Wys tans plasings met die etiket hoor. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket hoor. Wys alle plasings

Woensdag 17 Julie 2013

Hoekom voel sommige Christene dat die Here nie met hulle praat nie? (2)

================================================================================

Baie Christene voel dat hulle nie van die Here "hoor" nie - eintlik pla dit hulle ook nie, want hulle sien  hulleself nie juis as diensknegte van die Here nie. Hulle glo dat net sommige gelowiges geroep word tot gehoorsaamheid aan die Here of om diensknegte te wees, en dat hulle aan die ontvang-kant is van daardie mense se bediening. Die gevolg is dat, behalwe vir die feit dat hulle "gered is", leef hulle eintlik nog steeds vir hulleself.

In hierdie blogpost gaan ons leer die belangrikheid van:
 "Om in die Here te bly" 
=============================================

Jesus het baie gepraat oor die "vrug" van die gelowige.  Ook in die gelykenis van die saaier, sien ons dat Hy o.a. klem plaas op die "vrug": die tweede groep dra bv. wel vrug, maar raak "onvrugbaar", of dra geen "ryp vrug" nie;  in die derde groep dra hul vrug, die een honderd, die een sestig en die ander dertigvoudig....   
--------------------
-(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
--------------------------
-(Joh 12:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
-------------------------
-(Joh 15:8)  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
--------------------------
-(Joh 15:16)  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
--------------------------
-(Joh 4:36)  En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.

========================================================================

Die Christen is geroep om "vrug te dra".  Jesus het ook die volgende stelling gemaak:

(Joh 15:2)  Elke loot wat in My NIE vrug DRA NIE, neem Hy weg; en elke loot WAT vrug DRA, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

Ons moet dus verstaan wat die Here bedoel het met "vrug dra", want:  met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

 Wanneer Jesus terugkom sal Hy nie net oordeel tussen "gelowiges en ongelowiges" nie, maar ook tussen 
"gelowiges en gelowiges" - http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html  (kyk bg. skrifgedeeltes, Mark. 4:29 en Joh. 15:2), tussen die "skape en die skape"!  Die een wat nie vrug dra nie, word gesien soos 'n nuttelose dienskneg - (lees Matt. 25:14-30 van die man wat op reis wou gaan en sy diensknegte geroep het en besittings aan hulle toevertrou het  - wat het gebeur met die een wat een talent ontvang het en dit begrawe het?  - Mat 25:30- "En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande") - vg, dit met Mark. 4:29.  

(Luk 6:46)  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
(Luk 6:47)  Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.
(Luk 6:48)  Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.
(Luk 6:49)  Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.

Wat beteken dit om vrug te dra?

*  (Joh 12:24,25) " Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe".  
het die Here meer lief as jou eie lewe
*  (Joh 15:4)  "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie". 
- Bly in Hom
*  (Joh 15:5)  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 
- vra die Here se wil in alles wat jy doen
*   (Joh 15:14-16)  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.  Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
 - wees gehoorsaam aan die Here
*   (Rom 6:22)  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. 
- jaag die godsaligheid na
========================================================================

(Joh 15:1)  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
(Joh 15:3)  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
(Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
(Joh 15:5)  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
(Joh 15:6)  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
(Joh 15:7)  As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
(Joh 15:8)  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.


Die feit dat die Here in die gelowige bly deur Sy Heilige Gees, beteken nie outomaties dat alle gelowiges ook in Hom bly nie! Om in Hom te bly, beteken dat die gelowige daadwerklik iets doen, m.a.w. "geloof EN werke" - so 'n gelowige sal vrug dra.   DIE GELOWIGE KAN NIE VRUG DRA, AS HY NIE IN DIE HERE BLY NIE (15:4) - die oplossing hier is dus:

 "om in die Here te bly"!  


Baie Christene bely dat hulle in die Here bly, maar doen hulle werklik?  Spandeer hulle alleentyd met die Here?  Le hulle regtig hulle eie wil vir die Here af?  Soek hulle daagliks na Sy wil in alles in hulle lewens?  Soek hulle na die waarheid (het hulle Sy woorde in hulle)? Jaag hulle die godsaligheid na?  
Is hulle gehoorsaam aan die Here?.......


================================================
(Openb. 2:2)  Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;
(Openb. 2:3)  en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.
(Openb. 2:4)  Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
(Openb. 2:5)  Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
(Openb. 2:6)  Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.
(Openb. 2:7)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.