Wys tans plasings met die etiket geloof is om Hom lief te he. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geloof is om Hom lief te he. Wys alle plasings

Vrydag 13 April 2012

Wat meeste "preachers" jou nie vertel oor geloof...

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/waar-n-gelowige-die-here-versoek-wys-hy.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is geloof?  Onmiddellik spring Hebr.11:1 voor ons op:  " Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie" - en dit daar gelaat vir meeste mense.  Hulle ken die versie, maar is dit vir hulle prakties? Inteendeel, vir baie gaan dit oor vertroue of hoop "in wat hulle wil he moet gebeur" of "wat hulle begeer"- dus verstaan hulle dan glad nie wat dit beteken nie.  Min Christene verstaan  regtig wat "geloof" beteken. Baie dink ook dat dit net gaan oor die "saligheidsgebed", maar om net die saligheisgebed te doen, beteken nie dat iemand regtig "GLO" nie - dit beteken dalk net dat die persoon bang is vir God se toorn of dat die persoon saamstem met geskiedenis, of watookal. (Jak. 2:19)- "Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder".  Geloof is nie net "om te glo dat God bestaan" nie.  (God maak Homself in elk geval duidelik in elke mens se hart (Rom. 1), of hulle dit erken of nie!). Ons ken die gesegde:  "jy moet jouself daagliks kruisig" - wel, baie Christene doen dit nie!  Dit gaan nog steeds oor hulle EIE WIL, oor wat hulle wil he..., nie oor die Here se wil nie.  Inteendeel, min Christene verstaan dat hulle daagliks na die Here se wil moet soek.  Kyk maar hoe min tyd word daar gemaak vir gebed of om na waarheid te soek! Kyk maar hoeveel Christene stap in aanhoudend opsetlike sonde en keer nie weg van hulle verkeerde wee nie.  "Werke" kan niemand red nie, maar dit is 'n bewys van of iemand die Here respekteer of nie.  So, wat is geloof dan?


1.  Geloof is om Hom te ken

Dit is moeilik om iemand te vertrou vir wie jy nie goed ken nie bv. veronderstel jy het 'n vriend wat jy al jare ken - julle het baie saam gelag, saam geleer, dinge saam gedoen, dinge met mekaar gedeel ens.  Maar jy het ook 'n ander vriend wat jy nog net 2 weke ken.  In watter vriend gaan jy jou vertroue sit in 'n tyd van nood?  Of met watter een van die twee sal jy eerste jou goeie nuus wil deel?  Gaan jy nie die een wat jy goed ken eerder vertrou nie?

Dus:  Jy gaan jou eersgenoemde vriend meer vertrou omdat jy hom KEN.

Feit:  WANNEER CHRISTENE NIE DIE HERE VERTROU NIE, IS DIT OMDAT HULLE HOM NIE KEN NIE!

2.  Geloof is om Hom gehoorsaam te wees

Wanneer jy jou in 'n posisie bevind waar jy onderdanig is aan 'n leier, maar jy vertrou nie regtig die leier nie, dan is dit tog logies dat jy nie gehoorsaam gaan wees aan so iemand nie!  Wanneer daar nie vertroue is in 'n leier nie, dan kry jy baie skeuringe in 'n groep en mense trek na verskillende kante toe - elk doen dan wat hy wil.

Dus:  Jy gaan GEHOORSAAM wees aan 'n leier vir wie jy vertrou.

Feit:  WANNEER KINDERS VAN DIE HERE OPSETLIK EN AANHOUDEND ONGEHOORSAAM IS AAN DIE HERE, DAN BEVRAAGTEKEN DIT HULLE VERTROUE IN DIE HERE.

3.  Geloof is om Hom lief te he

In gebroke huishoudings sien ons min van ware liefde:  geduld met mekaar, lydsaamheid, vriendelik, soek nie eie belang nie, is nie opgeblase nie ens.  Wanneer daar geen vertroue is tussen mense nie, dan heers daar 'n soort van onvriendelikheid en ongeduldigheid tussen hulle, waar elkeen glo net hy is reg, opgeblase en selfs grootpraterigheid, so iemand raak  maklik verbitterd teenoor die ander  en soek net sy eie belang. Hy sal selfs bly wees as dit nie so goed gaan met die ander een nie, sodat hy dink dis 'n bewys hy was reg, en as iets goed gebeur met die ander, sal hy jaloers wees daarop.  Hy soek nie na die waarheid nie, want volgens hom weet hy of glo hy hy's reg.  Dit is nie liefde nie!

Dus:  Wanneer daar geen vertroue is tussen mense nie, dan toon hulle nie die vrugte van liefde nie.

Feit:  WANNEER CHRISTENE NIE DIE HERE VERTROU NIE, IS HULLE ONGEDULDIG MET HOM, SELFGESENTREERD, SELFS VERBITTERD, OPGEBLASE IN DIE DAT HULLE NIE DIE WAARHEID SOEK NIE EN DIT OOK NIE LIEFHET NIE ENS.

4.  Geloof  is om ander te vergewe

Wanneer iemand jou te na kom, dan het hy enige vertroue wat jy in hom gehad het, geskend.  Hoekom wil mense nie altyd 'n ander vergewe nie? Want hy vertrou hom nie meer nie en hy wil eintlik he dit moet sleggaan met die persoon omdat hy voel hy verdien dit.  As ons onsself in dieselfde boot moet sit teenoor God - hoekom moet Hy ons vergewe vir die patete wat ons is?  Ons verdien dit nie dat dit met ons goedgaan nie! (Mat 6:14) - "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe".
(Mat 6:15) - "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie".

Dus:  om jouself op te offer om bietjie vertroue weer te he in 'n ander wanneer hy verskoning vra en die beste vir hom toe te wens deur hom te vergewe, kan jy die Here vertrou dat Hy jou ook sal vergewe!

Feit:  WANNEER 'N CHRISTEN ANDER VERGEWE, HET HY VERTROUE DAT DIE HERE OOK SO VIR HOM MAAK WANNEER HY SY SONDE BELY

5.  Geloof is om "reg te wees voor God"

Wanneer 'n kind ongehoorsaam is aan 'n ouer en hy moet iets doen om op te maak vir dit, dan, wanneer hy dit gedoen het wat van hom verwag word, staan "hy reg voor" sy ouer.  Die ongehoorsaamheid is vergewe en vergete.  Hy moet egter die voorwaarde nakom - hy moet doen wat "verwag" word en kan nie sy eie heil uitwerk nie.

Dus:  Net so kan ons ook nie ons eie heil uitwerk deur allerhande gelowe en tradisies en wette te gehoorsaam nie, maar ons kan slegs "reg staan voor die Here" deur die weg wat Hy beskik het, deur Sy Seun Jesus Christus en deur ons sondes te bely en ons lewe op te gee vir Hom.

Feit:  GELOWIGES STAAN NET "REG  VOOR GOD" AS HULLE GOD SE VOORWAARDES NAKOM