy/haar eerste maat) - op 'n volgende pos word hierdie beter behandel. Jesus het geleer dat as iemand met 'n geskeide persoon trou, pleeg hy egbreuk! (so iemand word dan as 'n "egbreker" gesien).  (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk). Alhoewel mense somtyds 'n goeie rede het waarom hulle geskei is, en die kerk ook dit in sommige gevalle mag toelaat, beteken 'n skeibrief nie dat die verbond tussen daardie twee mense verbreek is nie.  In sulke gevalle sondig hulle wel nie wanneer hulle apart bly nie, maar dit beteken nie dat hulle met iemand anders mag trou nie - ONGETROUDES moet versigtig wees dat hulle nie in hierdie strik trap deur te dink dit is hulle geoorloof om met 'n geskeide te trou nie.
-(4) Die ongetroude moet liewer nie introu in 'n ander huwelik nie.  Alhoewel baie mans meer as een vrou gehad het in die O.T. (Gen. 25:6; 30:4,9; 32:22; 35:23-26), beteken dit nie dat dit God se bedoeling was nie - Hy het dit duidelik toegelaat. Baie mans in die O.T. het net een vrou gehad, en die Here het van sommige verwag om nie baie vrouens te he nie (bv. die konings-Deut. 17:17).  Kinders van die koninkryk mans in egter die N.T. eerder beveel om net een vrou te he (1 Kor. 7:2).  Die rede hiervoor is omdat dit baiemaal gepaardgegaan het met hoerery - gaan kyk maar hoeveel ander probleme dit ook veroorsaak het (Gen. 16; 1 Sam. 1; 1 Kon. 11).  Of dit vandag verkeerd is vir 'n man om meer as een vrou te he is natuurlik 'n punt van redenasie, maar in die N.T. kan dit as verkeerd gesien word siende daar van Christen mans verwag word om elk liewer net een vrou te he;  asook, die wat 'n amp in die kerk gedra het, was ook spesifiek beveel om nie meer as een vrou te he nie (Tit. 1:6; 1 Tim. 3:2,12).  In daardie geval moet ONGETROUDES liewer nie introu in 'n ander huwelik nie.
-(5) Ongetroude gelowiges moet liewer "in die geloof" trou. Alhoewel 'n ongetroude nie verbied word om met 'n ongelowige te trou nie, is dit beter vir 'n gelowige om met 'n gelowige te trou. Weet dat as jy as gelowige met 'n ongelowige trou, daar ook bepaalde reels is vir so 'n huwelik bv., 'n gelowige mag nie losmaking soek (net omdat die ander persoon ongelowig is) nie.  Die gelowige mag nie die ongelowige verstoot solank die ongelowige dit goedvind om saam te lewe nie;  maar as die ongelowige wil skei moet die gelowige hom toelaat... (1 Kor. 7:12-16). 
-(6) Weduwees word wel gesien soos "ongetroudes", maar sekere reels is anders as wat dit is vir ongetroudes wat nooit verbind was nie. Veral "jong weduwees" word aanbeveel om weer te trou... (1 Tim. 5:14). Paulus beveel natuurlik aan dat ongetroudes en weduwees liewer nie trou nie...(veral iemand wat in die bediening wil staan), maar as hulle van begeerte brand, is dit beter om te trou! (1 Kor. 7:8-9,39-40). 'n Vrou is deur die wet gebonde SO LANK AS HAAR MAN LEWE, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie wil - ...maar dan "net in die Here" (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat weer trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie. 

========================================================================
Weduwees:

-(1) Die woord "weduwee" verwys na iemand wat verlate gestel is - m.a.w. iemand wie se huweliksmaat nie meer in die lewe is nie. Iemand wat verbind was deur die huwelik, maar nou nie meer nie... Bv., 'n vrou is DEUR DIE WET GEBONDE so lank as haar man lewe, MAAR AS HAAR MAN ONTSLAAP HET, IS SY VRY... (1 Kor. 7:39 -"‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here" )(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). Niks kan hierdie band breek nie, behalwe die dood. 'n Skeibrief kan dit ook nie breek nie.

-(2) 'n Weduwee mag weer trou. Veral "jong weduwees" word aanbeveel om weer te trou... (1 Tim. 5:14). Paulus beveel natuurlik aan dat ongetroudes en weduwees liewer nie trou nie...(veral iemand wat in die bediening wil staan), maar as hulle van begeerte brand is dit beter om te trou! (1 Kor. 7:8-9,39-40). 'n Vrou is deur die wet gebonde SO LANK AS HAAR MAN LEWE, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie wil - ...maar dan "net in die Here" (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat weer trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie. 

-(4) 'n Weduwee mag wat weer trou, mag nie met 'n geskeide persoon trou nie. 
'n Geskeide man mag nie 'n ander vrou neem nie (Mat 19:9; Mark. 10:11; Luk. 16:18);  dus 'n weduwee moet nie met 'n geskeide man trou nie, want dan veroorsaak sy dat hy egbreuk pleeg.  


========================================================================

Geen opmerkings nie: