Sondag 14 Mei 2017

Wie is NIE onder die wet nie?

 Wie is dit wat kan bely dat hulle NIE ONDER DIE WET is nie?

En hoe lyk die vrug van die wat waarlik VRYGEMAAK is? 
(m.a.w., hoe kan elkeen van ons seker maak dat ons waarlik vry is?)
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
As ons getuig dat ons NIE onder die wet is nie, wat presies beteken dit?, want die Christen weet goed dat die wet nie tot niet is nie...  In hierdie pos wil ons veral stilstaan by wat bedoel word met die woorde:
"Maar as julle deur die Gees gelei word, DAN IS JULLE NIE ONDER DIE WET NIE" (Gal. 5:18).
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 'n Ander manier hoe ons hierdie vraag ("wie is nie onder die wet nie"?) kan stel, is deur te vra "wie is dit wat VRY is?", want die een wat NIE onder die wet is nie, is natuurlik die een wat vry is! Ook die een wat nie onder die sonde is nie, word gesien as die "een wat vry" is (Joh. 8:33-36).
Iemand is dus:
-óf:  -onder die Wet (in die sin van dooie werke en/of onder die sonde) (m.a.w. nog nie vry nie)(die wat dooie werke doen, is onder die wet)(die wat sonde doen, is onder die wet-Gal. 5:16)
-óf:   -onder die Gees (m.a.w. is dan vry!)
(m.a.w. "dien nie die wet nie, maar doen die wil vd Gees")("dien nie die sonde nie, maar doen die wil vd Gees")(Gal. 5:18)Om "vry te wees in die Gees" word egter nie altyd so mooi verstaan nie, en sommige verstaan dit as dat "hulle kan doen wat hulle wil", maar wat Gal. 5 vir ons eintlik leer, is eerder dat dit beteken "jy is vry van dooie werke en vry van sonde OMDAT jy doen wat die Gees wil!" (Rom. 8:2; 2 Tim. 1:7)(Gal. 5:18).

(Gal 5:16)  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
(Gal 5:17)  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
(Gal 5:18)  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WIE IS DUS NIE ONDER DIE WET NIE?  
-NIE die wat hulle eie wil doen nie!, maar die wat doen "wat die Gees wil".
Bv.:
Die wat onder die Gees is (en nie onder die wet nie), is onder die Nuwe Testament - dit is daardie gelowiges wat gevul is met die Gees - die Gees lei hulle in die waarheid (in Sy wette)(net soos die wet iemand gelei het om die waarheid te ken), maar in die N.T. het die wette 'n sterker (meer geestelike) betekenis.  Dit gaan nie oor die uiterlike en vleeslike tekens (soos in die O.T.) nie, maar oor die innerlike (2 Kor. 5:12) - oor die geestelike - waarvan die uiterlike tekens onder die Wet slegs TEKENS was van dit wat sou kom, en nou het dit gekom!..(- vgl. met "geestelike" Koninkryk van God-Luk.17:21;Rom.14:17). Die wat onder die Gees is, beroem hulle nie op die uiterlike nie, maar op die HART! (2 Kor. 5:12).  Dit is die wat SIEN en HOOR - hulle verstaan hoe 'n wet vervul word, terwyl die een wat verkeerd sien, dink dat hy die wet vervul, maar dit nie regtig vervul nie omdat hy verkeerd verstaan "hoe" dit vervul word - (vgl. hierdie tema ook met die tema van die wat "rein van hart" is - Matt. 5:8).   Dit beteken nie dat die wet tot niet is nie, maar eerder dat dit 'n sterker betekenis gekry het in die N.T.  Somtyds verwys ons daarna as "dit word anders vervul", maar natuurlik sou 'n meer korrekte beskrywing wees dat ons nou weet "hoe" dit vervul word, soos wat Jesus vir ons kom leer het, en terloops het Hy baie klem gele op wat in die hart vd mens aangaan!...Luk. 10:25-37; Mark. 10:17-23 ens. - Bv., die wet vd BESNYDENIS is nie tot niet nie!, maar word vervul op 'n uitnemender manier in die N.T. as wat dit vervul was in uiterlike gebare in die O.T..(m.a.w. die vleeslike besnydenis in die O.T.)(wat in elk geval net 'n skaduwee was van wat sou kom)(Hebr. 10:1).  Die uiterlike gebaar van die vleeslike besnydenis was slegs 'n teken van die toekomstige weldaad... - wat behels, die BESNYDENIS VAN HART EN ORE! wat eers volkome vervul sou word wanneer die Gees uitgestort word op die wat glo... Op dieselfde wyse wat die vleeslike besnydenis slegs 'n TEKEN was van wat sou kom, was die sabbat  'n TEKEN van wat sou kom (en nog kom), en die heiligmaking en reinigingsprosedures TEKENS van wat sou kom, en die offers TEKENS van wat sou kom.... ens. Selfs "aanneming tot kinders" is nie volgens die vlees nie, maar volgens die Gees...(Gal. 4:5; Rom. 8:15). Selfs wette waarin ons gewaarsku word teen sondes, het ook 'n sterker betekenis gekry (Matt. 5:21,22 ens.), alhoewel die wette oor sonde in die O.T. nou nie verwar moet word met "tekens" nie.  En nou lei die Gees ons in die waarheid en ons ken die waarheid (Hy besny ons harte en Sy wette is op ons harte geskryf-Hebr.8) - en ons "vervul dus die wet" as ons bloot gehoorsaam is aan die Gees! (want die Gees KEN die waarheid en lei en leer ons daarin)(en nou dien ons nie dooie werke nie, en ons dien nie die sonde nie, maar dien die Gees).  

