Wys tans plasings met die etiket dier uit see. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket dier uit see. Wys alle plasings

Saterdag 30 Desember 2023

Diere / Koppe / Horings / Krone

 IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAARNA "diere, koppe, horings en krone

IN PROFESIE VERWYS. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In beeldspraak word KONINGKRYKE en/of  KONINGS somtyds voorgestel deur:

- "DIERE"  (diere verwys na KONINKRYKE, en word somtyds bloot na verwys as KONINGS - verskillende diere stel bv. koninkryke wat op verskillende tye opstaan en/of mekaar opvolg - 'n vb. hiervan is die 4 diere in Dan. 7.  In Dan. 2 (beeld) word ook 'n spesifieke stel koninkryke wat mekaar opvolg tot in die laaste dae beskryf..., maar sommige van hierdie koninkryke word in ander skrifte weer beskryf as DIERE. In totaal vind ons 8 sulke "diere" in 'n spesifieke reeks van koninkryke, waarvan die laaste of die 8ste DIER beskryf word as die "skarlakenrooi dier" in Openb. 17, waarop die hoer/stad Babilon sit...).

- "KOPPE"  (koppe verwys na verskillende DIERE (konings/koninkryke) wat 'n spesifieke koninkryk voorafgegaan het, of afhangende van wanneer die droom of visioen gewys is, kan die koppe verwys na 'n huidige of komende koninkryk). 

- "HORINGS" (verwys na KONINGS en/of KONINRKYKE wat uit 'n koninkryk uit opstaan).

Ander:

-  "BERGE" ('n ander woord wat gebruik word om te verwys na "koppe" / konings/koninkryke - Openb. 17:9,10,;  bv. in die geval van die skarlakenrooi dier van Openb. 17 stel die berge konings voor waarvan 5 geval, een is, en een moet kom = 7 koppe).

- "KRONE" (mag en regering).

-  "VLERKE"  (windstreke).

-  'WATERS" ("see" van nasies - Openb. 17:1.15; Jer. 51:13).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Diere:

In profesie stel "diere" gewoonlik konings (Dan. 7:17) voor, of koninkryke (Dan. 7:23,24). Hierdie soort beeldspraak word in heelwat skrifte gebruik waar volke of persone vgl. word met "diere" (Jes. 30:6 - "Godspraak oor die DIERE van die Suidland. In ‘n land van benoudheid en angs, waar leeuin en leeu uitkom, adder en vlieënde draak, vervoer hulle op die rugge van esels hul rykdomme en op die bulte van kamele hul skatte, na ‘n volk wat geen voordeel bring nie"). 

(Dan 7:17 - "Hierdie groot diere wat vier is—vier konings sal uit die aarde opstaan"). 

Alhoewel "koppe" en "horings" ook in beeldspraak gebruik word om konings en koninkryke voor te stel, is dit nie heeltemal dieselfde nie, want koppe verwys na 'n koninkryke in 'n spesifieke stel van koninkryke, en horings verwys weer na koninkryke wat uit 'n spesifieke koninkryk opstaan (alhoewel hierdie definisie effens verskil onder geleerdes).  In Dan. 7 stel die eerste DIER (die leeu) die Babiloniese koninkryk voor, die tweede DIER (die beer) stel die Mede en -Persiese koninkryk), en die derde (die luiperd) stel die Griekse koninkryk voor - hierdie is verskillende "diere", maar 'n volgende dier in dieselfde reeks van koninkryke maar dalk voorgestel word met koppe wat dan hierdie verskillende koninkryke voorstel. "Horings" is verwysend na konings wat uit 'n spesifieke diere opstaan (terwyl "koppe" weer verwysend is na ander koninkryke in dieselfde reeks koninkryke, wat bv. mekaar opvolg). 

"DIERE" IN PROFESIE VERWYS NA KONINGS en KONINKRYKE.  
Daar word o.a. 'n totaal van 8 sulke "diere" in die Skrif genoem, van 'n spesifieke reeks koninkryke wat mekaar opvolg tot in die einde van dae net voor Jesus terugkom (waarvan die laaste of 8ste verwys na die skarlakenrooi dier).

-  Die BABILONIESE KONINKRYK - word o.a. as 'n LEEU voorgestel in Dan. 7:4 en is die kop op die beeld in Dan. 2:32, 36-38 (KONING van Babel / Babiloniese KONINKRYK).

-  Die MEDE & PERSIESE KONINKRYK - word o.a. as 'n BEER voorgestel in Dan. 7:5, en is die bors en arms op die beeld in Dan. 2:32,39; en word in Dan. 8, 3,4,20 weer voorgestel as 'n RAM.

-  Die GRIEKSE KONINKRYK - word o.a. voorgestel as 'n LUIPERD in Dan. 7:6 (en is die buik en lendene op die beeld in Dan. 2:32,39);  of woord voorgestel as 'n BOKRAM in Dan. 8:5,21,22.

-  Die 4DE DIER KONINKRYK (Dan. 7:7).  Dit verwys na 'n koninkryk - kyk bv. hoe dit beskryf word met 10 horings/konings.

-  Die VUURROOI DRAAK (Openb. 12:3).  Die draak verwys na die ou slang, die duiwel, of word ook Satan genoem (Openb. 12:9), maar kan ook 'n koninkryk voorstel, bv. die "vuurrooi draak" genoem in Openb. 12:3 - kyk bv. hoe dit beskryf word met 7 koppe (met 7 krone/mag) en 10 horings/konings.

-  Die DIER UIT DIE SEE koninkryk (Openb. 13:1-10).  Dit verwys na 'n koninkryk - kyk bv. hoe dit beskryf word met 7 koppe en 10 horings/konings (en op sy koppe 10 krone/mag)(v. 1).

-  Die DIER UIT DIE AARDE koninkryk (Openb. 13:11-18).  Dit lyk ook of dit na 'n koninkryk verwys - kyk bv. hoe dit beskryf word met 2 horings/konings (v. 11).

-  Die SKARLAKENROOI DIER koninkryk (Openb. 17:3,7-17) - word ook na verwys as die "dier uit die afgrond" in Openb. 17:8. Dit verwys na 'n koninkryk - kyk bv. hoe dit beskryf word met 7 koppe en 10 horings/konings (v. 3). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

KOPPE verwys na:

KONINGS / KONINKRYKE in 'n spesifieke reeks van koninkryke (koppe verwys na voorafgaande koninkryke, of afhangende van wanneer die profesie/visioen gegee is kan koppe verwys na 'n huidige koninkryk, of komende).  Terwyl 'n "dier" 'n spesifieke koninkryk beskryf, beskryf "koppe" ander koninkryke wat daardie koninkryk voorafgegaan het, wat is of wat volg.

'n Goeie voorbeeld is die skarlakenrooi dier in Openb. 17:

Die skarlakenrooi dier word beskryf met 7 KOPPE 

- die DIER is 'n beskrywing van die koninkryk self, terwyl die 7 KOPPE koninkryke beskryf wat hierdie koninkryk voorafgegaan het, wat is, of komend. Hier volg bv. een so 'n interpretasie... - koninkryke wat die skarlakenrooi dier voorafgegaan het is die (1ste kop) Egiptiese, (2de kop) Assiriese, (3de kop) Babiloniese, (4de kop) Merders & Persiese, en die (5de kop) Griekse koninkryk; en in die tyd wat die skarlakenrooi dier in 'n visioen aan Johannes gewys is was die (6de kop) "4de dier" van Dan. 7:7 aan bewind, wat een vd koppe op die skarlakenrooi dier voorstel;  en die laaste kop verwys na 'n komende koninkryk wat na hierdie koninkryk kom... - wat dan die 7de kop is en bv. "die dier uit die see" voorstel)(l.w. dat die skarlakenrooi dier die 8ste DIER is, nie een van hierdie koppe nie, maar sal saam met die 7 (koppe/koninkryke) uiteindelik val (Openb. 17:10,11)(Openb. 17:9-11 - "Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort tydjie bly. En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf").   Hierdie koppe word verder voorgestel as "BERGE" OF "KONINGS" waar "die vrou" op sit... (v. 9,10) - dit wil voorkom of die groot stad Babilon oor hierdie koninkryke gaan regeer (KONINKRYKE =bv. "berge" - volk/plek - waar is hulle?, bv. 7 koninkryke of volke wat onder die "vrou" groot stad Babilon gesorteer is)(KONINGS  =ons sien ook hier hoe die term "konings" gebruik word om na koninkryke te verwys). 

Kom ons kyk na ander voorstellings van "diere met KOPPE":

- die LUIPERD in Dan 7:6 - ("Daarna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n ander een soos ‘n luiperd, en dit het vier vlerke van ‘n voël op sy rug gehad; ook het die dier 4 KOPPE gehad, en aan hom is heerskappy gegee"). Hierdie "koppe" kan verwys na komende koninkryke of na koninkryke wat dit voorafgaan - daar is bv. twee moontlikhede.  (1) is dat dit verwys na die Egipties, Assiries, Babilonies, en Meders & Perse.  Die (2)de opsie is dat dit verwys na komende (wat komend was op daardie stadium toe die visioen gesien is), bv. die 4 koninkryke wat uit hierdie koninkryk ontstaan het in 4 windrigtings.

- die VUURROOI DRAAK (koning) in Openb. 12:3 - ("En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met 7 KOPPE en tien horings, en op sy koppe sewe krone"). Die draak wat die hele wereld verlei stel die ou slang, die duiwel voor (ook genoem die Satan)(Openb. 12:9). Sy koninkryk is soos 'n konkryk wat nie is nie, tog is dit... L.w. dat die draak sy krag en groot mag sal gee aan die "dier uit die see" (Openb. 13:2)(en die draak en dier sal aanbid word, v.4) - amper asof hulle een koninkryk is (vgl. dit ook met Openb. 16:13) - vgl. dit met die verdeelde koninkryk op die voete vd beeld in Dan. 2, en wat verwys na die laaste koninkryke op aarde - sien ook die skarlakenrooi dier as deel van hierdie stelsel. Die 7 koppe vd vuurrooi draak kan moontlik as volg geinterpreteer word:  (1) Egiptiese, (2) Assiriese, (3) Babiloniese, (4) Meders & Persiese, (5) Griekse, (6) 4 de dier, (7) skarlakenrooi dier. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

"HORINGS" VERWYS NA:
KONINGS OF KONINRKYKE WAT UIT 'n DIER/KONINKRYK OPSTAAN.

'n Goeie vb. is Dan. 8 waarin die HARIGE BOK (koning van Griekeland of koninkryk) eers beskryf word as met 'n groot horing (wat die eerste koning voorstel - Dan. 8:21), later breek die horing af en 4 kom in sy plek uit (v.8,22 - 4 koninkryke sal uit sy volk ontstaan), en uit een van hulle later nog 'n horing... (v.9,23 - 'n latere koning).

Nog 'n vb. is die 4de dier in Dan. 7, wat beskryf word met 10 horings... V. 24 verduidelik dat hierdie "10 horings" verwys na 10 konings wat uit daardie koninkryk sal opstaan. Daar sal ook later 'n "ander horinkie" uitkom, wat in v. 25 ook verduidelik word as 'n koning.   

Kom ons kyk na 'n paar ander skrifte waar horings ook in beeldspraak gebruik word om na konings te verwys:

(Psa 132:17)  Daar sal Ek vir Dawid ‘n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde ‘n lamp toeberei. In hierdie skrif  verwys "horing" bv. na 'n koning wat uit Dawid se nageslag gebore sou word (nl. die beloofde Messias / natuurlik verwysend na Jesus Christus)(Ps. 132:11 - "Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon")(vgl. dit met hoe Jesus deur baie vd volk genoem was,"seun van Dawid"). Hierdie beeldspraak word ook deurgeneem in gesegdes, bv. die Here word genoem "die horing van heil (saligheid)" (Luk. 1:69; 2 Sam. 22:3; Ps. 18:3) - m.a.w. Hy is soos 'n horing wat saligheid bring... (bv. verlos hulle van vyande... - Luk. 1:69-75).  

(Num 23:22 - "God wat hulle uit Egipte uitgelei het, is vir hulle soos die horings van ‘n buffel"). - veral in die geval van 'n renoster is die horing geweldig sterk, iets waarmee hy homself kan beskerm en wat gebruik kan word soos 'n wapen. Vgl. dit ook met Num. 24:8, waarin hierdie vgl. verduidelik word, waarom God "vir hulle soos die horings van 'n buffel" is: -(Num 24:8 - "God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van ‘n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel"). Horings van 'n koninkryk kan na iets soortgelyk verwys, wat m.a.w. vir hulle is soos "krag" of "mag" (waarmee hulle bv. ander koninkryke kan verteer en stukkend breek). Die Lam word in Openb. 5:6 beskryf as o.a. "met 7 horings" - hierdie horings is sekerlik 'n manier om te verwys na krag en mag. (Openb. 5:6 - "En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde"). Dit wil voorkom of dit beide die horings en die oë is wat hier die 7 Geeste van God voorstel (wat terloops uitgestuur is oor die hele aarde...) - in hierdie geval wil dit voorkom of hierdie iets is soos 'n verwysing na die mag wat deur die Lam uitgevoer word oor die aarde d.m.v. die Gees van God.  

Ook in Deut. 33:17 word "buffelhorings" daar gebruik om te beskryf hoe Josef se seuns die volke sal stoot... (Deu 33:17 - "Sy eersgebore stier—heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tien duisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!"). Om tussen die "horings van buffels" te wees, kan wees asof iemand vasgekeer is tussen vyande - (Psa 22:22 - "Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!"). Vgl. dit ook met (Psa 75:11 - "En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word). Vgl. dit ook met (Eseg. 34:21 - "Omdat julle al die swakkes met skof en skouer wegdruk en met julle horings stoot, totdat julle hulle uitgejaag het"), Hier sien ons hoe horings gebruik kan word om van iemand ontslae te word.  Op dieselfde wyse kan "horings" in beeldspraak verwys na die wat ander vaskeer of wegstoot, of verslind en vermorsel. Vgl. dit met die 4 HORINGS in Sag. 1:18-21 (die horings wat Juda, Israel en Jerusalem verstrooi het...).  

"Horings" in profesie of beeldspraak verwys na die volgende :
HORINGS  =  KONINGS (wat uit 'n koninkryk opstaan)(en volgens Dan. 7 lyk dit of hierdie konings die verslind en vermorsel en vertrap werk doen). 

In Dan. 8 (die gesig vd ram en bokram), sien ons dat die "ram" daar voorgestel word met 2 horings:- (Dan 8:3 - "En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan ‘n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom"). Met bg. in ag geneem verwys hierdie 2 horings dus na 2 konings (of koninkryke) wat opstaan uit die ram-koninkryk... En l..w. v. 4!  - (Dan 8:4 - "Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword"). Vgl. dit met v.20 - (Dan 8:20 - "Die ram wat jy gesien het met die twee HORINGS, is die KONINGS van die Meders en die Perse"). 
Die bokram word beskryf met een aansienlike horing (Dan. 8:5), en kyk wat doen hy met daardie horing:  (Dan 8:6-8 - "En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop. En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie. En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel").  Ook hier verwys die bok met sy horing na 'n koning, en die 4 aansienlike horings wat in sy plek uitgekom het nadat dit afgebreek is, verwys na KONINGKRYKE: (Dan 8:21,22 - "En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning. En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het—vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie"). So hier sien ons dat HORINGS nie net verwys na konings nie, maar ook na hulle KONINKRYKE. In hierdie geval vd bokram verwys die groot horing dus na 'n koning wat uit 'n koninkryk opstaan (in hierdie geval "die eerste koning" - Dan. 8:21), en dan na 4 koninkryke wat weer uit sy koninkryk ontstaan (Dan. 8:22). Ons sien dus ook in hierdie gedeelte dat:
HORINGS = KONINGS / KONINKRYKE (wat uit 'n koninkryk opstaan)(verslind, vermorsel, vertrap...).

In Openb. 12:3 word die vuurrooi draak (die ou slang / duiwel / satan) voorgestel met 7 koppe, 10 HORINGS, en op sy koppe 7 krone (en sy stert het 'n derde vd sterre meegesleep. wat miskien vgl.kan word met die horing wat eers klein uitkom in Dan. 8). Hierdie 10 horings verwys beslis na 10 KONINGS of KONINKRYKE wat uit sy koninkryk kom... (word somtyds na verwys as "slang-koninkryke").

In Openb. 13:11 word 'n "dier" voorgestel as "uit die aarde met 2 HORINGS" (horings net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak).  Hierdie "dier uit die aarde" wat "die valse profeet" (Openb. 19:20) voorstel sal o.a. tekens doen en maak dat almal die dier aanbid... Dit wil voorkom of uit "hom" 2 konings of koninkryke kom. Weer-eens verwys die "dier uit die aarde" ook nie net na 'n "koning" (bv. die valse profeet) nie, maar ook na 'n koninkryk, en uit hierdie koninkryk sal 2 konings en/of koninkryke opstaan  (wat soos horings baiemaal doen soos ons bo gesien het, "sal verslind en vertrap en vermorsel" - hulle sal maak dat die aarde die dier aanbid, en maak dat die wat dit nie wil doen nie, gedood word...).  

In Openb. 17:3 word die skarlakenrooi dier (die "vrou" - verborgenheid, groot Babilon, groot stad wat heerskappy voer oor die konings vd aarde - sit op hierdie dier) voorgestel met 7 koppe en 10 HORINGS (Openb. 17:3 - "En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings"). Die 
10 HORINGS = word beskryf as 10 KONINGS wat nog geen koningskap ontvang het nie maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier (Openb. 17:12)(hulle sal hulle krag en mag aan die dier oorgee en teen die Lam oorlog voer, en sal "die vrou" verbrand). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Krone:

'n Kroon word gewoonlik gegee aan iemand wat as koning gekroon word. Bv., Openb. 6:2 (die ridder vd wit perd) verwys sekerlik na iemand wat mag kry om te regeer (Openb. 6:2 - "En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin"). In hierdie opsig kan "krone" in beeldspraak verwys na mag. Bv., wanneer 'n kroon oorgegee word. is dit gewoonlik weer 'n verwysing na mag wat oorgegee word. 

Of bv. as 'n koning sy kroon voor 'n ander neerlê, kan dit verwys na onderdanigheid.  Die wat sy kroon voor 'n ander neerlê, bely m.a.w. dat sy mag nou onderwerp is aan die ander een. 'n Goeie vb. hiervan is miskien Openb. 4:4,10  vd 24 ouderlinge met goue krone wat hulle krone voor die Here neerwerp... -  (Openb. 4:10.11 - "val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape"). Alhoewel hulle self mag ontvang het, is hulle onderwerp aan Hom wat eintlik die mag het. 

Die onderwerp van krone word somtyds ook in profesie en beeldspraak gebruik, bv.: 

- Openb. 9:7 (onder die 5de trompet, sprinkane - en op hulle koppe iets soos krone)(l.w. die konteks - v.3 - "aan hulle is mag gegee...soos skerpioene...")(in hierdie geval kan hulle voorkoms beskrywe vir ons iets van hulle vertel, bv. dat "perde" verwys na "voorbereid vir oorlog", en "krone" verwys na hierdie "mag" wat hulle kry om mense te pynig...); 

- Openb. 12:3 (die vuurrooi draak - op sy 7 koppe, krone)(die draak (ou slang/duiwel/satan-Openb. 12:9) se krone kan moontlik vgl. word met Openb. 13 (?), waarin die draak sy krag en sy troon en groot mag gee aan die "dier uit die see" - in hierdie gedeelte het die dier uit die see bv. 7 koppe..., wat moontlik 'n aanduiding is van hierdie mag wat deur die draak aan die dier gegee word - gee die mag van die 7 koppe of koninkryke);  

- Openb. 13:1 (die dier uit die see - op sy 10 horings, krone)(horings = konings, en hulle het mag)- vgl. dit gerus met die 10 horings skarlekenrooi dier (Openb. 17) wat hulle mag gee aan die dier... Hierdie 10 horings verwys na konings wat nog geen koninskap ontvang het nie, maar sal dit ontvang vir een uur lank saam met die dier, en sal hulle krag en mag dan oorgee aan die dier...;  

- Openb. 19:12 (vd Messias se terugkoms - o.a. op Sy hoof is baie krone...)(l.w. die konteks - Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid, kleed in bloed gedoop ens. - Hy is die koning vd konings... (Hy het baie krone, want Hy is die Koning vd konings... - dit verwys dus na die mag wat Hy het oor al die ander konings - alle mag is vir Hom gegee).