Wys tans plasings met die etiket koninkryk beerwe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket koninkryk beerwe. Wys alle plasings

Donderdag 08 September 2022

Algemene vrae oor SALIGHEID (2) - hoekom het ons saligheid nodig

VIR DIE EERSTE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
-  https://warechristene.blogspot.com/2020/05/algemene-vrae-oor-saligheid-1-inleiding.html. In die eerste deel het ons ook gekyk na "HOEKOM iemand saligheid nodig het" en het daar stilgestaan by die volgende feite:
ons het
-REDDING NODIG VAN DIE DOOD, en 
-REDDING NODIG VAN ons SLAAFSKAP ONDER SONDE. 
As ons nie gered word van hierdie dinge nie, sal ons onder God se toorn val.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
As ons dan nou vra HOEKOM ONS SALIGHEID NODIG HET, dan moet ons ook beslis dat:

In konteks verwys saligheid na "GERED VD TOORN" (...omdat almal sondig en dus verdien om onder oordeel te val en in die toorn sal kom)(maar die wat gered is en die opstanding tot lewe ontvang, het die belofte dat hulle nie in die toorn sal kom nie)(1 Thess. 5:8,9).
- die mens het dus redding nodig van die komende toorn (Ef. 2:3; Openb. 6:17; Matt. 3:7-12; Hebr. 4:3; 1 Thess. 2:16; Rom. 1:18; 2:5; Sef. 2:3; ens.). Waarna verwys hierdie toorn? Hierdie "toorn" verwys na "wraak" (Rom. 12:19) - wanneer die Here gaan wraak neem, want die wraak kom Hom toe, Hy sal vergeld... (bv. Hy sal wraak neem op die kinders van ongehoorsaamheid, die eiesinniges, die wat nie die vrugte dra wat by die bekering pas nie, ens. - Rom 12:19,20; Kol. 3:6; Ef. 5:6; Rom. 2:5,8; ens.). M.a.w., hierdie toorn verwys na die tweede dood, ook genoem "ewige oordeel" of "poel van vuur" (ons het redding nodig van die tweede dood), want die wat die saligheid verkry deur Jesus Christus, is NIE bestem "tot toorn" nie (1Th 5:9,10). In plaas van om deur die tweede dood te gaan, sal die wat saligheid verkry lewe (1 Thess. 1:10). Toe Jesus die eerste keer gekom het het Hy nie gekom om te oordeel nie, maar wanneer Hy terugkom sal Hy (Joh 3:35,36 - "Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom").


In daardie opsig kan die wat nie gered is nie, nie vir ewig lewe nie;  maar die wat gered word het die belofte dat hulle vir ewig kan lewe (die wat opstaan tot lewe sal nie onder die toorn vd tweede dood val nie) - en aan hulle is die koninkryk belowe...

Die wat redding verkry, het dus die belofte van
"ewige lewe" en sal die
"koninkryk beërwe". 
Daarom word hierdie baiemaal hanteer as deel van die redes hoekom ons saligheid nodig het; (m.a.w. in hierdie konteks het "die mens redding/saligheid nodig om die ewige lewe en die koninkryk te kan beërwe"... (2 Tim. 4:18; Dan. 2:44; Matt. 7:21; 25:34,46; Joh. 3:15; 3:36). 
Dus, die mens het REDDING nodig;  m.a.w., die wat:
- (1) "weer gebore" word (deur water en Gees)(Joh. 3:3-7), word gesien as 
- (2) kinders van God (is dus nou as vrymense gebore)(word "geestelike mense" genoem)(1 Joh. 3:1), en het dus die belofte van 
- (3) ewige lewe (word nie net innerlik vernuwe nie, maar sal ook eendag uiterlik vernuwe word)(Joh. 3:15; 6:40), en sal die
- (4) koninkryk beërwe (Matt. 25:34).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  OM SALIGHEID TE VERKRY BETEKEN DAT SO IEMAND "WEER GEBORE" WORD:

Alle mense word as NATUURLIKE MENSE gebore (omdat hulle kinders van Adam is) - "natuurlike mense" is 'n begrip wat gebruik word om te verwys na watter mense "natuurlik" is (is nie "geestelik" nie)(hoe hulle is/dink/sien/doen... - verwys na "is gebore in sonde"/is vleeslik) - hulle het nie die Gees van God nie, en is daarom "natuurlik" (1 Kor. 2:14). Natuurlike mense word in slawerny gebore - "is slawe van sonde" (is dus nie vry nie, maar word as slawe gebore - slawe van sonde)(is kinders van Adam), en is daarom "natuurlik" (Rom. 7:14) - hulle dien die sonde. Maar geestelike mense dien die Gees (want hulle het die Gees). Dis dus duidelik dat natuurlike mense skoonwassing nodig het, en die Gees nodig het... (maw, het nodig om "weer gebore" te word, wat geskied deur WATER en GEES-Joh. 3:5).   

Natuurlike mense: 
- HET NIE DIE GEES VAN GOD NIE (1 Kor. 2:14);
- HET DIE GEES VD WêRELD (1 Kor. 2:12);
- NEEM NIE DIE DINGE VD GEES VAN GOD AAN NIE en verstaan dit nie (want hulle het nie die Gees nie!) / is nie gehoorsaam aan die Gees nie (1 Kor. 2:14); 
- natuurlike mense is VLEESLIK (hulle dink bv. vleeslik en tree vleeslik op)(Rom. 8:5-7);
- IS NIE VRY NIE - hulle word in slawerny gebore / is slawe van sonde/dien die wet van sonde, en kan nie in daardie staat aangeneem word as kinders van God nie (2 Pet. 2:19; Hebr. 2:15; Rom. 8:15; 7:26; 6:6);
- DRA VRUGTE VIR DIE DOOD (wat ook verwys na die tweede dood) - omdat hulle die sonde dien / m.a.w., hulle kan God nie behaag nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14; Rom. 8:6-8).
 
Die natuurlike mens het 'n natuurlike/VERGANKLIKE LIGGAAM (almal gaan dood!);  maar die begrip "dood" verwys nie net na die uiterlike wat sterwe nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (wanneer beide die liggaam/uiterlike mens en die siel/innerlike mens verderwe word)(Matt. 10:28).  Sonder die Gees van God kan niemand vrug dra tot LEWE nie (m.a.w., omdat natuurlike mense nie die Gees het en daarom nie instaat is om vrug te dra "tot lewe" nie, kan geen natuurlike mens die ewige lewe beërwe nie, en daarom is alle natuurlike mense se uiteinde die dood - HULLE IS SOOS SLAWE WAT LOSKOPING NODIG HET. As iemand nie losgekoop word nie, kan hy nie die ewige lewe beërwe nie - so iemand se uiteinde is die dood (nie net het hy opstanding nodig vd uiterlike mens omdat almal sterf nie, maar het ook redding nodig vd innerlike mens/"siel" - sodat hy nie deur die tweede dood gaan nie). 

'n Slaaf wat losgekoop word verkry 'n nuwe lewe - is soos 'n nuwe mens wat nou vry is;  alhoewel hy dan behoort aan die een wat hom gekoop het!  Dit is wat gebeur wanneer iemand geestelike redding verkry - hy word losgekoop deur Jesus Christus en alhoewel hy nou "vry" is (en nie meer die vorige meester nl. die sonde dien nie), behoort hy nou aan Jesus Christus (deur wie hy losgekoop is - hy word m.a.w. 'n slaaf van Christus en dien Hom). En in Christus (Hy was ons skoon en gee vir ons die Heilige Gees) is hy nou instaat om vrug te dra tot lewe (nie meer vrug "tot dood" nie, maar vrug tot lewe...). In daardie opsig is hy soos 'n nuwe mens, asof "weer gebore" - weergeborenes word bv. o.a. beskryf as mense wat "gebore is uit God" (1 Joh. 5:1)(is "geestelike mense"), asof gebore uit Sy saad (hulle word hanteer soos mense wat gebore is uit God, nie uit Adam nie). Mense wat uit God se saad gebore is is instaat om vrug te dra tot lewe (sal lewe!), maar die wat gebore is uit Adam se saad dra vrugte vir die dood (sal doodgaan)... 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  OM "KIND VAN GOD TE WEES" HET JY SALIGHEID/REDDING NODIG:

Kinders erf...  Nie almal sal die aarde beerwe nie, slegs die wat "kinders" is, sal! En hoe kan jy die aarde beërwe (Matt. 5:5; Ps. 37:9,11,22,29,34; Rom. 4:13) as jy nie in die lewe is nie? Jy moet in die lewe wees om die aarde te kan beërwe, en jy moet 'n kind wees want dit is die kinders wat erf. 

Die erfenis sal nie gegee word aan "natuurlike mense" nie, maar aan "geestelike mense" (kinders van God - die wat uit God gebore is -  m.a.w., weergeborenes / die gebore uit water en Gees, en die wat onverganklike liggame kry). Daar word somtyds ook hierna verwys as "die koninkryk beërwe" (Matt. 13:43; 25:34)(kyk tema "kinders vd koninkryk").  Natuurlik is kinders deel van hulle "vader se koninkryk", en die koninkryk is nie net hemels van aard nie, maar sal ook eendag 'n aardse koninkryk wees (sal fisies op aarde wees) wat terloops ook vir ewig sal wees! (en is immers al hier deur Sy Gees, want waar Hy is daar is Sy koninkryk - "geestelike koninkryk" / Gees in wedergeborenes; daarom weergeborenes "tempel van God").  Die Vader het hierdie koninkryk aan Sy Seun Jesus Christus gegee. Jesus Christus sal vir ewig Koning wees OP AARDE, en die wat gered word het die belofte dat hulle hierdie koninkryk sal beerwe - hulle sal vir ewig lewe, op aarde, in Sy koninkryk. 

Sommige Christene dink dat hulle vir ewig in die hemel sal lewe (?) - bes moontlik toegang tot die hemel, ja, maar die Skrif leer dat gereddes vir ewig "op die aarde" lewe.  Die Skrif leer dat Jesus vd hemel af sal terugkom na die aarde, die ander koninkryke sal verbrysel, en sal Sy ewige koninkryk oprig.......(Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; 89:3,4,36; Eseg. 35:35; Miga 4:7; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34; Openb. 11:15; 19:11-21; 20:6,7; Jes. 24:23; ens.). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  OM DIE EWIGE LEWE TE BEëRWE, HET JY SALIGHEID NODIG:

Die wat in Christus Jesus glo (saligheid in Hom ontvang) het die belofte van ewige lewe (Joh. 3:15,16,36; 1 Joh. 2:25; 5:11,13,20; 1:2; Jud. 1:21; Tit. 3:7; 1 Tim. 1:16; Rom. 6:22,23; 5:21; Joh. 17:2,3; Joh. 6, ens.). Maar natuurlik moet ons verstaan wat GELOOF beteken, want geloof in Hom is nie bloot 'n belydenis van woorde nie, maar gaan ook oor gehoorsaamheid - m.a.w., geloof sonder werke is dood. Daarom word in baie skrifte die belofte vd ewige lewe in ditto konteks gebruik as "werke", bv. (Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). Kyk ook 1 Tim. 6:11-19; Rom. 2:7,8; Joh. 18:18-24; Luk. 16: 8-13; Luk. 10:25-28; ens.

Tydens 'n gebed (Joh. 17) het Jesus die EWIGE LEWE o.a. op die volgende manier beskryf: (Joh 17:3 - "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het"). In hierdie opsig is "om die Here te ken" soos ewige lewe... As iemand nie die Here ken nie, hoe kan hy dan verwag om die ewige lewe te beerwe want dit is immers o.a. waaroor die ewige lewe gaan - dit gaan nie net oor "vir ewig lewe" nie (Joh. 10:28; Dan. 12:2), maar verwys na die wat die Here ken (God die Vader en Sy Seun Jesus Christus KEN). In Joh. 12 noem Jesus ook die "gebod vd Vader" die ewige lewe... - (Joh 12:50 - "En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek") - kyk ook Joh. 5:39. In die gedeelte (Joh. 12:44-50) verwys Hy na hoe Hy nie uit Homself spreek nie maar spreek wat die Vader Hom gee (Joh 12:49)  Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek"). Op dieselfde wyse is die Here se gebod vir die Christen soos "ewige lewe" - as jy nie Sy gebod liefhet nie, hoe wil jy dan die ewige lewe ontvang, want Sy gebod is die ewige lewe!  Ons sien dus hier hoe Jesus vir ons verduidelik het wat EWIGE LEWE nou eintlik beteken. (Joh 12:25,26 - "Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer"). M.a.w., om die ewige lewe te he beteken dat jy die Here KEN en GEHOORSAAM. Die belofte vd ewige lewe is gemaak aan die wat GLO (nie net glo dat Hy is nie, maar verwys na die wat Hom ken en in Sy woorde/gebooie glo - die ewige lewe is om Hom te ken, en is Sy gebod...). Die ewige lewe is bedoel vir REGVERDIGES/BARMHARTIGES (Matt. 25:46). 

Redding/saligheid/wedergeboorte vind plaas deur afwassing (water) en die ontvang vd Heilige Gees (Gees)(Joh. 3:5);  alhoewel die aanneming tot kinders eers heeltemal voltrek word in die opstanding - die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie (Joh. 5:29).  Ja, kinders van God sal ook geoordeel word! (sien "regterstoel van Christus"-2 Kor. 5:10; Rom. 14:10; 2 Tim. 4:1).  Jesus Christus was ons skoon van sonde en gee aan ons die Heilige Gees, maar Hy sal Sy dorsvloer skoonmaak wanneer Hy terugkom - bv., dan sal die kaf (die wat nie vrug dra nie) van die koring (die wat vrug dra) geskei word (en die kaf sal in die vuur gegooi word)(Matt. 3:12; Luk. 3:17). Natuurlik het almal wat weergebore word die belofte van EWIGE LEWE en sien uit na die opstanding wanneer ook hulle uiterlike vernuwe sal word, maar dit is bedoel vir die wat vashou (nie die wat self laat los nie).  Geloof is inderdaad belangrik, maar geloof sonder werke is dood (Jak. 2:20,26). Geestelike mense is instaat om VRUG te dra TOT LEWE (omdat hulle die Gees het, en hulle word deur die Gees in bewaring gehou tot die dag van verlossing...), maar geestelike mense wat vrugteloos is wanneer Jesus terugkom (hetsy nie vrug gedra of het dit verloor), sal uitgewerp en verbrand word (Joh. 15:4-6; Mark. 4:7; Luk. 8:14; ). Daar sal ook ander oordele plaasvind in ditto tyd, bv. onkruid (die struikelblokke in die koninkryk) sal ook van die koring geskei word (Matt. 13:24-30), en die bokke (die wat onbarmhartig is) sal geskei word van die skape (die barmhartiges)(Matt. 25:31-46) - die "goeies" sal vd "slegtes" geskei word (Matt. 13:47-50). Inderdaad bestaan die "koninkryk vd hemele/God" (verwysend na die wat aan Sy koninkryk behoort of saambeweeg) nie net uit goeies (goeie visse) nie, maar ook slegtes (slegte visse)(Matt. 13:47-50; 22:9-14; 5:45) . M.a.w., met die voleinding vd wêreld (wanneer Jesus terugkom), sal die goeie visse van die slegtes geskei word...
 
Sonder die Gees van God kan niemand "vrug dra tot lewe" nie.  Weergeborenes DIEN DIE HERE - is gehoorsaam aan die Gees (is nie onder die wet nie, en dien nie die sonde nie, maar is onder die Gees) - dit is immers waarom hulle vrug kan dra tot lewe. Natuurlike mense (die wat nie die Gees het nie) dra vrugte vir die dood (en kan dus nie die ewige lewe beërwe nie, want hulle uiteinde is die dood!). Geestelike mense (die wat die Gees het) dra vrug tot (ewige) lewe.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  OM DIE KONINKRYK TE KAN BEëRWE, HET JY SALIGHEID NODIG:

-  Natuurlike mense (die wat nie die Gees het nie) / "vleeslikes" kan nie die koninkryk beërwe nie (Gal. 5:21; 1 Kor. 6:9,10; Ef. 5:5). Die "natuurlike mens" word ook somtyds na verwys as "vlees en bloed" (gebore uit vlees-Joh. 3:6, en gebore uit bloed-Joh. 1:13, deur die wil van 'n man / die mensdom, gebore uit vlees en bloed/is VERGANKLIK / "kinders van Adam")(1Kor. 15:50 - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie").

-  Geestelike mense (die wat die Gees het/ Weergeborenes het die belofte dat hulle die koninkryk sal beërwe (1 Kor. 15:50-58; Kol. 1:13,14) - die koninkryk is belowe aan gelowiges wat volhard, 2 Pet. 1:11 / die wat lief is vir die Here of ryk is in Hom, Jak. 2:5 /  die wat Hom dien en vrees, Hebr. 12:28, 2 Tim. 4:18 / die wat vedrukking en vervolging verdra ter wille vd Koninkryk, 2 Thess. 1:5 / die barmhartiges, Matt. 25.......ens.  Die geestelike mens (weergeborenes) is ook vlees en bloed, maar soos vlees en bloed van Jesus Christus... (verwys na "hulle lewe is in Hom" - omdat die lewe is in die bloed-kyk teken in Nagmaal-Hebr. 9:13;Joh. 6:53-56)(Joh. 1:12,13) - is "familie" van Hom, van Sy vlees en van Sy bene (Ef. 5:30)(kyk terme "vlees en been" of "liggaam en bloed"); - nie letterlik uit Hom gebore nie maar geestelik deur water en Gees - daarom word die weergeborene gesien as ONVERGANKLIK!, - innerlike is vernuwe, en sal ook eendag nuwe uiterlike (onverganklike) liggaam kry
Maar nie alle "kinders vd koninkryk" sal in die koninkryk ingaan nie..., want die "aanneming tot kinders" word eers voltrek in "die opstanding". M.a.w., nie alle kinders vd koninkryk sal die opstanding tot lewe ontvang nie, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:19).  Bv., die "KAF" sal uitgewerp word - slegs die met vrug of die nodige vrug (nl. die "KORING") sal die koninkryk kan beërwe - (l.w., "kaf" verwys na weergeborenes wat nie vrug dra nie, of die wat wel vrug dra maar dit verloor...).  Ook nie almal wat deel is van die Christelike kerk sal in die koninkryk ingaan nie, slegs die KORING / SKAPE sal dit beërwe - "ONKRUID" sal dit nie beërwe nie - (l.w., "onkruid" is mense in die Christelike kerk wat eintlik nie wederbaar is nie maar beweeg onder die koring asof hulle kinders van God is - hulle is vals, is "ingesluiptes" wat die koring kan laat struikel...), en "BOKKE" sal dit ook nie beërwe nie (l.w., "bokke" verwys na die wat nie barmhartig is nie, hetsy hulle aan die kerk behoort of nie, weergebore of nie). 
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 13 Mei 2016

In Sy rus ingaan

IN HIERDIE BLOGPOST KYK ONS NA WAT DIT BETEKEN OM "in Sy rus in te gaan".  

-  Die ongehoorsames sal nie in Sy rus ingaan nie (Hebr. 3:18).
-  Selfs die wat deel is van God se volk, maar Hom nie aanbid en gehoorsaam nie, sal ook nie ingaan in Sy rus nie (Ps. 95:11).
-  "Om in Sy rus in te gaan" verwys natuurlik ook deels na die teenwoordige (vir die wat in Hom glo), maar is veral toekomstig.
_________________________________________________________________________________
(1)  WANNEER ONS KYK NA SEKERE OU TESTAMENTIESE SKRIFTE, DAN WORD DIT DUIDELIK DAT DIE VOLK VAN GOD EERS WERKLIK IN TOTALE RUS SAL VERKEER WANNEER HULLE IN HUL LAND GEVESTIG IS EN AL HULLE VYANDE VERWOES IS.
- (Isa 14:3)  "En op die dag as die HERE jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het".
Die wat Sy rus ingaan, is m.a.w. ook die wat Sy koninkryk beerwe.
- Jesus Christus se ewige koninkryk, wat begin met die 1000 jaar, en Sy heerskappy vanuit Jerusalem (en Sy heilige berg), word in Jes. 11 voorgestel  as 'n "RUSPLEK" (Jes. 11:9,10).

