Wys tans plasings met die etiket kinders van die koninkryk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket kinders van die koninkryk. Wys alle plasings

Dinsdag 15 September 2020

Wie sal eendag erf/regeer?

Vir dagstukkies oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/07/die-christen-die-politikus.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/04/die-waarde-van-n-dom-en-arm-mens.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die belofte van REGERING saam met Christus Jesus eendag, word spesifiek gemaak aan Christene (- almal wat in Hom glo , "Jood en heiden" maar natuurlik die wat in Jesus Christus glo - Gal. 3:28) wat deel het aan die eerste opstanding (opstanding tot lewe / eerste opstanding) en die wat "verdra" en "Hom nie verloën nie" (2 Tim. 2:12). Die Here sal egter nie toelaat dat goddelose mense REGEER nie! (Job 34:30; Jud. 1:4,15);  daarom sal almal geoordeel word, en die oordeel begin by die huis van God... (1 Pet. 4:17,18).

KYK ONS NA BELOFTES WAT GEMAAK IS AAN DIE" WAT OORWIN" EN SAL INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD, is dit interessant dat deel van hierdie beloftes te doen het met "mag oor nasies" en "regering".  Aan die gemeente van Thiatire was bv. die volgende belofte gemaak:
(Openb. 2:25)  Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.
(Openb. 2:26)  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,
(Openb. 2:27)  en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.
(Openb. 2:28)  En Ek sal hom die môrester gee.
(Openb. 2:29)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

'n Land behoort aan die mense vd land - die een wat regeer het 'n groot taak omdat hy moet sorg dra vir dit wat aan ander behoort (Matt. 25:14), en as hy nie getrou is in hoe hy dit bestuur nie, dan kan hy nie verder vertrou word nie.  Jesus het hierna verwys in Luk. 12 wanneer Hy die volgende opmerking maak:  (Luk 16:12)  "En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?".  Elkeen wat vir 'n baas werk, het hierdie selfde soort verantwoordelikheid waar hy aangestel word oor 'n "ander se goed". Daar is nie baie mense wat die geleentheid kry om TE REGEER nie. Gewoonlik moet iemand ook eers bewys dat hy instaat is om te regeer voor hy so 'n belangrike amp kan kry.  Alle oë is gerig op die een wat homself in 'n leiersposisie bevind, en om onberispelik te wandel word hoog geag want enige misstap kan veroorsaak dat so iemand se vermoë om te kan "regeer" in twyfel getrek word.  Op dieselfde wyse moet die wat uiteindelik die aarde gaan beerwe (Matt. 5:5), mense wees wat ten minste getrou is in die goed wat die Here nou aan hulle toevertrou! As hulle nie eens hierin getrou is nie, hoe sal hulle dan eendag kan regeer? Die vraag is dus, wat maak ons met dit wat die Here aan elkeen van ons toevertrou?
Wie is dit wat eendag sal kan regeer?
-In Matt. 5:5 verwys dit na die wat sagmoedig (nederig) is (die wat hulleself ondergeskik stel aan die wil van die Here).
-In Luk. 12 verwys dit na die wat barmhartig is (die wat "goed doen" aan ander)(die wat regverdig werk met die geld en besittings wat die Here vir hulle gee en dit nie net vir hulleself hou nie, maar gebruik om barmhartig te wees).
-In Openb. 2, aan die gemeente van Thiatire, verwys dit na die wat ag gee op die pad van godsaligheid en nie toegee aan valse leerstellings nie (m.a.w., die wat hulle eie "harte besny").
-In 2 Tim. 2:12 verwys dit na die wat verdrukking kan verdra, en nie die Here verloën nie....
-  In Openb. 3 verwys dit na die wat RYK IS IN DIE HERE, die wie se NAAKTHEID BEDEK is, en die wat hulle DEUR DIE GEES LAAT LEI. Aan die gemeente van Laodicense word bv. die belofte gemaak van "regering" sou hulle oorwin!:  (Openb. 3:21)  "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het").  In v.18 word die gemeente aangeraai om goud van die Here te koop (ryk te word in die Here), om wit klere te koop (om hulle te bekeer van hulle sonde sodat hulle naaktheid bedek kan word), en om salf vir hulle oë te koop (om hulle te bekeer van die manier hoe hulle "sien" tot die waarheid).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Om geskik te wees vir die "regerings"-amp, moet iemand dus:
-   verstaan dat leierskap gaan oor "om te dien", "om die wil van die Here te doen" en moet "in Hom bly", want sonder Hom kan ons geen vrug dra nie (Matt. 5:5)(Luk. 22:26,27; Luk. 9:48; Matt. 18:3-6; 23:11,12; Matt. 7:21; 12:50; Luk. 6:46; Openb. 3:18)(Joh. 5:30; 6:39);
-  verder moet die persoon bewys dat hy regverdig met ander se geld en besittings werk - sy begeerte moenie wees om ryk te word in geld en besittings nie, maar eerder om ryk te word in die Here (Matt. 19:23; Luk. 12:16-21; 14:12; 16:1-14; 16:19-31; 18:22-24; Luk. 19:8; 1 Kor. 1:5; 4:8; 2 Kor. 6:10; 2 Kor. 8:9; 2 Kor. 9:10,11; 1 Thess. 3:12; 1 Tim. 6:9,18)(hy moet kan "woeker" met die geld wat die Here aan hom toevertrou, m.a.w. dit meer maak deur te gebruik in die koninkryk vd Here, nie dit vir homself hou nie - Matt. 25:14-30)(Luk. 12; Mark. 12:41-44; Luk. 19:12-27; Openb. 3:17,18);
-  en dus wys dat hy omgee vir ander mense en barmhartig is (Luk. 12; 3 Joh. 1:9,10; Matt. 18:23-35; Luk. 6:36,37; Matt. 25:31-46);
-  ook onberispelik omdat hy 'n vb. is en vertrou moet word (1 Pet. 5:3; 1 Kor. 1:8; Fil. 2:14,15; 1 Thess. 3:13; 5:23; 2 Pet. 3:14; Openb. 3:18);
-  verder moet hy iemand wees wat die waarheid soek en nie valse leerstellings toelaat nie (hy moet nie die reg verdraai nie), want deur die waarheid te beskerm bewys hy dat hy die koninkryk kan beskerm teen aanslae... - hy moet homself kan heilig hou en nie in dieselfde juk trek met die ongehoorsames en ongelowiges nie (moet bv. nie omkoopgeskenke aanneem nie, ens.)(Openb. 2:18-29; Matt. 12:25; Eks. 34:15; 1 Kor. 8:10-12; 10:18-28; Hand. 15:20; 2 Kor. 6:14)(Openb. 3:14-23).
-  "die ideale kandidaat" moet ook verdrukking kan verdra - as hy dit nie kan doen nie, dan kan hy nie vertrou word nie, want so iemand sal die koninkryk verloën (2Ti 2:12 - "As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hierdie "werke" het natuurlik niks te doen met werke tot saligheid nie (want niemand kan saligheid ontvang d.m.v. werke nie), maar dit gaan oor werke a.g.v. saligheid! Dit gaan oor die lewe vd een wat alreeds die belofte van saligheid het (geloof sonder werke is dood!).  Elkeen se hart en optrede sal uiteindelik wys of hulle werklik glo en die Here dien. Is jy m..a.w. wie jy sê jy is? Dien jy regtig die Here? , want ware kinders vd Here is tipies die wat Hom gehoorsaam en ken en Sy wil soek - hulle is bereid om VERVOLG te word terwille van Sy Naam;  hulle het die Heilige Gees en dra dus die VRUG VD GEES (is dus barmhartig ens.), en ken dus die WAARHEID omdat hulle die Gees vd waarheid het. Hierdie is die kwaliteite van 'n ware Christen, en die soort kwaliteite nodig om eendag te kan regeer. Dit gaan dus nie hier oor mense wat nog nie saligheid het nie, maar juis die wat die belofte het van "eerdag erwe". Daar is heelwat vb. e in die Skrif van "kinders vd koninkryk" wat hulle posisie misbruik het... Kyk bv. na die seuns van Samuel wat juis in verskeie van hierdie bg. dinge gefaal het nl. dat hulle onregverdige wins agternageloop het, omkoopgeskenke aangeneem het, en die reg verdraai het (1Sa 8:3). Die gevolg was dat hulle deur die mense verwerp is as leiers. Kyk die waarskuwings in Jes. 1, van hoe die Here Sy volk aangespreek het oor hulle wederstrewigheid. Wanneer die Here mense in leiersposisies plaas, het Hy bepaalde staandaarde waarvolgens Hy hulle oordeel, en as hulle nie hierdie standaarde (voorwaardes) nakom nie bewys hulle dat hulle nie GEHOORSAAM is aan Hom nie, en ook nie GLO nie. Konings Saul het ook hierdie fout gemaak waar hy bewys het dat hy nie regtig die gehoorsaam nie, maar het kronies sy eie gedagte gevolg. Hierdie is dinge wat die volk van eersgeborenes  in gedagte moet hou as hulle begeerte is om eendag in te gaan in die koninkryk van God en saam met Christus wil regeer. As jy nou bewys dat jou wil belangriker is as die Here se wil, hoe sal jy dan eendag vertrou kan word? Die Here het dit teen die vorste van Juda en Jerusalem gehad want hulle was o.a opstandig, metgeselle van diewe en het omkoopgeskenke aangeneem - onbarmhartig en het ook nie omgegee vir die wees en weduwees nie! (Jes. 1:23).  Sulke vorste kan nie vertrou word nie!  Eseg. 22 is ook 'n vb. van mense wat deel was vd kinders vd koninkryk, maar gehou het van onregverdige wins, omkoopgeskenke, was kwaadsprekers, hoereerders, bloedvergieters ens.  - die Here sal nie sulke mense laat erf nie! Hy sal nie Sy besittings aan hulle toevertrou nie. .. Hy gaan nie toelaat dat kwaadsprekers, hoereerders, egbrekers, moordenaars, afgodedienaars, wellustelinge, gierigaards, rowers, trotsaards, grootpraters, ongehoorsames, onbarmhartiges,,,ens. Sy koninkryk beerwe nie (1 Kor. 6:10; 2 Tim. 3:3; 1 Kor. 5:11; 1 Pet. 4:15; 1 Thess. 4:7; Ef. 4:28; 2 Tim. 3:2.........). Nie enige iemand wat bely hulle glo, sal inderdaad eendag erf nie maar slegs die wat "OORWIN". Maar hoe sal jy gereken word as 'n "oorwinnaar" as jy nie eens die krag en werk en geld en besittings wat die Here aan jou toevertrou het, reg aanwend (bv. selfsugtig alles vir jouself hou en gebruik vir eie eer) nie? Die Here deursoek die niere en harte, sodat Hy aan elkeen kan gee VOLGENS HULLE WERKE, die vrug van hulle handelinge (Openb. 2:23; Jer. 17:10).  Ons is geroep OM VRUG TE DRA en hierdie vrug sal uiteindelik bepaal wie ingaan in die koninkryk en wie nie. Die gelowige wat wil oorwin en saam met Christus regeer, moet verstaan die belangrikheid van om "in Hom te bly", want sonder Hom kan niemand vrug dra nie.  Hulle moet hulle rykdom soek in die Here en in Sy wil. Verder word dit van hulle verwag om onberispelik te lewe, soos om sondes neer te lê en die waarheid te soek (Openb. 3:14-23).

(Mat 25:21 - "En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer").