Donderdag 11 Augustus 2016

Die boek van Esegiel (hfst.e 37 - 39)

Vir 'n opsomming oor PROFETIESE BOEKE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/profetiese-boeke.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie blogpost:
Opsomming van Esegiel 37 tot 39

Daar is ook beeldspraak gebruik in die betrokke Skrifgedeeltes, maar dit word meerendeels deur verdere inligting in die teks beter verduidelik.  
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING ESEG. 37:

(Eseg. 37:1-28):
- Laagte vol bene ('n laagte tussen berge) (37:1,2)
- DIE OPSTANDING (37:1-13)
- Hy sal Sy Gees in hulle gee (37:14)
- Word gevestig in hulle land/land van Israel (37:12)
- Sal versamel word vanuit nasies/volke/lande van hulle vyande - terugbring na land (37:15-28); en die Here sal Hom in hulle as Heilige laat ken voor die oe van baie nasies (39:27,28); en Hy sal Sy aangesig nie meer vir hulle verberg nie omdat Hy Sy Gees oor hulle uitgiet (39:29)
- Sal nie meer 2 koninkryke/nasies wees nie, maar een (37:15-22)
- Kneg Dawid vir ewig koning (37:22-25)
- Die Here sal 'n verbond van vrede met hulle sluit - ewige verbond (37:26)
- Tabernakel vir ewig in hulle midde as teken (37:27)(tempel in 1000 jaar / nuwe stad Jerusalem op nuwe aarde)
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING ESEG. 38 EN 39:

Gog (die vors van Ros, Meseg en Tubal - in die land Magog), in die land Magog: (Eseg. 38:2,3; 39:1)
- sy woonplek: agterhoeke van die Noorde (38:15; 39:2)
- "hake in jou kakebene" (38:4) - vgl. met beeldspraak: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/beeldspraak-hake-in-kakebene.html
- 'n leer van perde en ruiters, almal volkome toegerus, groot menigte met groot en klein skilde - almal hanteer swaard (38:4)

Wie sal saam met hom uittrek?
- Perse, Kusiete, Puteers (almal met skild en helm)(38:5)
- Gomer en al sy leers - die huis van Toarma, in die uithoeke van die noorde en al sy leers (baie volke saam met hom - wat almal op perde ry (38:15)) (38:6)

- Gog is hulle leidsman (38:7)

Gog trek op teen Israel.  
- Wanneer?  -"Aan die einde van die dae" (38:16)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld.html)
- Van hom is geprofeteer dat dit so sou gebeur (38:17; 39:8)
(Ps. 110:5-6; Jes. 34:1-6; Jes. 63:1-6; 66:15,16; Sag. 14:1-21)
- (volk) Israel - 38:14 - (word hier beskryf as 'n land wat van die swaard weer reggekom het, versamel uit baie volke, ; " 'n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, WAT OP DIE MIDDELPUNT VAN DIE AARDE WOON" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html) - nie meer puinhope nie - rustige mense en woon in veiligheid, sonder mure, grendels of poorte (38:8-12);
- Gog trek teen Israel op (38:9-17)
- kyk Skeba en Dan en koopmans van Tarsis se opmerking (38:13)
- Grimmigheid in die Here se neus opkom (38:18)
- Groot aardbewing op die dag wanneer hulle teen Israel aankom (38:19)
- Mense, visse, voels en wilde diere en al die gediertes wat op die grond kruip bewe weg van die Here se aangesig af; berge word omver gegooi, kranse stort inmekaar, al die mure op die aarde val (38:20)
- Die swaard van die een sal teen die ander wees (38:21)
- Pes, bloed, stortreen, haelstene, vuur, swawel op Gog se leers en op baie volke saam met hom (38:22)
- Die Here sal Hom bekend maak voor al die nasies en hulle sal weet dat Hy Here is, die Heilige in Israel (38:23; 39:7)
- Die Here sal Gog se boog uit sy linkerhand slaan en sy pyle uit sy regterhand laat val (39:3)
- Gog en sy menigte sal op die oop veld val, op die berge van Israel (39:4,5); as voedsel vir die voels en diere (38:23-39:5)(39:4,17-20)
- Vuur slinger in Magog en kuslande (39:6)
- Inwoners van Israel sal 7 jaar lank vuur maak met die wapens (39:9,10)
- "Dal van Gog se menigte" - 'n graf in Israel (die dal van die trekkers aan die oostekant van die see) - hulle sal 7 maande lank begrawe word (39:11-15). En die naam van 'n stad sal wees "Hamona" - so sal hulle die land reinig (39:16)

