Vrydag 17 Julie 2015

Profete / Valse Profeet

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html

Vir 'n opsomming oor PROFETIESE BOEKE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/profetiese-boeke.html


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die Ou Testament was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres van die volk die Heilige Gees ontvang.  Die wat wel die Gees van God ontvang het, was die wat bekwaam gemaak is om spesifieke werke vir die Here te doen,  om Sy wil aan die volk bekend te maak en hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan (2 Sam. 23:2).  Voorbeelde is profete soos Samuel, Esegiel, Daniel, Jesaja ens. - hulle het die wil van God aan die mense bekend gemaak, die volk gewaarsku wanneer hulle verkeerd gaan, en somtyds ook geweet wat in die toekoms sou gebeur (2 Kron. 24:20; Neh. 9:30; Num. 27; 2 Kron. 15:1). Dit was duidelik om te sien wie die persoon is wat die Gees van God het, want hulle was instaat om dinge te doen en te weet wat ander mense nie kon doen nie of nie geweet het nie.  Daar was ook profete soos Elia en Elisa wat wonderwerke gedoen het.  Ander voorbeelde was sekere konings, soos koning Dawid en koning Salomo - die Here het baie wysheid vir hulle gegee, deur Sy Gees, sodat hulle Sy kon volk lei;  om daardie rede het die Gees van God bv. ook op mense soos Moses gerus.  Nog ander vb.e van mense wat die Gees van God op hulle gehad het, was bv. Besáleël - sodat hy wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid kon kry vir allerhande werk in die tabernakel (Eks. 28:3; 31:3; 35:31).  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html). 


Die volk het gekyk na die wat die Gees van God het vir leiding in wat die waarheid is, maar die wat nie van die waarheid gehou het nie, het teen hulle in opstand gekom. Kyk maar bv. hoeveel profete is om die lewe gebring deur Agab en Isabel (1 Kon. 18).  Waarheid was nog altyd soos 'n swaard, en dit is om hierdie rede wat Jesus gese het dat Hy nie gekom het om vrede op die aarde te bring nie (want Hy het vir ons die waarheid gebring). Dit is ook om hierdie rede wat baie diensknegte van die Here doodgemaak is (dissipels, apostels...), omdat hulle die waarheid verkondig het! Jesus het die Gees van God "die Gees van die waarheid"genoem! (Joh. 14:17; 15:26; 16:13).  Die Gees is die WAARHEID (1 Joh. 5:6). Daarom word die dienskneg van die Here soos skape onder die wolwe ingegooi.  Die ware dienskneg/profeet van die Here, spreek die waarheid.  Die valse profeet spreek nie die waarheid nie!   Daar was ook baie profete in die O.T.  wat nie na die wil van die Here gesoek het nie, en nie in Hom gebly het nie, maar geprofeteer het uit eie wil - die wat slegs "voorgegee" het dat hulle die Here KEN en Sy wil en woorde verkondig.. Waar iemand WETEND is van die waarheid, maar steeds sy eie lering in stryd met die waarheid, of woorde in stryd met wat die Here eintlik vir iemand wil se, verkondig, is hy nie opreg nie - so iemand is besig met afgodsdiens, want eiesinnigheid is afgodsdiens.  So iemand kom wetend in opstand teen die waarheid, en sy bedoeling is dat mense hulle hoop plaas in hom en ander dinge, in plaas van in die Here.  Jesus het hulle genoem, "geveinsdes" (wat beteken "akteurs").  Hulle gee voor dat hulle die Here ken en Sy wil en waarheid verkondig, maar dit is nie waar nie - (Jer 23:31 - "Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!").  Hierdie mense is in aansien omdat hulle verkondig wat mense eerder wil hoor as die waarheid (Luk 6:26 - "Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen").http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html.  

DIE PERSOON WAT EGTER DIE WAARHEID VERKONDIG (die ware dienskneg van die Here op wie die Gees van God rus en wat profeteer volgens wat die Here spreek, nie uit eie hart nie), SAL VERVOLG WORD. MENSE GAAN NIE ALTYD VAN HULLE HOU NIE, OMDAT HULLE DIE WAARHEID PRAAT.  EN SOMMIGE WORD DOODGEMAAK TER WILLE VAN DIE WAARHEID.  (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel die Profeet van die O.T. spesifiek geroep was (deel was van die volk van God, en spes. deur God geroep en uitgestuur), word Christene gesien soos 'n "Priesterdom". (1Pe 2:9 - "Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig"). Christene word gesien as die gemeente van eersgeborenes, en het die pligte van eersgeborenes (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html), wat ten eerste beteken dat hulle aan die Here behoort (nie aan hulleself nie).  Hulle is ook "priesters" vir die Here - hulle DIEN DIE HERE (dien nie hulleself nie!).  'n Belangrike plig van 'n priester is om die KENNIS TE BEWAAR. Die priester is ook 'N BOODSKAPPER VIR DIE HERE (net soos die profete van die O.T.). Priesterskap en om 'n Profeet te wees van die Here, het gegaan oor OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN, nie eie wil nie.  Daarom kon die priester ook seeninge uitspreek, want hy het die Here geken in die saak.  Beide die priester en profeet het die Here geraadpleeg.

Elke wedergebore kind van God wat gevul is met die krag van die Heilige Gees (soos die profete en konings van die O.T.), kan deur die Gees van God gebruik word in die gawe of bediening van PROFESIE  (Hand. 2:18; 1 Kor. 14:1,31,39...).
(Ef. 4:11 - "En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars").
(1Co 12:10 - "aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale")(1 Kor. 12:28).

maar ons moet verstaan dat nie almal wat bely dat hulle Christene is, regtig in die Here bly en Hom raadpleeg nie! Baie kom tot geloof "vir eie gewin". Hulle verstaan nie dat geloof gaan oor OM DIE HERE TE DIEN en om HOM GEHOORSAAM te wees nie. Sou so iemand nou egter "profeteer", en hy hom nie laat lei deur die Gees van God nie, maar hom eerder deur sy eie hart laat lei, dan probeer hy die wat na hom luister, opsetlik mislei (want hy gee voor dat hy van die Here hoor, maar hy KEN nie regtig die Here nie!;  hy bly nie in Hom nie en hy is nie deur die Here gestuur om daardie woord te gee nie!)  - so iemand is 'n Valse Profeet.

Daar is dus diesulkes wat voorgee dat hulle die Here ken of voorgee dat hulle Hom raadpleeg, maar hulle doen nie.  Ons moet hulle nou egter nie verwar met die onwetende gelowige nie.  Baie gelowiges verkondig valse leerstellings, maar in onwetendheid! Waar iemand egter wetend is van wat die waarheid, maar steeds die verdraaide leerstelling verkondig, verander hy self in 'n valse profeet!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WAT WORD BEDOEL MET die woorde "VALSE PROFEET"?

Wat ons eerstens moet verstaan is dat wanneer daar gepraat word van "valse profete", dit verwys na "die wat slegte vrug dra" - dit verwys m.a.w. na die wolwe in skaapsklere (Matt. 7:15)  -  in daardie sin bely hulle dat hulle glo, maar hulle werke bewys dat hulle eintlik hulleself liefhet! Hulle gee voor dat hulle die Here dien, maar hulle dien hulleself;  hulle gee voor dat hulle die Here ken en van Hom hoor en "reg sien", maar dit is nie so nie. Die doel van die valse profeet is OM MENSE TE VERLEI en TE MISLEI! (Mat 24:11,24) - dit is m.a.w. OPTETLIKE MISLEIDING.  En soos ons goed weet, is hierdie 'n kenmerk van die duiwel self;  daarom word hy vgl. met 'n slang. Sommige doen selfs tekens en wonders met die doel om TE MISLEI (sodat mense liewer in hulle glo as in die waarheid).  Dit sal ook 'n kenmerk wees van DIE valse profeet in die laaste dae (Openb. 13:14), nl. "om die mense te verlei om die Antichris te aanbid" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/die-valse-profeet.html).

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Die mens wat as valse profeet optree weet goed wat die waarheid is, maar verkondig 'n verdraaide leerstelling met die doel om ander te verlei of te mislei. Hierdie persoon wil deur "ander gesien word" en wil he dat hulle dink "hy word deur die Here gebruik", maar in der waarheid raadpleeg hy nie die Here nie en is Hom nie gehoorsaam nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die valse profeet is ook 'n "valse leraar", omdat hy valse waarheid verkondig.  Vgl. dit met 2Pe 2:1,2 - "Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat gaan word van die Valse Profeet?

DIE VALSE PROFEET GEE VOOR DAT HY VAN DIE HERE HOOR, EN GEE VOOR DAT HY "SIEN", MAAR DIT IS NIE SO NIE.   A.G.DAARVAN SPREEK HY LEUENS. DIT IS WAT DIE HERE SE VAN VALSE PROFETE:
 -  hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie;
-   en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie;
-   en in die land van Israel nie kom nie.

Die persoon in Christus Jesus word ingeeent op die boom (die volk van God), en word so "kinders van Abraham". Die belofte van om deel te wees vd vergadering van God se volk, en om in die boek opgeskryf te word, en om die land te beerwe, is vir alle Christene bedoel, maar die Christen wat voorhou dat hy/sy die Here ken en deur die Here gestuur word, maar 'n leuen-woord gee, profeteer uit eie hart en raadpleeg nie regtig die Here nie.  So 'n Christen gaan slegte vrug dra, sal afgesny word en sal nie hierdie beloftes deelagtig raak nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe sal ons 'n Valse Profeet uitken?

Die valse profete is tussen die kinders van die Here.  Hulle is tussen Sy volk en beweeg tussen Sy kinders. Hulle sit in die Christelike kerke en doen hulleself voor asof hulle die Here ken.
HULLE WORD GEKEN AAN HULLE VRUG - hulle dra nie goeie vrug nie, OMDAT HULLE NIE REGTIG DIE HERE KEN NIE!  Hulle gee voor dat hulle Hom ken, en praat asof hulle Sy woorde verkondig, maar die waarheid is dat hulle Hom nie ken nie en daarom NIE SY WIL DOEN NIE.  Die ware kind van God DOEN egter DIE HERE SE WIL en RAADPLEEG HOM!  DIE HERE MAAK SY PLANNE AAN SY VRIENDE BEKEND!  En Sy vriende GEHOORSAAM Hom.  As iemand nou kom en verklaar dat hy die Here se planne ken, maar hy is nie gehoorsaam aan die Here nie (en dra daarom nie goeie vrug nie)(Joh. 15:5), dan ken Hy Hom nie werklik nie, en dan ken hy ook nie die Here se planne nie  -  hoe kan hy dan profeteer?  Hoe kan hy dan se "die Here het gese" as hy nie eens weet wat die Here se nie?  
(Joh 15:14,15 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het"). Wanneer "Christene" geen tyd met die Here spandeer nie, dan is hulle nie besig om Sy wil te soek nie, en is nie besig om Hom te raadpleeg nie.  Wanneer "Christene" liewer hulle antwoorde soek by die wereld (as by die Here), is hulle nie besig om Sy wil te soek nie en nie besig om Hom te raadpleeg nie.  So iemand KEN HOM nie regtig nie!

(Mat 7:15)  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
(Mat 7:16)  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
(Mat 7:17)  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
(Mat 7:18)  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
(Mat 7:19)  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 7:20)  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.



DIE HERE NOEM "VALSE PROFETE", "profete uit hulle eie hart" (Eseg.. 13:2). Die valse profeet is die een wat voorgee dat hy die woord van die Here bring, maar bring eintlik sy eie woord. Hulle gee voor dat hulle van die Here hoor, en dat hulle "sien", maar hulle sien niks en hoor nie regtig van die Here nie.  Hulle gee voor dat hulle deur die Here gestuur word, maar is nie regtig deur Hom gestuur nie! . So iemand is eerder besig met waarsêery, nie besig om te profeteer nie!  Hy spreek leuens (Eseg. 13:6). Hulle gee m.a.w. die verkeerde raad, soos om te se dat daar vrede is wanneer daar nie regtig vrede is nie. Hulle maak die hand van die goddelose sterk sodat hy nie van sy verkeerde weg terugkeer nie. Hulle veroorsaak dat die wat na hulle luister (terwyl hulle leuens spreek), val.

Ons sien ook 'n goeie vb. van valse profete in 2 Kron. 18.  Daar is 'n vb. van 400 profete "wat uit hulle eie hart" profeteer.  Duidelik het hulle nie die Here geraadpleeg nie, want die Here het 'n leuengees in hulle gegee sodat hulle vals geprofeteer het.  Dit is ook duidelik dat Miga (wie 'n ware profeet van die Here was) nie so gewild was by die koning van Israel nie, want hy het nie geprofeteer wat die "koning graag wou hoor" nie. En weer-eens hier in 2 Kron. 18 steur die koning hom nie aan Miga nie, maar luister na die wat vir hom vertel wat hom in die gehoor streel en a.g.daarvan, sterf hy in die oorlog. Wanneer Christene ook slegs ingestel raak op "die wat hulle in die gehoor streel", dan kan dit juis hulle val beteken!  (2Ti 4:3 - "want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede").

'n Ander vb. van valse profesie is die in 1 Kon. 13.  Ook hier sien ons hoe die man van God sy lewe verloor het omdat hy ag gegee het op profesie wat in stryd was met wat die Here gese het.  Alhoewel hy oorspronklik self sterk gestaan het en self 'n profeet van die Here was, het hy uiteindelik toegegee aan 'n ander profeet wat vir hom gelieg het:  (1Ki 13:18 - "Maar hy sê vir hom: Ek is ook ‘n profeet net soos jy, en ‘n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg"). Hierdie is 'n goeie vb. van waar iemand WEET WAT DIE WAARHEID IS EN WAT DIE HERE VERWAG, maar ag gee op iemand wat hom voordoen asof hy van die Here hoor.  Net soos Christene baiemaal goed weet wat die Here beveel en wat die waarheid is, maar ag gee op die profeet of leermeester wat kom met mooi praatjies.  As 'n Christen ag gee op hierdie steenstrydige waarhede omdat dit hom in die gehoor streel, dan kan dit sy val beteken!  In die geval van 1 Kon. 13 het dit die dood van die man van God beteken.  In die geval van 2 Kron. 18 het dit ook die dood van die koning beteken.
_________________________________________________________________________________

(1)  Mense wat tot geloof kom, maar nie ag gee op DIE PAD VAN GODSALIGHEID NIE, is soos BABAS in die geloof  en kan vgl. word met die 2de groep in die gelykenis van die saaier (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html).  Hulle gee voor dat hulle die Vader KEN en tyd met Hom spandeer en Hom raadpleeg, maar hulle ken Hom nie regtig nie. Die oomblik as daar verdrukking of versoeking kom, dan val hulle af.
(2)  Sommige begin wel die Here KEN en begin selfs vrug dra (soos die 3 de groep in die gelykenis van die saaier)(dan voorgestel as "KINDERS", 1 Joh. 2:12-14), maar begin dan meer besig wees met die lewe as met die Here en word verstik deur die sorge, rykdom, begeerlikhede en genietinge van die lewe.  Hulle gee voor dat hulle Hom GEHOORSAAM, maar hulle soek hulle eie wil.  Hulle ken die Vader se wil, maar kies nou hulle eie wil.  Sulke Christene staan die gevaar dat hulle hul vrug kan verloor sou hulle nie die Here begin gehoorsaam nie.  En as hy onvrugbaar raak, sal hy uitgekap word!
(3)  Dan is daar die 4 de groep in die gelykenis van die saaier, wat wel vrug dra, en vashou aan die geloof, gesnoei word, en meer vrug dra.  Hulle kan vgl. word met die JONGMENSE en VADERS in 1 Joh. 2:12-14.  Hulle staan vas deur versoeking en kry oorwinning oor sonde.  Hulle soek die waarheid, hou vas aan die geloof en KEN die Vader.
(http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html)

 Nie een van die bogenoemde groepe kan gesien word as VALSE PROFETE nie, maar wat sou gebeur as  "babas en kinders" soos "vaders" begin optree!  (en lering gee en profeteer asof hulle die Here ken en Hom gehoorsaam soos "jongmense en vaders"!), dan raak dit baie onveilig.  Dan gee hulle voor wat hulle nie is nie  -  soos akteurs! Baie valse en verdraaide leerstellings word so gebore en sonder dat die persone dit altyd bedoel, lyk hulle soos valse profete omdat hulle iets probeer wees wat hulle nie is nie!  Maar ons moet versigtig wees om diesulkes onmiddellik as valse profete te kenmerk, want baiemaal praat hulle slegs uit die mond van iemand anders (wat 'n valse profeet of leraar is), en besef nie eens self dat wat hulle verkondig, verdraai is nie.  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html). Dit dan die rede waarom babas hulle nie moet gedra soos vaders nie!   Dus, as hulle onwetend die verdraaide waarheid verkondig, dan beteken dit nou nie dat hulle self valse profete is nie, maar ongelukkig sal so 'n gelowige, ten spyte van hoe hard hy gewerk het, geen vrug dra deur daardie soort evangelisasie nie omdat hy nie die waarheid verkondig het nie. 'n Gelowige kan slegs goeie vrug dra wanneer hy ag gee op die waarheid (nie valse of verdraaide waarheid nie)(http://warechristene.blogspot.co.nz/p/die-waarheid.html)  - Daarom sal sulke werke verbrand word, maar die gelowige self gered word, maar soos deur vuur heen! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/as-iemand-se-werk-verbrand-word-sal-hy.html). Mense wat nie in die Here bly nie (soos 2de groep gelykenis van die saaier) en die wat "meer besig is met die lewe as met die Here" (3de groep gelykenis van die saaier), glo maklik die leuens van die valse profeet/leraar omdat dit soos vleitaal is, en baie verkondig dit ook aan ander asof die waarheid! Des te meer moet ons dan nou verstaan hoekom die Christen moet ag gee op die pad van godsaligheid. Die gelowige wat eerder sy eie wil soek, praat soos die wereld en luister na wereldse wysheid, EN WIL NIE NA DIE WARE PROFEET LUISTER NIE.  Hulle het 'n teensin in die wat die waarheid verkondig en probeer hulle selfs stilmaak!  Die persoon wat ag gee op woorde wat hulle in die gehoor streel, is OPSTANDIG.  Die manier hoe God die "opstandiges" voorstel in Jes. 30, is:
-  die wat ‘n plan uitvoer, maar dit is nie uit die Here nie!;
-  of die wat ‘n verbond sluit, en dit is nie uit Sy Gees nie  (Jes. 30:1).  OPSTANDIGE MENSE SE FOUT IS DAT HULLE NIE DIE HERE RAADPLEEG NIE! 'n Gelowige wat nalaat om die Here te raadpleeg, neem verkeerde besluite, en dit is hulle wat ag gee op die woorde van valse profete.

Hierdie wederstrewige mense word verder vir ons voorgestel in Jes. 30, die manier hoe hulle dink en sien:
(Isa 30:10 - "wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry"). Dit is hulle wat diesulkes stilmaak wat die waarheid bring.  Hulle verkies liewer die vleitaal (vgl. met Jer. 26:8,9 en 26-23).  (Luk 6:26 - "Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen"). Valse profete word nie vervolg nie;  dit is die ware profete wat vervolg word, want hulle word stilgemaak - en ware profete gaan nie om met "vleitaal" nie, maar bring die waarheid. Vir ware profete gaan dit nie daaroor dat hulle dit se wat mense graag wil hoor nie en hulle bedoeling is glad nie om iemand te vlei nie, maar eerder om soos Amos te spreek wat God se! (2Ch 18:13)  Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek! 

Maar wanneer iemand goed weet wat die waarheid is, maar dit opsetlik verdraai en soos 'n "vader" dit leer aan ander asof vir waarheid, dan het ons te doen met die valse profeet. Die valse profeet weet wat die waarheid is, maar vertel opsetlik leuens.
(1Jn 4:1)  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
(1Jn 4:2)  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
(1Jn 4:3)  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
(1Jn 4:4)  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
(1Jn 4:5)  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
(1Jn 4:6)  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

(Amo 2:12 - "Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!").  Hierdie is die tipe hart van die opstandige - hy begeer om die te laat struikel wat nie struikel nie en probeer verhoed dat die waarheid verkondig word (Amos 7:13).  Op dieselfde wyse het die Joodse Raad vir Petrus en Johannes probeer stop om die waarheid te verkondig:  (Act 4:17,18 - "Maar dat dit nie nog meer onder die volk versprei word nie, laat ons hulle dreig om nie meer in hierdie Naam met enige mens te spreek nie. En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie")(Hand. 5:28,40).  Kyk Stefanus woorde die dag toe hy gestenig is:  (Act 7:51 - "Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle").  Die hardnekkige luister nie na die Heilige Gees nie en wil nie hoor wanneer hulle verkeerd is nie.  Daarom maak hulle die ware profete dood en probeer hulle stil maak (1 Thess. 2:15,16).
_________________________________________________________________________________
SKRIFGEDEELTES:

(2Ch 18:1)  En toe Jósafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab.
(2Ch 18:2)  En ná verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na Samaría, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in Gílead op te trek.
(2Ch 18:3)  Toe sê Agab, die koning van Israel, vir Jósafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in Gílead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees.
(2Ch 18:4)  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.
(2Ch 18:5)  Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.
(2Ch 18:6)  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
(2Ch 18:7)  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
(2Ch 18:8)  Daarop roep die koning van Israel ‘n hofdienaar en sê: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla.
(2Ch 18:9)  Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op ‘n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer,
(2Ch 18:10)  het Sedekía, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
(2Ch 18:11)  En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
(2Ch 18:12)  Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge. (die boodskapper wou seker maak dat Miga dieselfde se as die ander profete, maar Miga profeteer nie uit eie hart nie, maar profeteer dit wat die Here wil he hy moet spreek)
(2Ch 18:13)  Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, wat God my sal sê, dit sal ek spreek!
(2Ch 18:14)  Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word. (hierdie is 'n vb. van sarkasme)
(2Ch 18:15)  En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
(2Ch 18:16)  Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
(2Ch 18:17)  Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?
(2Ch 18:18)  Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter— en sy linkerhand staan.
(2Ch 18:19)  En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
(2Ch 18:20)  Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
(2Ch 18:21)  En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
(2Ch 18:22)  En nou, kyk, die HERE het ‘n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.
(2Ch 18:23)  Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
(2Ch 18:24)  En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.
(2Ch 18:25)  Maar die koning van Israel sê: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.
(2Ch 18:26)  En julle moet sê: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.
(2Ch 18:27)  Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
(2Ch 18:28)  En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead.
(2Ch 18:29)  En die koning van Israel het aan Jósafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan.
(2Ch 18:30)  En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.
(2Ch 18:31)  En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Jósafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.
(2Ch 18:32)  En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.
(2Ch 18:33)  Toe het ‘n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sê hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.
(2Ch 18:34)  En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eze 13:1)  En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
(Eze 13:2)  Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!
(Eze 13:3)  So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.
(Eze 13:4)  Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.
(Eze 13:5)  Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
(Eze 13:6)  Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
(Eze 13:7)  Het julle nie ‘n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Ék nie gespreek het nie?
(Eze 13:8)  Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
(Eze 13:9)  En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
(Eze 13:10)  Omdat, ja, omdat hulle my volk verlei het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk ‘n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk;
(Eze 13:11)  sê vir hulle wat met los kalk pleister, dat dit sal afval; daar sal ‘n oorstromende stortreën kom; en julle, haelstene, sal val en ‘n stormwind sal losbreek.
(Eze 13:12)  En kyk, daar val die muur! Sal dan nie vir julle gesê word: Waar is die pleister waarmee julle gepleister het nie?
(Eze 13:13)  Daarom, so spreek die Here HERE: Ja, Ek sal ‘n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal ‘n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.
(Eze 13:14)  En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
(Eze 13:15)  En Ek sal my grimmigheid laat uitwoed teen die muur en teen hulle wat dit met los kalk gepleister het; en Ek sal vir julle sê: Weg is die muur! En weg is hulle wat dit gepleister het,
(Eze 13:16)  naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.
(Eze 13:17)  En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle
(Eze 13:18)  en sê: So spreek die Here HERE: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?
(Eze 13:19)  En julle ontheilig My by my volk vir ‘n paar hande vol gars en vir ‘n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.
(Eze 13:20)  Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.
(Eze 13:21)  Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer ‘n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
(Eze 13:22)  Omdat julle met leuens die hart van die regverdige droewig gemaak het—terwyl Ek hom geen smart aangedoen het nie—en die hande van die goddelose versterk het, dat hy van sy slegte weg nie sou terugkeer, om hom in die lewe te hou nie;
(Eze 13:23)  daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ki 13:14)  En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja.
(1Ki 13:15)  Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood.
(1Ki 13:16)  Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie;
(1Ki 13:17)  want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
(1Ki 13:18)  Maar hy sê vir hom: Ek is ook ‘n profeet net soos jy, en ‘n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.
(1Ki 13:19)  Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink.
(1Ki 13:20)  Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die HERE tot die profeet wat hom laat omdraai het;
(1Ki 13:21)  en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie,
(1Ki 13:22)  maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie—daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie.
(1Ki 13:23)  Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op—vir die profeet wat hy laat omdraai het—
(1Ki 13:24)  en hy gaan weg; toe kom ‘n leeu hom teë op die pad en maak hom dood. En sy lyk het neergewerp op die pad bly lê, terwyl die esel daarlangs staan en die leeu ook langs die lyk bly staan.
(1Ki 13:25)  Intussen kom daar manne verby wat die lyk op die pad sien lê, terwyl die leeu langs die lyk staan; en hulle het dit kom sê in die stad waar die ou profeet woon.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: