Wys tans plasings met die etiket geestelike liggaam. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geestelike liggaam. Wys alle plasings

Donderdag 09 November 2017

Verheerlikte/geestelike/onverganklike Liggaam

Elke wat glo in Christus Jesus het die belofte van die ewige lewe, en sal in die laaste dag (Joh. 6:39,40) deur Hom opgewek word (m.a.w., dit praat van "die opstanding" - hulle sal opgewek word uit die dode)(en ons vernederde liggame sal verander word om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam - Fil. 3:21).  

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK HOEDANIG SO 'N LIGGAAM SAL WEES, EN GAAN KYK NA hoedanig CHRISTUS SE LIGGAAM vir ons beskryf word NA SY OPSTANDING.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir 'n volledige studie oor "DIE OPSTANDING", gaan na: http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html.  Almal sal wel opstaan en herlewe (alhoewel op verskillende tye), maar nie almal sal opstaan TOT LEWE nie... (Dan. 12:2).

Nie oral waar die woorde "opstanding" of "opstanding van/uit die dode" (opstanding van die liggaam) gebruik word in die Skrif verwys dit na "opstanding tot lewe" nie, maar die woorde "die opstanding" verwys wel na 'n spesifieke tyd van opstanding, nl. die opstanding in die laaste dag wanneer Christus Jesus terugkom.
Dan sal sommige opstaan tot lewe, en ander sal opstaan tot veroordeling...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Kinders van die opstanding" verwys na die wat opstaan TOT LEWE (Luk. 20:36).
Christus is die EERSGEBORENE uit die dode (Openb. 1:5);  dus die EERSTE ("vd broeders") wat opgewek is uit die dode (Rom. 8:29)(en dus die eerste vd "kinders van die opstanding"). (Kol. 1:18 - "En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees")(https://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html).  Christus se opgestane liggaam is vir ons 'n vb. van hoe so 'n liggaam waarin Hy ons ook sal opwek, sal wees (m.a.w. hoedanig die liggaam is wat opgewek word tot lewe).  Fil. 3:21 leer vir ons dat Hy ons vernederde liggame VAN GEDAANTE SAL VERANDER (Fil. 3:21) wanneer Hy terugkom (v.20), OM GELYKVORMIG TE WORD AAN SY VERHEERLIKTE LIGGAAM. Christene het alreeds 'n hemelse tentwoning (burgerskap in die hemel) en hulle wag om met daardie tentwoning oorklee te word... (Fil. 3:20; 2 Kor. 5:1-4)(Mark. 13:27).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
Kom ons kyk na 'n paar feite wat ons kan neem uit verskillende skrifte oor hierdie soort liggaam:

1.    Die eerste punt wat ons uit bg. inligting kan maak is dat hierdie liggaam (wat soos Christus se verheerlikte liggaam is),  'n soort liggaam is wat NOOIT SAL DOODGAAN NIE (m.a.w. " 'n liggaam wat vir ewig lewe! ") - kan m.a.w. nie sterwe nie (Luk. 20:36). Vir die wat opstaan tot lewe sal die dood vir ewig vernietig word - daar sal nie meer hartseer vir hulle wees nie en hulle sal veilig wees (Jes. 25:8).

2.    Die wat opgestaan het uit die dood word nie gesien as deel van die dooies nie, maar word gesien as deel van die lewendes (Luk 24:5). Dit is juis hierdie punt wat Christus as bewys gebruik het om te bevestig dat daar werklik 'n opstanding sal plaasvind, want God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes! (Matt. 22:32; Luk. 20:37,38).

3.    Die feit dat die twee oppad na Émmaüs nie onmiddellik vir Christus na Sy opstanding herken het nie, beteken nie dat dit altyd die geval is by so 'n liggaam nie, maar eerder was hulle oë deur die Here weerhou sodat hulle Hom nie kon herken nie... (Luk. 24:16,31), en/of omdat Hy in 'n ander gedaante aan hulle verskyn het (Mark. 16:12).  Volgens heelwat ander skrifte is dit duidelik dat hulle Hom wel herken het in Sy nuwe liggaam (Joh. 20:19,20; 21:12,14; Luk. 24:34; 1 Kor. 15:5-8), maar dit wil voorkom of Hy Sy liggaam van gedaante kan verander.  Presies hoedanig weet ons nie.

4.    Die wat waardig geag word om die opstanding tot lewe te verkry (m.a.w. "die kinders vd opstanding"), sal nie trou of in die huwelik uitgegee word soos in hierdie eeu nie - in daardie eeu (of ook genoem "die volgende eeu" - https://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/hierdie-eeu-volgende-eeu.html) sal hulle wees soos die engele en is kinders van God (Luk 20:35,36). 

5.    Christus se opgestane liggaam kon deur geslote deure (of mure) gaan (Joh 20:19,26); en kan uit die gesig verdwyn of ewe skielik verskyn (Luk. 24:31,36,37). 

6.    Dit is 'n vatbare liggaam (Joh. 20:20,27) - NIE 'n gees nie , maar vlees en bene (Luk. 24:39,40) - NIE "vlees en bloed" soos hierdie liggaam wat ons nou het nie... (1Co 15:50), maar is 'n ander soort liggaam (1 Kor. 15:38-42) -:  'n ONVERGANKLIKE liggaam (terwyl "vlees en bloed" verganklik is). Dit word wel ook 'n "geestelike liggaam" genoem, maar met geestelike liggaam word nie bedoel dat dit gees is of nie vlees en bene is nie, maar die woorde "geestelike liggaam" verwys eerder na die feit dat dit onverganklik en onsterflik is (1 Kor. 15:44,53). (1Kor. 15:50 - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God NIE kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie") - om die koninkryk te beerwe het ons onverganklike en onsterflike liggame nodig.  Die gees kan wel wederbaar word deur water en Gees (https://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html), maar die liggaam is huidiglik nog onderwerp aan die vyand vd dood - maar met die opstanding word die dood finaal oorwin! (1 Kor. 15:54-57).

7.    Dit wil voorkom of die verganklike (of geestelike) liggaam ook 'n liggaam is wat kan kos eet (Luk. 24:42,43) 

8.    'n Interessante feit is hoe die regverdiges wat deel het aan die opstanding (tot lewe) voorgestel word as verstandiges wat glinster soos die glans vd uitspansel (Dan. 12:3).  Ook in Matt. 13:43 kry ons hierdie beeldspraak, of is dit letterlik dat hulle sal skyn?

9.    Christus het geleer dat die wat deel het aan die opstanding (m.a.w. die kinders vd opstanding), sal wees soos engele van God in die hemel (Mat 22:30) - engele van God word ook somtyds beskryf as met "wit klere" (Joh. 20:12), en is miskien iets wat vgl. kan word met Openb. 3:5... (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html).
_________________________________________________________________________________

SKRIFTE van belang:

(Fil. 3:20)  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
(Fil. 3:21)  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

(2Kor. 5:1)  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
(2Kor. 5:2)  Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
(2Kor. 5:3)  as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.
(2Kor. 5:4)  Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.

(Dan 12:1)  En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
(Dan 12:2)  En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
(Dan 12:3)  En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

(Mat 13:43)  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

(Jes. 25:6)  En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
(Jes. 25:7)  En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
(Jes. 25:8)  Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.
(Jes. 25:9)  En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
(Jes. 25:10)  Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van ‘n miskuil.

(Jes. 26:19)  U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.

(1Kor. 15:35)  Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
(1Kor. 15:36)  Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
(1Kor. 15:37)  En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
(1Kor. 15:38)  Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
(1Kor. 15:39)  Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
(1Kor. 15:40)  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.
(1Kor. 15:41)  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
(1Kor. 15:42)  So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
(1Kor. 15:43)  daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
(1Kor. 15:44)  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
(1Kor. 15:45)  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
(1Kor. 15:46)  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
(1Kor. 15:47)  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
(1Kor. 15:48)  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
(1Kor. 15:49)  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
(1Kor. 15:50)  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
(1Kor. 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
(1Kor. 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
(1Kor. 15:53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
(1Kor. 15:54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Kor. 15:55)  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
(1Kor. 15:56)  Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
(1Kor. 15:57)  Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
(1Kor. 15:58)  Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

(Mat 22:29)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
(Mat 22:30)  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
(Mat 22:31)  En wat die opstanding van die dode betref—het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:
(Mat 22:32)  Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.

(Mat 28:18)  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

(Joh 5:25)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
(Joh 5:26)  Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
(Joh 5:27)  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
(Joh 5:28)  Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
(Joh 5:29)  en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

(Joh 11:24)  Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.
(Joh 11:25)  Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
(Joh 11:26)  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
(Joh 11:27)  Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.

(Openb. 1:17)  En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
(Openb. 1:18)  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

(Eph 1:20)  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,
(Eph 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
(Eph 1:22)  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,
(Eph 1:23)  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

(1Kor. 15:3)  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
(1Kor. 15:4)  en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
(1Kor. 15:5)  en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.
(1Kor. 15:6)  Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
(1Kor. 15:7)  Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;

(Luk 24:34)  wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn.
(Luk 24:36)  En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!
(Luk 24:37)  Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien.
(Luk 24:38)  En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?
(Luk 24:39)  Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.
(Luk 24:40)  En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.
(Luk 24:41)  En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?
(Luk 24:42)  Daarop gee hulle Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.
(Luk 24:43)  En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.
(Luk 24:44)  En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.

(Joh 21:4)  En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie.
(Joh 21:5)  En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.
(Joh 21:6)  En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.
(Joh 21:7)  Daarop sê die dissipel—die een vir wie Jesus liefgehad het—aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om—want hy was naak—en werp homself in die see.
(Joh 21:8)  Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent twee honderd el.
(Joh 21:9)  En toe hulle geland het, sien hulle ‘n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.
(Joh 21:10)  Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.
(Joh 21:11)  Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.
(Joh 21:12)  Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.
(Joh 21:13)  En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.
(Joh 21:14)  Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.

(Mar 16:12)  En hierna het Hy in ‘n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld.

(1Th 4:13)  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
(1Th 4:14)  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
(1Th 4:15)  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
(1Th 4:18)  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
_________________________________________________________________________________
(Openb. 3:5)  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
_________________________________________________________________________________