Wat dan die huis van Israel se toestand?
- Hulle sal weet dat Hy die Here hulle God is, van daardie dag en verder (39:22)
- En die nasies sal weet dat dit vanwee die huis van Israel se ongeregtigheid, onreinheid en oortredinge is dat hulle in ballingskap gegaan het - aan hulle teestanders oorgegee en almal deur swaard geval (39:23,24)(want hulle het teen die Here TROUBREUK gepleeg)
- Dan sal hulle veilig woon in hulle land en hulle smaad vergeet (39:26)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ander inligting van belang (interpretasie):

(1)DAAR MOET ONDERSKEID GETREF WORD TUSSEN:
(a) DIE OPTREK VAN GOG (van die land Magog), MET SY MENIGTES (teen Israel/Jerusalem...)(aan die einde van dae, wanneer Jesus Christus terugkom)(en dan DIE SLAG VAN ARMAGEDDON),  EN 
(b) DIE VERSAMELING VAN DIE GOG EN MAGOG (aan die einde van 1000 jaar ryk):  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/eindtydskrifte-wat-maklik-verwar-word.html.  Alhoewel hier ook na "Gog" en "Magog" verwys word in Eseg. 37-39 - wat terloops vgl. moet word met Openb. 19:15-19 -, is dit nie dieselfde as die "Gog en Magog" waarna verwys word in Openb. 20:9 nie.  By die slag van Armageddon sal die Here Jesus self teen hulle oorlog voer en Gog verslaan en laat val op die berge van Israel, en vuur slinger in Magog en kuslande (en Sy regering opneem); terwyl by die versameling van die Gog en Magog in Openb. 20:9, sal die nasies wat almal optrek teen Jerusalem, met vuur verslind word uit die hemel.Let wel dat Gog (wat woon in die land Magog) se menigte hier in Eseg. 39 ook nog begrawe gaan word vir 7 maande lank, terwyl in die geval van Openb. 20:9 sien ons na dit die wit troon oordeel en dan die nuwe hemel en aarde... 

(2) - DIE TYDPERK WAARIN DIE VOLK IN DIE LAND VEILIG EN RUSTIG WOON wat beskryf word in Eseg. 38 (38:14), verwys beslis hier na 'n tydperk voor Jesus Christus terugkom (en wat lyk of dit miskien ook dieselfde typerk is waarin die Antichris regeer)(1 Thess. 5:3). Die feit dat alles stil en rustig lyk, beteken nie dat daar geen verdrukking is nie, want vgl. ons dit bv. met Sag. 1:11-15, praat dit daar ook van 'n tydperk op die aarde waarin dit "stil en rustig" was, tog was dit terwyl die volk van God in ballingskap was! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/volledige-uiteensetting-eindtydskrifte.html). Die tempel van God waarna verwys word in Openb. 11 verwys ook na 'n tydperk net voor Jesus terugkom. Verder verklaar Openb. 11:2 dat hierdie tempel in die heilige stad (Jerusalem) sal wees en dat die voorhof buitekant die tempel, aan "die heidene gegee is";  "en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap". (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/eindtyd-onderwerpe-42-maande.html)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/eindtyd-onderwerpe-die-2-getuies.html).