(2)  Hierdie selfde spraak was ook gebruik in ander O.T. skrifte:
-  om hulle plek in te neem in die beloofde land, is gesien soos om "tot rus" te kom, ook "rus van vyande" (Deut. 3:20; 12:10; 25:19; Jos. 1:15; 22:4; 23:1; Rig. 3:11; 2 Sam. 7:11...)(vgl. ook met Deut. 28:65)
-  Vgl. ons dit met Neh. 9:28 sien ons dat die rus weggeneem was wanneer die volk in sonde verval het. 
Op dieselfde wyse gee die Here Jesus rus vir Sy kinders, maar hierdie rus kan weggeneem word waar 'n Christen in sonde verval! (m.a.w. waar kinders van die Here hulle harte verhard soos baie van die volk in die woestyn...).

(3)  Christus het self ook verwys na hoe almal wat vermoeid en belas is en na Hom toe kom, Hy hulle rus sal gee (Matt. 11:28);  en Hy het gevra dat ons Sy juk moet opneem en van Hom moet leer want dan sal ons rus kry vir ons siele (Matt. 11:29)...

(4)  Om in "rus in te gaan" kan ook verwys na "doodgaan" (Eccl. 8:10).  OM IN SY RUS IN TE GAAN VERWYS ook DEELS NA HOE ONS DOODGAAN VIR DIE WET MAAR LEWE VIR DIE HERE. Hierdie word veral in vele N.T. skrifte verder verduidelik.  MAAR OM IN SY RUS IN TE GAAN VERWYS OOK NA DIE TOEKOMSTIGE "INGAAN IN SY KONINKRYK" (m.a.w. "om die koninkryk te beerwe"), en Christene word veral gewaarsku in verskeie N.T. skrifte (sien onder) van hoe hulle nie hulle harte moet verhard soos baie in die woestyn ( in sonde verval en ongeloof ) nie.  Vgl. dit ook met bg. Neh. 9:28 wat 'n vb. is van die volk wat rus verkry maar dit word weggeneem wanneer hulle in sonde verval.

(5)  Om in Sy rus in te gaan word verder vgl. met 'n "sabbatsrus" - soos God 6 dae gewerk het en op die sewende gerus het (die sabbat), so sal ons rus van ons werke wanneer ons ingaan in die koninkryk van God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Heb 4:9)  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;

(Heb 4:10)  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE onderstaande skrifgedeelte VERWYS "in rus ingaan" NA "DOODGAAN":

(Ecc 8:9)  Dit alles het ek gesien deurdat ek my hart gerig het op elke werk wat onder die son gedoen word, in ‘n tyd waarin die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.
(Ecc 8:10)  So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
(Ecc 8:11)  Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen;
(Ecc 8:12)  aangesien ‘n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe—alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees,
(Ecc 8:13)  en dit nie goed sal gaan met die goddelose, en hy die dae nie sal verleng soos ‘n skaduwee nie, omdat hy voor die aangesig van God nie vrees nie.
(Ecc 8:14)  Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.

"Om dood te gaan" is 'n tipe van "in rus ingaan" - meer spesifiek "rus van werke", maar in 'n letterlike konteks.  Figuurlik gesproke gaan die persoon wat tot bekering en geloof kom, ook dood t.o.v. die werke van die wet - VGL. HIERDIE MET ANDER SKRIFTE  (vgl. dit ook met Hebr. 4:9,10) "om in rus in te gaan, het te doen met "rus van werke" / om "in Sy rus in te gaan, het ook te doen met rus van werke...".  Die persoon wat nooit in Sy rus ingaan nie, se naam sal nie onthou word nie;  hulle nagedagtenis word vergeet;  die naam van die goddelose vergaan. Die wat deel is van die volk van God, maar ongehoorsaam, sal onder die vloek van die wet val en sy naam sal uitgedelg word...(Deut. 29:20).
(Ecc 2:16)  Want daar sal op die duur net so min gedagtenis wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas!

(Ecc 9:5)  Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.

(Psa 31:12)  (31:13) Ek is vergeet uit die hart, soos ‘n dooie; ek het geword soos ‘n ding wat lê en vergaan.

(Jer 17:13)  o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.

(Heb 10:38)  Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

(Pro 10:7)  Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.  Die onregverdige se werke sal nie onthou word nie, maar die regverdige se werke sal wel onthou word, want die regverdige werk vir die Here self.  Die regverdige is geroep om vrug te dra (vir die Here / deur Sy Gees) - "VRUG tot ewige lewe" (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html)- werke wat ONTHOU sal word - werke wat vir iemand die ewige lewe gee (nie gehoorsaamheid aan die wet nie, maar gehoorsaamheid aan die Here).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie onderstaande skrifgedeelte word die volk van God opgeroep om eer te gee aan hulle Skepper, om Hom te aanbid en voor Hom neer te buig, maar hulle word gewaarsku dat hulle nie hulle harte moet verhard soos baie van die volk in die woestyn gedoen het nie, wie verder beskryf word as die met dwalende harte wat, alhoewel hulle die Here se werke gesien het, nie Sy wee geken het nie  -  van hulle het Hy gesweer DAT HULLE WAARLIK NIE IN SY RUS SAL INGAAN NIE!  (Num. 14; 32...).

(Psa 95:8)  Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;
(Psa 95:9)  waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
(Psa 95:10)  Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
(Psa 95:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In hierdie gedeelte word ook gepraat van die wat die Here versoek - van hulle word gese dat hulle nie in Sy rus sal ingaan nie.  En l.w. dat hier gepraat word met die kerk, met die volk van God!  Hierdie is 'n waarskuwing. (Lees gerus in konteks).(Heb 3:12,13: - "Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie").


(Heb 3:11)  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.


(Heb 3:18)  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Hierdie gedeelte is in konteks met Hebr. 3.  Dit word vir ons verduidelik wat dit beteken om in Sy rus in te gaan.
-  Om "in rus in te gaan" (soos in die geval van "om dood te gaan") is "om te rus van werke" (kyk konteks Eccl. 8).
-  Om "in Sy rus in te gaan" gaan ook oor om te rus van werke, maar meer spes. "om te rus van die werke van die wet" (dien nie meer die wet nie). Die wat die wet onderhou verkry die beloftes, maar die wat dit nie onderhou nie, val onder die vloek van die wet.   Geen werk wat die mens probeer doen kan hom saligheid gee nie, want niemand kan die wet ten volle onderhou nie (Jak. 2:10);  dit veroorsaak dat almal wat nie die wet onderhou nie, onder die vloek van die wet val.   Hierdie onderhouding van die wet is WERKE wat op die ou end vir niemand saligheid kan bewerkstellig nie want almal verval onder die vloek van die wet (omdat hulle dit nie volkome kan gehoorsaam nie). Om nou egter in Sy rus in te gaan, is om DOOD TE GAAN VIR DIE WET en daarom te rus van die werke van die wet - MAAR DIT BETEKEN NIE DAT DAAR GEEN GEHOORSAAMHEID VERWAG WORD NIE!, want waar ons vroeer gehoorsaam was aan die wet is ons nou gehoorsaam aan 'n Ander. Dit beteken ook nie dat die wet tot niet is nie, want almal word deur die wet geoordeel;  en inteendeel het die wet 'n sterker betekenis gekry in die Nuwe Testament!  Waar gehoorsaamheid aan die wet vroeer bepaal het wie deel sal wees van die volk wat in Sy koninkryk sal ingaan, word gehoorsaamheid aan Jesus Christus nou vereis (EN NATUURLIK GEHOORSAAMHEID AAN SY WOORDE!).  Die wat in Hom glo, word saam met Hom begrawe in Sy dood (gaan dood vir die wet) en word saam met Hom opgewek tot 'n nuwe lewe (gehoorsaamheid aan Hom).

 As 'n Christen hom egter deur die sonde laat verlei, dan is hy besig om die Here te versoek - so iemand se hart is verhard en dit wys op ongeloof (kyk ook Tit. 1:16 en 3:3). Wanneer die gelowige sy hoop in die Here Jesus Christus plaas OM HOM GEHOORSAAM TE WEES (plaas nie hoop in wet nie), dan gaan hy dood vir die sonde en wil nie die sonde dien nie, maar wil gehoorsaam wees aan die Here (wat wys op geloof). 

(Heb 4:9)  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;

(Heb 4:10)  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

(Heb 4:11)  Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
(Heb 4:12)  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
(Heb 4:13)  En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
(Heb 4:14)  Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
(Heb 4:15)  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
(Heb 4:16)  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------