(rol gerus af vir 'n beter uiteensetting van hierdie onderwerp)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html
_________________________________________________________________________________

UITEENSETTING en SKRIFTE:
_________________________________________________________________________________
So, wat beteken dit om te WANDEL DEUR DIE GEES?
So, ons bely dat ons deur die Gees lewe, reg?... -  Laat ons dan ook deur die Gees wandel ! (Gal. 5:25).  Heelwat Christene sukkel om oorwinning te kry oor die vlees.  Die rede hiervoor is omdat hulle nie DEUR DIE GEES WANDEL NIE! (hulle laat hulle nie deur die Gees lei nie).

-(Gal 5:16)  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
-(Gal 5:17)  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
-(Gal 5:18)  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.

Die gelowige wat nie DEUR DIE GEES WANDEL nie, is die een wat "doen soos hyself wil", 
maar die een wat wel deur die Gees wandel, doen nie wat hy wil nie, maar WAT DIE GEES WIL! (kyk Gal. 5:17).  Die een wat "doen wat hy wil" is dus onder die wet, want die wettelose en tugtelose het die wet nodig (1 Tim. 1:9);  terwyl die een wat "doen wat die Gees wil" (m.a.w. die een wat wandel deur die Gees) nie onder wet is nie, want hy is gehoorsaam (daarom het hy nie 'n wet nodig nie).  Die Gees van God sal nooit iemand lei om ongehoorsaam te wees nie!;  daarom, solank 'n gelowige gehoorsaam is aan die Gees, dan sal hy self nie die sonde of dooie werke dien nie, m.a.w. "nie die hartstogte vd vlees volbring nie" (en in daardie opsig is hy "vry").  Maar as 'n gelowige nie wandel in die Gees nie, dan steur hy hom nie aan die wil van die Gees nie, en doen nie soos die Gees wil nie, en sal dus tot gevolg he dat hy dan nie oorwinning oor die vlees kry nie! (en is dus nie vry nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Om vry te wees" verwys gewoonlik na "vry van iets, of vry om iets te doen", maar kan ook verwys na onskuld (bv. Num. 5:19,28), m.a.w. "sonder skuld".
Kom ons kyk na 'n paar O.T. vb.e:
 -"die mens was vry om van al die bome in die tuin te eet, behalwe een boom" (Gen. 2:16); / "vry van slawerny" (Gen. 44:10; Eks. 21:26,27)(1 Kor. 7:21); / of "vry in die sin van dagloner (dus nie 'n slaaf nie)" (Lev. 25:41);/ "vry in die sin van 'n dier wat vry rondloop"  (Eks. 22:5); /"besittings verkoop, wat weer vry word in die jubeljaar" (Lev. 25:28,31,33;  27:21);/ "vry van skuld" (Num. 5:19,28); /"vry van siekte en tekort" (2 Sam. 3:29);/ "vry van ander diens omdat geroep vir 'n spesifieke diens" (1 Kron. 9:33); / "land wat vry en oop lê" (2 Kron. 14:7);.....ens.  

-IN DIE N.T. vind ons ook 'n paar voorbeelde wat vir ons verduidelik wat dit beteken "om vry te wees":  "vry van (geen) geldgierigheid" (Hebr. 13:5);  / "vry van die strik van die duiwel" (om vry te kom uit die strik...) (2 Tim. 2:26);  / "Jerusalem daarbo is vry" - vgl. met Gal. 4:3-5,30 , kinders vd vrye (Gal. 4:26,30; Matt. 17:26) - nie gebonde soos 'n slaaf nie;   "dienaar van Christus is vry" (1 Kor. 9:1,19); /  "vrou weer vry om te trou wanneer haar man ontslaap het" - dus vry van die wet wat haar gebonde hou (1 Kor. 7:39; Rom. 7:3); /  "vry(gemaak) vd sonde (waarvan hy 'n slaaf was), en stel lede nou diensbaar aan geregtigheid tot heiligmaking" (Rom. 6:19-22)(m.a.w., was nie 'n slaaf van geregtigheid nie, maar is nou) - vgl. ook met "vry(gemaak) deur Christus Jesus" (Joh. 8:36)(vrygemaak van om 'n slaaf te wees vir die sonde), m.a.w. nie meer 'n dienskneg vd sonde nie;  /   "spreek vry, en julle sal vrygespreek word" (Luk. 6:37)(vergewe, laat los...);  "vry om met jou eie goed te doen soos jy wil" (Matt. 20:15).

(Spr. 11:21 - "Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die wat hulle deur die Gees laat lei, is NIE ONDER DIE WET NIE:
Die konteks van Gal. 5 gaan nie slegs oor oorwinning oor sonde nie, maar ook oorwinning oor dooie werke. Beide die wat dooie werke dien, en die wat sondig, is ONDER DIE WET en "nie vry nie!": 
- Die wat dooie werke dien, wandel deur die vlees want hulle probeer saligheid verkry deur die vlees.
Hulle is dus "onder wet".
- Die wat sonde dien, m.a.w. "doen wat hulle wil", wandel ook deur die vlees want hulle stel hulleself nie ondergeskik aan die Here nie.  Hulle is dus onder die wet, want hulle het die wet nodig om hulle te lei.

Om egter deur die Gees gelei te word, gaan daaroor dat iemand doen wat die Gees wil.  Sommige gelowiges verstaan dit verkeerd en dink dat omdat hulle die Gees het, hulle kan "doen wat hulle wil" (wat natuurlik lyk of dit presies die slagyster is waarin hierdie gemeente van Gal. geval het!).  Om "vry te wees in die Gees" beteken nie dat jy vry is om te doen wat jy wil nie, maar eerder dat jy vry is van dooie werke en vry van sonde OMDAT jy doen wat die Gees wil! (Rom. 8:2; 2 Tim. 1:7)(Gal. 5:18).
-As ons wandel deur die Gees, dan is ons nie onder die werke vd wet nie, wat terloops slegs 'n skaduwee was van die toekomstige dinge! (Kol. 2:17; Hebr. 8:5).  Bv., die vleeslike besnydenis was slegs 'n TEKEN van dit wat sou kom...;  die sabbat was slegs 'n TEKEN van dit wat sou kom...;  die heiligmaking en reinigingsprosedures wat slegs TEKENS van wat sou kom...;  die offers was slegs TEKENS van wat sou kom.... ens. Selfs "aanneming tot kinders" is nie volgens die vlees nie, maar volgens die Gees (en klem daarop in N.T.)(Gal. 4:5; Rom. 8:15).  Selfs om die koninkryk van God in te gaan, is 'n "geestelike koninkryk" in die N.T.! (Luk. 17:20).... Ons moet dus verstaan "waarvan" die dinge van die wet alles tekens was! Daarom is die wet NIE TOT NIET NIE!, maar word "anders" vervul in die N.T.  Die wat hulle deur die Gees laat lei vervul steeds die besnydenis, maar dit word anders vervul in die N.T., en verwys na 'n geestelike besnydenis, besnydenis van die hart en ore....  Die wat hulle deur die Gees laat lei,  vervul steeds die sabbat, en vervul steeds prosedures van heiliging en reiniging en offers ens., maar dit word anders vervul in die N.T.......

-Die wat hulle deur die Gees laat lei, het die oue mens afgele.  Omdat hulle onder die genade is (en nie onder die wet nie), wil hulle hul liggame tot beskikking stel vir God.  As ons wandel deur die Gees, dan sal ons nie die BEGEERLIKHEDE VAN DIE VLEES (bv. owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge) volbring nie.  Ons is dus vry van hierdie sondes wanneer ons die wil van die Gees doen, maar die een wat nie die wil van die Gees doen nie, IS NIE VRY NIE! (want hy dien die sonde).  (Rom 6:6 - aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie...........................(Rom 6:12-14 - Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade").

Wat Gal. 5 vir ons dus wil leer is dat die wat die begeerlikhede van die vlees volbring, die is wat nie WANDEL DEUR DIE GEES NIE! (dus, hulle laat hulle nie deur die Gees lei nie). Dit is slegs die wat DEUR DIE GEES WANDEL (m.a.w. die wat nie volgens hulle vlees wandel nie) wat kan bely dat hulle nie onder die wet is nie! (Gal. 5:18). (1Ti 1:8-10 - "Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars...").

-(Gal 3:21)  Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ‘n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees.
-(Gal 3:22)  Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.
-(Gal 3:23)  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.

En die wat nog onder die wet is, is nog nie vry nie...  Daarom moet elke Christen sy/haar hart self ondersoek en bepaal of hulle regtig vry is!
----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Joh 8:36 - "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: