Wys tans plasings met die etiket bedieninge. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket bedieninge. Wys alle plasings

Dinsdag 15 November 2022

Gawes, Bedieninge en Werkinge

HIERDIE IS DIE EERSTE VAN 'N STEL POSTE GETITELD 
"Gawes, Bedieninge en Werke". In die reeks word daar gekyk na die verskillende geestelike gawes, bedieninge, en werkinge in die Christelike kerk. Ander belangrike onderwerpe wat saam met hierdie tema behandel kan word, is die "doping in die Heilige Gees", "krag ontvang" , "om in die Gees te wees", "wat dit beteken om kragtig te wees in die Here", ens.


In hierdie pos:
- Inleiding (wat beteken dit om in die Naam van Jesus op te tree)
- Die belangrikheid van "die bron"
- Die invloed van 'n gees / die invloed van die Heilige Gees
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Inleiding:
Om "in die Naam van Jesus" op te tree, beteken dat jy in Sy plek optree/uitgaan.  Bv., as jou pa jou stuur om ter wille van Hom iets te gaan doen/praat, dan gaan jy "in sy naam" (in sy plek - jy kry m.a.w. die verantwoordelikheid om in sy plek dit te gaan doen...). Op ditto wyse word Christene outoriteit gegee om in Jesus Christus se plek (terwyl Hy nie fisies self hier teenwoordig is nie) te praat en te doen (en elkeen word verskillende werk gegee). Dit is wat dit beteken om "in Sy Naam" uit te gaan, en daarom bid/doen ons ook gewoonlik iets "in Sy Naam" wanneer ons in sekere gawes en bedieninge stap... (m.a.w., jy is deur Hom gestuur, so jy doen/praat dit "in Sy Naam" - in Sy plek). As jy bv. 'n duiwel probeer uitdryf terwyl jy nie gestuur is nie, dan kan jy nie "in die Naam van Jesus" uitgaan nie, want jy is nie deur Hom gestuur nie! (Hand. 19:13-16). Om gebruik/uitgestuur te word/mag te kry (m.a.w. "in Sy Naam uit te gaan) het te doen met gehoorsaamheid aan Jesus Christus. 

Jesus het op ditto wyse uitgegaan "in die Naam van die Vader" (Joh 10:25)(is deur die Vader gestuur), en het somtyds Sy werk delegeer na Sy dissipels (vir hulle krag gegee om "in Sy Naam"/ter wille van Hom uit te gaan - m.a.w., die krag wat Hy ontvang het vd Vader het Hy delegeer na Sy dissipels). Jesus het in die Vader se Naam uitgegaan (want die Vader het Hom gestuur), en Sy dissipels het in Jesus se Naam uitgegaan (want Hy het hulle gestuur). Op ditto wyse het die Here werk/mag/krag (vd Gees wat op Moses was) ge"delegeer" aan 70 vd oudstes vd volk (m.a.w., vd Gees wat op Moses was, het die Here afgesonder en op die 70 gelê...)(Num. 11:16,17) - op hierdie manier kon hulle vir Moses help die las dra. Hierdie is immers waarom Moses krag ontvang het, en ook die doel waarom daardie krag gedelegeer is... - is om die wil van die Here uit te voer (bv., die krag vd Gees maak ons instaat "om te kan getuig" / om die waarheid te kan verkondig / om die Here se wil bekend te maak, ens.). 

As iemand gedoop word "in die Naam van Jesus Christus" tot vergewing van sondes, dan beteken dit dat Jesus die een wat doop, die outoriteit gegee het om in Sy Naam vergewing van sondes te gee (en die waterdoop is 'n teken hiervan)(Hand. 2:38). Om in hierdie verantwoordlikheid te kan stap, het jy "mag" of "krag" nodig - in die Christelike kerk word hierna verwys as "krag van die Heilige Gees", of word "gedoop in die Heiliges Gees". Dit is bv. anders as die waterdoop (Hand. 8:14-17).  Doping in die Heilige Gees (ook genoem "ontvang die Heilige Gees") het te doen met die KRAG ONTVANG vd Heilige Gees (krag/mag om vir die Here te werk) - daar is heelwat sulke gawes, bedieninge en werkinge. Hand. 4 is 'n goeie vb. van hoe goed hierdie konsep in die tyd vd eerste gemeentes verstaan was (kyk Petrus en Johannes voor die raad), bv. dat hulle vir Petrus en Johannes gevra het "deur watter mag en deur watter naam hulle optree"? Hulle het verstaan dat Petrus en Johannes mag/krag gekry het en deur iemand uitgestuur is, en toe hulle uitvind dat hulle "in Jesus se Naam" uitgaan, het hulle hul probeer verbied om dit te doen... Maar kyk Petrus en Johannes se antwoord aan die gereg in v. 19,20:  "Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie". Hulle het duidelik verstaan wat dit beteken om in Sy Naam uit te gaan, en dat dit gaan oor "gehoorsaam wees aan God" (doen dit uit gehoorsaamheid).  Christene is 'n "heilige" volk - dit beteken hulle is "afgesonder" (dit is wat "heilig" in hierdie konteks beteken) vir die Here;  m.a.w., afgesonder vir Jesus Christus (om Hom te dien, vir Hom te werk, 'n lig te wees in die wereld, ens. - is 'n slaaf van Christus). Christene is "geheilig" in daardie opsig, om in die Here se plek vir Hom ligte te wees in hierdie wereld, en Hy gee vir hulle die krag om te kan uitgaan. Hierdie kan miskien gesien word soos outoriteit, maar meer presies is dit eerder " 'n verantwoordelikheid ". Wanneer 'n bedienaar vir iemand bid vir genesing en hande op die persoon le en bv. bid "in die Naam van Jesus" vir genesing, dan beteken dit dat daardie persoon deur Jesus uitgestuur is om ter wille van Jesus (m.a.w. in Sy Naam) genesing te gee (Hand. 3:6) - dit is eintlik Jesus wat die genesing gee, maar Hy gebruik Sy kinders om dit uit te voer.  

Die vraag is nou of jy as Christen al enige sulke mag/krag ontvang het?  Het die Here vir jou mag gegee om ter wille van Hom op te tree? Die Here wil graag vir die wat Hom gehoorsaam, mag/krag gee om ter wille van Hom te praat en te doen (Hy wil vir ons gawes en bedieninge en werke gee - m.a.w., die wat Hom gehoorsaam kan gevul word met die krag van die Heilige Gees, sodat hulle instaat is om te kan uitgaan en getuig).  Voor Jesus opgevaar het na die hemel het Hy hierdie "krag" belowe  - en dit is waaroor die uitstorting van die krag vd Heilige Gees gaan in Hand. 2... - en die rede waarom die dissipels gewag het daarvoor.  Ons moet ook vra daarvoor soos hulle daarvoor gevra het. Wanneer die Here iemand vul met die krag van Sy Gees, dan gee Hy vir hulle mag (krag) om uit te gaan in Sy Naam en ter wille van Hom te praat, doen en skyn. Hulle ontvang gawes en bedieninge en werke. 

Die Christelike kerk word somtyds soos 'n mens voorgestel (bv. met 'n liggaam, siel en gees), en word ook na verwys as "die liggaam van Christus", en Christene vorm deel/is lede van hierdie liggaam (1 Kor. 12:14). (1Kor. 12:27 - "Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik"). Hierdie lede verwys na die wat behoort aan Christus en vervul is met die Heilige Gees (1 Kor. 12:13)(maw weergeborenes), en elke lid het 'n werk en/of bediening en/of gawe wat aan hulle uitgedeel word volgens wat nodig is, net soos 'n liggaam funksioneer met verskillende lede (1 Kor. 12:11,18) - dus verwys na as "liggaam van Christus" - hulle werk vir Hom. Lede in 'n liggaam het ook mekaar nodig (1 Kor. 12:15-31) - die een is daar vir reuk, die ander om te sien, die ander om te stap..., ens. - net so vorm elke lid 'n belangrike deel van hierdie "liggaam van Christus";  maar daar is ook 'n rangorde in hierdie "liggaam" volgens "outoriteit"/verantwoordelikheid en wat nodig is.  Bv., wat bedieninge aanbetref is (1) apostels eerste, dan (2) evangeliste, dan (3) leraars (evangeliste, herders, leraars), dan (4) kragte, (5) genadegawes van gesondmaking, (6) helpers, (7) regeringe en laastens, (8) allerhande tale (1 Kor. 12:28.29). Die doel van "bedieninge" is om die heiliges toe te rus vir dienswerk, en om die "liggaam van Christus" op te bou (Ef. 4:11,12). Net so is daar 'n doel vir gawes (bv. dat dit tot stigting is) en 'n doel vir werke (bv. om die Here se wil uit te voer)...  Sommige gawes is ook belangriker as ander, bv. profesie is belangriker as wanneer iemand in 'n taal bid (ter wille van die wat nie verstaan nie; -tensy dit uitgele word)(1 Kor. 14:3,5). M.a.w., dit gaan hier oor wat belangrik/nodig is en wanneer dit belangrik is... - die bedoeling van gawes is dat dit tot stigting kan wees (1 Kor. 14:12);  m.a.w., dit gaan duidelik oor wat "nodig" is. Alle werk wat aan die Christen uitgedeel word deur die Gees, is bedoel om die Here se wil uit te voer (Fil. 2:13 - "want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae")(Hebr. 13:21), en om die gemeente te stig en te laat groei;  en daar is ook ander dinge wat tot stigting is, bv. wanneer iemand 'n psalm bring, of  'n openbaring, of opbouende woord... (1 Kor. 14:26; Ef. 4:29);   en natuurlik, wat geloof, hoop en liefde aanbetref, is die liefde die grootste! (Joh 13:35 - "Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het").
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die bron:

Soos bo gesien (bv. in wie se naam ons optree), is dit duidelik dat gawes, bedieninge en werkinge in die Christelike kerk "DIE HERE AS BRON" het. Die Here deel gawes, bedieninge en werkinge aan elkeen uit, wat hulle instaat maak om hierdie rolle te vervul, en Hy doen dit deur Sy HEILIGE GEES - Hy is die bron. 

Ons moet natuurlik onderskei tussen verskillende geeste, want nie almal wat lyk of hulle in gawes en bedieninge stap, verkry dit van die Here af nie! Daar is bv. heelwat "heidense praktyke" waarin mense in allerhande soorte "gawes" stap maar hierdie gawes nie verkry is van die Heilige Gees nie (bv. waarseery, sekere geestelike genesers, ens.).  Dit gaan dus oor die BRON waarvanaf hierdie gawes en bedieninge verkry word. Nie enige iemand wat 'n gawe of bediening het het die Here as bron nie.  Nie almal wat bely hulle ken die Here of bely hulle is Christene, ken Hom regtig nie! (Matt. 7:21-23). Somtyds stap mense in soortgelyke gawes soos wat in die Christelike kerk gesien word, maar dan het hulle nie die Here as "bron" nie - die waarheid is dat in die Christelike kerk is daar ook onkruid, ingesluiptes, valse broeders en verleiers... (Gal. 1:4; 2 Kor. 11:13; Jud. 1:4; ens.). En sommige het wel die Heilige Gees en dra vrug van die Gees, maar word dan afvallig en tree op asof hulle in die naam van Jesus optree maar tree dan eintlik in hulle eie naam op... Dit is daarom belangrik dat die geeste op die proef gestel word.  'n Goeie manier om te sien of iemand deur Jesus gestuur is, is bv. om te kyk of die persoon dieselfde preek as wat Jesus gepreek het.  Bv., baie bely hulle glo in Jesus (of is deur Hom gestuur), maar die oomblik as jy met hulle begin praat oor wat Jesus geleer het, dan kom jy agter hulle glo nie regtig in Hom nie (want hulle glo nie in Sy woorde nie). As iemand bely hy glo in Jesus of is deur Jesus gestuur of deur die Heilige Gees gelei, dan moet hy ten minste dieselfde preek as wat die Skrif leer of wat Jesus gepreek het! Hierdie is 'n goeie manier om te sien of iemand regtig in die Naam van Jesus optree... (is hy regtig deur Hom gestuur?). Wanneer iemand 'n gees in hom het het daardie gees natuurlik 'n invloed op die persoon - die Heilige Gees het 'n groot invloed op die weergeborene se lewe. O.a. word die Heilige Gees die "Gees van WAARHEID" genoem, en kan nie iets anders leer as die waarheid nie.  As Jesus Christus iemand vul met die Heilige Gees (die Gees van waarheid), dan is dit logies dat wat daardie persoon preek (wat hy van die Gees ontvang), moet dieselfde wees as die waarheid wat Jesus Christus gebring het... (as dit nie so is nie, dan kom hy duidelik nie "in die Naam van Jesus" nie - en is dan nie deur Jesus gestuur nie). 

Daar is verskillende soorte geeste (selfs die innerlike mens kan ook gesien word as 'n gees).  Ons moet onderskei tussen "die mens se gees", "dienende geeste", "onreine/ander/ bose geeste", en "die Heilige Gees". Bv., nie almal wat in 'n gawe of bediening stap het die Heilige Gees AS BRON nie.  Sommige het 'n wêreldse gees as bron, sommige gebruik engele as bron (en dan hang dit af of daardie engel deur die Here gestuur is of nie), sommige het onreine en bose geeste as bron, en sommige het die Heilige Gees as bron.  In die Christelike kerk is die Here en Sy Gees veronderstel om die Christen se bron te wees, maar ongelukkig is die waarheid dat baie Christene vandag hulle hoop in ander-geloofspraktyke plaas en hulle so oopstel vir ander bronne. Daar is verskillende redes waarom sommige Christene hierdie doen, o.a. kan dit wees omdat die persone nie aan die geloof vashou nie - 'n ander rede kan wees omdat hierdie persone ongehoorsames is en hulle wederstrewigheid veroorsaak dat die Here hulle nie meer antwoord nie... (en hulle dan hulle antwoorde elders gaan soek). Nog 'n rede is eiesinnigheid (hardkoppigheid) wat terloops vgl. word met beeldediens en afgodery (hierdie verwys na Christene wat die waarheid ignoreer en hulle eie "waarheid" volg). 

In hierdie reeks van "gawes, bedieninge en werkinge" kyk ons egter spesifiek na die wie se bron die Heilige Gees is, maar ons moet egter versigtig wees en die geeste onderskei, want wanneer ons met mense te doen het wat in spesifieke gawes en bedieninge stap, gebruik nie almal van hulle die Here en Sy Gees as bron nie. Ons moet dus kennis neem dat nie almal in die Christelike kerk die Heilige Gees as bron gebruik nie, en moet die geeste onderskei. Kom ons kyk vinnig na hierdie verskillende bronne (sodat ons beter kan onderskei):
- (1) "die mens se gees" (ook genoem "siel")(dit verwys na die innerlike mens bv., daar is 'n gees in elkeen se binneste - Sag. 12:1)(sommige geleerdes verwys daarna as "siel/gees", want die innerlike mens word somtyds na verwys as siel en somtyds as gees)(wanneer die liggaam of uiterlike mens doodgaan, verlaat hierdie siel/gees/innerlike mens die liggaam - dan is iemand soos 'n gees sonder vlees en bene...).  SOMMIGE PRAAT UIT HULLESELF EN GEBRUIK DUIDELIK HULLESELF AS BRON. SIENDE DIE NATUURLIKE MENS 'N WERELDSE GEES HET, PRAAT HULLE UIT DIE WERELD, MAAR DIE GEESTELIKE MENS HET DIE HEILIGE GEES - EN PRAAT DUS UIT DIE GEES...   Ongelukkig gebeur dit somtyds dat sommige weergeborenes afvallig word vd geloof  - hierdie mense begin weer praat en klink soos die wêreld... (Rom. 1)(en praat gewoonlik "uit hulleself"), en hulle verander baiemaal in verleiers - hierdie is baie gevaarlike suurdeeg in die Christelike kerk!   

- (2) dienende geeste (die engele)(die engele wat vir God dien word gebruik en uitgestuur om God se wil uit te voer, bv. is o.a. boodskappers, of is tot hulp vir die wat die saligheid beerwe - Hebr. 1:14)(hulle word ook "manne" genoem in verskeie skrifte, en het ander soort liggame as ons, ens...).  Maar NIE ALLE ENGELE WORD DEUR DIE HERE GESTUUR NIE... - SEKERE GELOWE HET bv. HULLE ONTSTAAN DEUR 'n "ANDER EVANGELIE" WAT DEUR 'N ENGEL GEBRING IS (bv, deur 'N ENGEL WAT AAN IEMAND VERSKYN HET...).   WEER-EENS IS HIERDIE DIE MANIER HOE DAAR GEMEET WORD OF 'N ENGEL DEUR DIE HERE GESTUUR IS OF NIE... - EN DIT IS DEUR TE OORDEEL OF SY WOORDE DITTO IS AS DIE WAARHEID (Gal. 1:7,8);

- (3) onreine geeste en bose geeste (ook genoem "ander geeste" in 1 Joh. 4:1,2)(of genoem duiwels in Joh. 10:21)(hulle soek liggame waar hulle kan intrek;  wanneer iemand 'n bose gees in hom het word hy deur daardie gees "besoedel" en is onder die mag vd duiwel - is m.a.w. onder beheer van daardie gees of duiwel, en die duiwel doen allerhande dinge in hulle - kan bv. die persoon in wie hy woon buitengewoon sterk maak, of stuiptrekkings laat kry, of siek maak, ens.).  SOMMIGE BRING 'N "LERINGE VAN DUIWELS" (1 Tim. 4:1)(wat terloops baiemaal gepreek word deur die wat afvallig word vd geloof) -  leringe van duiwels is leringe ONTVANG DEUR ONREINE EN BOSE GEESTE (bestudeer gerus ook temas soos offerandes aan duiwels, wereldse wysheid, duiwels wat tekens doen, ens.)(1 Kor. 10:20; Jak. 3:15; Openb. 16:14; ens.).  Sommige leer "leringe van duiwels", maar het dit nie by 'n duiwel ontvang nie, maar by iemand anders wat dit van 'n duiwel ontvang het.  Hierdie gebeur ongelukkig baie, en somtyds hou selfs Christene hulle besig met sulke leringe omdat hulle dit nie beoordeel nie, of nie regtig glo in die waarheid nie;  

- (4) die Heilige Gees (Gees van God afgesonder, wat deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo)(wanneer iemand die Heilige Gees het, is hy onder die mag van God se Gees - is m.a.w. onder beheer van Hom, van Sy Gees, en die Heilige Gees werk allerhande gawes, bedieninge en werke deur daardie persoon, en lei en leer hom in die waarheid/hulle verkry wysheid van bo/hulle verkry gawes om dinge te doen wat hulle nie self kan doen nie/hulle kry opdragte/ens...).   

GAWES, BEDIENINGE EN WERKINGE is dus ONDERWERP aan die BRON: Die Heilige Gees is die Gees van waarheid - is God se Gees - dit is dus die Here wat hierdie gawes, bedieninge en werke vir die gelowige gee, en waar 'n weergeborene opreg bly en nie afdwaal nie en vashou aan die geloof, sal dit waarin hy stap of die woord wat hy bring nie in stryd wees met die Here se wil of Sy waarheid nie.  Die Heilige Gees gaan nie iets anders verkondig as wat Jesus Christus geleer het nie. Dit is dieselfde Gees - Here - God.  Hierdie is m.a.w. die manier hoe daar onderskei kan word tussen die ware en die valse. 
(1Kor. 12:4)  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
(1Kor. 12:5)  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
(1Kor. 12:6)  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Daarom, as iemand met 'n bediening van lering 'n woord bring in stryd met die waarheid of met wat Jesus geleer het, dan is hy nie opreg nie of is nie gehoorsaam aan die Here nie (so iemand is bes moontlik 'n valse leraar).   GAWES, BEDIENINGE en WERKINGE (vd Gees)(vd Here) is dus onderwerp aan die Here se wil en aan Sy waarheid. Dit gaan dus hier oor die BRON. As iemand in 'n "gawe" of "bediening" stap maar nie die Here as bron gebruik nie, dan is daardie gawe of bediening nie deur die Heilige Gees nie,  Dit is hierdie element wat die profeet vd Here onderskei vd waarseer. Die waarseer het 'n ander BRON en praat deur 'n "ander gees".  Die valse apostel verkondig 'n "ander evangelie"; die valse leraar verkondig 'n ander woord as die waarheid... (2 Kor. 11:4). Dit gaan alles oor die bron. Daarom gaan 'n Christen hom nie ophou met praktyke soos waarseery, goelary, dooies raadpleeg, verklaring van voortekens, towery,  ens. nie, want hierdie mense gebruik 'n ander bron! (Deut.18:10-14; Lev. 19:26,31; 20:6,7 ens.). Christene moet wegbly van sulke "heidense praktyke". Moenie jou ophou met oosterse geloofspraktyke (soos oosterse meditasie en joga, wat terloops nie net bloot oefeninge is nie) soos sommige kerke vandag doen nie. Hoekom gaan soek sommige Christene hulle antwoorde in hierdie soort praktyke?, want deur hierdie praktyke stel jy jouself oop vir verkeerde bronne. Moenie dink dat omdat jy 'n Christen is jy nie onrein kan word deur hierdie dinge nie!, want Christene wat hulle ophou met hierdie soort praktyke (bv., waarseery, offers aan dooies, verklaring van voortekens, ander geloofspraktyke, ens.) sal beslis verontreinig word daardeur (Lev. 19:31) - en as jy as Christen jou besig hou met hierdie goed word jy gesien soos 'n "hoereerder", maw, jy is dan besig om "geestelik te hoereer"... - het gemeenskap met ander bronne (1 Kor. 10; 2 Kor. 6:14; Ef. 5:11; 2 Joh. 1:11; 1 Joh. 1:6; 1 Tim. 5:22). As jy jou met enige van hierdie ophou of dit in die verlede gesoek het, moet jy dit bely, los en vra vir vergifnis - kom terug na die Here en gebruik Hom alleen as bron. 

Die Christen se bron moet die Here wees, en die Here praat natuurlik met Sy kinders veral deur Sy Gees, en gee vir hulle opdragte (deur Sy Gees), en lei hulle in wat die waarheid is (deur Sy Gees), herinner hulle aan wat Jesus geleer het (deur Sy Gees), en gebruik gawes en bedieninge om Sy woord, wil en waarheid bekend te maak deur hulle (deur Sy Gees). Hy moet alleen ons bron wees.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die invloed van 'n gees op iemand,
en wat is die invloed van die Heilige Gees?

Die mens se gees (die "geeste van alle vlees") beskryf daardie peroon met wil, vermoë, persoonlikheid, karaktertrekke ens., maar wanneer nog 'n gees in iemand bly verander hy daardie mens (se gees); m.a.w., kan sy persoonlikheid, karakter en vermoëns beinvloed.  Bv., wanneer 'n bose gees in iemand bly kan hy daardie persoon se dade beinvloed sodat hy kranksinnig voorkom, of hy kan veroorsaak dat die persoon homself probeer seermaak of sy liggaamsgebruik stuit, bv. hom doof of blind maak, of is verlam in sekere dele sodat hulle nie kan loop nie of speeksel by die mond uitloop, ens. Daar bly somtyds verskeie geeste in een persoon en die geeste het verskillende werkinge. Daar is hope voorbeelde in die Skrif van hoe mense wat 'n bose gees in hulle het ly onder die mag van daardie onrein of ander gees, en dit is duidelik dat diesulkes ook nie altyd beheer het oor hulle eie liggame nie. Dat hierdie geeste mense siek kan maak, is beslis so, maar dit is natuurlik gevaarlik om alle siektes en tekortkominge toe te skryf aan bose of ander geeste (soos wat sommige Christene doen), want daar kan baie ander redes wees waarom iemand siek is (redes wat ook terloops almal skriftuurlik is; bv. a.g.v. kieme, of sonde kan iemand siek maak, of bloot dat iemand siek is omdat hy deur 'n toets gaan, of siek is bloot ter wille van 'n wonderwerk wat moet gebeur sodat God se krag gewys kan word..., ens)

Enige gees wat in iemand bly sal 'n invloed he op daardie persoon en kan/sal hom verander. In die Skrif is daar dan ook hope vb.e van hoe die Heilige Gees mense verander of deur hulle werk, en weergebore Christene kan hiervan getuig!; nie net verander hulle nie maar hulle kry ook gawes en bedieninge om dinge te doen wat hulle nie normaalweg kan doen nie,  bv. hulle bekwaam maak om spesifieke werke vir die Here te doen, hulle gebruik in wonderwerke, besonderse wysheid vir hulle gee, ens. Natuurlik is die invloed vd Heilige Gees baie anders as die invloed van ander geeste, en die Heilige Gees maak iemand nuut en is goed vir die mens en verander iemand ten goede, en verseel die weergeborene (tot die dag van verlossing)! Die wat weergebore word word gebore deur 
-water (afwassing van sondes/staan op in nuwe lewe) en deur 
-Gees (ontvang die Heilige Gees). Die ontvang van die Heilige Gees is 'n belangrike deel van wedergeboorte, en die weergeborene kan ook krag ontvang deur die Heilige Gees (gawes, bedieninge en werke).  Alhoewel die ontvang van die Heilige Gees eenmalig is (m.a.w., dit gebeur wanneer iemand weer gebore word), kan die weergeborene gedurigdeur met krag (vd Heilige Gees) vervul word... In alle gevalle is die doel vir krag ontvang, sodat ons kan bedien en getuig. Vir 'n pos oor "wie ontvang die Heilige Gees" en "hoekom iemand die Heilige Gees ontvang", gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2014/12/die-gees-van-god-2.html.  

Wanneer die Heilige Gees in 'n Christen kom bly dan verander Hy daardie persoon en gee o.a. aan hom GAWES EN BEDIENINGE, en WERK deur hom soos benodig in die koninkryk van God. Hy maak hom bekwaam om spesifieke werke vir die Here te doen (bv. om die volk vd Here te lei in die Here se wil, of om God se planne bekend te maak, of om iemand wat afgedwaal het terug te roep, ens.), en lei en leer hom in die Here se waarheid. Gawes en bedieninge gaan somtyds gepaard met wonderwerke, en mense in wie die Heilige Gees is verkry 'n besonderse verstand (bv. om die Here se wil te ken en te weet wat is die waarhed)  - immers is die Heilige Gees die Gees van WAARHEID - mense in wie die Heilige Gees is, "sien" anders en leer wat is die waarheid werklik. Hierdie is die groot verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense", en die Heilige Gees is die rede waarom geestelike mense verskillend dink en sien van natuurlike mense.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 30 Desember 2016

Christus die hoof van elke man

1Kor. 11:3 - "Maar ek wil hê dat julle moet weet dat
- Christus die hoof is van elke man, en
- die man die hoof van die vrou, en
- God die hoof van Christus".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Ef. 1:22)  "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en 
Hom as Hoof
 bo alle dinge aan die gemeente gegee".
IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA "Christus, die hoof van elke man".
Vgl. ook hierdie onderwerp met "God, die hoof van Christus";
en "die man, die hoof van die vrou" (1 Kor. 11:3).
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:
(Rol af vir skrifte)

WAT BETEKEN DIE WOORDE  "Christus is die hoof van elke man"?:
(1)  Jesus Christus is die Hoof bo alle dinge in die gemeente - Hy is die Hoof v/d gemeente.  Die wat gevul is met Sy Gees, is deel van Sy liggaam (in hierdie liggaam het almal mekaar lief soos wat hulle hul eie liggame liefhet, want hulle is almal EEN).  ONDERGESKIKTHEID  AAN CHRISTUS, BETEKEN OOK ONDERGESKIKTHEID AAN DIE VADER (omdat God die hoof is van Christus). ;

(2)  As Hoof van die liggaam, rus Hy ons toe vir verskilldende dienswerk tot opbouiing van die liggaam (sodat ons kan vrug dra uit diensbaarheid aan God)(ons behoort nie meer aan die wet nie, maar behoort nou aan Hom (ons doen wat Hy ons beveel, want Hy is die Hoof)(in "Sy liggaam" rus Hy elkeen toe vir dienswerk);

(3) Christus is deur God uitermate verhoog, en 'n Naam gegee bo elke naam (tog het Hy vir ons die vb. gestel van wat dit beteken om 'n DIENskneg te wees, en vir ons gewys wat dit beteken dat God eerder barmhartigheid soek as offers);

(4)   Hy is die Hoof van die gemeente, omdat Hy in alles eerste is - Hy was die Eersgeborene van die hele skepping, en ook die Eersgeborene uit die dode, sodat ons in Hom kan lewe, deurdat die Vader voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus. 

(5)  Hy is die Hoof van alle owerheid en mag - die liggaam behoort aan Christus (nie aan wette, beginsels van die wereld of oorlewering van mense nie). Ons is nie meer gehoorsaam aan allerhande insettinge, soos "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie...", of moet toelaat dat ons geoordeel word in spys of drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie... maar gehoorsaam aan HOM WAT DIE HOOF IS VAN ALLE OWERHEID EN MAG - die liggaam behoort aan Christus (nie aan die wet nie).

(6)  Ons behoort aan Christus (en Christus aan God) - daarom roem ons in Hom want ons vertrou nie op die vlees nie (en vertrou dus nie in onsself of in ander mense nie - bv., ons vertrou nie in die wysheid van mense nie, maar vertrou die Here se wysheid).
_________________________________________________________________________________
Uiteensetting met skrifte:
Kom ons kyk na die konteks van verskillende skrifte waarin soortgelyke woorde gebruik word dat Christus die hoof is van die gemeente;   M.A.W., WAT BETEKEN HIERDIE TERM IN VERSKILLENDE SKRIFGEDEELTES?

(1)  (Ef. 1:22)  "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee".
(Gaan lees Ef. 1:22 in konteks  -  dit gaan oor die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig;  en hoe die Vader ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus (Hom deur wie ons die verlossing en vergifnis het deur sy bloed...) - Sy gemeente, Sy liggaam. vGL. DIT OOK MET EF. 2:19 - "So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God".
(Ef. 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(Ef. 1:23)  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
SY GEMEENTE IS SY LIGGAAM - VGL. DIT MET HOE DIE LIGGAAM SAAMWERK - VERSKILLENDE LEDE - (EF. 1:3 - "Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus")). IN KONTEKS GAAN EF. 1:22 DUS VERAL OOR DIE FEIT DAT SY GEMEENTE SY LIGGAAM IS (en Hy die hoof van Sy "liggaam", nl. "die gemeente").  

*  Ons is nou deel van Sy LIGGAAM, maar verskillende lede - EEN 
(met Christus as die Hoof). (ONS BEHOORT NIE MEER AAN DIE WET NIE, MAAR BEHOORT NOU AAN CHRISTUS - (Rom. 7:1-4) - Ef. 2:16 - en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het)http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/dood-vir-die-wet.html. Dit beteken dat ons nie meer die wet DIEN nie, maar dat ons Hom nou DIEN.(Rom 7:4 - "So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra"). Vgl. dit met wat Jesus geleer het dat ons geroep is om VRUG TE DRA, en dat die wat nie vrug dra nie, uitgekap sal word.  Alhoewel ons ondergeskik is aan Christus, is ons ook ondergeskik aan die Vader (omdat God die hoof is van Christus). Op dieselfde wyse is die vrou wat ondergeskik is aan haar man, ondergeskik aan Christus Jesus en ondergeskik aan die Vader... 

*  vgl. dit met die getroude man en vrou, as "EEN":
-(Mar 10:8,9 - "en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" - OMDAT DIE GETROUDE MAN EEN IS MET SY VROU, GEE HY VIR HAAR OM SOOS HY VIR SY EIE LIGGAAM OMGEE. Op dieselfde manier gee Christen broers en susters vir mekaar om omdat hulle "een" is in Christus Jesus, en het elkeen die ander lief soos hy homself liefhet ("asof sy eie liggaam"). 
___________________________________________________________
(2) 
(Ef. 4:15)  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

Die konteks van Ef. 4:15, gaan ook oor HOE DIE HEILIGES TOEGERUS WORD VIR DIENSWERK,, TOT OPBOUIING VAN DIE LIGGAAM - KYK BV. VERAL VERSE 11, 12 EN 16... (EF. 4:16 - "uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde").  DIT GAAN hier OOR HOE ONS MOET OPGROEI IN HOM (wat die Hoof is).  Paulus waarsku hulle ook dat hulle nie moet wandel soos die heidene met verharde harte en sonder kennis en in onreinheid nie, maar liewer vergewensgesind moet wees teenoor mekaar, vol liefde en ontferming, mekaar moet verdra in liefde, sagmoedig wees en nederig en lankmoedig...;  hy beveel hulle ook om sondes af te le. DIT IS HOE HULLE OPGROEI IN DIE HERE!  

DIT GAAN DUS HIER OOR "VRUG DRA" UIT DIENSBAARHEID AAN DIE HERE en OM TE DOEN WAT HY BEVEEL" - OMDAT HY DIE HOOF IS.

___________________________________________________________
(3)
(Fil. 2:9)  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
(Fil. 2:10)  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
(Fil. 2:11)  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

IN KONTEKS GAAN FIL. 2:9 OOR HOE DIE GEMEENTELEDE GEHOORSAAM MOET WEES AAN MEKAAR:  EENSGESIND, LIEFDE, EEN VAN SIEL, EEN VAN SIN (Fil. 2:2).....
(Fil. 2:3)  Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
(Fil. 2:4)  Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
(Fil 2:14)  Doen alles sonder murmurering en teëspraak
Hy verduidelik ook hoe Christus vir ons die vb. gestel het van hoe ons mekaar moet DIEN, en hoe Hy (die Naam bo elke naam) die gestalte van 'n DIENSKNEG aangeneem het... - (Fil. 2:5-8).  GEHOORSAAMHEID AAN MEKAAR GAAN OOR LIEFDE - dat ons nie net ons eie belange soek nie, maar ook die van 'n ander, en dat ons mekaar dien en ons lewens vir mekaar afle, vergewe ens. 

GEHOORSAAMHEID GAAN NIE NET OOR "OPDRAGTE UITVOER" NIE, MAAR OOR "BARMHARTIGHEID"!  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html  Ons moet verstaan waaroor Fil. 2 gaan, dat dit gaan oor hoe ons barmhartig moet wees teenoor mekaar.  WAT DIT HIER BEDOEL IS DAT Christus die Hoof is van die gemeente, EN DAT HY VIR ONS DIE VB. GESTEL HET VAN WAT DIT IS OM BARMHARTIG TE WEES! en l.w. dat Hy meer gehoorsaam was aan die Vader, as aan die leiers van Sy tyd! - Hy het barmhartigheid as meer geag as offers:  DIT IS DUIDELIK DAT DIE FARISEERS NIE REGTIG DIE BEGRIP VAN "BARMHARTIGHEID" VERSTAAN HET NIE, NET SOOS BAIE VAN ONS DIT OOK VANDAG VERKEERD VERSTAAN!  JESUS HET HULLE EGTER AANGEMOEDIG MET DIE VOLGENDE WOORDE (Matt. 9:13):  

GAAN LEER WAT DIT BETEKEN ... 

___________________________________________________________
(4)
(Kol 1:15)  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
(Kol 1:16)  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
(Kol 1:17)  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
(Kol 1:18)  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

In konteks gaan Kol. 1:18 oor hoe Christus Jesus voor alle dinge was, en hoe alles in Hom stand hou.  Hy is die Eersgeborene van die hele skepping, en die beeld van die onsienlike God.  Alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Hy is in alles eerste, en ook die Eersgeborene uit die dode, sodat ons kan lewe saam met Hom -  Vgl. dit met (Ef. 1:4,5 - "soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil").  Verder gaan die konteks hier oor hoe ons die Here in alles moet behaag. en waardiglik voor Hom wandel, vrug dra en groei in die kennis van God (Kol. 1:10).

___________________________________________________________
(5)
(Col 2:9)  Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
(Col 2:10)  en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

In konteks gaan dit oor hoe ons moet pasop vir wereldse wysheid (beginsels van die wereld en oorlewering van mense wat in stryd is met die leer van Christus) waardeur mense verlei word.  Ook dat ons nie meer die wet dien nie (wat slegs 'n skaduwee was van die toekomstige dinge), maar dien nou vir Christus, en het daarom, omdat ons in Sy dood begrawe is, die oue afgele, en die eerste beginsels afgesterf.  Ons is nie meer gehoorsaam aan allerhande insettinge, soos "raak nie, smaak nie, roer nie aan nie...", maar gehoorsaam aan HOM WAT DIE HOOF IS VAN ALLE OWERHEID EN MAG. (Kol 2:16)  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, (Kol 2:17)  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
___________________________________________________________
(6)
(1Kor. 3:23)  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

In konteks gaan dit oor hoe ons nie in mense moet roem nie, maar in Christus moet roem, want ons BEHOORT AAN HOM. (Fil. 3:3 - "Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie").Wat gebeur het in die gemeente van Korinthe, is dat baie geroem het in sekere predikers, omdat hulle baie wys geklink het.  Dit wil ook voorkom asof hulle wysheid 'n verkeerde fondament gele het en veroorsaak het dat die wat ontvanklik is daarvoor, "verkeerd bou".  Waar Christene bv. roem in 'n spes. kerk se leerstellings of in spes. predikers, in plaas van in "DIE WAARHEID" wat Jesus Christus vir ons gebring het, is hulle nie besig om in Christus te roem nie.  Hulle laat toe dat hulle gedagtes, woorde, optrede bepaal word deur mense, in plaas van deur die Here.  Alhoewel die leiers van 'n gemeente die rol kry van om "soos 'n herder" die skape en lammers te laat wei en voed, is hulle self ook ondergeskik aan die Herder, Jesus Christus. Gemeentelede is nie die leiers se skape soos wat baie glo nie!, maar die Here se skape.  Dit is a.g.v. hierdie miskonsepsie wat vele vir hulle leermeersters vergader wat hulle in die gehoor streel - "die een is vir Paulus, en die een vir Apollos......".ONS BEHOORT AAN CHRISTUS!, nie aan mense of aan 'n spesifieke kerk nie.

Vir die wat AAN CHRISTUS BEHOORT (m.a.w. die wat in Hom roem, nie in mense nie), word die opstanding tot lewe as belofte gegee:
(1Co 15:20)  Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
(1Co 15:21)  Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.
(1Co 15:22)  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
(1Co 15:23)  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
(1Co 15:24)  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
(1Co 15:25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.

_________________________________________________________________________________

Donderdag 11 Augustus 2016

Die Gees van God (4)

Vir die vorige 3 gedeeltes oor hierdie onderwerp, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html
_________________________________________________________________
IN HIERDIE BLOGPOST KYK ONS NA OF 
 "ontvang die Heilige Gees" dieselfde is as 
"die krag van die Gees", of 
"om met die Heilige Gees gedoop te word"?
_________________________________________________________________
 Sommige geleerdes sien "die ontvang van die Heilige Gees" en die "ontvang van die krag van die Gees" as dieselfde gebeurtenis, ander weer as verskillende gebeurtenisse.  'n Versie wat veral ook heelwat redenasie uitlok, is die in Joh 20:22 - "En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees" (wat plaasgevind het nadat Jesus uit die dood opgestaan het, in die 40 dae voor Hy opgevaar het hemel toe).   Tog, op 'n ander geleentheid, beveel Hy hulle om te wag in Jerusalem, op die belofte van die Vader, om met die Heilige Gees gedoop te word (wat gebeur het nadat Hy opgevaar het hemel toe) (HAND. 2:33 - "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor". (Hand. 1:4-8 - "En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde");  
-  (EN KYK OOK Luk 24:49 - "En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte").  

LET WEL DAT JESUS NA HIERDIE GEBEURTENIS (die belofte van die Vader) VERWYS HET AS "met die Heilige Gees gedoop word"

 Die vraag is nou wat die verskil is, en of daar 'n verskil is tussen toe Hy oor hulle geblaas het en gese het, "ontvang die Heilige Gees", en die opdrag dat hulle moet wag vir die 
"doping met die Heilige Gees"?  
______________________________________________________
OPSOMMING:

Ten eerste moet ons verstaan dat alhoewel die kind van God wederbaar word deur die water en Gees (en so God se saad binne-in hom kry)(en die Gees so BY HOM BLY), die Gees ook "werk soos Hy wil", en werk gawes en bedieninge deur Sy diensknegte en diensmaagde,  SOOS NODIG! - in so 'n geval word verwys dat die Gees op iemand rus (soos vir 'n tyd) - Num 11:25 - "Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie"


 Die dienskneg en diensmaagd ontvang die Gees wanneer hy wederbaar word, maar word ook gedurig "vervul met die Gees"(soos wanneer die Gees op iemand rus)(vir krag om te kan getuig) - DIT IS WAAROM DIE DISSIPELS NOG GEDURIG "VERVUL WAS MET DIE HEILIGE GEES", SELFS OOK NOG NA DIE DAG VAN PINKSTER!  Dit beteken nie dat die Gees telkens van hulle gewyk het nie, maar verwys eerder na verskillende werk wat die Gees in en deur die Christen se lewe doen (m.a.w. meer verwysend na gawes en bedieninge).  Wanneer ons wederbaar word (deur die Gees), bly die Gees wel vir altyd by ons (Joh. 14:17), maar Hy vul ons ook gedurige met krag (rus op ons en werk deur ons verskillende gawes en bedieninge), sodat ons kan GETUIG. Hierdie vervulling met krag van die Heilige Gees is iets wat Jesus Christus doen in ons.  Christene moet verstaan die belangrikheid van gebed en vas... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/nuwe-wyn-moet-in-nuwe-sakke-gegooi-word.html) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html) en moet vir Jesus Christus vra om vir hulle te vul met Sy Heilige Gees. 

(En alhoewel die ontvang van krag deur die Gees kan geskied deur handoplegging, moet ons ons nie deur enige iemand laat hande ople nie!!!!!!!  Daar is heelwat predikers vandag wat mense nooi om te kom met die belofte om gevul te word met die Gees, maar dan gebruik hulle heidense metodes soos om dieselfde woorde oor en oor te herhaal ens.  Allerhande snaakse verskynsels het al so kop uitgesteek soos dat, in plaas van dat die persone dan begin getuig en in verskillende gawes begin stap, hulle eerder belaglik begin optree soos bv. dat hulle geen beheer het oor hulle eie liggame nie - dieselfde tipe nagevolge wat gesien word in die wat oosterse geloofspraktyke navolg...). 


In Hand. 1 het Jesus ook na die doping met die Heilige Gees verwys as "KRAG ONTVANG WANNEER DIE HEILIGE GEES OOR JULLE KOM" - en kyk dan Sy volgende woorde:  en julle sal my getuies wees.  Ook hier in Hand. 4 sien ons hoe hulle, nadat vervul met die Heilige Gees, "die woord van God met vrymoedigheid gepreek" het!  DIE DOEL VAN OM HIERDIE "gawe van die Gees te ontvang" ("doping in die Gees "/ "die Gees ontvang" / "vervul met die Gees" / "krag ontvang wanneer die Gees oor iemand kom"), is om te GETUIG !  (Hand. 15:8).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html


---------------------------------------------------------------------------------------------
(Hand. 2:33)  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
- (Hand. 5:31)  Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. (Hand. 5:32)  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
- (Joh 12:23-33)  Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word....

- (Hand. 3:13)  Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.
- (Joh 13:31)  En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.

_________________________________________________________________

In sekere skrifte word 
"om met die Heilige Gees gedoop"
 te word, ook van gepraat as 
"ontvang die Heilige Gees"
 - bv. in die geval van Cornelius se huisgesin, Hand. 10:45-47. Dit is dus duidelik dat baie wat die doop met of in die Heilige Gees ontvang het (waarvan tale veral 'n teken was), van gepraat was as, "hulle het die Heilige Gees ontvang".     Alhoewel tale veral 'n teken was dat hulle die Heilige Gees ontvang het, moet ons egter nie die fout maak om te dink dat almal die gawe van tale ontvang wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word nie, want Paulus maak dit duidelik in 1Kor. 12:7-11 dat almal nie dieselfde gawes ontvang nie, en dat die Gees afsonderlik aan elkeen uitdeel soos Hy wil:  "Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil".
- so, dit beteken dat ook in die eerste gemeentes nie almal die gawe van tale ontvang het nie!  Sommige kerke leer dat die gawe van tale altyd 'n bewys is van of iemand met die Heilige Gees gedoop is, MAAR DIT IS DUIDELIK NIE SO NIE!  Hierdie Christene in die gemeente van Korinthiers wat verskillende gawes ontvang het en nie almal die gawe van tale ontvang het nie, was tog duidelik gedoop met die Gees!

Die dissipels het ook na "met die Heilige Gees gedoop word", of "ontvang die Heilige Gees",  verwys as:
die ontvang v/d GAWE VAN DIE HEILIGE GEES:
-(Hand. 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
-(Hand. 10:45)  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
-(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het...
-(Hand. 8:19)  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. (Hand. 8:20)  Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.

DIE BEGRIP 
"met die Heilige Gees gedoop word",
 IS OOK DIESELFDE AS 
om die "gawe van die Heilige Gees" te ontvang:
(Hand. 11:16)  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. (Hand. 11:17)  As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?

M.a.w., volgens bg. skrifte is "om met die Heilige Gees gedoop" te word, ook genoem "om die Heilige Gees te ontvang" , en is dieselfde as om die "gawe van die Heilige Gees" te ontvang.
____________________________________maar ons moet verstaan dat iemand verskeie male vervul kan word met die Heilige Gees:
Vb.:
-(Hand. 4:29)  En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,
(Hand. 4:30)  deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.
(Hand. 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek. (L.W. dat hierdie gebeur het na die dag van Pinkster - hulle was op die dag van Pinkster alreeds gevul met die Heilige Gees, en het reeds verskeie gawes ontvang! - hier word hulle "weer" vervul met die Heilige Gees...)(dis amper soos 'n "geloofsinspuiting" wat hulle gekry het).

-(Hand. 13:52)  En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.


__________________________________ tog wanneer 'n gelowige die Heilige Gees ontvang, word daardie persoon gebore uit God, en kry God se saad binne-in hom (sodat hy vrug kan dra...)http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html.   HIERDIE ERVARING WORD DEUR JESUS BESKRYF AS SOOS "STROME LEWENDE WATER WAT OOR DIE BINNESTE VLOEI":
- (Joh 7:38)  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. (Joh 7:39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. Die werk van die Gees in ons, gaan nie net oor die krag om te kan getuig, wat gepaardgaan met gawes en bedieninge nie, maar ons word ook wederbaar deur die Gees van God - Hy verander ons tot "ander mense" (2 Kor. 3:3). En waar die Gees slegs op sekere gelowiges uitgestort was in die O.T., stort die Here Sy Gees uit op elkeen van Sy diensknegte en diensmaagde in die N.T. Om oor en oor vervul te word met die Gees, beteken nie dat die Gees elke keer weggaan van iemand nie, maar eerder dat die Gees in verskillende gawes en bediening op gelowiges rus, en hulle daarom gedurig vervul word volgens dit wat NODIG is. 

Maar dit is dieselfde Gees van God!
 Almal ontvang nie alle gawes en bedieninge nie! 
(1 Kor. 14).

_________________________________________________________________
Die doping in die Gees het dus nie net die "vervulling van die Gees" behels nie, maar behels baie meer as dit;  dit behels o.a. dat iemand 'GEBORE WORD UIT DIE GEES' - dit is die tweede deel van "wedergeboorte" (saad van God binne-in gelowige), en is dus 'n bewys van wie kinders van die koninkryk is.  Die wat die Gees ontvang, se liggaam is soos 'n tempel (teenwoordigheid van die Here deur Sy Gees). Die Gees van God getuig van die waarheid, en van Jesus die Christus, lei ons in die waarheid, leer ons en herinner ons aan wat Jesus geleer het.  Dit is slegs die wat gehoorsaam is aan die Here, wat die Gees van God ontvang. So, dit gaan nie net oor die krag van die Gees nie, maar ook oor die bevestiging van ons kindskap deur die Gees, en om deur die Here gelei te word en Hom te ken!

Hierdie uitstorting van die Heilige Gees, was ook nie net beperk tot sekere kinders van die koninkryk nie, maar wel aan almal wat "glo".  Wanneer iemand vervul word met die Gees van die Here, dan verstaan hulle wat die wil van die Here is, want die Gees lei hulle in die waarheid.  Dit is om daardie rede dat Moses gese het:

(Num 11:29) "...... Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!".  

Wanneer ons egter gaan kyk na die lewe van die Here Jesus Christus, sien ons dat Hy die saad van God in Hom gehad het ((Mat 1:18 - "Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees".  Maar ten spyte van die feit dat Hy God se saad binne-in Hom gehad het (deur die Heilige Gees), sien ons hoe die Gees op Jesus neerdaal in die vorm van 'n duif terwyl Hy deur Johannes die doper gedoop word: (Luk 3:22 - "en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae").  Daarna het die Gees Hom in die woestyn in gelei, maar let op die woorde:  (Luk 4:1 - "En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei").  So, alhoewel Jesus die saad van God (deur die Gees) binne-in Hom gehad het, sien ons die "ontvang van die Gees" op 'n ander geleentheid! (wat dan gebeur net voor Sy bediening begin...).

Die tweede element van "om weer gebore te word",  is die "Gees":
Iemand wat nie die Gees van God het nie, is nie 'n kind van God nie - is m.a.w. nie gebore uit God nie!:
(Joh 3:6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
1 Joh. 3 verklaar ook verder dat GOD SE SAAD bly in elke persoon (wat weergebore is) gebore is uit God.  M.a.w., deur die GELOOF kan iemand gebore word uit God, en wanneer hy gebore word uit God (weergebore word), dan kry hy God se saad in hom.  (Joh 3:3)  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie......(Joh 3:5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Dit is dus duidelik dat die gebeurtenis van "weergeboorte" (om gebore te word uit water en Gees), verskillend is van die gebeurtenis van 
"om die krag van die Gees te ontvang", alhoewel dit op dieselfde tyd kan gebeur (want ons sien dat Jesus reeds die saad van God in Hom gehad het, maar die Gees "ontvang" het op 'n ander geleentheid)(net so sien ons dat Hy oor die dissipels geblaas het in Joh 20:22 en hulle daar die Gees ontvang het - gebore is uit God - ("En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees").  Vgl. dit met wat Hy verduidelik het oor die wedergeboorte in (Joh 3:8 - "Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is).  (Die woord wat vir Gees gebruik word in die Grieks, is terloops:  "pnyoo-ma" (pneuma), wat beteken ("current of air, breath or a breeze")).

Die term "om die Gees te ontvang",
word dus in beide gevalle gebruik van: 
-  WEDERGEBOORTE 
(waar iemand God se saad in Hom kry)(Rom. 8:9), EN
- OM GEDOOP TE WORD IN DIE GEES
(soos waar iemand gevul word met krag van die Gees)(Hand. 2:4; 4:31....).

Vir die gelowige om uiteindelik die ewige lewe te ontvang, moet hy die nodige "vrug dra" - "vrug vir ewige lewe" (Joh. 4:36);  maar hierdie verwys natuurlik nie na vrug uit "werke nie, maar vrug uit gehoorsaamheid".  Bv., nie alle goeie dade sal eendag beloon word nie!  Die werk van die Heilige Gees in die gelowige se lewe, is soos God se saad wat geplant word sodat die persoon kan vrug dra vir die Here - die persoon word m.a.w. wederbaar (word 'n kind van God en het Sy saad in hom), maar word ook vervul met die Gees om te kan getuig. Om VERVUL TE WORD MET DIE GEES het te doen met "bediening".    Ook dit verdien vir iemand "vrug tot ewige lewe" (maar slegs werke uit gehoorsaamheid, nie werke vir eie gewin nie). HOE WEET ONS BV. IEMAND HET DIE GEES VAN GOD?  - so iemand sal GETUIG v/d WAARHEID en getuig van JESUS CHRISTUS.  Maar as iemand bely dat hy die Gees van God het maar iets anders getuig as die waarheid (bv. dat in sy getuienis ontbreek dat Jesus Christus die enigste Verlosser is), dan is hy duidelik besig om deur 'n ander gees te praat, nie deur die Gees van God nie! (2 Kor. 11:3,4)(1 Kor. 12:3)(1 Joh. 4:6). 
---------------------------------------------------------------------------------------------- Paulus waarsku ons dat ons nie die Gees moet bedroef nie...http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/en-bedroef-nie-die-heilige-gees-van-god.html. As iemand dan nou GOD SE SAAD binne-in hom het, en daarom 'n KIND VAN GOD is, maar hy die sonde weer begin dien, dan gaan daardie saad (van die Gees) wat begin het om vrug te dra, ONVRUGBAAR WORD, en geen vrug (vir die ewige lewe) dra nie.  So iemand gaan op daardie dag van die wederkoms, wanneer almal geoordeel word, bevind word dat hy GEEN VRUG dra nie, en so afgesny word (was m.a.w. deel van die kinders van die koninrkyk, maar word uitgekap).  Christus Jesus het  verduidelik dat die manier hoe 'n gelowige onvrugbaar word, is deur die "sorge van die wereld", "verleiding van die rykdom", "genietinge van die lewe" en "begeerlikhede in verband met ander dinge" (vgl. met "gelykenis van die saaier"). http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


SKRIFGEDEELTES:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Uit die boek van Handelinge:

Act_1:5  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
Act_1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Act_1:16  Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
Act_2:4  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Act_2:17  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
Act_2:18  En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
Act_2:33  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.
Act_2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Act_4:8  Daarop sê Petrus, vervul met die Heilige Gees, aan hulle: Owerstes van die volk en ouderlinge van Israel,
Act_4:31  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.
Act_5:3  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
Act_5:9  En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
Act_5:32  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Act_6:3  Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;
Act_6:5  En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë,
Act_6:10  Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.
Act_7:51  Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.
Act_7:55  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.
Act_7:59  En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!
Act_8:15  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
Act_8:17  Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Act_8:18  En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
Act_8:19  en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
Act_8:29  Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.
Act_8:39  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
Act_9:17  En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
Act_9:31  En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
Act_10:19  En terwyl Petrus nadink oor die gesig, sê die Gees vir hom: Daar is drie manne wat jou soek.
Act_10:38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
Act_10:44  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
Act_10:45  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.
Act_10:47  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
Act_11:12  En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
Act_11:15  En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.
Act_11:16  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.
Act_11:24  want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
Act_11:28  En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.
Act_13:2  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
Act_13:4  So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.
Act_13:9  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
Act_13:52  En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
Act_15:8  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.
Act_15:28  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:
Act_16:6  En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.
Act_16:7  En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.
Act_17:16  En terwyl Paulus in Athéne vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe hy sien dat die stad vol afgodsbeelde was.
Act_18:25  Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.
Act_19:2  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.
Act_19:6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
Act_20:22  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie,
Act_20:23  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.
Act_20:28  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
Act_28:25  En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek
========================================================================

Uit briewe aan gemeentes:

(Rom 5:5)  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
Rom_8:6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 
Rom_8:9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 
Rom_8:10  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. 
Rom_8:11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 
Rom_8:14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 
Rom_8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 
Rom_8:16  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 
Rom_8:23  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. 
Rom_8:26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 
Rom_8:27  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. 
Rom_9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 
Rom_14:17  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. 
Rom_15:13  En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! 
Rom_15:16  om ‘n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ‘n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees. 
1Co_2:4  en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 
1Co_2:10  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 
1Co_2:11  Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 
1Co_2:12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 
1Co_2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 
1Co_2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 
1Co_3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 
1Co_6:11  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. 
1Co_6:19  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 
1Co_6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort. 
1Co_12:3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. 
1Co_12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 
1Co_12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 
1Co_12:8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 
1Co_12:9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 
1Co_12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 
1Co_12:13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 

1Co_14:2  Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 
1Co_14:14  Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 
1Co_14:15  Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 
1Co_14:16  Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 
1Co_15:45  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 
1Co_16:18  Want hulle het my gees verkwik en julle s’n ook. Erken sulke manne dan. 
2Co_1:22  wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het. 
2Co_3:3  omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart. 
2Co_3:6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 
2Co_3:8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? 
2Co_3:17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 
2Co_3:18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. 
2Co_4:13  En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het—soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek—glo ons ook, daarom spreek ons ook. 
2Co_5:5  Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. 
2Co_6:6  in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde; 
2Co_12:18  Ek het Titus gevra en die broeder saamgestuur. Het Titus hom dan ten koste van julle bevoordeel? Het ons nie in dieselfde gees, in dieselfde spore gewandel nie? 
2Co_13:14  (<13>) Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 
Gal_3:2  Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 
Gal_3:3  Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? 
Gal_3:5  Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 
Gal_3:14  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. 
Gal_4:6  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 
Gal_4:29  maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. 
Gal_5:5  Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. 
Gal_5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; 
Gal_5:17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 
Gal_5:18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. 
Gal_5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. 
Gal_5:25  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 
Eph_4:30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. 
1Th_5:19  Blus die Gees nie uit nie. 
2Ti_1:14  Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon. 
Heb_10:15  En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; 

1Jn_4:2 
1Jn_4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 
1Jn_4:6  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling. 
1Jn_5:6  Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. 
1Jn_5:7  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; 
1Jn_5:8  en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig. 
Jud_1:20  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid