Wys tans plasings met die etiket beloftes. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket beloftes. Wys alle plasings

Saterdag 30 September 2017

Ongeloof

'n Ander manier hoe ons miskien kan verstaan wat "geloof" is, is om te kyk na wat die teenoorgestelde van geloof is, m.a.w. wat word gesien as ONGELOOF?, en wat beteken dit in verskillende skrifte? Wanneer ons die woord "ongeloof" hoor dan mag ons dalk dink dat dit slegs verwys na die wat nie Christene is nie en glad nie in Jesus Christus glo nie, maar inteendeel hanteer die Skrif veral gevalle waar dit verwys na die "ongeloof" van GELOWIGES !
- m.a.w. "ongeloof van Christene",
- asook "ongeloof van die wat deel is van die volk van God" (die wat beweer dat hulle die Vader ken, maar Hom nie werklik ken nie, en daarom nie glo in Christus Jesus nie)(...dit is bv. a.g.v. hulle ONGELOOF dat hulle "afgebreek" is... (Rom. 11:20)).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT ONS GAAN LEER UIT DIE ONDERSTAANDE SKRIFTE, IS DAT:
-   DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT DIE HERE SOMTYDS NIE KRAGDADE DOEN NIEbv. Matt. 13:58 en Mark. 6:5,6 - Jesus Christus het nie baie kragdade daar gedoen nie weens die "gelowiges" se ongeloof...

- DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT SOMMIGE DUIWELS NIE UITGEDRYF KAN WORD NIE.  bv. die dissipels wat nie 'n duiwel kon uitdryf nie in Mark. 9, en die pa se ongeloof, en die dissipels se plig om meer te bed en vas...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF (en die hardheid van hulle harte) IS DAT HULLE SOMTYDS TWYFEL IN DIE WOORDE VAN ANDER GELOWIGES (wat die waarheid praat). - bv. die geval waar die dissipels nie geglo het toe daar vir hulle vertel is dat Jesus Christus opgestaan het nie....

-  DIT WEENS "GELOWIGES" SE ONGELOOF IS DAT HULLE SOMTYDS ONWETEND SONDIG.bv. Saulus wat gelaster en Christene vervolg het en geweld gepleeg het, maar gedink het hy die dien die Vader deur dit te doen...

-  DIT WEENS GELOWIGES SE ONGELOOF IS DAT HULLE NIE ALTYD ONTVANG WAT AAN HULLE BELOWE IS NIE - bv. baie van die volk wat uit Egipteland uitgelei is en aan wie die belofte gemaak is dat hulle die land sou beerwe, het op die ou end nie ingegaan nie maar gesterf in die woestyn a.g.v. hulle ongeloof...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Almal van ons sukkel somtyds met ONGELOOF - soos die pa in Mark. 9:23,24 - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").  Dit wil lyk of Christus onmiddellik gemerk het dat die pa sukkel met geloof, want toe hy sy seun na Jesus bring, maak Jesus die volgende stelling: "Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe" (Mar 9:19). Alle dinge is moontlik vir die een wat glo, maar net soos hierdie pa wil ons ook somtyds uitroep "Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!" - glo in die Here Jesus maar het nie altyd die geloof nie!  Hierdie is 'n realiteit wat ons nie moet ignoreer nie, want as ons dit ignoreer sal ons nie die Here se krag in ons lewens ervaar nie.  Waar geloof ontbreek, moet ons aandag daaraan gee en die Here vra om ons ongeloof te hulp te kom (soos hierdie pa gedoen het), en soek na wat die Here begeer ons moet doen om dit te verander, en kies om nie ongelowig te wees nie, maar gelowig! (Joh. 20:27). In Mark. 9 kon Jesus se dissipels nie die duiwel uitdryf nie, en verseker het die ongeloof van die pa ook iets daarmee te doen gehad, maar dit wil voorkom of die dissipels se geloof ook nie sterk genoeg was nie!, want in die gedeelte moedig Jesus hulle aan dat GEBED EN VAS in hierdie gevalle nodig is: Mar 9:28,29 - ("En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie").

Waar gelowiges wat deel is van die volk van God en bely dat hulle die Vader ken, NIE GLO in Christus Jesus nie (m.a.w. ongelowig is), word hulle afgebreek;  maar sou hulle nie in hierdie ongeloof bly nie, kan hulle weer ingeent word (Rom. 11:23).  Dit moet vir elkeen met ONGELOOF hoop gee dat sou hy kies om nie meer ongelowig te wees nie, die Here hom te hulp sal kom.

Baie van die volk in die woestyn oppad na die beloofde land het nie ingegaan nie as gevolg van hulle ONGELOOF! (Hebr. 3:19; Jud. 1:5). Die belofte was aan hulle gemaak en die Here het vir hulle die weg geskep waardeur hulle sou kon ingaan, maar a.g.v. hierdie "gelowiges" se ongeloof het hulle nie ingegaan nie, en dus nie ontvang wat vir hulle belowe was nie want hulle het nie die voorwaardes van geloof nagekom nie.  
Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil hê dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo! (Luk 18:17 - "Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie").

Elke gelowige moet gedagstes van ongeloof gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus:  
"moenie ongelowig wees nie, maar gelowig"!
(vgl. met Joh. 20:27)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING en KONTEKS VAN ONDERSTAANDE SKRIFTE:

- Mark. 16:14 - ("Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie").  "Ongeloof" verwys hier na die ongeloof van Christus Jesus se dissipels! - ongeloof in Sy opstanding, en l.w. die woorde hulle "hardheid van hart". In hierdie geval was dit die hardheid van hulle harte en ongeloof wat veroorsaak het dat hulle nie geglo het toe daar aan hulle vertel is dat Hy opgestaan het nie.
- Matt. 17:20, in hierdie geval was die dissipels nie in staat om 'n duiwel uit te dryf nie (tog het op daardie stadium al baie ander duiwels uitgedryf!): Mat_17:20 - ("En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie").
- Matt. 13:58 ("En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie") - "ongeloof" verwys ook hier na die ongeloof van "gelowiges" - ongeloof van die wat deel is van die volk van God, maar aanstoot geneem het in Christus en Sy leringe - m.a.w., hulle gee voor hulle ken die Vader, maar hulle ken Hom nie werklik nie.    
- Mark. 6:5,6 - ("En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het. En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer"). Baiemaal is dit a.g.v. "ongeloof" dat daar geen kragdade onder gelowiges plaasvind nie.
- Mar 9:23,24 word die woord ongeloof gebruik in konteks met 'n "gelowige wat voel dat hy nie geloof het nie" - ("En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!").
- Dit is in of a.g.v. ongeloof dat mense baiemaal ONWETEND SONDIG, soos in die geval van Paulus (Saulus) wat gelaster en die Christene vervolg het en hulle geweld aangedoen het - hierdie sondes het hy onwetend gedoen omdat hy "ongelowig" was - hy het gedink dat hy die Vader dien, maar het verkeerd gedoen a.g.v. sy ongeloof: 1Tim. 1:13 - ("my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof").  
- Ongeloof veroorsaak dat ons nie altyd ontvang wat aan ons belowe word nie - Heb_3:19  "En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie". Kyk ook  Jud_1:5  "Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het". 
- Somtyds kies gelowiges om ongelowig te wees, maar die Here wil he dat ons GELOWIG moet wees, en soos kindertjies moet glo!  Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig
- Die manier hoe iemand die woord ontvang, wys wat in hulle hart aangaan... Hand. 28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE:

Mat_13:58  En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie. 
Mat_17:20  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. 
Mar_6:6  En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer. 
Mar_9:24  En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! 
Mar_16:14  Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. 
Rom_4:20  En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee 
Rom_11:20  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. 
Rom_11:23  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. 
1Ti_1:13  my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof
Heb_3:19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. 
Joh_20:27  Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. 
Act_28:24  En sommige het geglo wat gesê is, maar ander het ongelowig gebly. 

Jud_1:5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------