Wys tans plasings met die etiket godsaligheid najaag. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket godsaligheid najaag. Wys alle plasings

Vrydag 25 Mei 2012

Wat dit beteken om "KRAGTIG" te wees in die Here

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Ef 6:10) - "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.


Hoe word ons "kragtig in die Here"?
Meeste mense se persepsie van iemand wat "kragtig is in die Here", gaan gepaard met 'n persoon wat kragtig deur die Here gebruik word en/of deur kragtige dade . - 'n Paar jaar gelede was dit die "kragtige gebruik van sekere woorde wat verkry is van verskeie leringe en aangeleerde gebede wat Christene kragtig laat voel het" (- die konteks van Ef. 6 was juis gebruik in die sogenaamde "oorlogvoering").  Vir ander beteken  dit om 'n "geseende van die Here" te wees, terwyl hulle begrip van "geseende" gebaseer is op 'n wereldse siening.
Dan is daar die vir wie dit gaan oor "status" of "ampte en mag" of oor "om gesien te word". 

Ons moet verstaan dat "ons" begrip van "om kragtig te wees in die Here", nie noodwendig is wat die skrif bedoel nie! Mense kan bv. kragtige dade doen en hulleself voordoen as Christene, maar nie regtig die Here ken nie! (Matt. 7:22); of soos Simon gawes begeer het vir mag of "om deur ander gesien te word as iets besonders" - sy hart was verkeerd voor die Here! (Hand. 8:9-24) Daar is baie valse leraars en valse profete in hierdie wereld. Ook is daar heelwat valse leerstellings wat veroorsaak dat Christene wat hulle hoop daarin plaas, nie regtig die "lewe in oorvloed" ervaar nie en wat selfs veroorsaak dat sommige heeltemal afvallig raak! 

Om kragtig te wees in die Here, is ten eerste 'n geestelike toestand van die hart, en dan werk die Here Sy gawes deur die gelowige soos Hy wil. 

---------------------------------------------------------------------------------------------- 
Dit gaan nie oor hoeveel wonderwerke iemand doen, of hoe luidrugtig en perfek hy 'n gebed kan opse, of hoe geleerd hy voorkom nie - nee, "kragtig in die Here", is 'n toestand van die hart! Die manier hoe ons kan beoordeel of iemand "kragtig is in die Here", is deur te kyk of die persoon "soos 'n kind van God lewe":  
Soek hy na DIE WAARHEID?  
Het hy GELOOF?  
Soek hy na die wil van die Here en begeer om Sy wil te doen (GEREGTIGHEID)?
Is hy bereid om die EVANGELIE te VERKONDIG?
Doen hy moeite om die Woord te leer ken?......-  Dit is daardie persoon wat bereid is om die "nou pad" te stap en bereid is om sy eie wil op te gee en die Here bo alles te stel in sy lewe, wat kragtig is in die Here.

In Ef. 6 leer ons oor die wapenrusting van die gelowige - meer presies, in konteks gaan dit oor "hoe die Christen moet leef".  "Kragtig in die Here", verwys dus eerstens na 
'OM SOOS 'N KIND VAN GOD TE LEWE'. 

Iemand wat kragtig is in die Here, is iemand wat die godsaligheid najaag, wat opsetlike sondes afle en die Here se wil begeer bo sy eie, wat die waarheid liefhet en nie agter elke leerstelling aanhardloop net omdat die leermeester "godsalig" voorkom nie, of omdat die lering hom in sy gehoor streel nie.  Dit is ook iemand wat die Here as sy Eerste Liefde ken en sy vertroue in die Here plaas, nie op die sorge van die lewe of die aardse dinge soos mag en rykdom en die wereldse genietinge nie.  Dit is iemand wie se gedagtes op die Here is en op die dinge daarbo. Dit is iemand wat begeer om "reg te doen" en gedurigdeur bid, asook vir ander mense bid.  Dit is iemand wat alle dinge geestelik beoordeel, nie aan die manier hoe hy dit self sien nie, maar aan hoe God dit sien. 

 In die boek van Ef., waarsku Paulus die gemeente teen aanhoudend opsetlike sondes en vestig hulle aandag op dit wat belangrik is, nl. geloof, liefde, eenheid, waarheid, godsaligheid, ens.     
-  en dan lyk dit of hy afsluit in (:10) deur te se:

(Ef 6:10) - "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
Tog stop Paulus nie daar nie, maar gaan voort:
(Ef 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
DIT IS ASOF EF. 6:10 ALLES SAAMVAT:  "...Eindelik...WORD KRAGTIG IN DIE HERE..." - VOOR v.10, VERTEL HY WAT VAN HULLE VERWAG WORD, EN NA V.10, VERTEL HY HULLE HOE HULLE DIT GAAN REGKRY om te doen wat van hulle verwag word.  Daarom dan dat hy hul opdrag gee in 
v. 11: "trek die volle wapenrusting van God aan"  -   
Hoekom? - om staande te kan bly teen die liste van die duiwel.


ALHOEWEL BAIE CHRISTENE GLO DAT HULLE IN GEEN STRYD GEWIKKELD IS NIE, IS ELKEEN IN 'N WEDLOOP. (2Tit. 4:7) (Die moontlike miskonsepsie hoekom baie dink dat hulle nie in 'n wedloop is nie, het moontlik ontstaan met die stelling "eenmaal 'n kind van God, altyd 'n kind van God").  Menig Christene glo dat hulle nooit hulle saligheid kan verloor nie en probeer geensins om die godsaligheid na te jaag nie en stap selfs in aanhoudend opsetlike sonde!.  
(1Kor. 9:24-27 - "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie".)
NET SOOS DIE CHRISTEN ABSOLUTE SEKERHEID HET VAN SY SALIGHEID IN DIE HERE, MOET SY LEWE OOK 'N BEWYS WEES DAARVAN.  SOU 'N CHRISTEN TERUGVAL IN DIE WERELD EN IN AANHOUDEND OPSETLIKE SONDE STAP, STAAN HY DIE GEVAAR DAT HY SY SALIGHEID KAN VERLOOR.  'n CHRISTEN WAT NIE SY EIE LIGGAAM KASTY EN DIENSBAAR MAAK NIE, IS SOOS IEMAND WAT IN DIE LUG SLAAN. (lees ook gerus 1 Kor. 10)

(1Kor. 5:11)  maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
(Ef. 5:5)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.

Die "stryd" gaan  nie daaroor dat ons alles moet loop en "bind" nie, maar dat elkeen self in 'n wedloop is;  'n wedloop waar jy jou sondes moet neerle, jy in 'n persoonlike verhouding met die Here kom en Hom as Eerste Liefde KEN, waarin jy moet waaksaam wees en die waarheid leer ken, die skrifte ondersoek, dinge en leringe beoordeel, jou gedagtes vernuwe ens. Maak nie saak hoeveel keer jy die duiwel "bind" op iemand se lewe nie, daardie persoon gaan nie vrykom as hy nie self die stryd stry deur gehoorsaam te raak aan die Here en Hom kies as sy eerste liefde nie.  
(Ef 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug". Die wapenrusting, soos ons weet, dien as BESKERMING;  die woord dien as die SWAARD.  Die deel waarmee ons veg is dus die woord van God, soos Jesus gedoen het in Sy 40 dae vas toe die duiwel Hom versoek het. Om te se, "ek bind jou, duiwel, in die Naam van Jesus", is egter nie die manier wat die skrif ons leer om te veg nie;  behalwe dat dit uit konteks geneem is, beteken dit ook nie veel as jy steeds stap in aanhoudende sonde of ongeloof nie! (- die persoon wat dit gebruik, het ook nie nodig om die skrifte te ondersoek en te leer ken nie - sulke woordgebruik is 'n lui manier van "veg" en dit gaan nie werk nie!)   

Om egter die "Woord te gebruik" (en dan moet ek die woord ken natuurlik!), ja, dan veg ek! 
Dit is nie "ons woorde" wat krag dra nie !!!, maar die woord van God. 
 Die manier "om te veg" is ook nie om die Here heeltyd te herinner aan Sy beloftes, soos wat baie leer nie;(inteendeel, vir feitlik elke belofte in die Bybel, is daar ook VOORWAARDES!)- Die duiwel wil nie he ons moet die beloftes deelagtig raak nie, ja, maar om die duiwel tee te staan (meer bekend as geestelike oorlogvoering in sekere kerke), beteken NIE dat ons die Here aan Sy beloftes moet herinner nie, maar dat ons die voorwaardes moet nakom, sodat ons Sy beloftes deelagtig kan raak.   
Kom ons kyk na Ef. 6:10 in konteks met voorafgaande skrifte en wat van die ware Christen verwag word:
       -moenie wandel soos die heidene nie (-in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie);
        -word vernuwe in julle gemoed en beklee julle met die nuwe mens in geregtigheid en heiligheid;
        -moenie lieg nie;  word toornig, maar moenie sondig nie, laat die son nie ondergaan oor toorn nie;
        -gee aan die duiwel geen plek nie;
        -moenie steel nie;
        -laat geen vuil woord uit jou mond uitgaan nie;
        -moenie die Heilige Gees van God bedroef nie;
        -verwyder enige bitterheid, woede, toorn, lastering en boosheid;
        -wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar;
        -wees navolgers van God;
        -geen hoerery, allerhande onreinheid of hebsug nie; ook nie gemeenheid of dwase en lawwe praatjies;
        -mag nie afgodsdiens beoefen, hoerery, onreinheid of gierigaard wees nie;
        -laat niemand julle met ydel woorde verlei nie;
        -wandel nougeset, as wyse;
        -moenie dronk word van wyn nie;
        -vrouens onderdanig aan mans;
        -mans moet vrouens liefhe soos Christus die gemeente liefhet en soos hul eie liggame;
        -kinders moet gehoorsaam wees aan hulle ouers;
        -vaders moet nie hulle kinders vertoorn nie, maar hulle opvoed in die tug en vermaning van die Here;
        -diensknegte gehoorsaam aan hul base soos aan Christus;
        -base moet goed wees vir diensknegte en dreigemente laat staan;
        - ENS.
  Bekering is noodsaaklik om 'n kind van die koninkryk te word.  Elke gelowige is ook geroep om VRUG TE DRA! Die Christen moet die godsaligheid najaag - so word hy sterk in die Here!  Maar om dit in die vlees te doen, is basies onmoontlik - om dit deur die gees te doen, ja, dit is moontlik!  Daarom het die Christen nodig om die wapenrusting aan te trek sodat hy die duiwel kan teestaan.      

 Alhoewel sekere kerke heeltemal behep is met die werke van die duiwel, om bv. "duiwels in alles te sien" en in vreeslike kragtige woorde hulle lede te probeer leer om "te veg", is die ander kant ook waar, dat baie ander kerke weer glad nie aandag daaraan gee dat hulle die duiwel moet teestaan nie!  Daar word  min gepraat oor die afle van opsetlike sondes en meeste kerke is vol suurdeeg.  Christene word nie aangemoedig om die godsaligheid na te jaag nie en wereldse wysheid het 'n permanente plek ingeneem in vele kerke. 
(1Pe 5:8)  "Wees nugter en waaksaam..." 
================================================================= Die liste van die duiwel behels o.a.:  
-dat hy die woord steel uit mense se harte(Luk 8:12- "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie")
- dat hy mense versoek om hulle hoop te plaas in sorge en rykdom en genietinge van die lewe:  (Luk 8:14)  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
- dat hy mense versoek om te val vir sy lee beloftes (Matt. 4:8)
- hy versoek mense om hulle onderneminge met die Here te verbreek (Matt. 4:3)
- hy probeer mense vang om sy wil te doen, in plaas van om gehoorsaam te wees aan die Here (2 Ti 2:26 - die weerspanniges)
- (Matt. 13:38(b),39(b)) "en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel.".
- hy verlei mense (Openb. 20:10)

(Joh 10:10) - "Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê".

Die christen sonder wapenrusting (sonder geloof, sonder waarheid, sonder geregtigheid....ens.), sal sukkel om hierdie "LEWE IN OORVLOED" in Christus te ERVAAR en om die duiwel tee te staan. 
Dit is duidelik wie die Christene is wat nie aandag gee aan die wapenrusting nie;  dit is  hulle wat:
*   sukkel om hulle vertroue in die Here te plaas (hulle KEN Hom nie werklik nie en is nie oortuig in hulle harte nie;  ook is dit die wat nie tevrede is met hoe die Here hulle behandel nie en a.g.v. eie wil, vir hulle ander sekuriteite skep);
*  agter lee beloftes aangaan van bv. heidense praktyke soos oosterse meditasie ens. (hulle soek antwoorde by die wereld);
*   nie oorwinning kry oor aanhoudend opsetlike sondes nie;
*  hulle hoop plaas in sorge en rykdom en genietinge van die lewe (hulle het nie regtig tyd vir die Here nie en ken Hom nie as Eerste Liefde nie);
*  hulle onderneminge of geloftes aan die Here maklik verbreek (hulle verkies die bree pad wat maklik loop en nie te veel van hulle verwag nie);
En So Meer...
Daar word gewoonlik hopeloos te veel aandag gegee aan die "veg" gedeelte, maar die "beskerming", wat 85% daarvan uitmaak, word nagelaat.  In  valse leerstellings, waar Christene in elk geval niks geleer word oor hoe hulle regtig moet veg nie,  le heelwat opgesluit wat eerder Christene beweeg om vir die liste van die duiwel te val, soos bv. om te val vir lee beloftes, of dat die waarheid gesteel word uit die mens se hart en dit vervang word deur menslike leerstellings. 

Hoe trek ons die volle wapenrusting aan?
 Massas Christene doen 'n daaglikse gebed waarin hulle die wapenrusting aantrek en hulle glo dan dat hulle  "veilig" is omdat hulle die gebed gedoen het!  Tog is dit nie genoeg nie, want
JY MOET OOK DOEN WAT JY BID

-Wat help dit iemand bid:  "Ek trek aan: die waarheid...", maar in werklikheid, soek die persoon nie na die waarheid nie en meet dit wat hy hoor, nie op met die kennis van die waarheid nie  - so iemand is nie veilig nie! (hoe kan iemand iets beoordeel of dit die waarheid is as hy nie die waarheid ken nie - dit beteken daar moet tyd gemaak word vir Bybelstudie en om die skrifte te ondersoek;  leringe moet ook deeglik beoordeel word met die skrif;  moenie aanvaar dat wat iemand se is die waarheid net omdat hy godsalig voorkom nie, maar meet dit aan die skrif;  is ons "bly saam met die waarheid"?) 

-Of die persoon bid:  "Ek trek aan: die borswapen van geregtigheid...", maar in werklikheid, begeer hy nie regtig om die wil van die Here te soek in sy lewe  sodat hy in geregtigheid kan stap nie, maar begeer eerder om te doen soos hy wil en self dink dit moet wees!  - so iemand is nie veilig nie!  ( "geregtigheid" gaan oor die wil van die Here, nie ons wil nie;  word daar gebid en gevra na die wil van die Here voor 'n besluit geneem word?;  gaan dit oor "wat jy dink moet gebeur", of gaan dit oor wat "die Here vereis of opdrag gee" moet gebeur)  

-Of iemand neem die skild van geloof op, in gebed, maar in werklikheid lewe nie 'n lewe van geloof nie en plaas nie sy vertroue in die Here nie en ken nie die Here as sy eerste Liefde nie!  - so iemand is nie veilig nie!  (ken jy Hom as Eerste Liefde?;  vertel jy vir ander dat daar net een God is en een weg is na die Vader, deur Jesus Christus en is jy onderworpe aan die gesag van Sy Heilige Gees en laat jy Hom toe om jou te lei en deur jou te werk...)  

-Of iemand trek die skoene aan vir bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig in gebed, maar in werklikheid vertel hy vir niemand van die Here nie en val in by die valse vrede van die wereld en versuim om die ware vrede met enige iemand te deel!  - so iemand is nie veilig nie!

-Of iemand neem aan, die helm van verlossing in gebed, maar in werklikheid maak hy Christus se verlossingswerk 'n grap deur sy vryheid te gebruik om in opsetlik aanhoudende sondes te stap - watter offer is daar dan nog vir so iemand?  - so iemand is nie veilig nie!

-Of iemand neem die woord op in gebed, maar in werklikheid lees dit soos hy dit wil verstaan en lees net die dele wat hom in sy gehoor streel  - so iemand is nie veilig nie!

-Of iemand neem tyd om te bid, maar bid net vir homself en sy eie begeertes en versuim om vir ander te bid of die Here te dien en loof in gebed  - so iemand is nie veilig nie!
=================================================================

'n Ander baie bekende skrifgedeelte i.v.m. die onderwerp, 
is 2 Kor. 3:3-6:
(2Kor. 10:3)  "Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

(2Kor. 10:4)  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

(2Kor. 10:5)  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

(2Kor. 10:6)  en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is".

 Nie net is ons stryd "nie teen vlees en bloed nie", maar ons VOER OOK DIE STRYD, NIE VOLGENS DIE VLEES NIE".  Hoe voer ek die stryd?  Dit word verduidelik in die daaropvolgende skrifte (v. 4-6):
*  "terwyl ons Planne Verbreek"
*  en Verbreek "elke Skans wat opgewerp word Teen die kennis van God"
*  "elke Gedagte gevange neem tot die Gehoorsaamheid aan Christus"
* "straf elke ongehoorsaamheid wanneer gehoorsaamheid volkome"
In bg. gedeelte gaan dit baie oor GEDAGTES.  
(Kyk gerus na my blogpost:  "Hoe die Christen mediteer").

Hoe voer ons dan die stryd?  
-  Trek die wapenrusting aan (Ef. 6) - nie net in "woorde" nie;
- verbreek planne ("imaginations") en skanse wat opgewerp word teen die kennis van God =( ONS MOET ONS GEDAGTES IN ORDE KRY!)(ons moet die waarheid ken, ondersoek die skrifte, onderskei, beoordeel, staan op teen dit wat nie die volle waarheid is nie, beoordeel boeke en leraars en profete - "lendene met die waarheid omgord"; "skoene aan voete, bereidheid om evangelie van vrede te verkondig"; "swaard van die gees"...)
-neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus = (ONS MOET ONS GEDAGTES IN ORDE KRY! )(plaas gedagtes op die dinge daarbo, dink aan die Here, neem gedagtes gevange wat nie van die Here is nie en moenie gedagtes koester wat tot ongehoorsaamheid kan lei of nie heilig is nie - "skild van geloof"; "helm van verlossing"; "bid in die Gees"...);
- straf elke ongehoorsaamheid deur gehoorsaamheid te kies ( le aanhoudend opsetlike sonde af en wees bly oor die waarheid, nie ongeregtigheid nie - "borswapen van geregtigheid"...)(ONS MOET ONS GEDAGTES IN ORDE KRY! ).  

Wanneer ons die gedeelte in 2 Kor. 10 in konteks  lees, sal ons merk dat toe Paulus hierdie brief aan die gemeente van Korintiers geskryf het, daar diesulkes was in die gemeente wat hoogmoedig was en geroem het in hulleself.  Paulus gee nie hier 'n resep vir sogenaamde "geestelike oorlogvoering" nie, "waar hy 'n spesifieke gebed opse en die gemeente leer om dit te doen nie", maar inteendeel vermaan hy hulle om hierdie "planne en skanse wat opgewerp is teen die kennis van God", self te verbreek en om hulle gedagtes self gevange te neem tot gehoorsaamheid aan Christus, m.a.w. om hulle gedagtes self te verander (nie die Here te vra om dit te verander nie, maar dit self op die Here te plaas en dit te onderwerp aan gehoorsaamheid).  Hy wys hulle waar hulle verkeerd gaan en wys hulle tereg daarop dat hulle hulle eie gedagtes in orde moet kry en die waarheid moet najaag!  Elke mens is self verantwoordelik om hulle gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus.  Toe Kain bedink om vir Abel dood te maak, het God van hom verwag om die gedagte van sy hart te verander: (Gen 4:7 - "...die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers"). Elke mens is heerser oor sy eie gedagtes.  Om oorlogvoering-reseppies uit jou kop te leer en voor te dra, soos in baie kerke geleer word, is nie net onskriftuurlik nie, maar stel die persoon instaat om iets anders skuld te gee vir sy eie verkeerde optrede en dan voer die persoon die stryd in die vlees - juis wat dit nie moet wees nie!


Alhoewel  Ef 4:27  klink soos 'n opdrag:  "en gee aan die duiwel geen plek nie", is dit eintlik die voltooiing van die vorige vers:
"Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie".  Daarmee se hy eintlik dat, deur toornig te bly en so te gaan slaap sodat dit heeltyd in die GEDAGTES rondmaal, is eintlik soos om "plek te gee aan die duiwel". Dit is dus 'n opdrag, ja, om ons gedagtes te vernuwe of om te vergewe of om dit uit te praat met die ander persoon, wat ookal, die mens moet dit self DOEN! (en so gee ons dan nie plek aan die duiwel nie).  Ons gedagtes speel dus 'n groot rol daarin dat ons is en optree "soos ons dink";  dus, om ons gedagtes te vernuwe, help ons om geen plek aan die duiwel te gee nie - geen wonder daar is so baie skrifte in die Bybel rondom gedagtes!  
(1Pe 5:8)  "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

(1Pe 5:9)  Hom moet julle teëstaan (OPDRAG!), standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is" 

*  HOE STAAN ONS DIE DUIWEL TEE? 
- Deur die wapenrusting aan te trek.  (nie net in woorde nie!)
*  Waarheid
(soek die waarheid en meet alles aan die skrif; bid oor alles)
*Geregtigheid
(vra altyd eers na die wil van die Here; jaag die godsaligheid na; vernuwe gedagtes; bid oor alles)
*Bereidheid
(verkondig waarheid tydig en ontydig; bid vir mense)
*Geloof
(is die Here jou Eerste Liefde?; standvastigheid; nie skaam vir Hom nie;  bid oor alles)
*Verlossing
(herinnering, nagmaal, dank die Here deurentyd; le sondes daagliks af; bid oor alles)
*die Woord
(ondersoek die skrifte; soek vir antwoorde; leer die woord; getuig; bid vir wysheid)  
*Gebed
(bid altyddeur in Gees en in Waarheid)(vernuwe gedagtes)(loof Hom)

*  GEE AAN DIE DUIWEL GEEN PLEK NIE OF HOE VOER ONS DIE STRYD?
- vernuwe jou gedagtes en moenie oor dinge loop en top nie - (selfs bekommernisse ! - Matt. 6:25)
- beoordeel leringe en dinge en toets of dit die waarheid is
- kies gehoorsaamheid en le opsetlike sonde af

*  HOE WORD ONS KRAGTIG IN DIE HERE?
in kort:   -RAAK BESIG MET DIE HERE!
(Joh 15:5)  "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie".

-------------------------------------------------------------------------------
(Jas 2:17)  "Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood".
(Jas 2:18) " Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html