(3) - Let ook op hoe die volk wat in daardie tyd (soos beskryf in Eseg. 38:14) in die land sal wees, beskryf word as: " 'n volk wat uit die nasies versamel is";  tog verklaar die Skrif ook dat die Here Jesus Sy kinders sal versamel uit die nasies eers wanneer Hy terugkom... (Eseg. 37:15-28). Ons moenie dink dat omdat Eseg. 37 voor 38 is, die gebeure van 37 voor 38 plaasvind nie, want dit verwys na verskillende visies wat aan Esegiel gewys is (kyk v. 1 in beide hoofstukke).  Dus kan ons duidelik sien dat oral waar die skrif praat van "versamel uit die nasies" dit nie slegs/altyd verwys na een geval nie.  Daar is dus ook ander tye waarin "versamelings" sal plaasvind en dus ook duidelik dat daar 'n versameling sal plaasvind nog voor Jesus terugkom (Eseg. 38:8-12) wat nie dieselfde is as die versameling nadat Hy teruggekom het nie! (Eseg. 37:15-28).
_________________________________________________________________________________
Eseg. 38 praat van 'n tyd waarin Jerusalem herstel is na "puinhope" en van die swaard weer reggekom het. Die volk wat dan in die land woon, word beskryf as 'n volk versamel uit baie volke.  Dit is duidelik dat dit spreek van die plek Israel en Jerusalem (v.8 en 12).  Die volk Israel WOON IN VEILIGHEID (v. 14)(sonder muur en geen grendel of poorte), maar vgl. dit gerus met bg. dat "veilig en rustig" kan wees te midde van ander wat verdruk word, of a.g.v. ander wat verdruk word!  Eseg. 38 verwys NIE na wanneer Jerusalem ingeval word met aanvang van die Groot Verdrukking nie, maar verwys na die tyd net voor Jesus Christus terugkom.  Vgl. hierdie met 1 Thess. 5:3 wat praat van 'n tyd van "vrede en veiligheid" (wat praat van 'n tyd net voor Jesus Christus terugkom) - dit moet egter nie verwar word met die vrede onder die eerste seel (wat weggeneem word onder die tweede seel) nie.  Eseg. 39 praat van hierdie selfde tydperk, maar dan DIE SLAG VAN ARMAGEDDON (wanneer Jesus Christus terugkom).

(Eseg. 38:8 - "Ná baie dae sal jy (Gog van Magog) bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy
-  ‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat
-  versamel is uit baie volke,
-  op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het—ja, dit is uit die volke uitgebring,
-  en hulle woon almal in veiligheid").
(Eze 38:11)  en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom
-  by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
(Eze 38:12)  
-  om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en
-  teen ‘n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, 
-  wat op die middelpunt van die aarde woon  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html).
_________________________________________________________________________________

SKRIFGEDEELTES:

_________________________________________________________________________________
(Eze 37:1)  Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.
(Eze 37:2)  En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.
(Eze 37:3)  Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit.
(Eze 37:4)  Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE!
(Eze 37:5)  So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.
(Eze 37:6)  En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
(Eze 37:7)  Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar ‘n geruis, en kyk—’n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been.
(Eze 37:8)  Toe kyk ek en—daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ‘n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
(Eze 37:9)  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.
(Eze 37:10)  En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër!
(Eze 37:11)  Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!
(Eze 37:12)  Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
(Eze 37:13)  En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!
(Eze 37:14)  En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.


(Eze 37:15)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
(Eze 37:16)  En jy, mensekind, neem vir jou ‘n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ‘n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote.
(Eze 37:17)  Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand.
(Eze 37:18)  En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie?
(Eze 37:19)  sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.
(Eze 37:20)  So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë;
(Eze 37:21)  en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.
(Eze 37:22)  En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.
(Eze 37:23)  En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees.
(Eze 37:24)  En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.
(Eze 37:25)  En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig.
(Eze 37:26)  En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig.
(Eze 37:27)  En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees.
(Eze 37:28)  En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
_________________________________________________________________________________

(Eze 38:1)  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
(Eze 38:2)  Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom
(Eze 38:3)  en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
(Eze 38:4)  En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ‘n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer;
(Eze 38:5)  Perse, Kusiete en Putéërs saam met hulle, almal met skild en helm;
(Eze 38:6)  Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs—baie volke saam met jou.
(Eze 38:7)  Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ‘n leidsman.
(Eze 38:8)  Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare sal jy ‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur as puinhoop daar gelê het—ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
(Eze 38:9)  Dan sal jy optrek soos ‘n onweer wat aankom, jy sal wees soos ‘n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
(Eze 38:10)  So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ‘n listige plan beraam
(Eze 38:11)  en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
(Eze 38:12)  om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen ‘n volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.
(Eze 38:13)  Skeba en Dedan en die koopmans van Tarsis en al sy jong leeus sal vir jou sê: Kom jy om buit te maak? Het jy jou menigte bymekaar laat kom om roof te rowe? Om silwer en goud weg te dra, om vee en goed weg te neem, om ‘n groot buit te maak?
(Eze 38:14)  Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here HERE: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon nie?
(Eze 38:15)  Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, ‘n groot menigte en ‘n magtige leër;
(Eze 38:16)  en jy sal optrek teen my volk Israel soos ‘n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees—dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.
(Eze 38:17)  So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
(Eze 38:18)  Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.
(Eze 38:19)  Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar ‘n groot aardbewing wees in die land van Israel,
(Eze 38:20)  sodat van my aangesig af weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gedierte wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.
(Eze 38:21)  En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.
(Eze 38:22)  En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.
(Eze 38:23)  So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
(Eze 39:1)  En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.
(Eze 39:2)  En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en jou laat kom op die berge van Israel.
(Eze 39:3)  Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
(Eze 39:4)  Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
(Eze 39:5)  Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.
(Eze 39:6)  En Ek sal ‘n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
(Eze 39:7)  En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel.
(Eze 39:8)  Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.
(Eze 39:9)  En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;
(Eze 39:10)  sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.
(Eze 39:11)  En in dié dag sal Ek aan Gog ‘n plek gee waar ‘n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte en dit noem: Die dal van Gog se menigte.
(Eze 39:12)  En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.
(Eze 39:13)  En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE.
(Eze 39:14)  Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het, om dit te reinig. Aan die einde van sewe maande sal hulle ‘n ondersoek instel,
(Eze 39:15)  en sien een van hulle wat deur die land trek, ‘n mensebeen, dan rig hy daarby ‘n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte.
(Eze 39:16)  En ook sal die naam van ‘n stad wees Hamóna. So sal hulle dan die land reinig.
(Eze 39:17)  En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, ‘n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!
(Eze 39:18)  Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink—ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam—
(Eze 39:19)  vet sal julle eet totdat julle versadig is, en bloed drink totdat julle dronk is, van my slagoffer wat Ek vir julle geslag het.
(Eze 39:20)  En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.
(Eze 39:21)  En Ek sal my heerlikheid onder die nasies bring, en al die nasies sal my strafgerig sien wat Ek voltrek het, en my hand wat Ek op hulle gelê het.
(Eze 39:22)  En die huis van Israel sal weet dat Ek die HERE hulle God is, van dié dag af en verder.
(Eze 39:23)  En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hulle ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek my aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het.
(Eze 39:24)  Volgens hulle onreinheid en hulle oortredinge het Ek met hulle gehandel en my aangesig vir hulle verberg.
(Eze 39:25)  Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam.
(Eze 39:26)  En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.
(Eze 39:27)  As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.
(Eze 39:28)  En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie.
(Eze 39:29)  En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.

Geen opmerkings nie: