Wys tans plasings met die etiket gees van dwaling. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket gees van dwaling. Wys alle plasings

Maandag 28 Augustus 2017

Ware Christene DAGSTUKKIES

Sommige dagstukkies is 'N KORT OPSOMMING van die langdradige poste op hierdie "Ware Christene" blog, asook die samestelling van verskillende poste.  Die dagstukkies blog bevat ook sekere (kort) onderwerpe wat nie op hierdie blog bespreek word nie...
Klik hier om na die Dagstukkies blog te gaan. (Vir 'n volledige lys van onderwerpe op die Dagstukkies blog, gaan na die blog en klik op "onderwerpe op hierdie blog"). 
Om dagstukkies te ontvang via email, gaan na die blog en voltooi die "follow by email" opsie

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hieronder is 'n lys van die laaste 17 DAGSTUKKIES:

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-HOE WORD EK 'N VRIEND VAN JESUS CHRISTUS?: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/how-word-ek-n-vriend-van-jesus-christus.html
-WAARNA VERWYS DIE SLEUTEL VAN DAWID?: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/waarna-verwys-die-sleutel-van-dawid.html
-WAT DOEN JY MET DIE "BESITTINGS" WAT DIE HERE AAN JOU TOEVERTROU": http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/08/wat-doen-jy-met-die-besittings-wat-die.html
-DIE HERE SE WINGERD: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-here-se-wingerd.html
-DIE KONINKRYK VD HEMELE IS SOOS,,, (3): http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/07/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_1.html
-DIE KONINKRYK VD HEMELE IS SOOS... (2): http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/06/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n.html
-DIE KONINKRYK VD HEMELE IS SOOS... (1): http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html
-WIE SAL UITEINDELIK INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/wie-sal-uiteindelik-ingaan-in-die.html
-WAT BETEKEN DIT OM 'N REIN OF SUIWER HART TE HE? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/wat-beteken-dit-om-n-rein-of-suiwer.html
-AAN WIE WORD DIE GEES VAN DWALING GESTUUR? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html
-IS DIE AARDE ROND? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/04/is-die-aarde-rond.html
-WAARNA VERWYS SLEGTE VRUGTE WERKLIK? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2017/02/waarna-verwys-slegte-vrugte-werklik.html
-DIE EET VAN REIN EN ONREIN DIERE: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html
-ONDERSKEI TUSSEN WAT IS REIN EN WAT IS ONREIN: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/10/onderskei-tussen-wat-is-rein-en-wat-is.html
-IS ALLES VIR DIE CHRISTEN REIN?  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/10/is-alles-vir-die-christen-rein.html
-WIE SAL INGAAN IN DIE NUWE JERUSALEM? http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/09/wie-sal-ingaan-in-die-nuwe-jerusalem.html
-LAAT U NAAM GEHEILIG WORD: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/09/laat-u-naam-geheilig-word.html

Woensdag 29 Maart 2017

Siener (Raadpleeg)

In hierdie blogpost kyk ons na die term "siener" in die Skrif. Hierdie onderwerp moet veral behandel word saam met die onderwerp van "raadpleeg", m.a.w. "vir wie dit is vir wie ons RAADPLEEG".  Die siener vd O.T. (siener vd Here)(later profeet)(ook priester, leraar...) was besoek wanneer iemand die Here wou raadpleeg, maar nie alle sieners is sieners (vd Here) nie;  en dus, nie alle sieners moet geraadpleeg word nie, want sommige sieners raadpleeg dooies of afgode of geeste wat waarsê...  Ook nie almal wat deurgaan vir sieners (vd Here), is opreg en gehoorsaam aan die Gees van God nie.  Daarom is dit belangrik dat die geeste op die proef gestel word!

Ware gelowiges SOEK die Here en Raadpleeg Hom, maar die afvalliges sal onder oordeel val omdat hulle Hom nie soek nie, en Hom nie raadpleeg nie... (Sef. 1:6; Hebr. 10:38).  
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:
Daar is verskillende maniere waarop die Here mense antwoord wanneer hulle Hom raadpleeg - in die O.T. was dit veral deur drome, of deur die Urim, of deur die profeet (SIENER) (1 Sam. 28:6; 1 Kon. 22:5,6; 2 Kon. 8:8; Jer. 21:2; 37:4,7...).  Profete was oorspronklik sieners genoem deur die mense van Israel en baiemaal, as iemand die Here wou raadpleeg, het hy na die siener (profeet) gegaan (1 Sam. 9:9)(of somtyds na die priester). Die siener in die O.T. was dus o.a. iemand wat geroep is om die Here te raadpleeg namens die volk en om Sy wil aan hulle bekend te maak. Die siener se antwoord was ook onderwerp aan die Here se antwoord, en as die Here niks antwoord nie, dan het die siener ook nie 'n antwoord nie. Die bediening van die profeet, of die "profetiese bediening", is egter nie iets wat slegs in die O.T. te vinde is nie, maar is steeds deel van die Christelike kerk;  alhoewel, in die O.T. het nie almal wat deel was van die volk die Gees van God op hulle gehad nie.  Sieners (profete) het wel die Gees op hulle gehad, maar dit beteken ook nie dat hulle almal gehoorsaam was aan die Gees nie!, want sommige het uit eie wil geprofeteer, volgens wat mense wou hoor...
In die N.T. word Christene gesien soos 'n profetedom omdat die Christen die Gees van God het (Christus Jesus stuur die Gees aan die wat in Hom glo), en elkeen ontvang genadegawes of bedieninge of werkinge, en kan self van die Here hoor en Sy wil ken (1 Kor. 12:4-31), maar die Gees van God werk hierdie dinge deur Christene MET DIE OOG OP WAT NUTTIG IS (1 Kor. 12:7)(Rom. 12:6-8; 2 Kor. 4:1; Kol. 4:17; 2 Tim. 4:5)- daarom ontvang almal nie dieselfde gawes of bedieninge nie. Die profetiese bediening is egter nie verlore soos wat ons baiemaal dink nie, maar die Here het steeds mense vir wie Hy roep soos Hy die profeet (SIENER) geroep het in die O.T. (soos Hy ook die evangelis roep, of die leraar, of die herder...).  Ons is natuurlik skrikkerig wanneer iemand homself uitgee vir die naam van "profeet", siende daar ook vandag baie profete (sieners) is wat nie gehoorsaam is aan die Gees nie, maar eerder preek wat mense wil hoor, in plaas van die waarheid.  Jesus Christus het hierdie feit van dat daar baie valse profete sal wees in die laaste dae, bevestig (Matt. 24:24; 7:15), en het vir ons geleer dat dit hulle vrug is wat sal wys of hulle opreg is of nie.  Op dieselfde wyse was die O.T. profeet beoordeel en geeer as die dinge wat hy uitspreek, waar word. 'n Verdere bewys van "vrug" was om te kyk wie dit is wat die waarheid meer liefhet as die eer van mense (1 Kon. 22).  Die dissipels het ook die gemeentes gewaarsku teen valse leraars (en valse leraars vgl. met die valse profete van die O.T.)(2 Pet. 2:1,3) - en sulke leraars geskets as mense wat verderflike ketterye heimlik invoer...  Hierdie (valse) leraars word verder beskryf as mense wat preek volgens mense se begeerlikhede, nie volgens die waarheid nie! (2 Tim. 4:3).

(1Jn 4:1)  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.  Die VRUG van die een wat optree as siener van die Here, is dus belangrik, m.a.w.:  (1)  Word dit wat hy uitspreek, vervul?  (2)  Het hy die waarheid meer lief ?, of is die woorde wat hy uitspreek liewer dit wat mense in die gehoor streel?  Christene het nodig om die geeste op die proef te stel, maar ons moet nie dink dat alle Christene  ook in staat is om hierdie onderskeiding te maak nie!, want eerstens ontvang alle Christene nie dieselfde genadegawes nie en almal dus nie die gawe van onderskeiding nie...  Tweedens is daar baie Christene wat dwaas is in hulle eie oorlegginge en nie ag gee op die waarheid nie (Rom. 1:21) - diesulkes sal ook nie hierdie onderskeiding kan maak nie, want hoe meer hulle hul eie sieninge kies, m.a.w. "glo wat hulle wil" en dus leermeesters vergader wat hulle in die gehoor streel, hoe meer word hulle blootgestel aan die "gees van dwaling" wat deur hierdie valse sieners kom.  M.a.w., Christene wat nie ag gee op die waarheid nie en geestelik "hoereer" (m.a.w. afgode en afgods- of heidense praktyke raadpleeg), staan die gevaar dat hulle blootgestel word aan die gees van dwaling, wat veroorsaak dat hulle later glo hulle "is reg", al is hulle verkeerd! - hulle sal dus die ware siener van die Here vermy, maar die valse siener opsoek en aanhoor...

(rol af vir skrifgedeeltes)
_________________________________________________________________________________

 Nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is sieners van die Here nie - m.a.w. nie alle sieners raadpleeg die Here nie.  Daar is bv. "sieners" wat die dooies raadpleeg, en daar is die wat afgode raadpleeg (2 Kon. 1:2), en die wat geeste wat waarsê, raadpleeg (Jes. 8:19) - Maar gelowiges word beveel om niks met sulke sieners te doen te he nie! (Deut. 18:11; 2 Kon. 1:16; Hos 4:12; Jes. 8:19). Vir  WIE ons raadpleeg wys in wie ons ons hoop plaas. Wanneer gelowiges die Here wou raadpleeg in die O.T., het hulle na die profeet gegaan (of die priester).  Na wie toe gaan ons nou?  Na Christus Jesus!  (Heb 1:1 - "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun). Die Here Jesus gebruik wel Sy kinders om mekaar te bedien (en gee aan hulle gawes en bedieninge deur Sy Gees), maar ons moet seker maak dat ons altyd eerste na die Here Jesus gaan, en laat Hy dan kies hoe Hy ons wil antwoord! 

Waar kinders van die Here hulle hoop plaas in afgode/afgodspraktyke of dooies of ander geeste, word hulle geestelik gesien soos "mense wat hoereer" (want hulle verbreek hulle verbintenis met die Here, en verbind hulle aan 'n ander...)(Hos. 4:12). Daar is ook baie ander vb.e hiervan vandag, bv. mense wat hulle hoop plaas in afgodspraktyke soos oosterse afgodspraktyke, en met 'n spesifieke doel kies hulle om dit te doen (m.a.w., hulle plaas hulle hoop daarin), bv. met die doel "om gesond te word", of "vir geestesgesondheid", of "om balans en behoud in hulle dag te bring"...ens. Baie is onkundig, maar ongelukkig baie gelowiges wat kundig word en weet dat hulle moet wegbly van hierdie soort praktyke, steur hulle nie daaraan nie maar stap voort in hulle hardkoppigheid.  Sulke gelowiges word beskryf as "opstandige kinders" in Jes. 30:1.  Die besluite wat hulle neem en uitvoer, word dus gebore uit die antwoord wat hulle elders verkry ('n antwoord wat nie van die Here verkry is nie omdat hulle iets of iemand anders RAADPLEEG)(Jes. 30:1-3). Ware gelowiges is veronderstel om eerder hulle Here te raadpleeg! (Jes. 8:19).  Sommige dink dat hulle altwee kante kan raadpleeg, maar diesulkes sal gou uitvind dat die Here Hom nie altyd laat raapleeg  deur die wat geestelike hoereer nie! (Eseg. 20:1-4,31).  Die wat dus probeer om beide die Here sowel ander afgode en afgodsprakte te RAADPLEEG, sal gou vind dat hulle geen antwoord meer van die Here kry nie, nie eers as hulle 'n "siener van die Here" vir 'n antwoord vra nie! - soos met koning Saul gebeur het (1 Sam. 28:7,16). En omdat die Here hulle dan nie meer antwoord nie, veroorsaak dit dat hierdie mense heeltemal verval! (soos met koning Saul gebeur het).  Daar is vandag massas voorbeelde (en getuienisse) van Christene wat hulle hoop in heidense soos oosterse praktyke begin plaas het, en daarvandaan net meer en meer afvallig geword het van die geloof (soos Christene wat New agers of Buddhiste word...).  
---------
En terloops, ook in die geval van gelowiges wat nie ag gee op die Here se bevele nie, sal dit so gebeur dat hulle nie altyd antwoord kry by die Here wanneer hulle kom om Hom te raadpleeg nie... (1 Sam. 15:1; 28:6).
---------------------------------------------------------------------------
Sommige van die wat sieners was in die O.T., was nie opreg nie en het geprofeteer volgens dit wat mense wil hoor (1 Kon. 22:8-13)(hulle het m.a.w. uit hulleself geprofeteer)(soos die valse profeet), maar die siener wat opreg is kan nie anders as om die woord te spreek wat die Here gee nie - al is die antwoord ook dit wat die ander persoon nie wil hoor nie! (1 Kon. 22:14). Dit is die Gees van die Here wat deur die siener werk - die siener wat egter profeteer volgens wat mense wil hoor in plaas van die waarheid, kan nie verwag om die Gees te behou nie.  In 1 Kon. 22 is 'n vb. van 'n groep sieners (400 man) vir wie die Here 'n leuengees gestuur het! (1 Kon. 22:22,23). Hierdie "sieners" het die eer van mense gesoek, en vir hulle vertel wat hulle eerder wil hoor as wat die Here se antwoord was.  Koning Agab was heel tevrede met sy 400 "sieners" wat net goeie dinge met hom gespreek het, en het bv. niks van die profeet Miga gehou nie omdat hy hom nie in die gehoor gestreel het nie (1Kon. 22:8).  Dit laat mens baie dink aan 'n skrif in die N.T.:  (2Tim. 4:3 - "want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede").  Net soos koning Agab is daar baie Christene vandag wat nie kan verdra as die Here iets vir hulle sê WAT HULLE NIE WIL HOOR NIE.  Hulle maak hulle dus los van daardie "sieners" wat die waarheid verkondig en soek ander wat hulle in die gehoor streel.

Verskeie skrifte verwys na 'n "gees van dwaling" sootgelyks soos wat ons hier sien in 1 Kon. 22.  Daar is baie valse profete in hierdie wêreld wat hierdie dwaling teweeg bring. Die ongehoorsame gelowige wat ag gee op hierdie "gees van dwaling, en hulle hoop eerder in sulke woorde plaas as in die waarheid, staan die gevaar dat God hulle kan oorgee aan die verhardheid van hulle harte - (amper soos 'n vloek! - "sodat hulle in hulle eie planne kan wandel")... (Ps. 81:11,12; Jes. 29:9,14).  Diesulkes het nie die waarheid lief nie (Rom. 1:18,20,21) en/of raadpleeg afgode (m.a.w. raadpleeg en hoereer agter afgode en afgodspraktyke aan)(Hos. 4:12) - en dan stuur God vir hulle die gees van dwaling sodat hulle die leuen GLO. Dit is altyd interessant om te merk dat ook in die geval van gelowiges wat kies om agter afgodspraktyke aan te gaan, dit mense is wat maklik aanstoot neem in die WAARHEID! - hulle verdra nie die gesonde leer nie!  Sulke mense is gou om opstandig te word teen die wat wel die waaheid verkondig en sal selfs kwaadspreek van hulle met die doel dat ander mense nie in die opregte woorde glo nie.  Hulle onverstandige harte is verduister, en hulle het dwaas geword in hulle (eie) oorlegginge (Rom. 1:21). In die N.T. is daar 2 skirfgedeeltes wat veral hierdie kwessie besonders aanraak, nl. Rom. 1:21-25,28 en 2 Thess. 2:10,11.  Hierdie gelowiges gee voor dat hulle wys is, maar hulle het dwaas geword (Rom. 1:22). Wat met sulke mense gebeur is dat hulle later nie SIEN nie en nie HOOR nie! (Joh. 12:39-43), en God gee hulle oor aan die begeerlikhede van hulle harte (gee hulle oor aan hulle onreinheid)(Rom. 1:24), wat weer veroorsaak dat hulle later "doen wat nie betaam nie"! (Rom. 1:28)(soos mense wat in sonde verval), en  glo dat hulle reg is, AL IS HULLE VERKEERD!!! (2 Thess. 2:11).(Rom 1:32 - "mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen").

Die manier hoe "dwaling" beskryf word in die Skrif, het te doen met mense wat d.m.v. lering ander bedrieg om 'n verdraaide waarheid of 'n onwaarheid te glo - hierdie mense word voorgestel as "slu" en "listig" (soos die duiwel, slu en listig - vgl. met tema van "slang")(Ef. 4:14). Dit is die rede waarom die werk van apostels, profete, evangeliste, herders en leraars so belangrik is, sodat die gemeente kan groei sodat hulle nie deur hierdie dwalinge bedrieg word nie (Ef. 4:11-14). Maar ons moet natuurlik onderskei wie die opregte profete, evangeliste, herders en leraars is.  Een van die kenmerke van die opregte bedienaar is dat hy hom nie besig hou met vleitaal en "spreek om mense te behaag" nie (1 Thess. 4:3-6) - hulle soek die Here (Sy woorde, Sy planne, Sy wil...) en raadpleeg Hom.  Alhoewel in die posisie om met gesag op te tree, misbruik die ware apostel, profeet, evangelis, herder en leraar ook nie hulle posisie om mense te bedrieg soos baie sieners in die O.T. gedoen het, en vele valse profete en leraars vandag doen nie, WANT HULLE SOEK NIE DIE EER VAN MENSE NIE! (1Thess. 2:6). En hierdie is 'n groot kenmerk van die valse siener of profeet of leraar:  "hy soek die eer van mense", en sal daarom die waarheid terughou of onderdruk ter wille van om geliefd te wees of aanvaar te word! Die wat kies om nie na die ware "siener" te luister wat die waarheid verkondig nie, maar liewer ag gee op sulke valse sieners wat preek wat hulle liewer graag wil hoor, staan die gevaar dat God vir hulle die krag van die dwaling stuur, wat veroorsaak dat hulle op die end die leuen GLO... (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").

 2Pe 3:17 - "Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie".

_________________________________________________________________________________
Uiteensetting:

-  Nie almal wat die Gees van God het, is "sieners" nie, of besit dieselfde genadegawes nie (Rom. 12:6-8);  alhoewel, almal wat sieners van die Here is, het die Gees van God op hulle! (bv. O.T. profete, gelowiges deur wie die genadegawes werk ens.).

-  Wanneer die siener 'n woord van die Here ontvang het, is dit baiemaal in die Skrif as volg beskryf:  ... "toe het die woord van die Here gekom tot  ...";  m.a.w. die Here het met die sieners gepraat, en ook somtyds vir hulle iets gewys wat gaan gebeur nog voor dit gebeur (1 Sam. 9:15,16), of vir hulle 'n profesie gegee (1 Kon. 16:1).  Die Here het ook sieners na mense toe gestuur vir wie Hy 'n woord wou gee, soos in 2 Kron. 16:10 of 2 Kron. 19:2, en hierdie woorde was nie noodwendig woorde van voorspoed nie - somtyds het dit veroorsaak dat sieners hiervoor in die gevangenis gegooi is, bv. Asa (2 Kron. 16:10), Johannes die doper, ens. Hulle is ook somtyds weggejaag (Amos 7:12) wanneer iemand nie wou ag gee op die woord wat die Here vir hulle deur die siener bring nie.  Die siener van die Here is iemand wat van die Here hoor - en was dus die mense by wie die volk gaan raad vra het (1 Sam. 9:9), of deur wie die volk somtyds gewaarsku is (2 Kon. 17:13).  Somtyds was 'n siener na iemand gestuur om die persoon te seen, of vir hom 'n woord te bring (1 Sam. 9:15,16...). Sommige sieners het ook "gesigte" (visions) gesien (2 Kron. 9:29). Ons kan dus sien hoe die siener soort van 'n plig gehad het van middelman tussen God en die mens. Waar die volk 'n offer aan die Here gebring het, het die genooides ook nie geeet voor die offer nie eers deur die siener geseën is nie (1 Sam. 9:13).   Jesus Christus is nou hierdie "middelman" ("en het ook terloops sy bloed- en liggaamsoffer "geseën" met die instelling vd nagmaal, voor die genooides kon eet...").  In alle opsigte is Hy die tussenganger tussen ons en die Vader, maar Hy gebruik ook Sy kinders om Sy wil aan mense bekend te maak, mense te waarsku, 'n woord te gee, gesigte te gee ens.- dus die belangrikheid vd genadegawes en bedieninge in die Christelike kerk.  Sommige Christelike kerke is besig om hierdie genadegawes te vervang deur heidense praktyke soos "joga en ander vorme van heidense meditasie", genesigspraktyke soos "reiki", heidens-herhaling gebedspraktyke soos "komtemplatiewe gebed", ..... ens. Diesulkes is nie besig om hulle antwoorde by die Here te kry nie, maar besig om dit elders te soek, en dus besig om geestelik te "hoereer"!

- Alhoewel later "profete" genoem, was profete ook oorspronklik "sieners" genoem (1 Sam. 9:9).  'n Siener was ook somtyds na verwys as "man van God" (1 Sam. 9:10).  Hulle was baiemaal geëerd, veral as alles wat hulle spreek vervul word soos in die geval van Samuel (1 Sam. 9:6).  Priesters is ook gesien as "sieners" (2 Sam. 15:27).  Voorbeelde van sieners in die Skrif:  - die profeet Samuel (1 Sam. 9:18,19), profeet Natan (1 Kron. 29:29), Gad (1 Kron. 21:9), profeet Ahía (1 Kon. 14:2,5), Hanáni, (2 Kron. 16:7),  priester Sadok (2 Sam. 15:27), siener Jedi (2 Kron. 9:29)(het Gesigte gesien), profeet Iddo (2 Kron. 12:15; 13:22), profeet Amos (Amos 7:12).....ens.

-  Dit is die Gees van die Here wat deur die siener werk, maar nie alle sieners het die Gees behou nie.  In 1 Kon. 22 is 'n hele groep sieners (400 man) vir wie die Here 'n leuengees gestuur het! (1 Kon. 22:22,23) om aan Agab (die koning van Israel) te profeteer. Dit wil voorkom of dit vir die 400 sieners belangriker was om te spreek wat mense wil hoor, as wat dit was om die Here se woord te spreek (2 Kron. 8:12; 2 Kron. 18:7), en hulle het vir koning Agab net goeie woorde gespreek. Maar Jósafat (die koning van Juda) was iemand wat die Here se wee gesoek het - toe hy hoor hoe die 400 man uit een mond praat en spreek dit wat koning Agab in die gehoor streel, het hy dit betwyfel (hy kon die onderskeiding maak!), en gevra of daar nog 'n ander profeet van die Here was (2 Kron. 18:6). Ons behoort ook te bid vir onderskeiding sodat ons kan onderskei tussen wie opregte sieners is en wie nie, maar ten eerste die Here se wee soek, want die Christen wat nie die waarheid liefhet nie, sal nie hierdie onderskeiding kry nie...

-  Nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld is sieners van die Here nie (m.a.w. nie alle sieners wat geraadpleeg word, hoor van die Here, en is besig met die Here nie!). Die wat bv. 'n waarseer gaan sien, kry hulle antwoorde by die verkeerde plek! Ons moet wegbly van wereldse sieners en die wat hulle antwoorde op ander plekke kry as by die Here.  'n Vb. waarna ons kan kyk is die van die genadegawes van die Heilige Gees - daar is bv. die gawe van genesing, waar 'n gelowige die gawe ontvang om vir mense te bid en/of hande op te le en hulle word genees, en hierdie genesing (antwoord) kom van die Here;  MAAR daar is ook in satanistiese en new age kringe "geneeshere" wat mense "bonatuurlik" genees - hulle genesing (antwoorde) KOM NIE VAN DIE HERE NIE, maar van die bose.  Ons moet dus verstaan hoe belangrik dit is om te vra "WIE" dit is vir wie ons raadpleeg.  Die wat dooies raadpleeg, is nie besig om die Here te raadpleeg nie.  Die wat afgode raadpleeg, is nie besig om die Here te raadpleeg nie. Die wat geeste wat waarsê, raadpleeg, is nie besig om die Here te raadpleeg nie.  Vir  WIE ons raadpleeg wys in wie ons ons hoop plaas. Christene het geen rede waarom hulle hierdie ander sieners en heidense/afgods- praktyke hoef op te soek nie!  Dit is slegs die ongelowige Christen wat bid volgens eie begeerte, of die wat nie hulle gedagtes vernuwe, of nie vertrou op die Here nie, die wat Hom nie werklik soek en Hom nie raadpleeg nie (Sef. 1:6), of die ongehoorsame Christen wat nie meer antwoorde by die Here kry nie! (soos koning Saul gedoen het), wat sekerlik voel hulle het antwoorde op ander plekke nodig ....? 
Daarom moet elke Christen wat sy antwoorde elders gaan soek, sy eie hart ondersoek en sien wat verkeerd is in sy/haar lewe...

_________________________________________________________________________________
Skrifte:

Gen_25:22  En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
Exo_18:15  En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg.
Exo_33:7  En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.
Deu_18:11  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
Jdg_18:5  Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees.
1Sa_9:9  Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.
1Sa_23:2  Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla.
1Sa_23:4  Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want Ek gee die Filistyne in jou hand.
1Sa_28:7  En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ‘n vrou, ‘n dodebesweerster, in Endor.
1Sa_28:16  En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het?
2Sa_5:23  Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.
2Sa_20:18  Daarop spreek sy en sê: Vroeër was hulle gewoond om só te sê: Laat hulle Abel maar net raadpleeg! en so het hulle ‘n saak afgehandel.
1Ki_14:5  Maar die HERE het vir Ahía gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as ‘n vreemde aanstel,
1Ki_22:5  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.
1Ki_22:7  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
1Ki_22:8  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
2Ki_1:2  En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
2Ki_1:3  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
2Ki_1:6  En hulle antwoord hom: ‘n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
2Ki_1:16  en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg—is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? —daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
2Ki_3:11  En Jósafat vra: Is hier nie ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het.
2Ki_8:8  Toe sê die koning vir Hásael: Neem ‘n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die HERE deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
2Ki_22:13  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.
2Ki_22:18  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het—
1Ch_14:14  Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan.
2Ch_18:4  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE.
2Ch_18:6  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?
2Ch_18:7  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
2Ch_34:21  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie.
2Ch_34:26  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het—
Isa_8:19  En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?
Isa_19:3  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
Isa_30:2  wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte.
Isa_65:1  Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!
Jer_21:2  Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.
Jer_37:7  So spreek die HERE, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe;
Eze_14:3  Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?
Eze_14:7  Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.
Eze_20:1  En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.
Eze_20:3  Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here HERE.
Eze_20:31  ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
Eze_21:21  Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.
Hos_4:12  My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.
Zep_1:6  Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1Sa_9:9  Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.
1Sa_9:11  Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?
1Sa_9:18  En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?
1Sa_9:19  Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.
2Sa_15:27  Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ahímaäs, jou seun, en Jónatan, die seun van Abjatar, met julle saam.
2Sa_24:11  Toe Dawid die môre opstaan—die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:
2Ki_17:13  En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
1Ch_9:22  Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was twee honderd en twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener Samuel het hulle in hul ampsplig bevestig.
1Ch_21:9  En die HERE het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:
1Ch_25:5  Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
1Ch_26:28  ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja—wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.
1Ch_29:29  En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad,
2Ch_9:29  En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ahía, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?
2Ch_12:15  En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.
2Ch_16:7  En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.
2Ch_16:10  Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.
2Ch_19:2  het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ‘n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou ‘n toorn op u van die HERE.
2Ch_29:25  En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete.
2Ch_29:30  Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.
2Ch_35:15  En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek volgens die bevel van Dawid en van Asaf en Heman en Jedútun, die siener van die koning, en die poortwagters by elke poort; hulle het nie nodig gehad om van hulle diens af weg te gaan nie, want hulle broers, die Leviete, het dit vir hulle berei.
Amo_7:12  Toe sê Amásia vir Amos: Gaan weg, siener, vlug na die land Juda en eet daar brood en profeteer daar!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------