Donderdag 11 Augustus 2016

Sagaria 14

Vir 'n opsomming oor PROFETIESE BOEKE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/profetiese-boeke.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Boek van Sagaria:  Sag. 14 ('n opsomming)
_________________________________________________________________________________
AAN WIE GERIG?
- Jerusalem

WAT GAAN MET JERUSALEM GEBEUR?
- die Here sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem - die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word; (14:2)
- die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie; (14:2)
- dit wat van Jerusalem buitgemaak is, sal binne-in haar verdeel word (14:1);
- hulle sal vlug in die dal van die berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en hulle sal vlug soos hulle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda (14:5);

WAT SAL DIE HERE DOEN?
- nadat dit gebeur het, sal die Here terugkom, en al die heiliges saam met Hom (14:5);
- en in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees (17:7);
- en dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word (14:7);
- en in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide (14:4);
 -  en die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies (wat oorlog gevoer het teen Jerusalem en die stad ingeneem en buitgemaak het en dit verdeel het)(14:3);
(Zec 14:11)  En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.
(Zec 14:12)  En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
(Zec 14:13)  En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
(Zec 14:14)  En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid.
(Zec 14:15)  En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.

WAT GAAN DAARNA GEBEUR?
- En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een (14:9);
- en in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees (14:8);
- die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning (14:10);
- en hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon (14:11);
- en almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier (14:16);  en wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie (14:17); en as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie (14:18); dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie (14:19);
- in dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar (14:20); al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie (14:21).
_________________________________________________________________________________

SKRIFGEDEELTE:
_________________________________________________________________________________
(Zec 14:1)  Kyk, daar kom ‘n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
(Zec 14:2)  Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
(Zec 14:3)  En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
(Zec 14:4)  En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
(Zec 14:5)  En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
(Zec 14:6)  En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
(Zec 14:7)  En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.
(Zec 14:8)  En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
(Zec 14:9)  En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een.
(Zec 14:10)  Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning.
(Zec 14:11)  En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.
(Zec 14:12)  En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
(Zec 14:13)  En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
(Zec 14:14)  En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid.
(Zec 14:15)  En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.
(Zec 14:16)  En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.
(Zec 14:17)  En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie.
(Zec 14:18)  En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.
(Zec 14:19)  Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.
(Zec 14:20)  In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.
(Zec 14:21)  Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.

Geen opmerkings nie: