Sondag 17 September 2017

Onteer

In hierdie pos kyk ons hoe HOE DIE WOORD "ONTEER" GEBRUIK WORD in die Skrif. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
Om iemand of iets te "onteer" kan verwys:

- na vleeslike gemeenskap in spesifieke gevalle, soos in geval van waar dit afgedwing word (Gen. 34:2); ook in geval van egbreuk (Deut. 22:24; Rigters 20:5);  of waar 'n man 'n vrou neem en met haar gemeenskap het terwyl dit nie haar begeerte is nie, bv. 'n vrou onder die gevangenis uit oorlog (Deut. 21:14); of in geval van vl. gemeenskap buite die huwelik tussen ongetroudes (Deut. 22:29); of in die geval van homoseksualisme (Rigt. 19:24);

- na "besoedel" (m.a.w. "word onrein" gemaak) in spesifieke gevalle, bv. waar ontering deur vleeslike gemeenskap iemand besoedel of onrein maak (m.a.w., "onteer")(Gen. 34:5,13,27); 

- na "saamslaap" (saam rus) in spesifieke gevalle en lyk of dit verwys na gevalle met 'n seksuele konneksie - bv. waar vroue onteer word in tye van oorlog waar stede ingeneem en verwoes word (Jer. 3:2), of toe Tamar onteer is deur haar broer terwyl hulle nie getroud was nie (2 Sam. 13:12-14);

- na "iets wat ontnadig word" (soos faal, of tot 'n nul laat kom) in spesifieke gevalle, bv. sou 'n verbond verbreek word (Jer. 14:21);

- na "minag" (soos iets skandelik of waar iets skande ly) in spesifieke gevalle, bv. om 'n verbintenis te minag (Rom. 1:24; 2:23), of iets skandelik bv. vleeslike gemeenskap in die geval van homoseksualisme, waar hulle hul liggame onder mekaar "onteer" (minag)(Rom. 1:24).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

BETEKENIS VD WOORD IN SPESIFIEKE SKRIFGEDEELTES:
----------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "aw-naw":

bv. Gen_34:2  "Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer" (Hebr. woord "aw-naw'" - kan die volgende beteken: -verneder, besoedel, tugtig, hard behandel, afdwing, seermaak, verswak ens. In hierdie geval verwys dit na vleeslike gemeenskap wat afgedwing word).

Kom ons kyk na nog skrifte waar die woord "aw-naw" gebruik word:
Deu_21:14  En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het. - hy mag eers by haar (vrou onder gevangenis-uit oorlog) ingaan en trou nadat sy haar vader 'n moeder 'n maand lank beween het...  En as hy geen behae in haar het nie, mag hy haar nie hard behandel nie maar haar volgens haar begeerte laat gaan.  In hierdie spes. geval wil dit voorkom of hy tog wel na die maand by haar ingegaan het en haar getrou het, maar haar ONTEER het omdat DIT NIE OOK HAAR BEGEERTE WAS NIE.  In hierdie geval is dit barmhartig van hom om haar te liewer te laat gaan!, onbarmhartig sou hy haar teen haar wil hou.  "Onteer" in hierdie skrifgedeelte gaan beteken dat hy haar (getrou en) beken het teen haar wil.

Deu_22:24  dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.  - die belofte "om te verloof " was soos bindend - asof sy alreeds aan iemand behoort. In hierdie geval was vleeslike gemeenskap nie afgedwing nie, maar wedersydig - die vrou wys dat sy ook skuldig is omdat sy nie geskreeu het nie - hy't hom dus nie op haar afgedwing nie, maar dit is hanteer asof hulle egbreuk gepleeg het. "Onteer" in hierdie skrifgedeelte beteken dat hy gemeenskap met haar gehad het terwyl sy nie aan hom behoort het nie (al was dit wedersydig, maar omdat dit wedersydig was, was sy ook skuldig!).

Deu_22:29  dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie. In hierdie geval was dit vl. gemeenskap buite die huwelik (en die meisie was ook nie verloof nie) - in so 'n geval was die man verplig om met die meisie te trou (en mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie)(asook die vader 50 sikkels silwer gee). "Onteer" in hierdie skrifgedeelte beteken dat hy gemeenskap met haar gehad het terwyl sy nie aan hom behoort het nie.

Jdg_19:24  Hier is my dogter wat ‘n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so ‘n skanddaad nie begaan nie.
Jdg_20:5  En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my dood te maak, en my byvrou het hulle onteer, sodat sy gesterf het.  Die slegte manne vd stad het haar beken en heel nag sleg behandel (in so 'n mate dat sy gesterf het!).  "Onteer" in hierdie gedeelte, beteken dat hulle haar beken het terwyl sy na aan hulle behoort het nie en dit ook nie haar begeerte was nie.

2Sa_13:12  Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer ("aw-naw") my nie, want so iets mag in Israel nie gedoen word nie; moenie so ‘n skande begaan nie.
2Sa_13:14  Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer ("aw-naw") en met haar gemeenskap ("shaw-kab") gehad.  Vgl. dit met: (Lev 20:17 - "En as ‘n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit ‘n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet sy ongeregtigheid dra")(Eseg. 22:11; Deut. 27:22).  Die ONTERING hier gaan oor die feit dat hy met haar gemeenskap gehad het terwyl hulle ongetroud was.
2Sa_13:22  Maar Absalom het met Amnon geen kwaad of goed gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer ("aw-naw") het.
2Sa_13:32  Maar Jónadab, die seun van Dawid se broer Símea, het geantwoord en gesê: My heer moet nie dink dat hulle al die jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie, maar Amnon alleen is dood, want dit was aan die gesig van Absalom te sien van die dag af dat hy sy suster Tamar onteer ("aw-naw") het.


Lam_5:11  Hulle het vroue in Sion onteer ("aw-naw"), jonkvroue in die stede van Juda.


Eze_22:10  Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer ("aw-naw").  Vgl. met (Lev 18:19 - "Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie").


Eze_22:11  Die een het ‘n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ‘n skandelike daad, en ‘n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer ("aw-naw").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "taw-may":

Gen_34:5  Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer (Hebr. woord "taw-may'" - besoedel, maak onrein) het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het.

Gen_34:13  Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog—hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het—
Gen_34:27  Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "shaw-gal":

Isa_13:16  En hulle kinders word voor hul oë verpletter, hul huise geplunder en hul vroue onteer (Hebr. woord "shaw-gal'" - saamslaap).

Zec_14:2  Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "shaw-kab":

Jer_3:2  Slaan jou oë op na die kaal heuwels en kyk! Waar is jy nie onteer (Hebr. woord "shaw-kab'" - neer te le vir rus of seksuele konneksie of iets anders - saamslaap, om 'n slapie te neem, rus ens.) nie? Aan die paaie het jy vir hulle klaar gesit soos ‘n Arabier in die woestyn, en jy het die land ontheilig deur jou hoererye en deur jou boosheid.

2Sa_13:12  Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer, onteer ("aw-naw") my nie, want so iets mag in Israel nie gedoen word nie; moenie so ‘n skande begaan nie.
2Sa_13:14  Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en haar onteer ("aw-naw") en met haar gemeenskap ("shaw-kab") gehad.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hebr. woord "naw-bale":

Jer_14:21  Verwerp ons nie ter wille van u Naam; onteer (Hebr. woord "naw-bale'" - val weg, faal, moeg, ontnadig, kom tot nul, verwelk ens.) die troon van u heerlikheid nie; hou tog in gedagtenis, verbreek nie u verbond met ons nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Griekse woord: "at-im-ad-zo":

Rom_1:24  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer (Griekse woord "at-im-ad'-zo" - minag, ly skande, skandelik).

Rom_2:23  Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?

Geen opmerkings nie: