Vrydag 19 Februarie 2016

Die Skepping (3)



Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  TWEEDE DEEL (opdeling en uitleg van skepping): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-2.html

-  DERDE DEEL (aan/langs/bo uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-3.html

-  VIERDE DEEL(die hemel daarbo/hoogste hemel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-4.html

-  VYFDE DEEL (verskillende elemente v/d hemel en uitspansel): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-5.html

-  SESDE DEEL (Jesus Christus se mag op hemel en aarde): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-6.html

-  SEWENDE DEEL (dit wat onder die aarde is): http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/02/die-skepping-7.html

______________________________________________________
DIE UITSPANSEL:
Gen_1:8  "En God het die uitspansel hemel genoem". 

Die Bybel verklaar dat God "in die hemel" woon.  Die woorde "die hemel" verwys egter nie oral in die Bybel slegs na die gedeelte waar die voels vlieg nie, maar verwys ook na die deel waar God woon asook die deel waar die ligte (son, maan en sterre) is.  

Ons kan dus se dat DIE HEMEL verwys na:

-(1) die gedeelte waar die voels vlieg (langs die uitspansel van die hemel)(Gen. 1:20),
-(2) die ligte (aan die uitspansel van die hemel)(Gen. 1:14,17), en
-(3) God se woning wat ook "hemel" genoem word (die hoogste hemel), en ander skrifte leer vir ons dat Sy woning bo die uitspansel is (bo die hemel waar die voels vlieg en die ligte...).

Droe grond en versamelings van water is ONDER die hemel - Gen. 1:9)(Gen. 6:17)(Gen. 24:7)(maar Hy het die waters geskei voor Hy die uitspansel geskep het en en die droe grond laat sigbaar word het;  so, daar is ook waters bo die hemele (Ps. 148:4)). 

In sekere skrifte kan ons meer leer oor hoe die uitspansel lyk:

Eze_1:22  En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van ‘n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei. 
Eze_1:23  En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het. 
Eze_1:25  En daar het ‘n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak. 

Job 37:18 - "kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos ‘n gegote spieël?".
GEDEELTE VAN DIE UITSPANSEL WAAR DIE LIGTE IS:  -Glans (Dan. 12:13 - "En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos"). 

Die Bybel verklaar dat God op/bokant die uitspansel woon:
Eze_1:26  En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van ‘n troon; en op die troongestalte ‘n gestalte wat soos ‘n mens gelyk het. 
Psa_150:1  Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! 
Eze_10:1  Daarna het ek gekyk—en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos ‘n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ‘n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.

_________________________________________________________________________________

NOG SKRIFTE OOR WAT "AAN", "LANGS" EN "BO" DIE UITSPANSEL IS:
_________________________________________________________________________________
(1) AAN DIE UITSPANSEL VAN DIE HEMEL:  Die ligte (son, maan en sterre)
Gen_1:14  En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. 
Gen_1:15  Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. 
Gen_1:17  En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde 

- STERRE EN WORD GENOEM:  "Sterre van die hemel" (Gen. 22:17)

Kyk ook die vgl. in Dan_12:3 vd verstandiges met die sterre ("die sterre as deel vd UITSPANSEL/ glans): "En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos". 

(Deu 4:19)  dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.

(Isa 45:12)  Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek—my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.
(Jer 33:22)  Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.
________________________________________
(2) LANGS DIE UITSPANSEL VAN DIE HEMEL: Die voels
Gen_1:20  En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.
- EN WORD GENOEM:  "Voels van die hemel" - Deut. 28:26
_________________________________________________________________________________
(3) OP/AAN DIE BOKANT VAN DIE UITSPANSEL: God se woning
-Eze_1:26  En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van ‘n troon; en op die troongestalte ‘n gestalte wat soos ‘n mens gelyk het. 
-Psa_150:1  Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel! 
-Eze_10:1  Daarna het ek gekyk—en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos ‘n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ‘n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.
-(Amo 9:6)  Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam!

- (Psa 148:4)  Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!

-(Isa 66:1)  So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?

-(Isa 40:22)  Hy sit bo die kring (חוּג, chûg, khoog, From H2328; a circle: - circle, circuit, compassive) van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent ('ôhel, o'-hel, From H166; a tent (as clearly conspicuous from a distance): - covering, (dwelling) (place), home, tabernacle, tent) om in te woon.

-(1Sa 2:10)  Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.

-(1Ki 8:43)  wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.

-(2Ch 2:6)  Maar wie is in staat om vir Hom ‘n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom ‘n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek?

-(Psa 103:19)  Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

-(Psa 115:3)  terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

-(Ecc 5:2)  (5:1) Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.

-(Dan 2:28)  Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:
-(Dan 2:44)  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—

-(Mat 5:34)  Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;

-(Mat 11:25)  In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

-(Mat 23:22)  en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

-(Luk 11:2)  En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

-(Rev 4:1)  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
(Rev 4:2)  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.

-Gen. 28:12-19 (Jakob droom leer na hemel)

-Gen. 49:25 - God seen vanuit die hemel

-Eks. 16:4 - vir die volk brood uit hemel laat reen

-Eks. 17:14 - gedagtenis van iemand onder hemel van belang

Na hemel opklim: (Deu 30:12)  Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?


(Isa 55:9)  Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
(Isa 63:15)  Kyk van die hemel neer en aanskou uit u heilige en heerlike woning! Waar is u ywer en u magtige dade? Die ontroering van u binneste en u barmhartighede het hulle jeens my ingehou.

(Isa 66:1)  So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?


(2Sa 22:7)  Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.

(2Sa 22:14)  Uit die hemel het die HERE gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor.
________________________________________________________________________________

NOG SKRIFTE:

(Jer 10:12)  Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
Psa_19:1  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. (19:2) Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. 

(Jer 49:36)  En Ek sal vier winde uit die vier hoeke van die hemel oor Elam aanbring en sal hulle na al hierdie windstreke verstrooi; en daar sal geen nasie wees waar die verjaagdes van Elam nie sal kom nie.


(Eze 8:3)  Toe steek Hy iets uit wat die vorm van ‘n hand het, en vat my aan die kuifhare van my hoof; en die Gees het my opgehef tussen die aarde en die hemel en my in gesigte van God na Jerusalem gebring, by die ingang van die binneste poort wat na die noorde toe kyk, waar die plek was van die afgodsbeeld van ywer wat ywer verwek.
_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie: