Donderdag 22 September 2016

Verontreinig / Ontheilig

(Openb. 21:27)  En daarin (nuwe stad Jerusalem) sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
_________________________________________________________________________________

"VERONTREINIG" beteken
-  "om te besoedel"/besmet of
-  "nie skoon nie"
(Griekse woord "Me-ah ee-no", "Koy-no-o" of Hebr. woord "Taw-may").

-  Word gebruik in geval van onrein dinge waardeur iemand homself verontreining (Lev. 5:3; 11:24,43,44; 21:1,11...);
-  of in geval van waar onrein siektes ander besmet (Lev. 15:26...); 
-  of in geval van waar iets wat heilig is, besmet word deur iets/iemand wat onrein is (Lev. 15:31; Num. 5:3; 2 Kron. 36:14; Ps. 79:1; Joh. 18:28...);
-  of in die geval waar iemand onrein word a.g.v. sonde soos hoerery, egbreuk, afgodsaanbidding, en heidense praktyke soos oproep van geeste en allerhande geloofspraktyke  / in sulke gevalle is die persoon besig om homself daarmee te verontreinig (was rein, maar word onrein) (Lev. 18:20,23,24; 19:31; 20:3; Num. 5:14; 2 Kon. 23:8,10,13,16; 2 Kron. 36:14; Jes. 30:22; Jer. 2:23; 7:30; 32:34; Eseg. 5:11...); 
- of in geval van waar die land verontreinig word - land was heilig (afgesonder), maar verontreinig deur afgode en heidense geloofspraktyke (Lev. 18:28,30; Num. 35:34; 21:23;Jer. 2:7...).

_________________________________________________________________________________
"ONTHEILIG" beteken:
-  het ook die betekenis van "besoedel word" ,en gaan oor

-  hoe iets wat heilig is, "gewond" word, in die sin van "dit was heilig, maar is nou nie meer nie")
(Griekse woord "Beb-ay-lo-o", of Hebr. woord "Khaw-lal").

-  Word gebruik in geval van 'n HEILIGE PLEK, wat ontheilig word - Hand. 21:28; 24:6;
-  Of 'n HEILIGE DAG, soos die Sabbat, wat ontheilig word - Matt. 12:5; Eseg. 23:38; 22:8; 20:16,21,24; 20:13;
-  Of  'n HEILIGE IETS (soos die Here se HEILIGDOM), wat ontheilig word - Mal. 2:11; Dan. 11:31; Eseg. 44:7; Eseg. 36:22,23; 25:3; 24:21; 23:39; 7:21-24; Ps. 74:7; Eks. 20:25;
-  Of die HEILIGE VERBOND / WET, wat ontheilig word - Mal. 2:10; Eseg. 22:26;
-  Of iemand, soos die HEILIGE VOLK van God / die HUIS van ISRAEL, wat ontheilig word - Mig. 4:11; Eseg. 36:21; 28:7; 
-  Of waar die Here se HEILIGE NAAM ontheilig word - Amos 2:7; Eseg. 39:7; Eseg. 36:20; 20:39; Jer. 34:16; Jes. 48:11;
-  Van iemand soos Tirus, wie se GLANS ontheilig word - Eseg. 28:18; Jes. 23:9;
-  Valse profete wat leuens profeteer wat die Here ontheilig  - Eseg. 13:19; Jes. 47:6;
-  koninkryk van Juda en vorste word deur die Here ontheilig of waar die Here Sy erfdeel ontheilig  /  kroon ontheilig - Lam. 2:2; Jes. 43:28; Jes. 47:6; Ps. 89:39;
-  kinders van Jakob het die LAND VAN DIE HERE ontheilig - Jer. 16:18; Jer. 16:18; Jer. 3:2,9; 3:1;
-  die AARDE ontheilig deur bewoners / LAND deur BLOEDSKULD ontheilig - Jes. 24:5; Ps. 106:38; Num. 35:33;
-  Ruben het die BED van sy vader ontheilig - 1 Kron. 5:1; Gen. 49:4;
-  HEILIGE GAWES ontheilig - Lev. 22:9,15;
-  ontheilig deur HOERERY- Lev. 21:9; 19:29;
-   ontheilig die Naam van die Here deur VALS TE SWEER BY SY NAAM - Lev. 19:12
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
As iets/iemand wat rein is, verontreining word, het dit tot gevolg dat iets ONTHEILIG word (dan is dit nie meer heilig nie).  Bv.: IEMAND WAT SY KIND AAN 'N AFGOD OFFER, IS BESIG OM HOMSELF (EN DIE LAND TE VERONTREINIG), EN SO DIE NAAM VAN GOD TE "ONTHEILIG" -  (Lev 18:21 - "En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE"). Wanneer iets of iemand heilig is dan is dit afgesonder vir 'n spesifieke doel;  so bv. is die Naam van die Here heilig en die enigste Naam vir wie ons dien, maar die wat begin om aan afgode te offer, ONTHEILIG die Naam van die Here deurdat hulle nie meer Sy Naam afsonder as die Naam vir wie hulle dien nie, maar hulle begin ook ander name te dien (ander name is nou ook vir hulle heilig).
Kom ons kyk na nog 'n vb.:  - die wat owerspel of egbreuk pleeg, is besig om hulleself en die land te VERONTREINIG - en besig om die huwelik te ONTHEILIG.  Hoekom? -  dit wat heilig is (soos 'n huwelik wat afgesonderd is vir die twee wat aan mekaar getroud is), word nou ontheilig - dit word "gewond" - besoedel. Die huwelik is "skoon" wanneer huweliksmaats hulle belofte aan mekaar hou, m.a.w. hulle is AFGESONDER vir mekaar (huwelik dan heilig), maar wanneer een van hulle egbreuk pleeg, dan is dit nie meer afgesonder (heilig) nie. Nou is dit ONTHEILIG (nie meer afgesonderd nie).
Nog 'n vb. is die van hoe die Here sy volk by tye "ontheilig" het, in die sin van dat hulle gesien word "as besoedeldes" (Jes. 30:22), en natuurlik geoordeel word daarvolgens!  (Jes. 43:28 - "So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge").  Hulle daad van "verontreiniging" het veroorsaak dat hulle "ontheilig" word (nie meer afgesonderd is as 'n geseende volk nie, maar nou teenspoed kry soos die Here optree teen die wat nie heilig of rein is nie). Die volk van God was spesifiek beveel om die land waarin hulle woon nie te verontreinig nie: (Num 35:34 - "En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel").  As hulle die land waar hulle bly verontreinig, dan kon hulle nie verwag om dit te behou nie (Lev. 18:24,25), want dit is dit nie meer afgesonderd vir die Here en Sy volk nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html).  Om bv. die heiligdom van die Here te verontreinig (Num. 19:20), beteken dat iemand dit besoedel maar in die sin van dat dit nie meer afgesonder is nie.  Om weer rein te word moes 'n spesifieke metode gevolg word en was reinigingswater in die geval nodig.  As dit nie weer rein gemaak word nie, dan sal die Here Homself onttrek daarvan WANT DIT IS NIE MEER HEILIG (AFGESONDER) NIE (Eseg. 5:11). (Eseg. 36:17 - "Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid"). Op dieselfde wys kan Christene nie verwag om te erf as hulle hulself verontreinig en hulle nie bekeer van die onreinheid nie - dit kan tot gevolg he dat so 'n Christen afgesny word en nie erf nie - m.a.w., ONTHEILIG word! 


Die volk van God is 'n HEILIGE volk omdat hulle skoongewas is en afgesonder is vir die Here, maar as hulle hul verontreinig (m.a.w. hulleself besoedel), dan is hulle besig om hulleself te ontheilig (besig om hulleself af te sny van die "afsondering" - dus nie meer afgesonderd).  Dieselfde is waar in geval waar 'n Christen homself verontreinig (want elke Christen is deel van die volk van God).  Die Christen is skoongewas deur die bloed van Christus, en geheilig (afgesonder om die Here te dien), en ja, die Here sal die een wat na Hom toe kom, NOOIT UITWERP NIE (Joh 6:37);  tog verduidelik Hy ook op 'n ander plek dat sommige Christene WEL UITGEWERP SAL WORD! (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy UITGEWERP soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").  Hier sien ons dus die vb. van iemand wat nadat hy skoongewas en geheilig is, homself verontreining (BESOEDEL) het omdat hy nie in die Here gebly het nie, en so homself ONTHEILIG het (m.a.w., as hy hom nie bekeer nie, kan hy nie hanteer word soos iets/iemand wat afgesonder is vir die Here se diens nie).(Heb 10:30,31 - "Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God)(1 Pet. 1:17; 4:17; Jak. 2:13; 3:1; 5:12).  Daarom moet die wat geheilig is ook toon dat hulle heilig is.  Hoe leer die Skrif vir ons? - hoe toon ons dat ons heilig is?:  -Deur onsself nie te VERONTREINIG (besoedel) nie:
-  (Lev 18:24 - "Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf");
-  (2Kor. 6:17 - "Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem");
-  (2Kor. 7:1 - "Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring").

-  Die Here antwoord nie die gebed van die wat hulleself verontreinig nie (Jes. 1:15);
-  die Here neem nie die offers van verontreinigdes aan nie (Jes. 1:10-15; Amos 5:21-23);
-  die Here kom nie die verontreinigdes te hulp nie (Mig. 3:10-12);
-  geen onreine het 'n erfdeel in die koninkryk van Christus en van God nie (Ef. 5:5)......

Ons moet dus verstaan wat die dinge is waardeur die geroepe (heilige/afgesonderde) verontreinig word (en moet ook weet dat die wette rondom dit verskil tussen die Ou en Nuwe Testament!, alhoewel die wette rondom "sonde" altyd dieselfde bly - sonde bly altyd sonde en word nie anders vervul in die Nuwe Testament nie). Bv., in die Ou testament was daar baie wette rondom wat jy mag eet ("rein" en daarom heilig) en nie mag eet nie ("onrein" en daarom onheilig), maar in die Nuwe testament is alles my geoorloof om te eet (as dit met my gewete saamstem), behalwe bloed en wat verwurg is (Hand. 15:29);  - m.a.w., in die N.T. is alle kosse "rein" / "heilig".  Sonde aan die ander kant is nie iets wat gister ongeloorloof was en vandag geoorloof nie!  Enige vlees-sonde waardeur die gelowige hom kon verontreinig in die O.T., sal ook in die N.T. dieselfde verontreiniging tot gevolg he.  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Maar watter voorbeelde of dinge word genoem as dinge wat veroorsaak het dat hulle die Here se heiligdom verontreinig of Sy heilige Naam ontheilig het? Of dat hulle die land ontheilig het? Of wat het veroorsaak dat iemand of iets ontheilig word? ...

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde:
-  afgodsoffers, afgodsaanbidding (Lev. 20:2-5; 18:21; 2 Kon. 23; Jer. 2:7; Eseg. 20:18,30,31; 22:4; 23:30);
- oproep van geeste van afgestorwenes en geeste wat waarsê (Lev. 20:6,27; 19:31);
- elkeen wat sy vader of moeder vloek (Lev. 20:9);
- owerspel, egbreuk, hoerery (Lev. 20:10-12; 18:20; Num. 5:13)(beeldspraak Hos. 5:3; 6:10)
- homoseksualisme (Lev. 20:13; 18:22)
- bloedskande (Lev. 18:6-18; 20:14, 17-21) - (vb? : Ruben het met sy vader se byvrou gemeenskap gehad -Gen. 35:22; 49:4);
- as iemand sy vrou se skaamte ontbloot terwyl sy menstrueer (Lev. 18:19);
- maandelikse onreinheid (Lev. 15:25);
- iemand wat met 'n dier gemeenskap het (Lev. 18: 23; 20:15,16);
- die aanraak van onrein diere en eet van sekere spyse (Lev. 5:3; 11:24,43,44)(Dan. 1:8)(Mal. 1:7);
- sekere siektes (Lev. 15; Num. 5:2-4);
- wanneer 'n priester of nasareer sekere dooies aangeraak het (Lev. 21:1....);
- die wat werk op die Sabbat het dit ontheilig (Eks. 31:14);
- die oortreding van wette; hou nie sy insettinge nie (Jes. 24:5)(Ps. 89:31);
- bloedskuld (Ps. 106:38) -http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html ;
- verkragting van die wet (Sef. 3:4).

Al is iets heilig, is daar gevalle waar dit toelaatbaar is om dit te ontheilig, bv. 'n priester of nasareer mag geen dooies aanraak nie, want dan het hy hom VERONTREINIG (Lev. 21:1....);  tog was dit in sekere gevalle toelaatbaar om homself te verontreinig soos in die geval van 'n bloedverwant of naasbestaande wat gesterf het (Lev. 21:2,3).   Vgl. dit met hoe, volgens baie Skrifgeleerdes en Fariseers,  Jesus Christus die Sabbat "ontheilig" het (Joh. 5:18; 9:16; Luk. 13:14). Die Sabbatdag is HEILIG (Eks. 20:8-10); tog het hulle mense besny op die Sabbat! (Joh. 7:22,23).  En ook het Jesus Christus gewys dat dit somtyds geoorloof is om dit te ONTHEILIG, want Hy het mense genees op die Sabbat (Joh. 9:1-15; 5:2-17; Luk. 14:3,4), en Sy dissipels toegelaat om op die Sabbat (toe hulle honger was) are te pluk en met hulle hande uit te vrywe en te eet (wat tog duidelik soos "werk" gesien kan word (Luk. 6:1).  Hy het geleer dat dit geoorloof is om iemand of 'n dier te hulp te kom, al is dit op die Sabbat (Luk. 13:15,16)(want om dit nie te doen nie sou beteken dat jy onbarmhartig is).  M.a.w., ter wille van BARMHARTIGHEID is dit jou somtyds geoorloof om die Sabbat te ontheilig (soos om jou diere kos te gee);  net soos dit Dawid en die by hom, geoorloof was toe hulle honger gehad het op die Sabbat (Luk. 6:1-4).  Dit is dus in sekere gevalle geoorloof om die Sabbat te ontheilig, net soos die priester geoorloof was om sekere dooies aan te raak en homself so te verontreinig  (Luk 13:15). Al het hy hom daardeur dus verontreinig, IS DIT NIE IETS WAARVAN HY HOM MOET BEKEER SOOS IN DIE GEVAL VAN SONDE NIE.(Luk 6:5)  Toe sê Hy vir hulle: Die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.  ONS MOET ONDERSKEI TUSSEN WETTE EN SONDE.  Baie maak nie hierdie onderskeiding vandag nie, en dink dat omdat sekere wette anders vervul word in die N.T. as in die O.T., sonde nou ook toelaatbaar is??  Nee, sonde bly altyd sonde en kan nie gister verkeerd en vandag reg wees nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet dus altyd onderskei tussen wat REIN is, en wat ONREIN is (en tussen wat HEILIG is, en wat ONHEILIG is)(Lev. 10:10).  In sekere gevalle verwys dit wat rein is, ook na dit wat heilig is, bv. iets wat rein (skoongewas) is, kan geheilig word (afgesonder word vir 'n spesifieke doel). Dus,  iets/iemand is rein OMDAT dit heilig verklaar is (afgesonderd is) - of word geheilig omdat dit rein is.  Iets of iemand wat onrein is, is nie skoon nie en kan nie geheilig word (afgesonder word) vir 'n spesifieke doel nie. Christene wat SKOONGEWAS (daarom REIN) en AFGESONDER IS (daarom HEILIG) moet weet watter dinge hom/haar kan VERONTREINIG (waardeur hy dan besoedel word);  m.a.w., Christene moet weet wat dit is wat kan veroorsaak dat hulle ONTHEILIG word. Jesus Christus het vir ons baie geleer oor wat rein, en wat onrein is, en wat heilig, en wat onheilig is.  Hy het o.a. geleer dat die dinge waardeur kinders van die Here hulle vrug verloor (m.a.w. waardeur hulle hulself verontreinig en ontheilig), is dinge soos die verleiding van die rykdom en sorge en genietinge van die lewe... (sien "gelykenis van die saaier").  Hy het ook geleer dat dit die is wat "nie wortel het nie" (Luk. 8:13) en die wat nie "in Hom bly" nie (Joh. 15:6), wat sukkel om vrug te dra of in tyd van versoeking AFVAL. (In ander woorde, Christene wat nie in die Here bly en soek na Sy waarheid nie, sukkel om hulleself rein te hou!).
Verder het Jesus ook geleer dat dit nie dit is wat ingaan (soos kos, of soos om met ongewaste te eet) wat jou onrein maak nie, maar dit wat uit die hart uit kom (Matt. 15:11-20), bv. die wat rykdom begeer, kan maklik verstrik word daardeur (en dan daardeur onrein word/homself daardeur verontreinig).  (1Jn 3:2,3 - "Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is").

Kom ons kyk na nog 'n paar voorbeelde in die Skrif van dinge waardeur Christene hulleself verontreinig:
Ons sien bv. 3 dinge in Hand. 15:29 wat terloops ook in die Ou Testament as "onrein" beskou was:
(1) afgodsoffers (vgl. met 1 Kor. 8)(Openb. 2:14);
(2) die eet van bloed en wat verwurg is; en
(3) hoerery (Openb. 2:14,20).
Nie alles wat in die O.T. as onrein beskou is, is steeds onrein nie;  alhoewel in die geval van sonde kan dit nooit gister onrein wees en van dag rein nie.
(4)  Nog 'n vb. in die Skrif van wie gesien word as BESOEDELDES (verontreinigdes) is die met 'n "slegte gewete".  Dit is die wat die waarheid verdraai en hulle hoop plaas in wereldse wysheid, verkondig fabels en leer gebooie van mense.  "Besoeldeldes" het NIE 'n REIN GEWETE nie en hou hulle besig met twisvrae en onsinnige praatjies - die waarheid is nie vir hulle heilig nie (Hand. 19:9...).  Baie wat bely dat hulle Christene is, is tog nie lief vir die waarheid nie, en steur hulle nie eens aan Jesus Christus se gebooie nie.  Hulle besluit self "wat is waarheid" en as hulle die waarheid hoor, dan gee hulle nie ag daarop nie of probeer hulle eie sieninge regverdig.  Bv.,  Jesus het geleer dat enige loot wat nie vrug dra nie, afgesny sal word;  tog glo baie Christene vandag dat 'n Christen nooit sy saligheid kan verloor nie. Baie wat besoedel is, bekeer hulle nie juis omdat hulle dink dat geen onreinheid hulle hul saligheid kan kos nie!   (Tit_1:15  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle GEWETE IS BESOEDEL). Ons moet 'n REIN GEWETE najaag - in 1 Tim. 1:5 word die tema van "goeie (rein) gewete" gebruik in konteks met die wat die waarheid liefhet (nie hulle eie waarheid skep nie).
(5)  In 2 Kor. 6:17 word Christene ook beveel om nie aan te raak wat onrein is nie;  hier gaan die konteks oor  "Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie..." (v.14) - meer spesifiek, "afgodsaanbidding" (1 Joh. 5:21). Ons moet natuurlik verstaan wat afgodsaanbidding alles behels, en begryp dat dit nie noodwendig net gaan oor om 'n beeld te aanbid nie, maar dat selfs iets soos "eiesinnigheid" (bedink aardse dinge en soek nie die waarheid nie, of verdraai waarheid) gesien word as afgodery en beeldediens (1 Sam. 15:23) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html). En dit sluit natuurlik in gevalle waar mense hulle hoop plaas in heidense geloofspraktyke. In geval waar Christene hulle hoop plaas in wereldse rykdom en sekuriteit (Openb. 3:17,18; Luk. 17:33), is hulle ook besig om hulleself te VERONTREINIG en besig met afgodsdiens.  Niemand kan twee here dien nie!
(6) Sonde en eie wil is ook 'n vorm van afgodsdiens - hier natuurlik bedoel in geval van waar 'n Christen in sonde stap sonder om hom te bekeer daarvan.  Hy wil staatmaak op die feit dat hy skoongewas is en geheilig is, maar die vraag is, is hy bereid om sy eie lewenshandel ook te heilig vir die Here?  In heelwat skrifte word Christene gewaarsku teen sulke sondes, en word op die naam genoem wie hierdie besoedeldes is: afgodedienaars, gierigaards, rowers, hoereerders, dronkaards, kwaadsprekers, sodomiete, mensediewe, leuenaars, ens... .(1Kor. 6:10; 1 Tim. 1:10) - en Christene word gewaarsku dat diesulkes NIE  die koninkryk van God sal beërwe nie. Volgens 1 Kor. 5:9-13, is dit duidelik dat Paulus spesifiek verwys na die wat bekend staan as Christen BROEDERS, wat in hierdie sondes stap en hulle nie wil bekeer daarvan nie;  en moedig hy hulle aan dat hierdie "Christen broeders" geoordeel moet word... (Mat 15:18 - "Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak").
_________________________________________________________________________________

SKRIFTE:

Lev_5:3  of as hy iets onreins van ‘n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;
Lev_11:24  En deur hierdie diere word julle verontreinig elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;
Lev_11:43  Moenie julle self ‘n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
Lev_11:44  Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
Lev_15:26  Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.
Lev_15:31  So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig.
Lev_18:20  En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.
Lev_18:23  En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging.
Lev_18:24  Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.
Lev_18:28  Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.
Lev_18:30  Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
Lev_19:31  Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
Lev_20:3  En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig.
Lev_21:1  Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan ‘n dooie moet ‘n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
Lev_21:3  en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan ‘n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig.
Lev_21:4  Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.
Lev_21:11  En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
Num_5:3  Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.
Num_5:13  en ‘n man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie—hoewel sy haar verontreinig het—terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;Num_5:14  en daar kom ‘n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of ‘n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;
Num_5:20  Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat ‘n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het—
Num_5:27  En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk ‘n vervloeking wees.
Num_5:28  Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
Num_5:29  Dit is die wet oor die jaloersheid: As ‘n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;
Num_6:7  Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster—aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die wyding van sy God is op sy hoof.
Num_6:9  En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy sy gewyde hoof verontreinig, moet hy op die dag van sy reiniging sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer.
Num_6:12  Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan die HERE wy en ‘n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is.
Num_19:13  Elkeen wat aan ‘n dooie raak, aan die lyk van ‘n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE, en dié siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees;sy onreinheid is nog aan hom.
Num_19:20  Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.
Num_35:34  En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.
Deu_21:23  dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.
2Ki_23:8  En hy het al die priesters uit die stede van Juda laat kom en die hoogtes verontreinig waar die priesters offerrook laat opgaan het, van Geba af tot by Berséba, en die hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van Jósua, die owerste van die stad, was en die wat aan ‘n mens se linkerhand in die stadspoort was.
2Ki_23:10  Hy het ook Tofet verontreinig wat in die dal van die kinders van Hinnom was, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog deur die vuur sou laat deurgaan nie.
2Ki_23:13  En die hoogtes wat oos van Jerusalem was, suid van die Berg van Bederf, wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astarte, die verfoeisel van die Sidoniërs, en vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Milkom, die gruwel van die kinders van Ammon, het die koning verontreinig.
2Ki_23:16  En toe Josía hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit verontreinig, volgens die woord van die HERE wat verkondig is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.
2Ch_36:14  Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.
Psa_79:1  ‘n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak.
Isa_30:22  En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is. Weg daarmee! sal jy daarvan sê.
Jer_2:7  En Ek het julle gebring in ‘n land van tuine, om die vrugte en die goeie daarvan te eet; maar toe julle inkom, het julle my land verontreinig en my erfenis ‘n gruwel gemaak.
Jer_2:23  Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie; ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? Kyk jou weg in die dal; weet wat jy gedoen het, jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop!
Jer_7:30  Want die kinders van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë, spreek die HERE. Hulle het hul verfoeisels gesit in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.
Jer_32:34  Maar hulle het hul verfoeisels neergesit in die huis waar my Naam oor uitgeroep is, om dit te verontreinig;
Eze_4:14  En ek sê: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.
Eze_5:11  Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeisels en met al jou gruwels, sal Ék My ook onttrek; my oog sal nie verskoon nie, en Ék sal ook nie spaar nie.
Eze_9:7  En Hy sê vir hulle: Verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat verslaan word. Trek uit! En hulle het uitgetrek en geslaan in die stad.
Eze_14:11  sodat die huis van Israel nie meer agter My wegdwaal nie en hulle nie meer verontreinig met al hul oortredinge nie. Dan sal hulle vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, spreek die HERE.
Eze_18:6  nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
Eze_18:11  terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie—as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,
Eze_18:15  nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig
Eze_20:7  En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte nie: Ek is die HERE julle God.
Eze_20:18  Maar Ek het aan hulle kinders in die woestyn gesê: Wandel nie in die insettinge van julle vaders nie en onderhou nie hulle verordeninge nie en verontreinig julle nie met hulle drekgode nie.
Eze_20:26  En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes, omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig, dat hulle sou weet dat Ek die HERE is.
Eze_20:30  Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Wat? Julle is verontreinig in die weg van julle vaders, en julle hoereer agter hulle verfoeisels aan;
Eze_20:31  ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
Eze_20:43  Daar sal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, en julle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.
Eze_22:3  en sê: So spreek die Here HERE: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!
Eze_22:4  Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; en deur jou drekgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; en jy het jou dae verhaas en tot by jou jare gekom. Daarom maak Ek jou tot ‘n smaad vir die nasies en ‘n spot vir al die lande.
Eze_22:11  Die een het ‘n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ‘n skandelike daad, en ‘n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.
Eze_23:7  En sy het haar hoererye aan hulle weggegee, hulle almal, die beste uit die kinders van Assur; en met almal na wie sy gesmag het—met al hulle drekgode het sy haar verontreinig.
Eze_23:13  Toe het Ek gesien dat sy verontreinig was: altwee het dieselfde weg bewandel.
Eze_23:17  Daarop kom die kinders van Babel by haar, na die bed van liefde, en verontreinig haar met hulle hoerery, en sy het onrein geword deur hulle; daarna het haar siel van hulle vervreemd geraak.
Eze_23:30  het jou dit aangedoen deurdat jy agter nasies aan gehoereer het en omdat jy met hulle drekgode verontreinig is.
Eze_23:38  Verder het hulle My dít aangedoen: hulle het my heiligdom op dieselfde dag verontreinig en my sabbatte ontheilig—
Eze_33:26  Julle steun op jul swaard, julle doen gruwels en verontreinig elkeen die vrou van sy naaste—en sal julle die land as besitting ontvang?
Eze_36:17  Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid.
Eze_36:18  Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het.
Eze_37:23  En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees.
Eze_43:7  En Hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van my troon en die plek van my voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal my heilige Naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings, by hulle dood;
Eze_43:8  deurdat hulle hul drumpel by my drumpel gemaak het en hul deurpos langs my deurpos, sodat net die muur tussen My en hulle was; en hulle het my heilige Naam verontreinig met hulle gruwels wat hulle bedryf het, sodat Ek hulle in my toorn verteer het.
Eze_44:25  En hy mag by ‘n lyk nie kom, sodat hy onrein word nie; net maar aan ‘n vader of ‘n moeder of ‘n seun of ‘n dogter, aan ‘n broer of ‘n suster wat nie aan ‘n man toebehoort nie, mag hulle hul verontreinig.
Dan_1:8  En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.
Hos_5:3  Ek ken Efraim, en Israel is vir My nie verborge nie; want nou het jy owerspel bedrywe, o Efraim! Israel is verontreinig.
Hos_6:10  In die huis van Israel het Ek ‘n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.
Hos_9:4  Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.
Zep_3:4  Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
Hag_2:13  Daarop sê Haggai: As iemand wat deur ‘n lyk verontreinig is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.
Mal_1:7  Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.
Mal_1:12  Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die HERE is verontreinig, en wat sy opbrings betref—sy spys is veragtelik.
Joh_18:28  Toe neem hulle Jesus van Kájafas na die goewerneur se paleis. En dit was vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, dat hulle hul nie sou verontreinig nie, maar dat hulle die pasga kon eet.
Rev_21:27  En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gen_49:4  Opbruising soos van waters—jy sal die vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader beklim; toe het jy dit ontheilig. Hy het my bed beklim.
Exo_20:25  Maar as jy vir My ‘n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
Exo_31:14  Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
Lev_18:21  En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Lev_19:8  En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
Lev_19:12  En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.
Lev_19:29  Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.
Lev_20:3  En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig.
Lev_21:4  Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.
Lev_21:6  Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.
Lev_21:9  En as die dogter van ‘n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.
Lev_21:12  en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.
Lev_21:15  dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.
Lev_21:23  maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Lev_22:2  Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Lev_22:9  Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.
Lev_22:15  So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig
Lev_22:32  En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,
Num_18:32  En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
Num_35:33  En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.
1Ch_5:1  En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel—want hy was die eersgeborene; maar omdat hy die bed van sy vader ontheilig het, is sy eersgeboortereg aan die seuns van Josef, die seun van Israel, gegee, maar hy moes nie in die geslagsregister volgens die eersgeboortereg aangegee word nie;
2Ch_29:19  ook al die gereedskap wat koning Agas tydens sy regering deur sy ontrou ontheilig het, het ons weer reggesit en geheilig, en kyk, daar is dit voor die altaar van die HERE.
Neh_13:17  En ek het met die edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die sabbatdag ontheilig?
Neh_13:18  Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie onheil gebring het nie? Ja, julle vermeerder die toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig!
Psa_55:20  (55:21) Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.
Psa_74:7  Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
Psa_89:31  (89:32) as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,
Psa_89:34  (89:35) Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.
Psa_89:39  (89:40) U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.
Psa_106:38  en onskuldige bloed vergiet—die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het—sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.
Isa_23:9  Die HERE van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.
Isa_24:5  Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
Isa_43:28  So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.
Isa_47:6  Ek was toornig op my volk, Ek het my erfdeel ontheilig en hulle in jou hand oorgegee: jy het hulle geen barmhartigheid bewys nie, op die grysaard het jy jou juk baie swaar laat druk
Isa_48:11  Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen—want ag, hoe is my Naam ontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
Isa_56:2  Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
Isa_56:6  En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees—elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,
Jer_3:1  Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!
Jer_3:2  Slaan jou oë op na die kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer nie? Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos ‘n Arabier in die woestyn, en jy het die land ontheilig deur jou hoererye en deur jou boosheid.
Jer_3:9  En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.
Jer_16:18  Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergelde, omdat hulle my land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en my erfenis gevul het met hulle gruwels.
Jer_34:16  Maar julle het weer gedraai en my Naam ontheilig, en elkeen het sy slaaf en sy slavin wat julle vry laat weggaan het volgens hulle begeerte, laat terugkom; en julle het hulle onderdanig gemaak om julle slawe en slavinne te wees.
Lam_2:2  Bet. Die Here het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in sy grimmigheid het Hy die vestings van die dogter van Juda verwoes, op die grond gewerp, die koninkryk en sy vorste ontheilig.
Lam_2:7  Sajin. Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die huis van die HERE soos op ‘n feesdag.
Eze_7:21  En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat hulle dit ontheilig.
Eze_7:22  Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.
Eze_7:24  Daarom sal Ek die kwaadaardigste nasies laat kom, wat hulle huise in besit sal neem, en Ek sal die trots van die sterkes laat ophou, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.
Eze_13:19  En julle ontheilig My by my volk vir ‘n paar hande vol gars en vir ‘n paar stukke brood om siele dood te maak wat nie moes gesterf het nie, en om siele in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deurdat julle my volk belieg wat na leuens luister.
Eze_20:9  Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies onder wie hulle gewees het nie, voor wie se oë Ek My bekend gemaak het aan hulle, om hulle uit Egipteland uit te lei.
Eze_20:13  Maar die huis van Israel was wederstrewig teen My in die woestyn; hulle het nie in my insettinge gewandel nie en my verordeninge verwerp, wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en my sabbatte het hulle baie ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet in die woestyn om hulle te vernietig.
Eze_20:14  Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
Eze_20:16  omdat hulle my verordeninge verwerp het en in my insettinge nie gewandel het nie en my sabbatte ontheilig het; want hulle hart het agter hul drekgode aan geloop.
Eze_20:21  Maar die kinders was wederstrewig teen My: hulle het nie gewandel in my insettinge en my verordeninge nie onderhou om dit te doen nie—wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe; hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het Ek gesê dat Ek my grimmigheid oor hulle sal uitgiet, om my toorn te laat uitwoed teen hulle in die woestyn.
Eze_20:22  Maar Ek het my hand teruggetrek en gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie.
Eze_20:24  omdat hulle my verordeninge nie gehou het nie, maar my insettinge verwerp het en my sabbatte ontheilig het en hulle oë agter die drekgode van hulle vaders aan was.
Eze_20:39  Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here HERE: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná—sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.
Eze_22:8  My heilige dinge het jy geminag en my sabbatte ontheilig.
Eze_22:16  En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies; en jy sal weet dat Ek die HERE is.
Eze_22:26  Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
Eze_23:38  Verder het hulle My dít aangedoen: hulle het my heiligdom op dieselfde dag verontreinig en my sabbatte ontheilig—
Eze_23:39  as hulle hul kinders vir hulle drekgode slag, kom hulle op dieselfde dag na my heiligdom om dit te ontheilig; en kyk, so het hulle gedoen binne-in my huis.
Eze_24:21  Sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal my heiligdom ontheilig, die glorie van julle sterkte, die lus van julle oë, die medelyde van julle siel; en julle seuns en julle dogters wat julle laat agterbly het, sal deur die swaard val.
Eze_25:3  En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het—
Eze_28:7  daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig.
Eze_28:18  Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
Eze_36:20  En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek.
Eze_36:21  Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het.
Eze_36:22  Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.
Eze_36:23  En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
Eze_39:7  En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel.
Eze_44:7  Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.
Dan_11:31  En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.
Amo_2:7  Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.
Mic_4:11  En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion.
Mal_1:12  Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die HERE is verontreinig, en wat sy opbrings betref—sy spys is veragtelik.
Mal_2:10  Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
Mal_2:11  Juda het troueloos gehandel, en ‘n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE, wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van ‘n uitlandse god getrou.
Mat_12:5  Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
Act_21:28  en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.
Act_24:6  wat selfs probeer het om die tempel te ontheilig. Ons het hom gevange geneem en wou hom volgens ons wet oordeel; 

Geen opmerkings nie: