Wys tans plasings met die etiket groot verdrukking. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket groot verdrukking. Wys alle plasings

Vrydag 26 Mei 2023

Verdrukking

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAT PRESIES DIE WOORD 

"VERDRUKKING" verwys.

Wat word as "verdrukking" gesien? Deur wie kom dit?, en wie gaan deur verdrukking?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1)  Hoe word "verdrukking" beskryf?

- word sleg behandel of lewe word verbitter deur harde werk (Eks. 1:7-12);

-  om in gebrek te wees (2 Kor. 8:13; Jak. 1:27);

-  om bo jou kragte swaar te hê (2 Kor. 1:8; Jak. 1:27);

-  om met die dood gedreig te word (2 Kor. 1:8,9)(wat baiemaal eindig in om doodgemaak te word);

-  om van jou besittings beroof te word, of waar jou goed verwoes word, en bedrog teen jou gepleeg word (Eseg. 22:12; 45:9; Hand. 11:19);

-  valse broeders wat teen ware broeders preek, en die waarheid wat deur die ware broeders verkondig word verdraai (Fil. 1:16)(bv. in die geval van verdrukking ter wille van die waarheid - Matt. 13:21);

-  om opgesluit te word ter wille van die waarheid of evangelie, bv. Miga, Johannes die doper ens.(1 Kon. 22:27; 2 Kron. 18:26);

-  enige iemand wat "dien" ervaar 'n tipe van "verdrukking in die vlees", omdat jy soos 'n slaaf is vir die een vir wie jy dien, en dus besorg om daardie persoon te dien... (1 Kor. 7:28). In dieselfde opsig verduur Christene verdrukking omdat hulle slawe is vir Christus, en Hom DIEN (1 Kor. 7:20-23).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

UITEENSETTING - SKRIFTE EN BETEKENIS:  

Die woord "verdrukking" is die Hebreeuse woord " lakh'-ats" ("distress: - affliction, oppression"-Eks. 3:9;Deut. 26:7;1 Kon. 22:27;2 Kron. 18:26;2 Kon. 13:4;Ps. 42:9);  en die Griekse woord "thlip'-sis"(afflicted, (-tion), anguish, burdened, persecution, tribulation, trouble-Matt. 13:21; 24:9,21,29; Joh. 16:33).

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde IN KONTEKS:

- Eks. 3:9, Deut. 26:7 (verdrukking vd volk deur die Egiptenaars) - volgens Eks. 1:12-14 het hulle die kinders van Israel met hardheid laat dien (hulle was "cruel", hulle sleg behandel (Num. 20:15), probeer verplig om hulle baba-seuns dood te maak (Eks. 1:15-17), en het hulle lewens verbitter deur swaar werk en hulle behandel soos slawe (Eks. 1:14; 2:23);

- 1 Kon. 22:27, 2 Kron. 18:26 (Miga verdruk in die gevangenis);

- 2 Kon. 13:4 (volk verdruk deur Hásael, die koning van Aram);

- Ps. 12:5; Ecc. 5:8 (verdrukking van die arme) - kyk ook die woord "o'-shek" wat gebruik word vir hoe die arme verdruk word deur bedrog ("fraud, unjust gain, extortion")(Jes. 30:12; 54:14; Jer. 6:6);

- Ps. 42:9; 43:2; 44:24 (verdrukking deur vyande);

Ons kan ook kyk na die woord, "toke"  "oppression" - ("deceit, fraud")(Ps. 55:11) - verdrukking deur haters.;  en die woord "shode"("desolation, destruction, oppression, robbery" etc. -Ps. 12:5) - hierdie is alles maniere van hoe mense VERDRUK word, m.a.w. bv. dat hulle beroof word, hulle goed verwoes word, daar bedrog teen hulle gepleeg word, bv. in die geval van onregverdige wins deur te veel geld te neem (Eseg. 22:12) of hulle uit hulle besittings te verdring (Eseg. 45:9).  

- Matt. 13:21 (verdukking ter wille van die woord);

- Matt. 24:9,21,29 (verdrukking deur haters);

- Hand. 11:19 (deur verdrukking word mense verstrooi na ander dele van die aarde);

- 2 Kor. 1:8,9 (om bo jou kragte swaar te hê en met die dood gedreig te word);

- 2 Kor. 8:13 (om in gebrek te wees);

- Fil. 1:16 (verdrukking deur valse broeders);

- Jak. 1:27 (die verdrukking wat die wese en weduwees ly);

-1 Kor. 7:28 (verdrukking van die vlees - in die sin van om besorg te wees oor mekaar - 1 Kor. 7:29-35).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(2)  Wie word verdruk?

Verdrukking is nie altyd die gevolg van hierdie spesifiek nie, maar somtyds is verdrukking iets wat die Here toelaat op iemand se pad met die doel om sy ore te open - Job het bv. hierdie interessante stelling gemaak waarin hy verklaar dat die Here tye van VERDRUKKING gebruik om mense se ore te open (Job 36:15).  Ons sien 'n vb. hiervan in 2 Kon. 13:4 hoe "verdrukking" Jóahas, ongehoorsame koning van Israel, beweeg het om die aangesig van die Here te soek.  Openb. 2:22 is nog 'n vb. van hoe die Here ongehoorsame gelowiges in daardie geval onder verdrukking plaas met die doel om hulle tot bekering roep..., maar dit beteken natuurlik nie dat die gehoorsames en gelowiges nooit deur verdrukking gaan nie!, want ons gaan ook deur verdrukking is ter wille van die geloof en getuienis.  Alhoewel "verdrukking" dus somtyds as 'n metode van teregwysing gebruik word, moet elke Christen ook bereid wees om ter wille van die woord en getuienis verdruk te word (Matt. 13:21; 2 Tim. 2:9)(Joh 16:33 - "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin"). Inteendeel, die Christen moet roem in die verdrukking!, want verdrukking werk lydsaamheid... (Rom. 5:3)-(2Ti 2:3 - "Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus")(2 Tim. 4:5).  Die dissipels en die eerste Christene het self baie verdrukkinge gely (2 Kor. 4:7; 7:4; 8:2; Fil. 4:14; Kol. 1:24; 1 Thess. 1:6; Openb. 1:9; 2:9,10...), maar niks waardeur die opregte gelowige gaan kan hom skei van die liefde van Christus nie (Rom 8:35) - geen VERDRUKKING of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard nie...  (Rom 8:36 - "Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape"). Ons word beveel om GEDULDIG te wees in die verdrukking (Rom. 12:12), en om mekaar te troos tydens verdrukking (2 Kor. 1:4; 1 Thess. 3:7).  Oor en oor word dit in die skrif bevestig dat dit die behoeftiges en armes is vd volk oor wie die Here Hom ontferm (Ps. 72:13) - die behoeftiges wat roep om hulp en die ellendiges wat geen helper het nie... (v.12,14)(Ps. 107:41). Dieselfde soort benoudheid wat verdrukking teweeg bring (en gelowiges en gehoorsames nou moet verduur), sal die ongeregtiges en ongehoorsames eendag ervaar wanneer Christus terugkom (Rom. 2:5-9; 2 Thess. 1:6,7).

Anders as die algemene siening, word verdruktes eerder gewoonlik gesien as geseëndes in die Skrif (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html).  Ons dink dit gaan oor geluk, rykdom, eer, status, besittings, genietinge, voorspoed in die wêreld, geliefd, valse vrede, wêreldse wysheid...ens., maar dit is juis hierdie dinge wat veroorsaak waarom mense ander mense baiemaal verdruk!  Natuurlik kan dinge soos rykdom en eer ens. gesien word as seen, maar die wat behep is hiermee soek dit eerder as die koninkryk van God. In ons soeke na die dinge vd koninkryk van God, moet verdrukking ook gesien word soos 'n seen. Sommige gebruik ongelukkig dit wat normaalweg as seen beskryf word, om ongehoorsaam of onbarmhartig te wees;  bv.,  a.g.v. wêreldse wysheid oordeel mense verkeerd... ; -a.g.v. valse vrede word die wat die waarheid en die evangelie verkondig, onderdruk...; -a.g.v. om geliefd te wil wees, word daar getrap op sekere mense om ander tevrede te stel...; -a.g.v. wêreldse voorspoed (bv. om eerste of beste te wees, of meeste te hê) word mense beroof, verkleineer, verarm, ingeloop, onregverdig behandel ens. (Luk 16:15 - "En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God"). Interessant hoe die Groot Verdrukking ook sal begin "wanneer die gruwel opgerig is"... - dit die dinge wat by mense hoog geag word wat gewoonlik verdrukking veroorsaak!  

DIE PRENTJIE VAN "GESEENDES" IN DIE N.T. IS 'N PRENTJIE VAN "VERDRUKTES, HONGERES, GELOWIGES, GEHOORSAMES, ARMES, BELEDIGDES, SAGMOEDIGES, TREURIGES, GETOETSTES..., en verwys in hierdie geval na die wat ly terwille van die koninkryk van God. Verdrukking ter wille van die waarheid/geloof/gehoorsaamheid moet gesien word as 'n seën.  Tensy jy verdruk word as gevolg van ongehoorsaamheid, behoort niemand skaam te wees vir vedrukking nie.  Deesdae sien baie Christene verdrukking as 'n skande - hoekom?  Ja, dit is 'n skande as jy verdruk word omdat jy ongehoorsaam is (Openb. 2:2), maar selfs dit is goed vir jou. Selfs as iemand verdruk word omdat hy ongehoorsaam was (en die verdrukking dus verdien), is dit 'n seëning omdat hy op hierdie manier 'n geleentheid kry om vergifnis te kry, of op hierdie manier beweeg word om sy hart te verander. 

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/hy-sit-konings-af-en-stel-konings-aan.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3)  Deur wie kom verdrukking?

- deur die wat die Here se gebooie breek (haters, vyande, ens.). 

Dit is a.g.v. selfsug dat rykes armes verdruk.  Dit is a.g.v. ongehoorsaamheid aan die waarheid waarom valse broeders ware broeders verdruk... ens. 

Ma.w., hulle het 'n tekort aan naasteliefde (a.g.v. verhardheid of sondes vd hart bv. jaloesie).  Verdrukking kom gewoonlik deur die wat ONbarmhartig en ONgehoorsaam is, en ongelukkig somtyds deur "onwetendes"! Die een wat nie barmhartig is nie kyk neer op die ander persoon - hy verafsku hom en kyk miskien neer op die waarheid wat hy verkondig, of kyk neer op sy nederige en arm toestand, of watookal.  Bv., in plaas van om goed te doen en besittings en geld te deel met die wat nie het nie, probeer die ryke nog meer ryk word (maar natuurlik is nie alle rykes so nie). Dit gaan baiemaal oor "mag" en bv. juis die rede waarom die Egiptenaars die volk verdruk het en onder dwangarbeid geplaas het (Eks. 1:7-12).  Die manier hoe hulle hul verdruk het was deur hulle sleg te behandel en het hulle lewens verbitter deur swaar werk (en hulle soos slawe behandel).  Dit was oor die eeue ook baiemaal die rede waarom sekere nasies deur ander nasies verdruk is, en gaan oor "mag" en wie aan bewind wil wees, en gaan dus oor "EERSTE WEES". Waar mense belangriker wil wees of meer wil he as ander, veroorsaak dit baiemaal dat hulle verdrukkers word om daardie posisie te bereik. 

Dan is daar verder ook die talle vb.e in die Skrif van mense wat verdruk is ter wille vd waarheid..., en veral die rede waarom Jesus en Sy dissipels verdruk is. 

Christene moenie verdrukkers wees nie:

Verdrukking kom gewoonlik deur die wie se harte verkeerd is;  daarom is dit belangrik om jou hart en ore te besny. Bv., as jy verkeerde begeertes koester of verkeerd dink moet jy sulke begeertes aflê en jou gedagtes verander.  As jy nie "sien" soos die Here sien nie, moet jy Sy waarheid soek en dit kies.  Christene behoort aan die Here (nie aan hulleself nie).  In plaas van die ou natuur, is Christene geroep om goeie vrug te dra - om liewer te dien as om gedien te word...; om besittings en werke en krag en geld te deel en nie alles vir die self te hou nie...; om jou lewe te verloor in plaas van probeer wen...; om liewer laaste te wees as eerste...; om versigtig te wees vir die genietinge en rykdom waardeur vrug verstik kan word...; om vervolging en verdrukkinge te verdra i.p.v. wet in eie hande neem.  

Onbarmhartiges en ongehoorsames "verdruk", maar

Barmhartiges en gehoorsames verdra verdrukking...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 13 Augustus 2017